SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.28 número1Risk assessment for hazard exposure and its consequences on housing construction sites in Lagos, NigeriaAn assessment of the causes of schedule and cost overruns in South African megaprojects: A case of the critical energy sector projects of Medupi and Kusile índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Acta Structilia

versão On-line ISSN 2415-0487
versão impressa ISSN 1023-0564

Resumo

MAHACH, Jeffrey. Development of a construction quality assessment tool for houses in South Africa. Acta structilia (Online) [online]. 2021, vol.28, n.1, pp.91-116. ISSN 2415-0487.  http://dx.doi.org/10.18820/24150487/as28i1.4.

Behuising is 'n kritieke maatskaplik-ekonomiese dryfveer in meeste van die ontwikkelende lande, insluitend Suid-Afrika. Dit behels baie aspekte soos konstruksiekwaliteit, bekostigbaarheid, geografiese ligging, langtermynfinansiering en die omgewing. 'n Belangrike kwessie vir navorsing is die kwantifisering van die boukwaliteit van huise en hoe dit gebruik kan word om huise van beter gehalte te lewer. Hierdie artikel is gebaseer op studies wat gedoen is oor konstruksieterreine vir huise in Suid-Afrika. 'n Konstruksie-assesseringsinstrument is ontwikkel volgens beginsels soortgelyk aan dié wat deur CONQUAS in Singapoer en Maleisië gebruik word. Die instrument wat aldus ontwikkel is, kan binne 'n redelike tyd en koste die kwaliteit van 'as-gebou'-konstruksie-elemente van 'n huis meet aan nasionale tegniese standaarde en spesifikasies. Daar is vervolgens studies gedoen oor die kwaliteit van 700 huise (twee lae-inkomste-projekte en een middel-inkomste-projek). Die resultate het getoon dat die twee lae-inkomste-projekte gemiddeld 58% en 64% gehad het, terwyl die middel-inkomste-projek 80% behaal het. Besonderhede van die sub-elemente van die tellings het die ontwikkelingsbehoeftes van die kontrakteurs wat by die projekte betrokke was, aangedui. Met behulp van die instrument vir die evaluering van kwaliteit van konstruksie kan die regering en ander owerhede beter ingeligte besluite neem wanneer hulle kontrakte toeken. As dit korrek bekendgestel en geïmplementeer word, kan die kwaliteit van die huise wat oor die hele behuisingspektrum gelewer word, gemeet en gemonitor word, en verbeteringsmaatreëls ingestel word. Die data wat deur hierdie instrument vir kwaliteitsbeoordeling versamel word, sal van onskatbare waarde wees vir nasionale owerhede, reguleerders en Statistieke Suid-Afrika om te evalueer en te rapporteer of die behuisingsvoorraad wat gelewer word, deurgaans verbeter. Risikobepalingstudies sal die reguleerders help om behoorlike kwaliteitsbestuurstrategieë te ontwikkel.

Palavras-chave : Boukwaliteit; behuisingskwaliteit; CONQUAS; kwaliteitsbeoordeling; lae-inkomste behuising; Suid-Afrika.

        · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons