SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.26 número2 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Acta Structilia

versão On-line ISSN 2415-0487
versão impressa ISSN 1023-0564

Resumo

MUSONDA, Innocent; GUMBO, Trynos  e  OKORO, Chioma. An assessment of transformation strategies in South Africa: A multi-case study of the accounting, financial services, government, and construction sectors. Acta structilia (Online) [online]. 2019, vol.26, n.2, pp.71-106. ISSN 2415-0487.  http://dx.doi.org/10.18820/24150487/as26i2.3.

Transformasie word wêreldwyd in alle sektore van die ekonomie geëts. In die Suid-Afrikaanse konteks word transformasie gesien as die katalisator om die land se sosio-ekonomiese probleme en die gepaardgaande impak daarvan op verskillende sektore en die ekonomie in die algemeen aan te spreek. Nietemin, in vergelyking met ander sektore in die ekonomie vorder transformasie binne die bou-omgewing stadig. Dit het daartoe gelei dat dit nodig is om die transformasieprosesse in die land te ondersoek. Hierdie artikel het ten doel om transformasiestrategieë te ontleed soos gekonseptualiseer en geïmplementeer deur verskillende sektore. Die artikel is gebaseer op 'n multi-gevallestudie van geïdentifiseerde sektore en organisasies wat transformasiestrategieë ontwikkel en geïmplementeer het. Die materiaal wat gebruik is om die studie uit te voer, is onder meer sektortransformasiestrategieë, handveste, tydskrifartikels, artikels wat in betroubare Suid-Afrikaanse koerante gepubliseer is, organisasieverslae, inligting wat op die internet beskikbaar is en onderhoude met verteenwoordigers van die sektor. Uit die bevindinge blyk dit dat transformasiestrategieë vir alle sektore deur vaardigheidsontwikkeling van menslike hulpbronne gedryf word met die doel om historiese wanbalanse reg te stel en gelyke geleenthede te bied. Die proses van strategie-ontwikkeling behels deelname aan die sektor en ook om 'n kampioen te hê wat die strategie dryf. Ten einde te verseker dat strategieë geïmplementeer word, is spesifieke gestruktureerde onderrrig- en opleidingsprogramme van voetsoolvlak tot op professionele vlak, asook die monitering van vordering, belangrik. Aanbevelings is gemaak in ooreenstemming met die bevindinge om die Raad vir die Bou-omgewing te lei in die ontwikkeling van 'n strategie vir die bou-omgewing.

Palavras-chave : Bou-omgewing; sosio-ekonomies; Suid-Afrika; transformasie.

        · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons