Serviços Personalizados
Artigo
Indicadores
Links relacionados
- Citado por Google
- Similares em Google
Compartilhar
In die Skriflig
versão On-line ISSN 2305-0853
versão impressa ISSN 1018-6441
Resumo
VILJOEN, Francois P.. Jesus se genesing van die melaatse en die reinheidswet in Matteus. In Skriflig (Online) [online]. 2014, vol.48, n.2, pp.01-07. ISSN 2305-0853.
OPSOMMING Hoewel Jesus in die Bergrede eksplisiet noem dat Hy nie gekom het om die Wet ongeldig te maak nie (Matt 5:15-19), lyk dit asof Hy, in die vertelling wat direk op die Rede volg, die reinheidswette oortree het deur die manier waarop Hy 'n melaatse genees (Matt 8:1-3). As 'n onrein persoon was die melaatste nie veronderstel om naby Jesus te kom nie, maar Jesus het simpatiek na hom toe uitgereik en hom aangeraak. Hierbenewens word geen melding daarvan gemaak dat Jesus enige reinigingsrituele ondergaan het nadat hy in kontak met hierdie man was nie. Nadat die melaatse genees is, beveel Jesus hom om slegs die derde fase van die voorgeskrewe reinigingsrituele vir melaatses uit te voer. Jesus word sodoende beskryf as iemand wat die mag en gesag het om 'n persoon te genees en gesond te verklaar. Wat oorbly, is dat die melaatse homself aan die priester moet gaan wys en die gepaste offer bring, sodat hy weer in die gemeenskap opgeneem kan word. Hierdie artikel argumenteer dat Jesus, as heilige persoon en wondergeneser, nie onrein word wanneer Hy in kontak met die melaatse kom nie. Reinheid vloei vanaf Jesus oor na die melaatse. As leraar van die Wet beoefen Jesus die ware bedoeling van die Wet, wat ten doel het om die heilige gemeenskap van gelowiges in die Koninkryk van die hemel te vestig. Hierdie genesingsaksie is nog 'n tree in die koms van die Koninkryk van die hemel. Sodoende vind die reinheidswette hulle vervulling in Jesus. As gevolg hiervan verander kultiese reinheid na morele optrede vir die navolgers van Jesus.