SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.77Structuring South Africa's national economic space: A regional corridor network model approach índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Town and Regional Planning

versão On-line ISSN 2415-0495
versão impressa ISSN 1012-280X

Resumo

SINXADI, Lindelwa; AWUZIE, Bankole  e  CAMPBELL, Maléne. Perspektiewe van multi-belanghebbendes om die besetting van stedelike openbare oopruimtes aan te spreek: Freedom square, Bloemfontein. Town reg. plan. (Online) [online]. 2020, vol.77, pp.137-148. ISSN 2415-0495.  http://dx.doi.org/10.18820/2415-0495/trp77i1.10.

Verskeie studies het al ondersoek ingestel na die verdwyning van stedelike openbare oopruimtes in Suid-Afrika. Hieruit het dit geblyk dat die klem op goed gevestigde primêre stede was en dat slegs beperkte aandag aan ontwikkelende primêre stede geskenk is. Die bevindings van bogenoemde studies is gebaseer op die menings van die verteenwoordigers van beplanningsliggame of verteen-woordigers van daardie gemeen-skappe wat geassosieer word met die besetting van oopruimtes. Dit impliseer die afwesigheid van 'n sistematiese deelname deur veelvuldige belang-houers. Hierdie artikel dra by om die geïdentifiseerde gaping aan te spreek deur die aandag te vestig op die menings van veelvuldige belanghebbers rakende die besetting van stedelike oopruimtes met die Mangaung Metropolitaanse Munisipaliteit as voorbeeld. 'n Kwalita-tiewe gevallestudie-benadering is gevolg, terwyl data deur middel van semi-gestruktureerde onderhoude en fokusgroep-onderhoude ingesamel is. Respondente is doelbewus gewerf in die Mangaung Metropolitaanse Munisipa-liteit se department stadsbeplanning en inwoners van Freedom Square woonbuurt in Bloemfontein. Die data is deur middel van tematiese analise ontleed. Betekenisvolle kwalifiseerders is geidentifiseer, wat lae vlakke van volhou-baarheid, lae vlakke van openbare deelname in die beplanningsproses, en die beplanners se bestaande onvermoë om waardekonflikte te bestuur, insluit. Die bevindinge van hierdie ondersoek poog om by te dra tot die ontwikkeling van die beplanning van stedelike oopruimtes en die raamwerk vir die bestuur van die voorkoms daarvan in primêre stede. Gevolglik het die bevindinge van hierdie studie praktiese implikasies vir belanghebbers wat die verdwyning van stedelike oopruimtes in woonbuurte in Suid-Afrikaanse stede wil bekamp.

Palavras-chave : Bloemfontein; onwet-tige besetting; stedelike openbare oopruimtes; volhoubare woonbuurte.

        · resumo em Inglês | Outros     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons