SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.59 issue4Swartskaap: Odette Schoeman author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    On-line version ISSN 2224-7912Print version ISSN 0041-4751

    Tydskr. geesteswet. vol.59 n.4 Pretoria Dec. 2019

    https://doi.org/10.17159/2224-7912/2019/v59n4a20 

    GEDIGTE   POEMS

     

    Eerste kouefronte na 80: Stygende waters 1 Julie 2018

     

     

    'n Voetbalspannetjie in Thailand het in grotte ingegaan en verdwaal, maar kon nie meer uitkom nie omdat die water te hoog gestyg het. Hulle is baie dae later deur duikers op 18 Julie 2018 gered.

    Dertien Thaise jongmense vasgekeer in grotte

    skuil veilig teen die stygende water op 'n rots

    en hoop op komende redding, maar die waters

    van tyd wat loop, styg ongenaakbaar na my lippe.

    Tyd vlieg

    Volgens die kosmologie rek tyd in die kosmos en versnel al vinniger tot by die spoed van lig, waar dit stop en tydloos raak.

    Gideon Joubert

    Ons lewensduur is slegs 'n gedagte.

    Vir oues spoed tyd die vinnigste

    afdraand, om te stop by ligsnelheid;

    dan is daar, meen die fisikus, tydloosheid.

    Pyn

    Werk, geld, vriende, vrou, verdwyn

    wanneer jy swig onder pyn.

    Die ouderdom wat knaag, tot

    jy soos aftreegeld wegkwyn.

    Ou man

    Ik riep: is er iets triesters dan de dood

    Het klonk: de ouderdom, de ouderdom

    J.H. Leopold

    Meer en meer vervorm ek tot kreupelhout.

    Werwel, been, kraak en buig knakkende krom;

    knoppieswortel-siek word ek knopperig oud.

    Vrybuiters loop 'n bloutjie - grysheid is nie dom.

    (Nou 'n paar gedigte oor die goeie ervaring van die ouderdom.)

    Rooidag van hoop

    Elke keer as die rooidag van hoop breek oor my lewe

    sal ek doen wat ek kan al sou my hande bewe.

    Die oes van my lewenswerk pak ek in 'n mied met gerwe;

    elke dag sal ek weer dankbaar lewe en hoopvol sterwe.

    Lewensvreugde

    Dou-voor-dag sing die voëltjies hul lewensvreugde

    soos die klanke van kerkgangers se lofliedere;

    terwyl ek nog kan sien en dink en voel en hoor

    sing my hart my lewensvreugde saam met hulle koor.

     

    Hennie Pieterse