SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.72 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Town and Regional Planning

versão On-line ISSN 2415-0495
versão impressa ISSN 1012-280X

Resumo

VOSLOO, Piet. Postindustriële stedelike steengroewe as plekke van ontspanning en die nuwe wildernis - 'n Suid-Afrikaanse perspektief. Town reg. plan. (Online) [online]. 2018, vol.72, pp.43-57. ISSN 2415-0495.  http://dx.doi.org/10.18820/2415-0495/trp72i1.4.

Die doel van hierdie artikel is drieledig: Om die konsep van wildernis as 'n plek wat mense kan ervaar as deel van hul buitelug-ontspanningsbehoeftes te herevalueer; om te bepaal of herwinde postindustriële stedelike steengroewe aan hierdie behoeftes kan voldoen, en om die wetlike raamwerke waarbinne sodanige herwinning en hergebruik kan plaasvind te ondersoek. Die doel is nie om detailleerde gevallestudies van sodanige steengroewe aan te bied nie maar eerder om die potensiaal daarvan aan te toon. Die meerderheid van die Suid-Afrikaanse bevolking is verstedelik en het min vooruitsigte, weens verskeie beperkings, om ooit natuurlike of selfs 'mensgemaakte' wildernisgebiede vir ontspanning te besoek. Die huidig-aanvaarde konsep van wildernis word krities geëvalueer en die noodsaaklikheid om ons persepsie van wildernis te verander word bespreek. Die biofisiese en sosio-ekonomiese aard van ons alomteenwoordige postindustriële stedelike steengroewe word ondersoek om te bepaal of hulle herwin kan word as plekke van buitelugontspanning en 'n nuwe 'stedelike wildernis'. Daar word aangetoon, deur middel van 'n literatuuroorsig en vyf gevallestudies, dat herwinde postindustriële stedelike steengroewe wel stedelinge se ingebore behoefte vir buitelug-ontspanningsplekke en natuurlike of wildernisgebiede, alhoewel mensgemaak, kan bevredig ten spyte van die prosedurele uitdagings wat deur die vereistes van die Suid-Afrikaanse regulatoriese stedelike beplanningsraamwerke en wette gestel word.

Palavras-chave : Buitelugontspanning; postindustriële stedelike terreine; steengroewe; verlate land; wetlike raamwerke; wildernis.

        · resumo em Inglês | Outros     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons