SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.58 issue4-1The profile of the adult male as a mentor for adolescent boys from the West coastSwartskaap: Odette Schoeman author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    On-line version ISSN 2224-7912Print version ISSN 0041-4751

    Tydskr. geesteswet. vol.58 n.4-1 Pretoria Dec. 2018

    https://doi.org/10.17159/2224-7912/2018/v58n4-1a8 

    NAVORSINGS- EN OORSIGARTIKELS RESEARCH AND REVIEW ARTICLES (1)

     

    Loerbroer en biegbank: Die uitwysing van rassisme deur die postapartheid- Suid-Afrikaanse media

     

    Spyfly and confessional: The fight against racism in the post-apartheid South African media

     

     

    Gawie Botma

    Departement Joernalistiek, Universiteit van Stellenbosch, Stellenbosch. E-pos: gbotma@sun.ac.za

     

     


    OPSOMMING

    Die voortdurende debat oor die rol van die media in die samelewing word in hierdie artikel verryk deur die identifisering van twee nuwe metaforiese beskrywings: loerbroer en biegbank. Die beskrywings spruit uit ʼn Foucaultiaanse lesing van die wisselwerking tussen mag/kennis en die rol van die media in diskoerse wat in die samelewing om hegemonie meeding. Die toepassing daarvan werp lig op die dekking van insidente van beweerde rassisme in die Suid-Afrikaanse media oor die laaste paar jaar. Die artikel toon aan hoe daar ondanks diversiteit in die media tog ʼn patroon ontstaan wat deur die loerbroer en biegbank beskryf kan word.

    Trefwoorde: biegbank, dissipline, Fairclough, Foucault, grense, kritiese diskoersanalise, loerbroer, media, postapartheid, rassisme, sosiale media, Suid-Afrika


    ABSTRACT

    In the title, "Spyfly and confessional: The fight against racism in the post-apartheid South African media", the first two metaphors are introduced as a description of noticeable tendencies in the interaction between media and society. The two descriptions have their roots in the work of Foucault and refer to the nexus between power/knowledge and the role of the media in the struggle between competing discourses for hegemony.
    Foucault refers to different forms of power, concerning surveillance, discipline and modern society as a confessional space. It is argued in this article that the media play a role in setting and patrolling some boundaries in society as agents of power in their own right. Power and the control of knowledge are exercised through different mechanisms, of which the fight against racism presents one such an example.
    While the white-owned media in general often played an active part in the perpetuation of colonialism and apartheid, the post-colonial media in South Africa are involved in fighting racism, at the same time endeavouring to support efforts by government and civil society to "eradicate" racism. While racist discourses take place on social media, most if not all of the mainstream media are involved in active anti-racism campaigns. The mainstream media also quickly pick up on incidents of alleged racism when these go "viral" on social media, thereby contributing to the cycle of often sensationalist coverage.
    A range of media texts of alleged racism were examined for this article. The aim was to describe the coverage of incidents of alleged racism in the media, widely defined to include social media and contributions by other citizens, including so-called citizen journalists, in detail and considered in context against the backdrop of the metaphors "spyfly" and "confessional".
    The first part of the analysis focusses on an incident at a playschool for children in Pretoria in 2016, when a seemingly innocent photo distributed by the school on social media caused a furore because of accusations of racism and marginalisation. Authoritative persons, with the help of the media, also using social media, played the role of spyfly while the case was still in progress, and political parties became involved when legal action was instigated against a provincial minister who had allegedly compromised the safety of the children. Besides being covered by various print and online publications, the national broadcaster, the SABC, also included the incident in a news bulletin in which a list of "outrageous" racist events were summarised and condemned.
    The second part of the article takes a closer look at how the media provide a confessional space for racists who wish to repent and make amends. While the majority of the most prominently covered cases featured white people, the media also responded when a black man encouraged black South Africans to "do to whites what Hitler did to the Jews". The perpetrator apologised and confessed, as did the famous and generally unrepentant cartoonist Zapiro when he was accused of racism for portraying a black person as a monkey in one of his cartoons.
    This points to one of the interesting features of the dynamics described here: how the media police themselves and their peers. Other members of the media, such as the commentator Gareth Cliff and the sports journalist Dan Retief, were also forced to confess and apologise after statements made by them on social media had been perceived as being racist. One television news anchor was disciplined after criticising the English pronunciation of the minister of education on air.
    The concluding argument is that the two central descriptions enable media researchers to describe the often contradictory and very complex role of the post-apartheid South African media. Despite the diversity of the media in general and the many differences between mainstream members of the post-apartheid South African media, they tended to follow similar patterns in the coverage of alleged racism. This often led to sensationalism, seeing that the coverage often was not presented in context.

    Keywords: boundaries, confessional, critical discourse analysis, discipline, Fairclough, Foucault, media, post-apartheid, racism, social media, South Africa, spyfly


     

     

    INLEIDING

    Die media staan nie neutraal in die samelewing nie, maar is deel daarvan as medeskeppers van diskoerse wat in die openbare sfeer om hegemoniese status meeding. Tog is hoofstroom-joernalistiekpraktyk geskoei op ʼn lees van onafhanklikheid en objektiwiteit in nuusrapportering. Goeie joernaliste bly streef immer(s) na die waarheid, al sal hulle selfs so ver gaan om te erken dat dit dikwels veelkantig, ontwykend en onbereikbaar is.

    Die waarheid kry vele skakerings in die media, en die gewilde aanspraak (gewoonlik in reaksie op kritiek) dat ʼn joernalis bloot ʼn spieël vir die samelewing ophou, hou nie steek nie. Aan die ander kant is dit waar dat die media en veral hulle produkte tog ook iets van die tydsgees waarvan hulle deel is en help vorm, weerspieël. Deur koloniale koerante met dié uit die apartheid- en postapartheid-eras te vergelyk, kan ʼn navorser byvoorbeeld duidelik sien hoe verskuiwings in die hantering van ras as tema oor eeue heen plaasgevind het.

    Maar, soos reeds genoem, is dié spieëlbeskrywing ook problematies, want volgens McQuail (2010:84) verdraai en verwring die spieël ook terselfdertyd die beeld, en word dit geraam. Met ander woorde, hierdie metafoor vertel nie die volle verhaal van hoe die media inhoud skep en versprei en hoe dit deur verbruikers gelees en geïnterpreteer word nie.

    Op die vlak van metafore noem McQuail (2010:84-85) behalwe die spieël ook ander moontlike voorstellings van die media in die samelewing, onder meer ʼn platform, venster, gespreksgenoot, bemiddelaar en aktivis.

    Die beeld van 'n platform is nuttig omdat dit die funksie aandui van die media wat verskillende meningsvormers die geleentheid gee om aan die openbare gesprek deel te neem, terwyl die raam die implikasie oordra dat gebeure wat buite die raam val nie "nuus" is nie. Die raam het ook die konnotasie van ʼn mate van vooroordeel in die verslaggewing oor gebeure.

    Maar die media is uiteraard ook self ʼn meningsvormer, soos aangedui deur die teorie van agendastelling ("agenda setting"). As bemiddelaar kan die media byvoorbeeld in tye van krisis en konflik bydra tot beter kommunikasie, terwyl hulle soms ook aktief kies om ʼn spesifieke saak te bevorder. Dele van die Suid-Afrikaanse media was byvoorbeeld by die stryd teen apartheid betrokke, en ander het die stelsel gesteun.

    In die postapartheid-era is die bestryding van rassisme ʼn saak waarvoor talle lede van die media hulle beywer. Die opkoms van die internet en sosiale media het boonop aan gewone burgers (diegene wat voorheen as die mediagehoor bekend gestaan het, soos Rosen (2011) skryf) ook die geleentheid gegee om tot die openbare gesprek toe te tree as meningsvormers en aktiviste. In Suid-Afrika in die 21ste eeu was daar talle voorbeelde van rassistiese insidente en veldtogte teen rassisme wat op sosiale media ontstaan het en wyd gesirkuleer is. In ʼn aantal veelbesproke gevalle het die mediastorm wat daardeur ontstaan het, die owerhede genoop om nie net teen die betrokke rassis op te tree nie, maar om dit ook te oorweeg om wetgewing wat rassisme verbied, uit te brei en te versterk.

    In hierdie artikel word die rol van die Suid-Afrikaanse media uitgebrei deur aan die hand van Foucault (2003, 1981, 1980, 1978, 1977) twee metafore by te voeg: loerbroer en biegbank. Dié toevoegings dra daartoe by om veral die rol en bydrae van sosiale media, en hul interaksie met die tradisionele media, beter te verstaan, asook die betrokke insidente waarna hierdie artikel verwys. Maar eers moet in meer teoretiese terme na "loerbroer" en "biegbank" gekyk word. In diskoersanalise sal tereg opgemerk word dat die woordkeuse en register van dié twee terme reeds ʼn sekere kritiese houding teenoor die media veronderstel. Dit beteken nie die skrywer keur rassisme goed nie, maar dat die bydrae van die media om die vraagstuk konstruktief te bemiddel, bevraagteken word.

     

    DEFINISIES

    Die konsep "media" is ingewikkeld en dikwels verwarrend, want dit kan na een koerant of al die inhoudsverskaffers ter wêreld verwys. Daarom is daar in hierdie artikel ʼn inklusiewe afbakening wat spesifiek na die Suid-Afrikaanse media verwys, insluitende diegene wat as die elite- of hoofstroommedia bekend staan, maar ook die meer populistiese poniekoerante en platforms op die internet en sosiale media wat deur die publiek en joernaliste gebruik word. Hierdie benadering maak sin omdat daar eietyds soveel wisselwerking tussen die informele en formele joernalistiek bestaan. Formele joernalistiek is die professionele klas wat as vaste werknemers of vryskut inhoud skep wat versprei word, terwyl informele joernalistiek verwys na bydraes deur ander burgers (insluitend sogenaamde burgerlike joernaliste ("citizen journalists"), wat ook die gewone publiek insluit wat op sosialemediaplatforms soos Twitter en Facebook ʼn mening lug. In hierdie artikel word na die dekking van sommige beweerde rassistiese insidente gekyk, teen die agtergrond van insigte wat deur die beskrywings loerbroer en biegbank verskaf word.

    Ras is moeilik definieerbaar, maar hier verwys dit na die identifisering van iemand as behorende tot een van die vier kategorieë wat gedurende apartheid amptelik en wetlik toegepas is. Die argument is dat die pogings om postapartheid-regstelling te bewerkstellig, gelei het daartoe dat hierdie klassifisering aktief en lewend bly, ook in media-interaksies. Ideaal gesproke sou ras, indien dit enigsins ter sprake sou kom, dan eerder moes verwys het na die selfidentifikasie van ʼn individu met ʼn sekere groep, maar deur wetgewing gemik op swart bemagtiging is daar steeds sprake van die gedwonge klassifisering van die postapartheidbedeling. Dit word deur sommige kritici as ʼn soort kwotastelsel gesien, terwyl die teenargument lui dat die geïnstitusionaliseerde rassisme en ongelykheid tussen bevolkingsgroepe oor eeue heen net verander kan word deur regstellende aksies wat juis op die apartheidskategorieë gebaseer is. Hierdie artikel gee nie uitsluitsel oor dié ingewikkelde debat nie, maar kyk na mediadekking van ras en rassisme uit ʼn bepaalde invalshoek.

     

    TEORIE EN METODOLOGIE

    Hierdie artikel volg breedweg ʼn Foucaultiaanse benadering wat verwys na die rol van mag en kennis ("power/knowledge") in die skepping van ʼn sosiale realiteit. Die argument is dat wat mense weet, hoe hulle dit kommunikeer (of nie) en wat as aanvaarbaar beskou word (of nie), alles deel uitmaak van wat Foucault "diskoers" genoem het.

    Diskoers verwys hier na ʼn groep stellings en tekste wat sistematies in ʼn kennissisteem georganiseer is (Kendall & Wickham 1999:42). Vir Foucault het diskoers betrekking op "well-bounded areas of social knowledge" (McHoul & Grace 1993:31). Bowman (2005:25), met verwysing na McHoul en Grace (1993), som dit soos volg op:

    Knowledge is constituted by systems of constraint and production specific to an historical delimitation of possibility. "In any given historical period we can write, speak or think about a given social object or practice, only in certain specific ways and not others" A discourse would then be "whatever constrains - but also enables - writing, speaking and thinking within such historical limits".

    Deur diskoers word die samelewing - en die individue daarin - gestruktureer in sekere hiërargiese posisies. Foucault word dikwels kwalik geneem dat hy radikaal konstruktiwisties geskryf het dat die subjek ook deur diskoers geskep word, maar die interpretasie hier is eerder dat kwessies soos die konstruksie van identiteit en die vermoë tot posisionering in die sosiale veld (à la Bourdieu 1998) afhang van die vlak van mag en kennis waartoe ʼn individu toegang het.

    In Suid-Afrika is daar byvoorbeeld ʼn groot gros swart mense wat beperkte toegang tot sekere media (en dus ook tot mag/kennis) het en dus daardeur as subjekte gemarginaliseer en geïgnoreer word. Hulle stemme word ook minder in die publieke domein gehoor as dié van diegene hoër op in die diskoershiërargie. Gedurende kolonialisme en apartheid was wit meerderwaardigheid en bevoordeling ʼn dominante diskoers in sommige media, maar sedert 1994 het dit verander. Talle lede van die media speel nou ʼn aktivistiese rol om rassisme te bestry, en dit is na hierdie aspek wat dié artikel kyk.

    Foucault bied insigte oor die rol van die media in die moderne samelewing. Die media kan naamlik beskryf word as sisteme van dissiplinêre mag, bio-mag ("biopower") en goewermentaliteit ("governmentality"). Hy het hierdie terme in verskillende stadiums van sy loopbaan gebruik om die manifestering van mag, gekoppel aan kennis, te beskryf soos dit in en deur diskoers opereer. Met ander woorde, Foucault het probeer verstaan hoe daar deur oor iets te praat of te skryf, en deur woorde, kategorieë, sisteme en instansies (van kennis) daarrondom te bou, aansienlike en wyd verspreide vorme van kreatiewe en destruktiewe mag geskep kan word.

    Dissiplinêre mag het te doen met waarneming ("surveillance") en die rol van die loerbroer wat sorg dat die grense van aanvaarde norme nie oorskry word nie. Dit skakel nou met die biegbankbeskrywing, want Foucault beskou die moderne Westerse samelewing as ʼn "biegende samelewing" (Foucault 1978:59) en verbind dit sentraal aan die werking van mag as " one of the main rituals for the production of the truth" (Foucault 1978:56). Foucault argumenteer dat die Westerse samelewing obsessief geraak het oor "the infinite task of extracting from the depths of oneself, in between the words, a truth which the very form of the confession holds out like a shimmering mirage" (Foucault 1978:59). Volgens Fletcher (2010):

    Through confession individuals take an active role in their own surveillance acting at once as the governor and the governed, the prisons and the warder, the watcher and the watched. By confessing all that is within, all that is hidden and all that can be known individuals deliver to power the means by which a person can be forgiven, counselled, punished, dealt with, judged and corrected.

    Die nuusmedia, as selfaangestelde waghond en waarheidsbron vir die samelewing, kan dus beskou word as 'n instrument van mag en waarneming, wat oortreders van algemene wette, reëls en norme (soos dit deur die media vertolk word) aan die kaak stel. Dit sluit voorvalle van beweerde rassisme in. Boonop bied die media ook platforms en die geleentheid aan die oortreder om te bieg. Dus polisieer die media nie net die grense van die samelewing nie, maar dra by tot sensasie en spektakel.

    Foucault argumenteer dat in ʼn waarneming-samelewing die aksie van dophou (of selfs net die moontlikheid om dopgehou te word) as ʼn dissiplinêre meganisme funksioneer, byvoorbeeld tuis deur jou ouers, op skool deur onderwysers, op straat, in winkelsentrums en op paaie deur videomonitors. In die internetera kan sosiale media as nog een van hierdie potensiële en feitlik alomteenwoordige waarnemers gelys word. Individue wat oortree, word gestraf en moet soms in die openbaar boete doen as deel van ʼn proses van rehabilitasie (soos in howe en tronke), maar baie mense internaliseer hierdie openbare wette, reëls, waardes en morele standaarde en tree vrywillig daarvolgens op; hulle dissiplineer hulself. Boetedoening is deel van die ritueel van publieke vergifnis, terwyl die onwilligheid om te bieg en vergifnis te vra tot verdere straf en verwerping kan lei. Die gewildheid van geselsprogramme en realiteitstelevisiereekse wys byvoorbeeld hoe die dissiplinêre mag van die media rondom die model van boetedoening gestruktureer is. Op sosiale media word soms van mense wat aan die kaak gestel word vir oortredings, soos rassisme, verwag om te bieg en om verskoning te vra voordat vergifnis oorweeg word.

    Met bio-mag verwys Foucault na hoe die liggame van individue dopgehou en bestuur word in die dissiplinêre samelewing. Die staat is die primêre bron van bio-mag deur die waarneming en bestuur van die samelewing, onder meer deur data te gebruik wat deur nasionale sensusse opgeneem word.

    Maar die media, wat uit ʼn normatiewe funksionalistiese hoek as die waghond en Vierde Stand van die regering beskryf word (met sosiale media as die waghonde van die waghond, dan die Vyfde Stand), speel ook ʼn rigtinggewende rol. Die media verskaf byvoorbeeld die inligting wat bydra daartoe dat die staat glad funksioneer, insluitende gedurende verkiesings en sensusse, en styg uit bo sy kritiese waghondfunksie wanneer die sekerheid en gesondheid van die bevolking bedreig word, byvoorbeeld in tye van oorlog of natuurrampe. Alhoewel dele van die media soms opponerende posisies inneem teenoor ʼn spesifieke status quo, val talle by die bestaande orde in, of word gedissiplineer om ʼn spesifieke regime te aanvaar. Onder mediakonglomerate met aansienlike ekonomiese beleggings in spesifieke samelewings, is die guns van die regerende politieke elite belangrik.

    Die laaste term, goewermentaliteit, is verwant aan bio-mag en beskryf hoe verskillende vlakke en bronne van mag bydra tot die konstruksie van die subjek in die dissiplinêre, waarneming- en biegsamelewing. Die punt is reeds gemaak dat veral die hoofstroomnuusmedia deel van die sisteem van die heersende klas is. Nasionalisme in die media is ooglopend gedurende tye van politieke en militêre konflik, maar blyk selfs uit skynbaar onskuldige algemene praktyke, soos die dekking van internasionale sportgeleenthede (waar die homogene dualisme van "ons" versus "hulle" in terme van konflik en stryd geaktiveer word).

    Gebruikers van sosiale media, wat nie net die nuusmedia dophou nie maar ook individue en die samelewing, vorm deel van ʼn komplekse netwerk wat onder meer die optrede, beeld en lot van individue kan beoordeel en help bepaal.

    Vir die doel van hierdie navorsing is primêre en sekondêre bronne ontgin. Talle tekste is opgespoor deur sleutelwoorde soos "ras" en "rassisme" op verskeie databasisse, onder meer Ebscho Host, Sabinet se SA Media-bron en die katalogus van die Universiteit van Stellenbosch in te tik. Die bespreking hieronder bied ʼn seleksie en illustrasie van hoe die metafore loerbroer en biegbank lig werp op die rol van die postapartheid- Suid-Afrikaanse media in die bestryding van rassisme.

     

    ANALISE EN BESPREKING

    Loerbroer

    ʼn Voorval van beweerde rassisme by die Koeitjies en Kalfies Kleuterskool in Centurion in 2016 het begin toe die skool self ʼn foto met van die kinders daarop aan ouers op ʼn gereelde WhatsApp-groep uitgestuur het (Ndlazi 2016; Madibogo 2016). Die foto het een van die swart ouers so ontstel dat dit op ander sosiale media beland en soos ʼn veldbrand versprei het. Dit is duidelik dat die loerbroerfunksie van die media hierdeur geaktiveer is. Die vervlegte magsverhouding tussen sosiale en hoofstroommedia, die publiek en die owerhede blyk ook duidelik.

    Op die foto is sommige van die kinders, vier wit en een swart, te sien. Die vier wit kinders sit saam aan een tafel, besig om kolwyntjies te eet. Aan die tafel langs hulle sit die swart kind alleen, met (na bewering) geen koekie in sig nie. Die ouers van die kleuter van 19 maande het die foto geïnterpreteer as ʼn teken dat hul kind die slagoffer van rasseskeiding en marginalisering by die skool was, en het haar onmiddellik daar verwyder. ʼn Familielid het die foto en bewerings van rassisme op Facebook geplaas, en verskeie nuusorganisasies, drukgroepe en individue het gereageer.

    ʼn Nuusberig deur Madibogo (2016) op die webwerf Times Live vertoon die foto en haal ʼn familielid van die kind, Kefhiloe Mokoka, soos volg aan:

    Someone please tell me what is wrong with this picture or maybe my family is over-reacting. That child sitting all alone in the next table with no cupcake is my 19-month-old cousin at her pre-school somewhere in Centurion

    Madibogo (2016) skryf dat die Gautengse minister van onderwys, Panyaza Lesufi, reeds die skool besoek het. Lesufi word soos volg aangehaal:

    "I am here at the school with the principal. All kids are white taught by white teachers. Blacks are just maids here! Disgusting" Lesufi said. "We have to act decisively so I've assigned a social worker to immediately do what is right." Labelling the pre-school as problematic he said: "It will change! Mark my words!"

    Ook aangehaal deur Madibogo (2016) is die woordvoerder van die departement van binnelandse sake, Mayihlome Tshwete, wat gesê het: "I think cadres must find that crèche and we must descend upon them with cupcakes in hand." Die berig eindig deur ʼn gebruiker van sosiale media, ene Nangamso Koza, aan te haal: "Dear Black SAfricans. Stop sending your kids to these racists white-owned and -run creche. What do I think will happen? Build your own."

    Die Sunday Times, moederpublikasie van Times Live, het getwiet: "Pre-school under fire for 'separating' black toddler from white classmates." Die radiostasie 702, wat deur Primedia besit word, het kommenaar deur Lesufi getwiet wat lui: "I am deeply disappointed and disgusted at the same time. South Africans must learn that children can learn and play together, black or white." Die radiostasie Cape Talk, ook in die Primedia-stal, het op sy beurt getwiet: "Racism has shown its ugly head again this time on minors Share your thoughts."

    Gedurende die insident het Lesufi deurlopende kommentaar op sy ondersoek op Twitter gepubliseer. Op 23 Junie (om 11:26) het hy getwiet: "Don't worry I am personally going there today at 1pm! Please join me." In reaksie op ʼn versoek om die adres van die kleuterskool, het Lesufi ʼn skakel na hul webblad getwiet en later opgemerk: "I don't play marbles with racists." Dit was in reaksie op MaKoza wat die volgende gepos het: "@Lesufi is the worst nightmare of any racist operating in the education industry in GP. He is ever ready to DEAL!!!"

    Teen 12:51 het Lesufi ʼn foto van die skoolgebou gepos met die kommentaar: "I am here! Just arrived at this problematic pre school." Hierdie twiet is minstens 398 maal aangestuur en 144 keer "gelike". Hy het ook ʼn foto van homself geplaas met die kommentaar: "Let's tackle this! Wearing jeans in case I have to jump fences."

    Ná sy vergadering met die skool het Lesufi weer op Twitter kommentaar gelewer (soos reeds aangehaal deur Madibogo 2016 bo), in verband met die feit dat die personeel en kinders almal wit is. Hy het ook gesê dat hy ʼn maatskaplike werker aan die saak toewys. Ander nuusorganisasies het berig hy is "disturbed" deur die feit dat die taal van onderrig Afrikaans is. Nie Lesufi, of talle van die aanvanklike nuusberigte in die hoofstroommedia, het genoem of en hoe die kleuterskool op die aantygings gereageer het nie. Lesufi het later aan radio 702 (https://soundcloud.com/primediabroadcasting/panyza-lesufi-visits-centurion-pre-school-over-alleged-racist-picture) vertel wat die reaksie van die eienaar van die kleuterskool was, maar hy het dit verwerp omdat hy geargumenteer het dat die skool Afrikaans as medium gebruik om swart kinders uit te sluit.

    Ndlazi (2016), op die nuuswebwerf IOL, het eers die insident en mediastorm opgesom en toe geskryf dat die eienaar, Anell Engelbrecht, "is singing a different tune". Hy haal haar as volg aan: "People are reading too much into the situation. The picture is one big misunderstanding. We didn't do anything wrong intentionally." Engelbrech het gesê dat sy doodsdreigemente en haatpos ontvang het sedert die mediastorm losgebars het.

    Ndlazi (2016) het ook verwys na die onderwyser (en eienaar se dogter) wat die foto geneem het, Ane Muller, wat verder beklemtoon het die foto is misverstaan. Die berig vervolg:

    Muller said her class is normally made up of 10 children. On Wednesday two children were absent, leaving them with eight. The children were scheduled to have a party so she called all of the children out of the classroom and asked them out to the patio to sit on the table. "A table can only seat six children," Muller said. While the rest of the children walked straight to the table the black girl and another girl walked to the playground instead. After Muller placed six of the eight children at the six-seater table, she asked the assistant to bring the two girls from the playground and they were placed at different tables. As she was about to take the photo, the other little girl started crying and the teacher asked the assistant to pick her up. "The picture was taken at that very moment," Muller said. (Ndlazi 2016)

    Oor aantygings dat die swart meisie nie ʼn kolwyntjie gehad het soos al haar klasmaats nie, het Muller geantwoord: "If you zoom into the photo you will see she is holding a cupcake in her hand with no icing because I removed it for her. She doesn't like icing. We know this from previous parties we've had at the crèche " (Ndlazi 2016).

    Luidens die berig het Muller toe die foto aan die ouers op die skool se WhatsApp-groep gestuur. Volgens Muller (aangehaal in Ndlazi 2016) "... she didn't even look twice to check if the photo had any racial connotation to it " Ndlazi (2016) voeg dan by dat die skool al vir ses jaar bestaan en twee swart kinders uit ʼn totaal van 65 het. "The medium of instruction is Afrikaans only and the alleged victim is the only black girl in her class," lui die berig.

    Savides (2016) het op 27 Junie op Times Live berig dat "Lesufi was subjected to unprovoked racist abuse, and called a k****r and a paedophile by 'Summer Starstead', an anonymous user operating under the handle @uncucklord." Die berig vervolg:

    Using a picture taken from Lesufi's Twitter feed - in which he was wearing jeans in case he had to jump a fence to get into a Johannesburg creche that allegedly separated white and black children during meals - @uncucklord said: "Here you have Gauteng MEC for education @lesufi ready to jump a fence to take pics of todlers (sic). F***ing K****r pedo!"

    Volgens Savides (2016) het Lesufi gesê hy was natuurlik kwaad, "but for the sake of my commitment to the country's future I have to be strong " Hy het homself ingehou en sy "response to the tweet was short, and remarkably polite: 'Don't call me with a K-word, please.'" Die "abuse continued - and got worse", en "Lesufi again had the K-word hurled at him and was asked why he was not wearing 'piss-soaked animal skins' as this was 'traditional attire'," luidens die berig.

    Lesufi het luidens die berig weer geweier om kwaad te reageer, en later in ʼn tweedelige twiet aan sy 27 200 volgelinge geskryf: "Racists can insult me as they wish but my commitment to a nonracial, equal and quality education for all our children remains unshakeable. Their children will study, dance and play with our children in one class and drink water from the same tap. If this hurts racists, hard luck!" Savides (2016) gaan voort:

    Asked how he kept his cool, Lesufi said his parents had taught him "to respect those who hate you, as it is through respect that you can change your enemy". He has needed this teaching because, he said, comments like those made yesterday were commonplace.

    Daaropvolgend het Dlamini (2016) berig dat die Vryheidsfront Plus ʼn regsaak teen Lesufi aanhangig gemaak het en daarop aangedring het dat hy bedank oor die manier waarop hy die kwessie van beweerde rassisme by die kleuterskool hanteer het. Anton Alberts, leier van die VF Plus, het gesê dat hy nie ʼn probleem het met die feit dat Lesufi by die skoolkwessie betrokke geraak het nie, maar met hoe hy opgetree het terwyl hy daarheen onderweg was. Alberts word soos volg aangehaal:

    He basically tweeted his own views. He said he was going there to face-off with racists. This means he had already decided that the school was wrong without proper investigation. Then he invited all his 26900 Twitter followers to join him and confront the school. He also re-circulated photos of the toddlers which enabled the public to identify them. Within a very highly racially polarised and charged environment he calls people to come with him and face off with a crèche. He put the children at the crèche in danger. (Dlamini 2016)

    ʼn Internetsoektog kon geen berig opspoor dat die kleuterskoolsaak ooit verder in die howe gevorder het nie, maar daar was wel talle ander berigte van konflik tussen die VF Plus en Lesufi oor sy beweerde veldtog teen Afrikaanse skole in Gauteng (sien Van Staden 2018).

    Interessant genoeg het lede van die hoofstroommedia, wat die storie wyd gepubliseer het, wel die kinders se gesigte versluier, waarskynlik omdat die Suid-Afrikaanse Perskode die identifisering van kinders in beriggewing reguleer (Perskode 2016). Maar op sosiale media het die foto ongesensor die ronde gedoen, en baie gebruikers het die geleentheid gebruik om ook ander foto's en beelde as kommentaar by te voeg en aan te stuur. Die insident het ʼn sogenaamde meme geword, wat beteken dat dit danksy die wye en produktiewe verspreiding van uitbeeldings daarvan, verwysings daarna en kommentaar daarop bykans ikoniese bekendheid verwerf het as deel van die openbare diskoers.

    Mayihlome Tshwete, woordvoerder van die ministerie van binnelandse sake, het byvoorbeeld op sosiale media verklaar: "If I ever saw someone treating my child like this ....... Jesu, I would be Django Unchained." Dit is ʼn verwysing na 'n fliek deur die regisseur Quentin Tarantino uit 2012 waarin wit rassiste en slawe-eienaars in die Suide van Amerika deur onder andere swart karakters gewelddadig afgemaai word (Django Unchained 2018). Tshwete het ook die kleuterskool geïdentifiseer en die adres gepubliseer en voorgestel dat beswaarmakers daarop toesak. Terwyl Lesufi met die bestuur van die kleuterskool vergader het, het Tshwete ʼn foto van ʼn gewelddadige toneel uit Django Unchained gepubliseer met die kommentaar "some exclusive images of MEC Lesufi engaging with the management of the racist crèche" (Ratcatcher 2016).

    Gedurende die tyd het ʼn berig deur die SABC (G. Pillay 2016) die hoë vlak van sensasie in die rapportering van beweerde rassistiese insidente aangedui. G. Pillay (2016) het verklaar dat die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie ʼn beroep op Suid-Afrikaners gedoen het om meer verdraagsaam te wees "[F]ollowing another week in which racially charged incidents have grabbed the headlines " G. Pillay (2016) verskaf dan ʼn lys van die "spate of explosive racial incidents across the country":

    Last Monday, petrol attendant Johannes Monyela, was targeted in what is believed to be a racial attack. The attack was caught on CCTV footage. Monyela says: "I said you don't have to insult me but he just came straight to me. When I look at him I saw he is going to fight, I just go back. He shoot me with a punch in my face." Just days later at a Pretoria crèche 19-month-old Nishani Mosinyi, made to sit by herself - apart from her fellow white playmates. Nishani's mother Thobo says: "There were just so many things wrong with that picture. One it showed me that my child could be undergoing a lot of segregation at that school being side lined because of her race and then secondly I don't want my child to go to a school where she's not integrating she's being taught this person is white this person is yellow." All the recent incidents have the human rights commission outraged. (G. Pillay 2006)

    Hierdie teks op die SABC-webwerf is ʼn geskrewe opsomming van ʼn nuusvideo (https://www.youtube.com/watch?v=UwqJbacWNQ0), wat die sensasionalistiese aard van die dekking vererger omdat dit geredigeerde beeldmateriaal van die beweerde aanranding, asook die persoonlike perspektief van die ma van die kind verskaf. Die video dra ook by tot die lys van rassistiese insidente deur te verwys na die geval van die Sodwanabaaise gastehuiseienaar André Slade, wat in ʼn e-pos verklaar het dat hy "om religieuse redes" weier om swart mense te huisves. Dié insident is ook wyd op sosiale media bespreek voordat die SABC dit in hul nuusbulletin ingesluit het (sien Khoza 2016).

    Interessant genoeg bied die video ook aan ʼn woordvoerder van die Menseregtekommissie, Gail Smith, kortstondig die geleentheid om ʼn meer gebalanseerde perspektief te bied as die opsomming wat verskaf is deur die joernalis (G. Pillay 2016), in druk op die webwerf, asook in die video wat tydens die nuusbulletin uitgesaai is. Byvoorbeeld, waar G. Pillay (2016) slegs opsom dat die Kommissie "outraged" is, sê die woordvoerder dat hoewel sy nie die "importance and the horror of racism" geringskat nie, moet mense onthou dat "we are a country in process".

    Deur selektief te steun op soms opruiende visuele materiaal wat wyd op sosiale media versprei is, is verskeie individuele en uiteenlopende insidente, elkeen met sy eie ingewikkelde geskiedenis en unieke konteks, saamgevoeg onder die een banier van wit rassisme en landwyd deur die nasionale uitsaaier versprei as 'n "outrageous" nuusgebeurtenis wat net meer as 2 minute geduur het. Deel van die pakket, en een van die groot dryfvere, was ʼn insident wat begin het met ʼn min of meer toevallige enkele foto van ʼn groepie kleuters op ʼn speelgrond wat op sosiale media aan ouers gestuur is. By uitstek was die media hier die loerbroer.

    Biegbank

    Terwyl die Suid-Afrikaanse media om verskeie redes gretig is om beweerde voorvalle van rassisme aan die groot klok te hang, is daar ook ʼn neiging om aan slagoffers die geleentheid en platform te bied om boete te doen. Dit sluit aan by die praktyk van joernaliste om "stories op te volg", maar pas ook in by ʼn narratief van straf, vergelding, boetedoening en rehabilitasie.

    Matthew Theunissen, ʼn wit Suid-Afrikaner wat rassistiese uitlatings op Facebook gemaak het, het byvoorbeeld kort daarna in ʼn ope brief op die nuuswebwerf Independent Online beloof om vir sy optrede te vergoed (Theunissen 2016). Theunissen het aanvanklik rassisties reageer op ʼn aankondiging in die media dat die minister van sport beplan om Suid-Afrikaanse sportbeheerliggame te verhoed om internasionale geleenthede in Suid-Afrika aan te bied totdat volledige "transformasie" plaasgevind het. Die Mail & Guardian het daaropvolgend ʼn meningsartikel geplaas, "A portrait of racism: The making of #MattTheunissen, by a former classmate" (Mulgrew 2016). Daar is ook deur News24 berig dat hy tot gemeenskapsdiens gevonnis is (Etheridge 2016). Die minister van sport het gunstig op die apologie gereageer, het Sports24 berig (Burnard 2016).

    Soms beland swart mense ook in die beskuldigde- en biegbank van die media. Daar was byvoorbeeld die geval van Velaphi Khumalo, wat swart Suid-Afrikaners aangemoedig het om "aan wit mense te doen wat Hitler met die Jode gedoen het". Hy het egter later in die News24-berig "Forgive me South Africa, Khumalo pleads" (Gqirana 2016), verskoning aangeteken. Ook instansies wat van rassisme aangekla is, het soms in die openbaar boete gedoen. Die Bergsig Hoërskool in Rustenburg is byvoorbeeld in die berig "Racist school turns over a new leaf " deur die Noordwes-regering geprys dat hy van sy rassistiese verlede wegbeweeg het (Masaba 2016).

    News24 het talle lang video-onderhoude met die berugte rassis Penny Sparrow gevoer. Uittreksels is ook op die webblad gepubliseer onder opskrifte soos "'I am a poor white' - Penny Sparrow", and "'I think black people are wonderful' - Penny Sparrow".

    Selfs die skynbaar onaantasbare Suid-Afrikaanse spotprenttekenaar Zapiro moes by geleentheid op die radiostasie 702 om verskoning vra na sy uitbeelding van ʼn staatsamptenaar as ʼn apie. Dit is aangebied onder die opskrif "'It was a mistake,' says Zapiro about Shaun Abrahams monkey cartoon" (702, 2016).

    Ook hoofstroom-nuusinstansies is deeglik deur die "Vyfde Stand" (sosiale media) in toom gehou. Beeld en Netwerk24 het apologie aangeteken vir ʼn plakkaat waarop die naam van die krieketspeler Kagiso Rabada verkeerd gespel is nadat daar ʼn storm op sosiale media losgebars het omdat dit na bewering sou spruit uit rassisme en die miskenning van swart mense (Citizen reporter 2016.) Die nuusinstansies het ook gebieg dat hulle gefouteer het deur die krieketspeler ʼn "drama queen" in ʼn opskrif te noem, met verwysing na sy talent as toneelspeler op skool. Meningsvormers op sosiale media het geoordeel dat die opskrif neerhalend was.

    Druk van sosiale media het ook teen die hoofstroommedia gedraai in die reaksie op die voorval toe eNCA ʼn insetsel oor "Afrika-dag" deur Nontobeko Sibisi van die kanaal verwyder het, omdat sy teen redaksionele beleid ʼn tradisionele kopdoek gedra het (Dayimani 2016). Nadat ʼn e-pos oor die insident die ronde gedoen het en toe uitgelek het, het ʼn landwye bespreking gelei tot die Twitter-hutsmerk #RespekTheDoek waardeur talle Twitter-gebruikers, bekendes en sommige media-instansies hul ondersteuning vir Sibisi uitgespreek het. In reaksie het die eNCA se hoofredakteur, Anton Harber, gesê dat hy geen probleem met Sibisi se kopdoek het nie en dat die televisiekanaal se beleid ten opsigte van hooftooisels moontlik hersien moet word (Geach 2016).

    ʼn Soortgelyke insident by eNCA met ʼn soortgelyke dinamiek, maar met meer direkte amptelike politieke betrokkenhied, was toe die senior nuusleser Andrew Barnes van die lug verwyder is nadat hy die spot gedryf het met ʼn uitspraak van ʼn woord deur die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga (Shange & Herman 2016). Nadat uittreksels uit ʼn toespraak deur Motshekga vertoon is terwyl sy die matriekuitslae van 2015 aangekondig het, het Barnes gesê: "Maybe someone should have a word with the Basic Education minister about how to pronounce the word 'epitome'." Volgens Shange en Herman (2016):

    South Africans on Twitter have not taken kindly to the remark, after Sport and Recreation spokesperson Esethu Hasane posted a video clip on the platform questioning Barnes' comment Some have since stated that the remark was unnecessary and unprofessional. Others highlighted that Barnes himself struggled to pronounce Motshekga's surname in the same sentence.

    Die berig deur Shange en Herman (2016) haal voorts ʼn woordvoerder van eNCA aan wat gesê het dat Barnes se aanmerking nie net kwetsend en onnodig was nie, maar ook ernstig onsensitief. Die kanaal het verskoning aangebied, soos Barnes ook self kort ná die insident. Luidens die berig "his apology received mixed reaction, with some opting to forgive him, while others flat out rejected it".

    ʼn Ander senior joernalis, die sportkommentator Dan Retief, is aangeval en verwerp ná sy twiet "SA carried to victory by two White Afrikaners politicians and media commentators take note . for what it is worth" ná ʼn krieketwedstryd tussen Suid-Afrika en Engeland (Sport24 2016). Die beheerliggaam Krieket Suid-Afrika "took strong exception to the tweet before accepting his apology". Retief het veral op sosiale media deurgeloop. Eusebius Mckaiser, ʼn prominente uitwyser van rassiste op sosiale media, het Retief se twiet aangestuur met die volgende kommentaar: "Dan Retief, a sports journalist, comes out the racist closet too. Hope editors decide to not use him again" (om 13:47 op 15 Februarie 2016). Die Sondagkoerant City Press het toe inderdaad aangekondig dat Retief se bydraes in die vervolg nie meer gebruik sal word nie. City Press se redakteur, Ferial Haffajee, is soos volg aangehaal:

    Dan Retief is a journalist of skill and dexterity - he has taught me a lot about journalism and rugby. I have enjoyed his work in our pages and our readers have been enriched by his excellent insights into rugby. But his tweet last Sunday was intolerable to City Press, which is built on the principles of black and African excellence, and of anti-racism and non-racialism. His work will no longer be appearing in City Press.

    Soos nou reeds duidelik word, het ʼn opmerklike patroon van onderlinge interaksie tussen sosiale en tradisionele media ontstaan in die dekking van vermeende rassistiese insidente. Nog ʼn voorbeeld was die mediastorm rondom die dikwels omstrede radio- en TV-aanbieder Gareth Cliff aan die begin van 2016. Cliff het op 4 Januarie op sosiale media gereageer op die Penny Sparrow-insident (waarin sy swart strandgangers "apies" genoem het) deur te twiet: "People really don't understand free speech at all " By die uitlating was ʼn skakel na die uitslag van ʼn internetopname met die vraag of rassistiese uitlatings op sosiale media gekriminaliseer moet word. Die meeste respondente het "ja" geantwoord. Ironies genoeg is die opname geïnisieer deur die leier van die Demokratiese Alliansie, Mmusi Maimane, wat dikwels buite sy wit-gedomineerde party as spreekbuis vir swart belange verdag gemaak word ("Watch: ANC brands Maimane 'white man in black skin'", 2017).

    Cliff is op sosiale media uitgetrap as ʼn tipiese wit rassis wat Sparrow ondersteun omdat hy haar nie emfaties veroordeel het nie, en talle stemme het opgegaan dat hy afgedank moet word as lid van die beoordelaarspaneel van die televisie-realiteitsreeks Idols South Africa op die betaalkanaal M-Net, in besit van Naspers se DStv. Op 5 Januarie het Cliff ʼn uitvoerige amptelike verskoning aangebied:

    I have been an insensitive asshole many times. This whole saga with the idiotic comments of Penny Swallow (sic) has upset me, but I must acknowledge the pain and anger of so many on Twitter who thought I would in any way condone the things she said. If you thought I was on the side of a racist I assumed we were already in agreement about how you can't stand up FOR racism. If I did not make that clear, I apologise - sincerely. With regard to free speech and hate speech, I need to continue my education.

    Nietemin het M-Net besluit om Cliff as aanbieder van Idols af te dank, maar hy het ʼn regseis teen die afdanking ingedien en in die hof gewen. Ironies genoeg was sy advokaat ʼn uitgesproke kritikus van wit bevoorregting en lid van die linkse party Economic Freedom Fighters, Dali Mpofu. Mpofu se argument in die hof is as volg opgesom deur Jordaan:

    Mpofu contended that Cliff was discriminated against by "historically white supremacists" (M-Net) because he is white. Had one of the other Idols judges, Unathi Msengana or Somizi Mhlongo, sent the same tweet he or she would not have been fired, Mpofu said. Msengana and Mhlongo have both been lambasted by the public in the past for "offensive" messages on social media. "If you retain Msengana and Mhlongo, then retain Cliff," Mpofu said. He said M-Net could not fire Cliff for exercising his freedom of expression.

    ʼn Mediastorm het gedurende die hofsaak losgebars oor ʼn foto van Cliff en Mpofu buite die hof aan die lag, terwyl iemand op die voorgrond in ʼn vullisdrom krap. Die foto is onder meer beskryf as ʼn simbool van die marginalisering van die meerderheid (swart) Suid-Afrikaners terwyl die bevoorregte wit minderheid, in tandem met ʼn klein swart elite, voortgaan om die hefbome van mag en welvaart te beset en te gebruik (Meet the waste picker in Mpofu-Cliff photo, 2016).

    Meer as ʼn jaar na die voorval het Cliff in ʼn toespraak aan die Free Market Foundation in Johannesburg gesê dat hy met die voordeel van terugskouing nie weer Penny Sparrow se reg tot vryheid van spraak sal verdedig nie (Vermeulen 2017). Volgens Cliff "it wasn't his fight and the consequences were severe". Volgens Cliff het sy sakebelange skade gely deurdat groot kommersiële kliënte advertensieooreenkomste beëindig het. "And you know what, I've got to make a living."

    Cliff het wel bevestig dat hy (steeds) ʼn voorstander van algehele vrye spraak is, en dat "politieke korrektheid" die teenoorgestelde van vrye spraak is. Hy het vervolg: "It used to be the right we were worried about. Now the greatest threat to free speech comes from within [the ranks of liberals]."

    Dit is ʼn goeie vraag of die klemverskuiwing in die openbare domein van die rol van die media as verdediger van vryheid van spraak na ʼn biegbank en patrolleerder van aanvaarbare diskoers in die toekoms gevare vir mediavryheid inhou.

     

    GEVOLGTREKKING

    Op sosiale media in Suid-Afrika is daar die verskynsel van Black Twitter, wat op ʼn Amerikaanse voorbeeld geskoei is en ʼn groepering van swart joernaliste, meningsvormers en intellektuele bevat. Die dophou van die samelewing met die oog op die uitwys van tekens/voorvalle van rassisme het nie net ʼn prominente rol van hierdie groepering geword nie, maar is ʼn kenmerk van die media oor die algemeen. Daar was talle voorbeelde, wat soms gedraai het om die gebruik van die gewraakte k-woord maar dit was nie daartoe beperk nie. Die dekking het gestrek van amptelike regsaksie (soos wanneer mense vir rassistiese taalgebruik of optrede vervolg is), tot blote aantygings en bewerings van rassisme op grond van min bewyse of navorsing.

    Verbandhoudend met die ontmaskering van rassiste wat deel is van die loerbroerfunksie van die media, is die voorsiening van ʼn platform om te bieg. Veral wit, maar ook swart Suid-Afrikaners is die geleentheid gegun om in die biegbank te smeek om vergifnis vir beweerde rassistiese gedrag. Die vraag of die media as loerbroer en biegbank konstruktief kan bydra tot die bestryding van rassisme en of dié siklus van dekking nie net meer konflik en verwydering bring nie, verdien meer aandag en navorsing (sien Du Preez 2016).

    Die slotargument hier is dat ʼn Foucaultiaanse benadering wel daartoe bydra om die dikwels teenstrydige en komplekse rol van die media in postapartheid Suid-Afrika beter te verstaan. Ten spyte van die groot diversiteit in die media en die talle verskille tussen byvoorbeeld hoofstroomlede, het hulle steeds soortgelyke patrone in hul dekking van voorvalle van beweerde rassisme gevolg. Dit het dikwels tot sensasie gelei, terwyl min konteks en navorsing by die dekking ingesluit is.

     

    BIBLIOGRAFIE

    702. 2016. It was a mistake, says Zapiro about Shaun Abrahams monkey cartoon. At http://www.702.co.za/articles/13803/it-was-a-mistake-says-zapiro-about-shaun-abrahams-monkey-cartoon [31 July 2018].         [ Links ]

    Bourdieu, P. 1998. On television. (Trans. Priscilla Parkhurst Ferguson). New York: The New Press.         [ Links ]

    Bowman, B. 2005. Children, pathology and politics: genealogical perspectives on the construction of the paedophile in South Africa. Unpublished doctoral thesis. University of the Witwatersrand, Johannesburg.         [ Links ]

    Burnard, L. 2016. Mbalula responds to Matthew Theunissen apology. Sport24, 5 June. At https://www.sport24.co.za/OtherSport/South-Africa/mbalula-responds-to-matthew-theunissen-apology-20160506 [31 July 2018].Sharing Buttons        [ Links ]

    Share to FacebookShare to TwitterShare to WhatsAppShare to Email

    Citizen reporter. 2016. Beeld apologises to Rabada for drama queen headline. The Citizen, 28 January. At https://citizen.co.za/news/south-africa/966298/basson-apologises-to-rabada-for-drama-queen-headline-2/ [31 July 2018].         [ Links ]

    Dayimani, P. 2016. #RespekTheDoek sparks debate over 'appropriate' work attire. w24, 3 June. http://www.w24.co.za/Wellness/Mind/respekthedoek-sparks-debate-over-appropriate-work-attire-20160603 [5 August 2016].         [ Links ]

    Django Unchained, 2018. Wikipedia, https://en.wikipedia.org/wiki/Django_Unchained [31 July 2018].         [ Links ]

    Dlamini, P. 2016. Lesufi put the children at alleged racist crèche 'in danger' says FF Plus. Times Live, 4 July. http://www.timeslive.co.za/politics/2016/07/04/Lesufi-put-the-children-at-alleged-racist-cr%C3%A8che-in-danger-says-FF-Plus [29 July 2016].         [ Links ]

    Du Preez, M. 2016. Rassisme kook oor in heksejag [Racism boils over into witch hunt]. Netwerk24, 16 February. At http://www.netwerk24.com/Stemme/Menings/max-du-preez-rassisme-kook-oor-in-heksejag-20160216 [17 February 2016].         [ Links ]

    Etheridge, J. 2016. 'Racist' Facebook ranter to do sports community service. News24, 10 June 2016. At https://www.news24.com/SouthAfrica/News/racist-facebook-ranter-to-do-sports-community-service-stay-off-social-media-20160610 [31 July 2018].         [ Links ]

    Fletcher, P. 2010. Foucault on confession. At http://peterfletcher.com.au/2010/08/10/foucault-on-confession/ [7 May 2015].         [ Links ]

    Foucault, M. 2003. Society must be defended: Lectures at the College de France 1975-76. London: Allen Lane.         [ Links ]

    Foucault, M. 1981. The order of discourse. In R. Young (Ed.), Untying the text: A post-structural anthology. Boston: Routledge & Keegan Paul, pp. 48-78.         [ Links ]

    Foucault, M. 1980. Power/knowledge: selected interviews and other writings 1972-1977. London: Harvester.         [ Links ]

    Foucault, M. 1978. The history of sexuality. Volume 1. New York: Random House.         [ Links ]

    Foucault, M. 1977. Discipline and punish. New York: Vintage.         [ Links ]

    Geach, C. 2016. #DoekGate garners support for eNCA reporter. IOL, 2 June. http://www.w24.co.za/Wellness/Mind/respekthedoek-sparks-debate-over-appropriate-work-attire-20160603 [5 August 2016].         [ Links ]

    Gqirana, T. 2016. Forgive me South Africa, Khumalo pleads. News24, 7 January. At https://www.news24.com/SouthAfrica/News/forgive-me-south-africa-khumalo-pleads-20160107 [31 July 2018].         [ Links ]

    Jordaan, N. 2016. Dali Mpofu: Gareth Cliff suffered 'one of the worst forms of discrimination'. Rand Daily Mail, 27 January. At http://www.rdm.co.za/politics/2016/01/27/dali-mpofu-gareth-cliff-suffered-one-of-the-worst-forms-of-discrimination [10 August 2018].         [ Links ]

    Kendall, G. & Wickham, G. 1999. Using Foucault's methods. London: Sage. p. 42.         [ Links ]

    Khoza, A, 2016. Blacks are not people - Sodwana Bay Guest House owner tells radio presenter. News24, 24 June. http://www.news24.com/SouthAfrica/News/blacks-are-not-people-sodwana-bay-guest-house-owner-tells-radio-presenter-20160624 [29 July 2016].         [ Links ]

    Madibogo, J. 2016. Pre-school under fire for 'separating' black toddler from white classmates. Times Live, 23 June. http://www.timeslive.co.za/local/2016/06/23/Pre-school-under-fire-for-separating-black-toddler-from-white-classmates [29 July 2016].         [ Links ]

    Masaba, E. 2016. Racist school turns over a new leaf. News24, 21 January. At https://www.news24.com/SouthAfrica/News/racist-school-turns-over-a-new-leaf-20160121 [31 July 2018].         [ Links ]

    McHoul, A. & Grace, W. 1993. A Foucault primer: Discourse, power and the subject. Melbourne: Melbourne University Press, p. 31.         [ Links ]

    McQuail, D. Mass communication theory. London: Sage.         [ Links ]

    Meet the waste picker in Mpofu-Cliff photo. 2016. ENCA, 4 February. At HTTPS://WWW.ENCA.COM/SOUTH-AFRICA/MEET-WASTER-PICKER-ICONIC-DALI-MPOFU-GARETH-CLIFF-COURT-PHOTO [31 July 2018].         [ Links ]

    Mulgrew, N. 2016. A portrait of racism: The making of #MattTheunissen, by a former classmate. Mail & Guardian, 5 May. At https://mg.co.za/article/2016-05-05-a-portrait-of-racism-the-making-of-matttheunissen-by-a-former-classmate [26 July 2018].         [ Links ]

    Muthambi, F. 2016. Colloquium will seek to foster greater diversity in the media. Daily Maverick, 18 August. http://www.dailymaverick.co.za/opinionista/2016-08-18-colloquium-will-seek-to-foster-greater-diversity-in-the-media/#.V7qsUk1f2os [22 August 2016].         [ Links ]

    Ndlazi, S. 2016. Picture puts Centurion crèche in racism spotlight. IOL, 24 June. http://www.iol.co.za/news/south-africa/gauteng/picture-puts-centurion-crche-in-racism-spotlight-2038098 [29 July 2016].         [ Links ]

    Perskode. 2016. Code of ethics and conduct for South African print and online media. Press Council, 1 January. At http://www.presscouncil.org.za/ContentPage?code=PRESSCODE [31 July 2018].         [ Links ]

    Pillay, G. 2016. SAHRC calls on SA to be more tolerant. SABC, 25 June. hhttp://www.sabc.co.za/news/a/a9a7cc004d44285d8acbaa830b7eb7b6/SAHRCundefinedcallsundefinedSAundefinedtoundefinedbeundefinedmoreundefinedtolerantundefinedfollowingundefinedracismundefinedincidents-20162506 [29 July 2016].         [ Links ]

    Rosen, J. 2011. The people formerly known as the audience. Huffington Post, 25 May. At https://www.huffingtonpost.com/jay-rosen/the-people-formerly-known1b24113.html [26 July 2018].         [ Links ]

    Savides, M. 2016. Panyaza Lesufi abused in racist rant. Times Live, 27 June. At https://www.timeslive.co.za/news/south-africa/2016-06-27-panyaza-lesufi-abused-in-racist-rant/ [27 July 2018].         [ Links ]

    Shange, N. & Herman, P. 2016. eNCA anchor taken off air for 'mocking' Motshekga. News24, 7 January. http://www.news24.com/SouthAfrica/News/breaking-enca-suspends-andrew-barnes-for-mocking-motshekga-20160107 [5 August 2016].         [ Links ]

    Sport24. 2016. City Press gives Dan Retief the boot. 22 February. http://www.sport24.co.za/OtherSport/South-Africa/city-press-gives-dan-retief-the-boot-20160222 [5 August 2016].         [ Links ]

    The Ratcatcher. 2016. Panyaza Lesufi: Addicted to non-racialism, or race-baiting? Politicsweb, 24 June. http://www.politicsweb.co.za/opinion/panyaza-lesufi-addicted-to-nonracialism-or-racebai [29 July 2016].         [ Links ]

    Theunissen, M. 2016. An open letter of apology from #MattTheunissen. IOL, 5 May. At https://www.iol.co.za/news/south-africa/western-cape/an-open-letter-of-apology-from-matttheunissen-2017866 [2 August 2017].         [ Links ]

    Van Staden, P. 2018. Lesufi building a political career on anti-Afrikaans agitation - FF Plus. Politicsweb, 25 July. At http://www.politicsweb.co.za/politics/party-previously-pointed-out-lesufis-political-asp [31 July 2018].         [ Links ]

    Vermeulen, J. 2017. I would not defend Penny Sparrow's freedom of speech again - Gareth Cliff. MyBroadband, 4 March. At https://mybroadband.co.za/news/internet/201052-i-would-not-defend-penny-sparrows-freedom-of-speech-again-gareth-cliff.html [14 Junie 2018].         [ Links ]

    Watch: ANC brands Maimane 'white man in black skin'. 2017. The Citizen, 16 February. At https://citizen.co.za/news/south-africa/1429453/watch-anc-mp-brands-maimane-white-man-black-skin/ [31 July 2018].         [ Links ]

     

     

     

    GAWIE BOTMA is senior lektor in Mediastudies en Massakommunikasie-teorie aan die Departement Joernalistiek van die Universiteit van Stellenbosch (US). Hy is die skrywer van twee boeke, Brothers in armchairs: Cultural struggles at Die Burger (2014, Sun Press) en Polemieke: Bekgevegte in Afrikaans (2018, Zebra Press). Hy het in 2011 die graad PhD aan die US verwerf met die proefskrif Manufacturing cultural capital: Arts journalism at Die Burger (1990-1999). Botma het die graad M.Phil (cum laude) in 2006 aan die US behaal met ʼn studie wat op media-transformasie by Naspers en Die Burger sedert 1994 fokus. Hy het navorsingsartikels in vooraanstaande vaktydskrifte, soos Journalism and Mass Communication Educator, African Journalism Studies, Communicatio en Critical Arts, gepubliseer. Tot en met sy aanstelling by die US was hy kunsredakteur en skrywer/resensent van Die Burger in Kaapstad.
    GAWIE BOTMA teaches Media Studies and Mass Communication Theory in the Journalism Department at Stellenbosch University. In 2011 he obtained a PhD degree with the dissertation Manufacturing cultural capital: Arts journalism at Die Burger (1990-1999). The dissertation was subsequently published as the book Brothers in armchairs: Cultural struggles at Die Burger (2014, Sun Press). He has also published the book Polemieke: Bekgevegte in Afrikaans in 2018 at Zebra Press. Research articles he authored were published in prominent journals such as African Journalism Studies, Critical Arts, Communicatio and Journalism and Mass Communication Educator in the fields of political economy, cultural studies and journalism education. Until his appointment at SU he was arts editor and theatre critic of Die Burger in Cape Town.