SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.58 issue4-2 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    On-line version ISSN 2224-7912Print version ISSN 0041-4751

    Tydskr. geesteswet. vol.58 n.4-2 Pretoria Dec. 2018

    https://doi.org/10.17159/2224-7912/2018/v58n4-2a9 

    AKTUEEL

     

    Redakteursnota

     

     

    Navorsing oor ekokritiek en die Afrikaanse letterkunde verteenwoordig 'n opwindende nuwe veld van ondersoek in Afrikaans. Artikels deur Susan Smith en Susan Meyer is reeds in vorige uitgawes van die Tydskrif vir Geesteswetenskappe geplaas. In die Septembernommer het Susan Meyer gereageer op Carien Smith se ekokritiese herlees van Riana Scheepers se kortverhaal "Katvoet", wat in die Junienommer van die tydskrif gepubliseer is. Ons publiseer in hierdie afdeling nog 'n respons deur Reinhardt Fourie; Carien Smith het aangedui dat sy graag in die Maart 2019-nommer op sowel Susan Meyer as Reinhardt Fourie se opmerkings sal wil reageer.

    Voortgesette diskoers skep die geleentheid vir teoretiese omlyning van die veld, wedersydse slyping van standpunte en perspektiewe, asook die ontwikkeling van toepaslike terminologe in Afrikaans.

    Die redaksie rig hiermee weer eens 'n ope uitnodiging aan belangstellende lesers om deel te neem aan die diskoers oor ekokritiek.

    INA WOLFAARDT-GRÄBE

    November 2018