SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.59 issue1The interactive approach to reading instruction: an alternative to traditional ways of teaching readingOns ongehoorde soort: beskouings oor die Werk van Antjie Krog - Louise Viljoen author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    On-line version ISSN 2224-7912Print version ISSN 0041-4751

    Tydskr. geesteswet. vol.59 n.1 Pretoria Mar./May. 2019

    https://doi.org/10.17159/2224-7912/2019/v59n1a8 

    AKTUEEL

     

    Redakteursnota

     

     

    Verskillende uitgangspunte oor staat en samelewing (gedurende 2016 en 2017), asook kritiese bespreking van studies oor ekologiekritiek (2018), is in vorige uitgawes in die rubriek AKTUEEL gehuisves.

    In hierdie afdeling publiseer ons twee artikels deur Wessel Pienaar oor padprojekte, tesame met 'n repliek daarop deur Ewert Kleynhans. Belangstellendes en toekomstige navorsers kry hierdeur die geleentheid om as 't ware tegelykertyd aanvullende en/of teenstellende standpunte oor dieselfde saak te kan bedink.

    Die Tydskrif vir Geesteswetenskappe beweeg hiermee op die voorpunt van die jongste praktyke in internasionale publikasie, waar artikels saam met substansiële keurdersverslae gepubliseer word. Dit gebeur dikwels dat eweknie-evaluering nie net gaan om goed- of afkeuring van 'n navorsingsartikel nie, maar ook om die uitruil van inligting en wedersydse slyping van standpunte en perspektiewe oor bepaalde sake.

    Die redaksie rig hiermee weer eens 'n ope uitnodiging aan belangstellende lesers om gesigspunte en standpuntinnames in hierdie rubriek te deel, hetsy by wyse van 'n korter stuk, of ook 'n volwaardige artikel.

    INA WOLFAARDT-GRÄBE

    Februarie, 2019