SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.72 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Town and Regional Planning

versão On-line ISSN 2415-0495
versão impressa ISSN 1012-280X

Resumo

CILLIERS, Juaneé  e  VICTOR, Hestia. Considering spatial planning for the South African poor: An argument for 'planning with'. Town reg. plan. (Online) [online]. 2018, vol.72, pp.29-42. ISSN 2415-0495.  http://dx.doi.org/10.18820/2415-0495/trp72i1.3.

Hierdie artikel oorweeg die idee van 'ruimtelike beplanning' in Suid-Afrika en brei uit op die uitdagings wat verband hou met die groot ongelykhede tussen formele en informele areas. Stads- en Streekbeplanningsteorie en antropologiese benaderings word in hierdie artikel saamgevoeg in 'n poging om 'n meer geïntegreerde benadering tot ruimtelike beplanning te bied, wat argumenteer ten gunste van 'beplanning saam met', in teenstelling met 'beplanning vir' arm Suid-Afrikaners. Deur gebruik te maak van kwalitatiewe deelnemende waarneming het 'n etnografiese veldwerkstudie in Marikana informele nedersetting, Potchefstroom, Suid-Afrika, gehelp om refleksies te vorm wat waardevolle insigte bied ter ondersteuning van die 'beplanning met'-benadering. Marikana-inwoners se innoverende DIY-formaliseringsplan van die installering van gemeenskaplike krane word beskou as 'n goeie voorbeeld van pragmatiese plaaslike oplossings vir diensleweringskwessies. Daar word aangevoer dat hierdie oplossings in ag geneem moet word as 'beplanning saam met' armes. Die navorsing beweer dat 'beplanning saam met'-benaderings 'n prominente rol kan speel in beide formele en informele nedersettings, ten spyte van die verskil in konteks. As sodanig het die navorsing uitgebrei oor die waarde van 'beplanning saam met'-benaderings in Suid-Afrika, in terme van omgewings-, sosiale, ekonomiese, politieke en breër beplanning oorwegings. Die artikel poog nie om 'n veralgemeende oplossing te bied vir alle beplanning uitdagings in Suid-Afrika nie. Dit sluit af met 'n weerspieëling van die etnografiese veldwerk wat in die gevallestudie uitgevoer is, gekoppel aan breër temas van die moontlike beplanningsintervensies, met inagneming van die afbakening van sosiale mag, konteksgebaseerde behoeftes, eienaarskap en aanspreeklikheid en die belangrikheid van omgewingsopvoeding vir alle sosio-ekonomiese klasse, in ' poging om Beplanners, Besluitnemers en Antropoloë te inspireer om 'saam te dink' en 'saam te beplan'.

Palavras-chave : Informele areas; 'beplan-ning saam'; ruimtelike beplanning.

        · resumo em Inglês | Outros     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons