SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.29 número1Utilisation of forecasting technology for improving construction logistics in NigeriaRisk assessment for hazard exposure and its consequences on housing construction sites in Lagos, Nigeria índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Acta Structilia

versão On-line ISSN 2415-0487
versão impressa ISSN 1023-0564

Resumo

YUSUF, Anthony; OPAWOLE, Akintayo  e  EBUNOLUWA, Esther. Evaluation of the organisational capability of the public sector for the implementation of building information modelling on construction projects. Acta structilia (Online) [online]. 2022, vol.29, n.1, pp.26-58. ISSN 2415-0487.  http://dx.doi.org/10.18820/24150487/as29i1.2.

Daar word van organisasies vereis om sekere vermoèns te besit om Bou-inligtingmodellering (BIM), een van die opkomende tegnologieè om die probleem van fragmentasie in die konstruksiebedryf te oorkom, te implementeer. Hierdie studie ondersoek die organisatoriese vermoè-eienskappe wat benodig word vir die implementering van BIM in konstruksieprojekte, met die oog daarop om die prestasie van openbare sektorprojekte te verbeter. Die studie het 'n kwantitatiewe beskrywende analise aangeneem wat gebaseer is op primêre data wat verkry is van openbare sektor-organisasies in Lagos-staat, Suidwes-Nigeriè. Honderd agt-en-negentig (198) geldige vraelyste, verkry van konstruksieprofessionele persone binne die organisasies, het kwantitatiewe data vir die assessering verskaf. Data wat ingesamel is, is ontleed deur beide beskrywende en afleidingsstatistieke te gebruik. Die bevindinge dui daarop dat organisasies in die openbare sektor beskik oor die vermoè-eienskappe vir BIM-implementering in bouprojekte op verskillende vlakke van beskikbaarheid (LAv) en toereikendheid (LAq), met voldoende kragtoevoer wat gegradeer is teen (LAv = 76.00%; LAq = 75.80%); vinnige internetverbinding (LAv = 70.20%; LAq = 69.80%); verandering vanaf tradisionele werkvloei (LAv = 69.80%; LAq = 64.60%); voldoende werksomgewing vir werkers (LAv = 69.60%; LAq = 64.40%); gestandaardiseerde proses (LAv = 66.00%; LAq = 63.40%); voldoende aantal werkers (LAv = 65.60%) en vaardighede om data te deel (LAv = 65.00%); gestandaardiseerde proses (LAq = 63.40%), en samewerkende spankultuur (LAq = 63.00%). Die studie het vasgestel dat die organisasievermoè-eienskappe met 'n hoè beskikbaarheidsgradering ook 'n hoè toereikendheidgradering het. Die navorsing kom tot die gevolgtrekking dat die algemene organisatoriese vermoè-eienskappe van die openbare sektor vir BIM op konstruksieprojekte nog nie voldoende ontwikkel is nie en dui dus op die behoefte om spesifieke vermoè-eienskappe wat nodig is om BIM te implementeer, te versterk.

Palavras-chave : Bou-inligtingmodellering; BIM-implementering; bouprojekte; openbare sector; organisatoriese vermoè-kenmerke.

        · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons