Serviços Personalizados
Artigo
Indicadores
Links relacionados
- Citado por Google
- Similares em Google
Compartilhar
In die Skriflig
versão On-line ISSN 2305-0853
versão impressa ISSN 1018-6441
Resumo
VAN DEVENTER, H.J.M.. Grammaties-historiese eksegese: Quid est et quo vadis?. In Skriflig (Online) [online]. 2011, vol.45, n.2-3, pp.283-306. ISSN 2305-0853.
Hierdie artikel neem die grammaties-historiese metode van Bybelverklaring onder die loep. Die doel is om by wyse van kritiese ondersoek, bepaalde leemtes in die benadering uit te wys en voorstelle te maak met betrekking tot die aanpassing van hierdie metode. Klem word veral gelê op die histories- en leser-gefokusde aspekte wat by die lees van n antieke Bybelteks ter sake is. Die ontwikkeling van die grammaties-historiese metode word teen die agtergrond van die ontwikkeling van Bybelverklaring in die algemeen geplaas. Laastens word voorgestel hoe resultate van ondersoeke na die historiese Jesus n bydrae tot verantwoorde eksegese kan maak.