SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.54 issue4Swartskaap: Odette Schoeman author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    On-line version ISSN 2224-7912Print version ISSN 0041-4751

    Tydskr. geesteswet. vol.54 n.4 Pretoria Dec. 2014

     

    AANKONDIGING

     

    Uitnodiging - Bydraes oor T.T. Cloete

     

     

    T T Cloete het die mylpaal van 90 jaar op 31 Mei vanjaar bereik. Om hierdie besonderse geleentheid te vier, word beoog om volgende jaar (Junie 2015) bydraes oor Cloete in die Tydskrif vir Geesteswetenskappe byeen te bring. Die redaksie nooi belangstellendes uit om bydraes voor te lê ter huldiging van Cloete se merkwaardige voortgesette produktiwiteit as denker en digter. Sedert die vorige huldiging vir Cloete in hierdie tydskrif, in Desember 2009, het nog vier publikasies die lig gesien - Uit die wit lig van my land gesny, Onversadig, Die ander een is ek en Karnaval en Lent.

    U is welkom om enige aspek van, of enige tydperk in die oeuvre van die digter te belig in óf 'n wetenskaplike (artikel) óf 'n kreatiewe (gedig) bydrae. Laat ons asseblief teen middel Desember weet of u belang stel om 'n bydrae te lewer en wat die aard daarvan sal wees. Die sperdatum vir inlewering is 15 Februarie 2015, vir oorweging van publikasie in die tydskrif in Junie volgende jaar.

    Prof Bernard Odendaal is die gasredakteur en alle navrae moet asseblief aan hom gerig word by Bernard.Odendaal@nwu.ac.za.

    Ina Wolfaardt-Gräbe
    Redakteur: Tydskrif vir Geesteswetenskappe
    November 2014