Services on Demand
Journal
Article
Indicators
Related links
- Cited by Google
- Similars in Google
Share
Tydskrif vir Geesteswetenskappe
On-line version ISSN 2224-7912Print version ISSN 0041-4751
Tydskr. geesteswet. vol.57 n.4 Pretoria Dec. 2017
https://doi.org/10.17159/2224-7912/2017/v57n4a1
RESEARCH AND REVIEW ARTICLES (1)
Die redaksie kondig met genoeë aan dat die eerste in die reeks huldigingsbundels vir Hertzogpryswenners voltooi is. Prof. Jacques van der Elst, die redakteur, berig soos volg:
Adam Small: Denker Digter Dramaturg
Die SA Akademie se eerste in die reeks huldigingsbundels vir Hertzogpryswenners het einde November 2017 verskyn en is onder meer op 16 Desember jl op Versoeningsdag tydens die onthulling van 'n borsbeeld van Adam Small by die Kunstekaapsentrum in Kaapstad bekend gestel. Die boek word uitgegee deur Protea Boekhuis en bevat 'n reeks artikels oor die lewe en werk van Small, geskryf deur Suid-Afrikaanse akademici met 'n vertaling van Small-gedigte in Nederlands deur Willy Martin. Hein Willemse verskaf 'n indringende analise oor die sleutelgedig "Vryheid", terwyl Steward van Wyk oor Small se identiteitskonstrukte skryf. Benewens 'n biografiese skets van Erika Terblanche en 'n "persoonlike geskiedenis" van Braam de Vries is daar bydraes oor "Kanna hy kô hystoe" en "Krismis van Map Jacobs". Jacques van der Elst skryf oor die drama rondom die Hertzogprystoekenning aan Small. Ander persone wat bygedra het, is Bernard Odendaal (NWU), Marisa Keuris (UNISA), Jacomien van Niekerk (UP), Michael le Cordeur (US) en Bettina Wyngaard. Antoinette Lombard (UP) en Rinie Schenck (UWK) verskaf 'n oorsig oor die rol van Small in die vakgebied Maatskaplike Werk.
Heel gepas skryf Hein Willemse, een van die medewerkers tot die bundel, in hierdie uitgawe oor Adam Small se "jarelange verbondenheid" met die Cape Flat Players - navorsing oor 'n bepaalde teatergroep wat 'n heel besonderse aspek van die Suid-Afrikaanse drama- en teatergeskiedenis verteenwoordig.
Ina Wolfaardt-Gräbe
Oktober 2017