Serviços Personalizados
Artigo
Indicadores
Links relacionados
- Citado por Google
- Similares em Google
Compartilhar
In die Skriflig
versão On-line ISSN 2305-0853
versão impressa ISSN 1018-6441
Resumo
HELBERG, Jaap L.. Is God (in)konsekwent? Heerskappy, oorweging en aanspreeklikheid in die Dawidsgeskiedenis in die boeke van Samuel. In Skriflig (Online) [online]. 2014, vol.48, n.2, pp.01-10. ISSN 2305-0853.
As 'n eenheid openbaar die Samuelboeke die aanspreeklikheid van mense in hulle verhouding tot mekaar en tot God. Hierdie artikel ondersoek die vraag na God se konsekwentheid wat ook die vraag impliseer of alles onder sy heerskappy plaasvind. Die bevinding is dat alles onder God se allesoorkoepelende, vrymagtige en persoonlike heerskappy gebeur. Vir die beperkte menslike oorweging is dit geheel en al onpeilbaar anders. Dit is nie 'n nuutskepping oor sy Woord wat die lig bring nie, maar die nuutontdekking in sy Woord. Hy laat reg en geregtigheid geld, maar in 'n nog sterker mate ook sy genade. Uiteindelik is sy konsekwentheid - 'die dwaasheid van die kruis' - ten volle geopenbaar in die verwagte Messias, Jesus Christus. In die huidige stukkende werklikheid oefen God ook sy heerskappy uit deur persone wat hulle eie agendas het, selfs bose agendas. So laat Hy gelowiges tot selfontdekking, berou en bekering oor hulle sonde kom. Hulle leef met kinderlike vertroue op God en volgens die groot gebod van die liefde.