SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.27 número2Macroeconomic leading indicators of listed property price movements in Nigeria and South AfricaThe building emission reduction potential of south african residential building efficiency tools - a review índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Acta Structilia

versão On-line ISSN 2415-0487
versão impressa ISSN 1023-0564

Resumo

RANTSATSI, Ndaleni; MUSONDA, Innocent  e  AGUMBA, Justus. Identifying factors of collaboration critical for improving health and safety performance in construction projects: a systematic literature review. Acta structilia (Online) [online]. 2020, vol.27, n.2, pp.120-150. ISSN 2415-0487.  http://dx.doi.org/10.18820/24150487/as27i2.5.

Samewerking is die sleutel tot suksesvolle konstruksieprojekte. Verskeie navorsers besef die belangrikheid van samewerking vir gesondheids- en veiligheidsprestasies (G). Die konstruksiebedryf word geraak deur swak G wat vererger word deur gebrek aan samewerking. Die doel van die artikel is om 'n sistematiese literatuuroorsig te doen om faktore van samewerking te identifiseer wat die prestasie van G in die konstruksiebedryf sal verbeter. 'n Literatuurbeoordelingsmetode is gebruik; die identifikasietoetsmetode is gebruik om samewerkingsfaktore te identifiseer. Met behulp van Scopus en Google Scholar is altesaam 758 artikels geïdentifiseer. Daar is bevind dat 57 artikels relevant is vir hersiening deur middel van inhoudsanalise en is geanaliseer in terme van bron en jaar van publikasie, navorsingsmetode, land van herkoms en navorsingsfokus. Die oorsig het 11 kritieke suksesfaktore van samewerking geïdentifiseer: vertroue, kultuur, toewyding, kommunikasie, duidelike rolle en verantwoordelikhede, die deel van hulpbronne/inligting, onderlinge doelwitte, konflikoplossing, vroeë betrokkenheid van sleuteldeelnemers, bekwaamheid en voortdurende verbetering. Hierdie faktore kan H in bouprojekte beïnvloed. Deur op hierdie faktore te konsentreer, kan dit samewerking vergemaklik en sodoende die prestasie van G verbeter. Die beperking van hierdie artikel is dat die literatuuroorsig 'n tydperk tussen 2010 en 2019 beslaan. Soektogte in ander soekenjins kon moontlik aanvullende inligting oor samewerking verskaf. Die bevindinge van hierdie studie maak plek vir toekomstige navorsing oor die impak van samewerking op G en bied 'n begrip dat G verbeter kan word deur samewerking. Die oorsig kom tot die gevolgtrekking dat die konstruksiebedryf samewerking moet aanneem om G te beïnvloed.

Palavras-chave : Konstruksiebedryf; faktore van samewerking; gesondheids; - en veiligheidsprestasies; literatuuroorsig.

        · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons