SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.75 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Town and Regional Planning

versão On-line ISSN 2415-0495
versão impressa ISSN 1012-280X

Resumo

MTHEMBU, Anele. Oorwegings vir onteieningsgebaseerde grondhervorming in Suider-Afrika. Town reg. plan. (Online) [online]. 2019, vol.75, pp.54-65. ISSN 2415-0495.  http://dx.doi.org/10.18820/2415-0495/trp75i1.7.

Die Suid-Afrikaanse media berig hoofsaaklik oor die verdeling wat die gronddebat in die land geskep het, met sommige wat vrees dat Suid-Afrika die volgende Zimbabwe sou wees, en ander wat hoop op 'n lang verwagte nuwe aanbreek. Die gronddebat in Suid-Afrika duur dus voort. Die implikasies wat die land kan beïnvloed, is egter nie breedvoerig ondersoek nie. Suid-Afrika kan lesse leer uit ander lande in Suider-Afrika, naamlik Zimbabwe en Namibia, wat soortgelyke grondprosesse gehad het. Deur gebruik te maak van 'n semi-sistematiese literatuuroorsig, word die herverdeling van grond in Suid-Afrika, Zimbabwe en Namibia deur middel van inhoudsanalise ondersoek deur grond te ontleed in terme van oorgang na demokrasie/oorgang na onafhanklikheid; grondhervorming, en onteiening van grondhervorming ten einde te besin oor die implikasies wat onteieningsgebaseerde grondhervorming in hierdie lande gehad het. In die artikel word die lesse wat uit Zimbabwe geleer is, gestel deur diegene wat besorg is oor grondonteiening sonder vergoeding, teenoor diegene wat glo dat dit tot 'n nuwe aanbreek vir die land sal lei. Die 2019 Wetsontwerp op Onteiening kontekstualiseer egter onteiening en vergoeding van grond in Suid-Afrika wat in lyn is met die eiendomsklousule van die Grondwet. Van daar die evaluering van Suid-Afrikaanse wetgewing wat voorsiening maak vir onteieningsgebaseerde grondhervorming en beplanningswetgewing wat gebruik kan word om die grondkwessie en ruimtelike ongelykheid aan te spreek. Dit beklemtoon dat behoorlike wetgewing en effektiewe ruimtelike beplanning moontlike oor-wegings is om grondhervorming in Suid-Afrika aan te spreek.

Palavras-chave : Beplanning; grondhervorming; onteiening; vergoeding.

        · resumo em Inglês | Outros     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons