SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.57 issue3Swartskaap: Odette Schoeman author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    On-line version ISSN 2224-7912Print version ISSN 0041-4751

    Tydskr. geesteswet. vol.57 n.3 Pretoria Sep. 2017

     

    UITNODIGING

     

    Huldigingsbundels: Afrikaanse skrywers/digters/dramaturge

     

     

    Verskeie letterkundiges het reeds gereageer op die vorige oproep in die TGW (Desember 2016) om voorstelle vir temas vir bogenoemde huldigingsbundels in die boekeprojek van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns in te dien.

    Die volgende temas met redakteurs is geidentifiseer:

    Adam Small (Jacques van der Elst)

    Elsa Joubert (Martjie Bosman)

    Breyten Breytenbach (Francis Galloway)

    PG du Plessis (Heilna du Plooy)

    Johann de Lange (Daniel Hugo)

    Pieter Fourie (Fanie Olivier)

    Die eerste publikasie in die reeks onder die titel Adam Small - Denker Digter Dramaturg nader voltooiing en sal by Protea Boekhandel verskyn - waarskynlik nog vanjaar. Daar sal met Protea onderhandel word om ook die res van die reeks te publiseer. Daar word toegespits op Hertzogpryswenners, maar name van ander bekroonde skrywers kan ook voorgelê word.

    Die gasredakteur sal 'n honorarium ontvang en ook 'n begrotingsbedrag om navorsing vir 'n betrokke publikasie te onderneem. Skrywers sal vir gekeurde bydraes vergoed word, maar moet die publikasieregte vir die gekeurde bydrae aan die SA Akademie oordra. Hiermee word dan 'n vriendelike uitnodiging gerig aan belangstellendes om moontlike skrywers / digters / dramaturge wat gehuldig behoort te word aan die keurkomitee voor te lê. Voorstelle vir 'n gasredakteur vir 'n betrokke publikasie word ook ingewag.

    Dit gaan hier om 'n langtermynprojek wat stelselmatig afgehandel sal word na gelang redakteurs daarin slaag om 'n manuskrip te voltooi.

    Nadere besonderhede rakende die huldigingsreeks kan verkry word van die sameroeper van die Spesialiskomitee, Jacques van der Elst (jvde@absamail.co.za of skakel 0828807636).

     

    INA WOLFAARDT-GRÄBE
    E-pos: publikasies@akademie.co.za