SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.47 número1 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Journal

Artigo

Indicadores

    Links relacionados

    • Em processo de indexaçãoCitado por Google
    • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

    Compartilhar


    In die Skriflig

    versão On-line ISSN 2305-0853versão impressa ISSN 1018-6441

    Resumo

    DE SMIDT, Kobus. Openbaring 1:7 - 'n Padkaart van God se eskatologiese τέλος vir sy skepping. In Skriflig (Online) [online]. 2013, vol.47, n.1, pp.1-8. ISSN 2305-0853.

    Openbaring 1:7 dui op 'n geantisipeerde finale verskyning van Jesus met die voleinding. Hierdie κηρύσσω het uit die Joodse laat-apokaliptiese eskatologie ontwikkel. Die apokaliptiese eindtyd het met Jesus se opstanding plaasgevind en die Nuwe-Testamentiese hede is dus alreeds die eindtyd. Die voleinding is egter nog in die toekoms. Jesus se verskyning met sy opstanding is 'n metafoor vir sy koms by die voleinding. Hy sal liggaamlik verskyn. Die skrywer bemoedig die gemarginaliseerde tweede generasie Christene. Die Romeinse keiser is nie die oorwinnaar nie - Jesus is die axis mundi van God se finale plan vir sy skepping. Die finale verskyning van Jesus sal vir die gelowiges ewige verlossing bewerk, maar die ongelowiges sal in rou gedompel word. Die κηρύσσω van Openbaring 1:7 is die teenoorgestelde van die standpunt van die chiliasme. Die land en huidige volk van Israel vervul geen eskatologiese rol by die voleinding nie.

            · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )