SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.72 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Town and Regional Planning

versão On-line ISSN 2415-0495
versão impressa ISSN 1012-280X

Resumo

NTIWANE, Bongane  e  COETZEE, Johnny. Omgewingsgeregtigheid in beplanningskonteks. Town reg. plan. (Online) [online]. 2018, vol.72, pp.84-98. ISSN 2415-0495.  http://dx.doi.org/10.18820/2415-0495/trp72i1.7.

Alhoewel dit weinig erkenning gekry het in beplanningsteorieë en meer bepaald ruimtelike beplanningsteorieë, het die konsep van omgewingsgeregtigheid onlangs sentraal toegetree tot menige diskoers in die Sosiale Wetenskappe. Die omvang van omgewingsgeregtigheid in beplanningsteoriëe blyk beperk te wees en is slegs subtiel te vinde in beplanningsnavorsing. Hierdie studie evalueer bestaande beplanningsteoriëe teenoor die kriteria wat omgewingsgeregtigheid omskryf. Die resultate van die studie toon dat omgewingsgeregtigheid slegs in 'n beperkte mate in beplanningsteorie omvat word. Die studie beveel aan dat 'n nuwe omgewegingsgeregtigheid-wending nodig is om die geïdentifiseerde gaping in beplanning te oorbrug. Verder benadruk die studie die noodsaaklikheid vir beplanningpraktisyns om die beginsels van omgewingsgeregtigheid toe te pas om sodoende regverdigheid in verdeling, erkenning, deelname, monitering en evaluering in beplanning te bereik.

Palavras-chave : Beplanning; beplanningsteorieë; omgewingsgeregtigheid; ruimtelike beplanning; ruimtelike beplanningsteorieë.

        · resumo em Inglês | Outros     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons