SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.55 issue1Ons ongehoorde soort: beskouings oor die Werk van Antjie Krog - Louise ViljoenHengelo is Afrika: de Afrikaanse literatuur in Nederland in 2009 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    On-line version ISSN 2224-7912Print version ISSN 0041-4751

    Tydskr. geesteswet. vol.55 n.1 Pretoria Mar. 2015

    https://doi.org/10.17159/2224-7912/2015/V55n1a12 

    AKTUEEL

     

    Redakteursnota: Afrikaans as universiteitstaal

     

     

    Ina Wolfaardt-Gräbe

    Januarie 2015

     

     

    Afrikaans as universiteitstaal

    In die vorige uitgawe, Jrg. 54(4), Desember 2014, is belangstellendes uitgenooi om standpunte oor, onder meer, Afrikaans as wetenskapstaal en die herstandaardisering van Standaardafrikaans te debatteer. Ter aanvulling word in hierdie afdeling opsommings/elektroniese aanbiedings van lesings oor Afrikaans as universiteitstaal geplaas. Die lesings is aangebied tydens 'n daglange simposium wat deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns te Pretoria op 24 Julie 2014 georganiseer is.

    Die sprekers het toegestem dat die statistiese gegewens opsommenderwys bekend gestel kan word. Sommige van die lesings mag later in artikelvorm gepubliseer word.

    Hiermee word weer eens 'n vriendelike uitnodiging aan navorsers gerig om in volgende uitgawes van die Tydskrifvir Geesteswetenskappe op enige van die aspekte of standpunte rondom die status van Afrikaans as wetenskaps/universiteitstaal kommentaar te lewer - hetsy by wyse van repliek en/of 'n eie volwaardige artikel.