SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.73 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Town and Regional Planning

versão On-line ISSN 2415-0495
versão impressa ISSN 1012-280X

Resumo

SCHOULUND, Dario  e  LANDMAN, Karina. Toevallige goeie openbare ruimtes en die rol van stedelike ontwerp in Suid-Afrika. Town reg. plan. (Online) [online]. 2018, vol.73, pp.1-14. ISSN 2415-0495.  http://dx.doi.org/10.18820/2415-0495/trp73.1.

Stedelike Ontwerp in Suid-Afrika as 'n formele beroep het 'n relatiewe kort geskiedenis. In die praktyk was daar egter baie voorbeelde van wat beskou word as beide goeie en slegte stedelike ontwerp. Daar was ook al talle debatte by universiteite en konferensies oor wat stedelike ontwerp moet wees. Nietemin, by die voortdurende vervaardiging en herbou van stedelike en landelike ruimtes is Stedelike Ontwerp egter vaag en swak verteenwoordig. Hierdie artikel ondersoek die redelik lae profiel van stedelike ontwerp in die land en die rede hoekom dit nie groei of beter geposisioneer is in vergelyking met ander lande nie. Dit word gedoen deur 'n bespreking van drie gevallestudies wat die dikwels toevallige maak van goeie openbare ruimtes illustreer in teenstelling met die deeglik beplande benadering. Die artikel argumenteer dat spontane projekte van hoë gehalte, eerder as oorbeplande projekte gebaseer op 'n beheptheid om te rasionaliseer, dikwels 'n groter potensiaal het om die rol en waarde van stedelike ontwerp te versterk. So 'n benadering sal eerder fokus op inkrementele, buigsame en sensitiewe voorstelle en intervensies waar spontaneiteit en aanpassing erken en gevier word, asook die idee dat stedelike ontwerp 'n raamwerk moet vorm vir baie rolspelers om saam te werk om die stad te vorm.

Palavras-chave : Bou-omgewing; toevallige openbare ruimte; Suid-Afrika; stedelike ontwerp.

        · resumo em Inglês | Outros     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons