SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.47 número1 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Journal

Artigo

Indicadores

    Links relacionados

    • Em processo de indexaçãoCitado por Google
    • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

    Compartilhar


    In die Skriflig

    versão On-line ISSN 2305-0853versão impressa ISSN 1018-6441

    Resumo

    VILJOEN, Francois P.. Geregtigheid van Jesus en Johannes in Matteus. In Skriflig (Online) [online]. 2013, vol.47, n.1, pp.311-318. ISSN 2305-0853.

    Geregtigheid vorm 'n belangrike motief in die eerste evangelie. Hierdie artikel fokus op twee van die sewe voorkomste van hierdie term in Matteus, waar dit na Jesus en Johannes verwys. Die argument in hierdie artikel is dat Matteus doelbewus die woord geregtigheid in verband met Jesus en Johannes gebruik om die lewenstyl van sy gemeenskap te omskryf. Jesus vorm die sentrale fokus van hierdie gemeenskap se identiteit. Jesus het Homself volledig met sy volk geïdentifiseer en alle geregtigheid vervul. Johannes word beskryf as 'n persoon wat Jesus tereg herken het. In sy verkondiging en optrede het hy ook alle geregtigheid vervul. Die Matteus-gemeenskap moet dieselfde doen. Hoewel die woord geregtigheid in 'n soteriologiese sin gebruik kan word, gebruik Matteus dit in 'n etiese sin. Met geregtigheid verwys Matteus na die gepaste gedrag en gesindheid vir sy gemeenskap. As 'n onderskeidende faktor, kontrasteer hy die geregtigheid van sy gemeenskap met dié van die skrifgeleerdes en Fariseërs.

            · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )