SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.73 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Town and Regional Planning

versão On-line ISSN 2415-0495
versão impressa ISSN 1012-280X

Resumo

VAN NIEKERK, Brendon. Behuising as stedelikheid: 'n beleid om stedelike uitbreiding te ontmoedig en goed gevestigde en bekostigbare behuising in Suid-Afrika te bied. Town reg. plan. (Online) [online]. 2018, vol.73, pp.68-82. ISSN 2415-0495.

Die konsep 'behuising as stedelikheid' sluit in die sosiale, politieke en ekonomiese komponente van behuising, wat in werklikheid verwys na behuising naby aan werksplekke, munisipale dienste, openbare ruimtes, gesondheidsorg, skoolgeriewe en maatskaplike dienste, terwyl dit ook voorsiening maak vir die huishouding se fisiese infrastruktuur wat nodig is vir 'n goeie lewensgehalte. Tot op hede is hierdie oorwegings nie ingesluit in die massa-ontplooiing van lae-inkomste behuisingsprogramme deur die Suid-Afrikaanse regering nie. Gevallestudies toon dat 'n kompakte stedelike vorm in Suid-Afrika nie noodwendig lei tot een wat goedkoper is as 'n verspreide stedelike vorm nie, as gevolg van infrastruktuurdrempels, kapasiteite, ligging, landgebruiksmengsel en digtheidsvariasies oor tyd en ruimte. As gevolg van die komplekse interverwantskappe tussen grondwaardes in die ruimte, die koste van geboue en stedelike dienste, die relatiewe koste van vervoer en die oormatige kapasiteit in infrastruktuurstelsels, is 'n eenvoudige digotome 'uitgespreide' teenoor 'kompakte' benadering tot behuisingsligging en stedelike ontwikkeling nie gepas nie. Ondersoeke van individuele terreine moet uitgevoer word ten einde die sosiale, politieke en ekonomiese voordele wat uit die ligging van behuisingsontwikkelings voortspruit, te verstaan. Die gevallestudies dui ook daarop dat, oor die lang termyn, die algehele koste van behuisingsontwikkelings wat beter geleë is, en wat die beginsels van 'behuising as stedelikheid' onderskryf, waarskynlik goedkoper sal wees vir munisipaliteite en hul inwoners as dié van swak geleë, ontwikkelde behuisingsontwikkelings. Besluite gegrond op die beginsels van 'behuising as stedelikheid' kan help om 'n doeltreffender stedelike vorm te skep, wat hulpbronne vir beide stedelike inwoners en openbare sektor-organisasies vrystel.

Palavras-chave : Bekostigbare behuising; behuising as stedelikheid; fiskale impakstudie; stedelike doeltreffendheid; stedelike uitbreiding.

        · resumo em Inglês | Outros     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons