SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.48 número2Points of departure for the state in the Institutes of Calvin compared with points of departure of the South African Bill of Rights (1996) índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Journal

Artigo

Indicadores

    Links relacionados

    • Em processo de indexaçãoCitado por Google
    • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

    Compartilhar


    In die Skriflig

    versão On-line ISSN 2305-0853versão impressa ISSN 1018-6441

    Resumo

    VORSTER, Jakobus M. (Koos). Etiese perspektiewe op haatspraak in die lig van die derde gebod. In Skriflig (Online) [online]. 2014, vol.48, n.2, pp.01-08. ISSN 2305-0853.

    Hierdie artikel fokus op die implikasies van die derde gebod met betrekking tot haatspraak in Suid-Afrika (SA) vandag. Die artikel gaan uit van die standpunt dat die name van God op sy wese dui. Die name van God soos dit in die bybelse openbaringsgeskiedenis ontwikkel word, druk die gemeenskapskarakter van God se verhouding met mense en die skepping uit. Die betekenis van die name kulmineer in die Nuwe-Testamentiese uitdrukkings Vader en God is liefde. Alle verbale gedrag wat hierdie gemeenskaps- en liefdesverhouding inhibeer, oortree die derde gebod. Die misbruik van die Naam van God vind onder andere plaas wanneer mense, wat na die beeld van God geskep is, gedegradeer word deur haatspraak, omdat sodanige degradering die gemeenskap en liefde tussen God en die mens skend. Ten slotte word sekere gevalle van haatspraak soos dit vandag in Suid-Afrika voorkom, teologies-eties belig teen die agtergrond van die betekenis van die derde gebod. Hierdie vorms sluit religieuse, rassistiese, xenofobiese, seksistiese en homofobiese haatspraak in.

            · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )