SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.29 número1Isivivane, Freedom Park: A critical analysis of the relationship between commemoration, meaning and landscape design in post-apartheid South AfricaEarly sustainable architecture in hanging skyscrapers - a comparison of two financial office buildings índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Acta Structilia

versão On-line ISSN 2415-0487
versão impressa ISSN 1023-0564

Resumo

ZULU, Sambo; ZULU, Ephraim  e  CHABALA, Mwansa. Sustainability awareness and practices in the Zambian construction industry. Acta structilia (Online) [online]. 2022, vol.29, n.1, pp.112-140. ISSN 2415-0487.  http://dx.doi.org/10.18820/24150487/as29i1.5.

Die konstruksiebedryf lewer 'n beduidende bydrae tot wêreldwye kweekhuisgasvrystelling. Dit is dus van kritieke belang dat professionele mense in die konstruksiebedryf bewus moet wees van en volhoubare konstruksie moet beoefen. Daar is egter min studies oor die bewustheid van volhoubaarheid en volhoubaarheidpraktyke in ontwikkelende lande met sommige resultate wat oènskynlik teenstrydig is. Daarom het hierdie artikel die bewustheid en praktyke van volhoubaarheid in die Zambiese konstruksiebedryf ondersoek. Data is van professionele persone in die konstruksiebedryf ingesamel deur middel van 'n vraelysopname en 'n totaal van 112 antwoorde is ontvang. Die relatiewe belangrikheidsindeks (RII) en 'n reeks lineêre regressie-ontledings is gebruik om die data te ontleed. Die deelnemers se persepsie van volhoubaarheid was primêr enviro-sentries in teenstelling met die ekonomiese of sosiale konteks. Sosiale en ekonomiese volhoubaarheidspraktyke is egter die hoogste gelys terwyl omgewingsvolhoubaarheidspraktyke onder die laagste vyf van die 16 praktyke gelys was. Dus, terwyl die deelnemers die omgewingskonteks as meer krities in hul begrip van volhoubaarheid beskou het, weerspieèl hulle in praktyk 'n fokus op die sosiale en ekonomiese volhoubaarheidskonteks. Die bevindinge impliseer dat deur bloot die vlak van kennis en bewustheid van omgewingsvolhoubaarheid te verhoog, dit nie noodwendig lei tot verbeterings in omgewingsvolhoubaarheidspraktyke nie. Studies wat die verhoging van kennis en bewustheid aanbeveel het om die implementering van omgewingsvolhoubare konstruksie te verhoog, het moontlik die effek van die ander hindernisse tot volhoubare konstruksie, wat meer krities kan wees, verwaarloos. Daarom is studies met meerveranderlike ontledings soos strukturele vergelykingsmodellering nodig om die bydraende effek van die verskillende hindernisse tot omgewingsvolhoubaarheidspraktyke vas te stel en so vas te stel tot watter mate kennis en bewustheid alleen, en ander faktore, omgewingsvolhoubaarheidspraktyke kan verbeter.

Palavras-chave : Volhoubare konstruksie; volhoubare geboue; volhoubaarheidspraktyke; Zambiese konstruksiebedryf.

        · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons