SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.47 número2 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


In die Skriflig

versão On-line ISSN 2305-0853
versão impressa ISSN 1018-6441

Resumo

D'ASSONVILLE, Victor E.. 'En hierdie woorde ... moet [jy] jou kinders inskerp': Opmerkings oor die doel van die Heidelbergse Kategismus met verwysing na sy onderrigkarakter. In Skriflig (Online) [online]. 2013, vol.47, n.2, pp.1-7. ISSN 2305-0853.

Dit is algemeen bekend dat die Heidelbergse Kategismus nie net een van die belangrikste geloofbelydenisse sedert die sestiende eeu is nie, maar ook 'n buitengewone kategetiese hulpmiddel was en steeds is. In hierdie bydrae word die kategetiese doel van die Heidelbergse Kategismus onder die loep geneem met verwysing na die ontstaansgeskiedenis daarvan. Drie tekste uit die eerste jaar van die kategismus se 1563-uitgawe, naamlik twee verskillende voorwoorde deur Frederik III en die Kerkorde van die Palts word daarvoor ondersoek. Die jeug sowel as die res van die gemeente moet in die vrees van God tot voldoende kennis en 'n lewende geloof in die Here van die Skrif gelei word. Die Heidelbergse Kategismus het nie net teoretiese betekenis nie. Die inhoud en struktuur daarvan is noukeurig saamgestel om die jeug, sowel as die hele gemeente oor die belangrikste stukke van die Christelike geloof op 'n kort en eenvoudige manier asook op 'n gereelde basis, te onderrig. Die onderrig is nie die verantwoordelikheid van die kerk of die predikant alleen nie, maar ook dié van ouers en onderwysers. In hierdie omvattende benadering is daar geen teenstrydigheid tussen die Skrif as die Woord van God en die Heidelbergse Kategismus nie. Gevolglik laat die onderwys en die prediking van die Heidelbergse Kategismus reg geskied aan die opgawe dat die evangelie verkondig, gepreek, onderrig sowel as geleer en verstaan moet word.

        · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons