SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.72 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Town and Regional Planning

versão On-line ISSN 2415-0495
versão impressa ISSN 1012-280X

Resumo

GEYER, Herman; NGIDI, Mawande  e  MANS, Gerbrand. Dra maatskaplike toelaes by tot die werklose bevolkingsgroei in die voormalige Suid-Afrikaanse tuislande?. Town reg. plan. (Online) [online]. 2018, vol.72, pp.58-69. ISSN 2415-0495.  http://dx.doi.org/10.18820/2415-0495/trp72i1.5.

Die voormalige tuislande en stamowerhede het groot bevolkings en hoë digthede met lae vlakke van ekonomiese aktiwiteit en lae indiensneming. Bevolkingsgroei in hierdie nedersettings is in teenstelling met verwagtinge van bevolkingsdalings as gevolg van stedelike migrasie. 'n Moontlike rede kan die hoë vlak van afhanklikheid op sosiale toelaes in die voormalige tuislande wees. Die artikel analiseer bevolkings-groeikoerse, ekonomiese groeikoerse en die persentasie maatskaplike toelaag-ontvangers in voormalige tuislandnedersettings tussen 1996 en 2011. Deur gebruik te maak van geweegde meervoudige regressietoetse, bepaal die artikel of die verskynsel van bevolkingsgroei, in die afwesigheid van beduidende ekonomiese aktiwiteit, gekoppel is aan welsynsoordragte. Die resultate dui daarop dat bevolkingsgroei die produk is van die toename in ouderdomsgroepe wat kwalifiseer vir maatskaplike toelaes in landelike gebiede, as gevolg van hoë geboortekoerse en pensioenarisbevolkingsin-migrasie uit stedelike gebiede. In teenstelling hiermee toon ander ouderdomsgroepe bevolkingsafnames.

Palavras-chave : Bevolking; maatskaplike welsyn; stamowerhede; verstedeliking; voormalige tuislande.

        · resumo em Inglês | Outros     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons