SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.78Planning for sustainable livelihood development in the context of rural South Africa: A micro-level approach índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Town and Regional Planning

versão On-line ISSN 2415-0495
versão impressa ISSN 1012-280X

Resumo

BADIORA, Adewumi I.  e  OJO, Deborah B.. Waargenome beperkings vir openbare deelname aan hedendaagse Nigeriese grondgebruiksbeplanning. Town reg. plan. (Online) [online]. 2021, vol.78, pp.16-33. ISSN 2415-0495.  http://dx.doi.org/10.18820/2415-0495/trp78i1.2.

Openbare deelname (OD) het 'n belangrike kenmerk van grondgebruikbeplanning geword, wat volgens nasionale en internasionale wette as 'n platform vir staat, burgerlike samelewings en burgers se betrokkenheid goedgekeur word. Daar is egter 'n gebrek aan inligting rakende etniese minderhede en gemarginaliseerde groepe oor hul belange en beperkings in deelnamebeplanning. Hierdie artikel ondersoek die vlak van betrokkenheid van burgers en die beperkings op deelname aan grondgebruikbeplanning. Dit analiseer of hierdie beperkings sommige samelewingsgroepe meer belemmer as hul eweknieë. Hierdie is ondersoek met behulp van deelnemers in Nigerië. Om vir die konseptuele variansie te toets, is faktoranalise gebruik, terwyl die waarskynlikheid om belemmer te word teenoor respondente se sosio-demografiese eienskappe, met behulp van logistieke regressie ondersoek is. Bevindinge toon 'n lae vlak van OD en lewer 'n vier-faktor oplossing wat 66,42% van die variansie in OD verklaar. Meer hindernisse vir OD is deur etniese minderhede, bejaardes, vrouens, huurders en landelike inwoners gesien in vergelyking met hul eweknieë. Hierdie gaping tussen hierdie gemeenskapsgroepe in OD was te danke aan individuele, gemeenskaps-en institusionele faktore. Die artikel kom tot die gevolgtrekking dat die struktuur van die Nigeriese samelewing steeds spesifieke sosio-demografiese groepe bevoordeel, alhoewel die demokratiese oorgang en die daaropvolgende grondwetlike wysigings alle inwoners gelyke regte tot politieke deelname gee. Daar is openbare beleide, gemeenskaps- en private beleggings nodig om hierdie beperkings te verwyder en die OD-program werklik publiek en aantreklik vir almal te maak. Die regering en stadsbeplanningsagentskappe kan die resultate in hierdie artikel gebruik om hul begrip van die hindernisse vir OD te verbeter.

Palavras-chave : Grondgebruiksbeplan-ning; gemarginaliseerde groepe; openbare deelname; sosio-ekologiese faktore.

        · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons