Serviços Personalizados
Artigo
Indicadores
Links relacionados
- Citado por Google
- Similares em Google
Compartilhar
In die Skriflig
versão On-line ISSN 2305-0853
versão impressa ISSN 1018-6441
Resumo
KESSLER, Volker. Die Sabbat as kuur teen menslike rusteloosheid. In Skriflig (Online) [online]. 2012, vol.46, n.2, pp.1-8. ISSN 2305-0853.
Wanneer die hedendaagse rusteloosheid van mense in ag geneem word, het dit waarde om onsself aan 'n baie ou, eenvoudige dog effektiewe maatreël tot herstel te herinner, naamlik om op die sabbat te rus. In die Christelike tradisie fokus sabbatsonderhouding dikwels slegs op godsdienstige aspekte. Hierdie artikel het gefokus op die wins in die herontdekking van die sabbatsgeskenk as 'n 'behae vir die siel en die liggaam' (Heschel). Dit toon duidelik hoe ons uit die Joodse tradisie van 'n holistiese sabbatsonderhouding kan leer. Die artikel het bestaan uit vier dele, naamlik die verskynsel van menslike rusteloosheid, tien verskillende fasette van die sabbat in die Ou Testament, 'n kort historiese oorsig oor pro- en teen-standpunte van die Christelike kerk ten opsigte van die sabbat, en ten slotte die toepassing van basiese sabbatsbeginsels in die moderne lewe ter handhawing van 'n goeie balans tussen werk en lewe. Voorbeelde uit die Duitse konteks is ook ingesluit.