SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.48 número1The binding to confessions in a postmodern era índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


In die Skriflig

versão On-line ISSN 2305-0853
versão impressa ISSN 1018-6441

Resumo

LOUW, Daniel J. Lyding tussen lot en deug binne die dilemma van gestremdheid. Die onwikkeling van 'n teologie van die 'gestremde God, hygend in 'n rolstoel'. In Skriflig (Online) [online]. 2014, vol.48, n.1, pp.01-10. ISSN 2305-0853.

Die gegewendheid en realiteit van verskillende vorme van gestremdheid onderstreep menslike weerloosheid en magteloosheid. Vir gelowiges wat worstel met die vraag na sin in lyding, roep dit onder andere die vraag op na die verband tussen lyding en die almag en krag van God. Die basiese argument is dat die Hellenistiese konsep en paradigma van die mag van God, God as pantokrator, die starre onbeweeglikheid van 'n apatiese God voorveronderstel. Met behulp van die oorsaak-gevolg skema van denke, word God, in terme van die menslike logika, 'n deterministiese kousaliteitsbeginsel en verklaringsmeganisme. Met behulp van 'n teopasgitiese hermeneutiek binne die raamwerk van 'n kruisteologie, word aandag gegee aan die opsie van 'n lydende en meelydende God (die passie van God). Die swakheid en weerloosheid van God (astheneia) beskryf die egtheid en integriteit van God in terme van 'n wesenlike identifikasie met die lyding van mense. Verlatenheid (derelictio) transformeer die populêre, dogmatiese siening van almags-determinisme in die sensitiewe paradigma van weerlose medelye. 'n Teologie van die 'gestremde God' word ontwikkel in die lig van die teologiese implikasies van ta splanchna op 'n eksistensiële Godsverstaan. 'n Tipe erbarmingsteologie ('binnegoed' of dermteologie) word ontwikkel wat help om die metafoor van 'n 'gestremde God, hygend in 'n rolstoel' pastoraal te verstaan. Met die oog op die omvattende verstaan van hoop, moet 'n kruisteologie aangevul word met 'n opstandingsteologie. Die uitwerking van troos op mense met gestremdheid is parrhësia: die moed om te lewe.

        · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons