Services on Demand
Journal
Article
Indicators
Related links
- Cited by Google
- Similars in Google
Share
Tydskrif vir Geesteswetenskappe
On-line version ISSN 2224-7912Print version ISSN 0041-4751
Tydskr. geesteswet. vol.60 n.1 Pretoria Mar. 2020
https://doi.org/10.17159/2224-7912/2020/v60n1a15
RESEARCH AND REVIEW ARTICLES
Infrastruktuurskepping tydens die bewind van BJ Vorster: Bate of las vir die Suid-Afrikaanse ekonomie?
Creation of infrastructure during the Prime Ministry of BJ Vorster: Asset or liability for the South African economy?
JA du Pisani
Vakgroep Geskiedenis en Antieke Kuituur, Skool vir Sosiaie Wetenskappe, Noordwes-Universiteit. Potchefstroom, Suid-Afrika. E-pos: Kobus.DuPisani@nwu.ac.za
OPSOMMING
Hierdie artikel stel ondersoek in na die grootskaalse skepping van infrastruktuur in Suid-Afrika tydens die bewind van BJ Vorster as eerste minister (1966-1978) om die negatiewe en positiewe uitkomste daarvan te beoordeel en te besluit of dit voor- of nadelig vir die land was. Die agtergrond van ekonomiese tendense in daardie era word geskets, vanaf die tydperk van ongekende ekonomiese groei in die laat 1960's en vroeë 1970's tot die ekonomiese afplatting vanaf die middel-1970's, met besondere verwysing na die inflasieprobleem. 'n Oorsig word gegee van al die groot infrastruktuurprojekte van daardie tyd, insluitende onder meer die Oranjerivierskema, die Richardsbaai- en Sishen-Saldanhaprojekte, Yskor 3 en Sasol 2. Die nadele en voordele van hierdie projekte word opgeweeg. Aan die een kant het die massiewe uitgawes aan die projekte owerheidsbesteding en inflasie laat styg, asook die staat se greep op die ekonomie, wat nadelig was vir vryemarkontwikkeling, verstewig. Aan die ander kant het die projekte die normale voordele van verbeterde infrastruktuur, soos beter dienslewering, werkverskaffing, produktiwiteitsverbetering en algemene ekonomiese groei, meegebring. Ongeag die voor- en nadele van infrastruktuurskepping in die kort- en mediumtermyne, kan die langtermynimpak nie misgekyk word nie. Daardie infrastruktuur het die land oor baie dekades gedien en staan steeds as 'n monument vir die Afrikanernasionalistiese visie in die apartheidsjare om Suid-Afrika tot 'n betekenisvolle middelslagmoondheid op te hef.
Trefwoorde: Infrastruktuur, Suid-Afrika, 1966-1978, BJ Vorster, ekonomiese ontwikkeling, ekonomiese uitdagings
ABSTRACT
This article investigates the large-scale expansion of infrastructure in South Africa during the prime ministry of BJ Vorster (1966-1978) with a view to evaluating its negative and positive outcomes and its impact on the South African economy.
As background the context of economic trends in South Africa during that period is sketched. The South African economy followed global trends. In the late 1960s and early 1970s the country experienced unprecedented economic growth. All economic indicators were positive. Especially after the oil crisis from the end of 1973 the national economy started deteriorating. By 1976 and 1977 economic decline reached crisis proportions. One of the main issues throughout Vorster's term was rising inflation. The dilemma of the government was to try and stimulate economic growth without causing runaway inflation.
Infrastructure was created in this period at a faster rate than in any other period during the existence of the South African state. An overview of the major infrastructure projects is given: expansion and upgrading of the road and rail networks, the Orange River scheme, the Richards Bay and Sishen-Saldanha projects, the nuclear programme, Iscor 3, Sasol 2 and the Natref refinery.
The disadvantages and benefits of these infrastructure projects are considered. A major criticism was that expenditure on these massive projects further increased government spending, thus contributing to rising inflation with all its negative consequences. State control of infrastructure projects reflected the increase of state control over the economy, which was criticised as a threat to the ideal of a free market economy. On the positive side the expansion of the country's infrastructure brought all the benefits associated with improved infrastructure, including job creation, the provision of better services, improved productivity, and general economic growth.
Whatever one's view of the short and meduim term pros and cons of infrastructure development in the 1960s and 1970s, in the long term the infrastructure that was brought into existence served the country for decades and today still stands as a monument for the Afrikaner-nationalist vision of the apartheid regime to raise South Africa to a significant middle power
Key words: Infrastructure, South Africa, 1966-1978, BJ Vorster, economic development, economic challenges
INLEIDING
Infrastruktuur is op 'n ongekende skaal deur die Suid-Afrikaanse staat geskep tydens die bewind van BJ Vorster as eerste minister (1966-1978). Baie van die infrastruktuur wat destyds, meer as 40 jaar gelede geskep is, bestaan steeds vandag en dien nou nog die Suid-Afrikaanse samelewing in die post-apartheidsera.
Die term "infrastruktuur" is al in die 1870's in Frankryk gebruik om te verwys na die grondwerk wat gedoen moes word voordat paaie of spoorlyne gebou kon word. "Infra" kom van die Latynse voorvoegsel wat "onder" beteken en "struktuur" van die Latynse woord "structura". Van die 1880's is die woord in Engels oorgeneem uit die Frans. "Infrastruktuur" is oorspronklik gebruik om te verwys na installasies wat die grondslag vorm vir enige operasie of stelsel. Dit word sedert die twintigste eeu deur stadsbeplanners gebruik in die huidige siviele betekenis.1 In Afrikaans het die term maar redelik onlangs, vanaf ongeveer 40 jaar gelede, in algemene gebruik gekom. Dit is wel opgeneem in die vierde deel van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal, wat in 1961 verskyn het. Daar is die betekenis bloot as "onderbou" gegee, met 'n voorbeeldsin.2 Die term is vir die eerste keer in die tweede uitgawe van die Verklarende Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (HAT) in 19793 en die agste uitgawe van die Afrikaanse Woordelys en Spelreëls in 19914 ingesluit, maar kom nie in Afrikaanse etimologiese woordeboeke voor nie.
Infrastruktuur is 'n betreklik vloeibare konsep en daar is geen algemeen aanvaarde definisie daarvan nie. Daar word onderskei tussen harde en sagte infrastruktuur. Hoewel sagte infrastruktuur, soos die ontwikkeling van Suid-Afrika se wetenskaplike navorsingsisteem, ook in die Vorster-era aandag geniet het, handel hierdie artikel uitsluitlik oor harde infrastruktuur. Dit behels daardie vaste en relatief permanente installasies en stelsels wat die onderliggende struktuur van 'n land en sy ekonomie uitmaak. Voorbeelde daarvan is paaie, brüe, tonnels, spoorweë, lughawens, hawens, damme, water- en rioleringstelsels, besproeiingskemas, kommunikasietorings, kragstasies en kragdrade. Verskillende tipes harde infrastruktuur word saamgegroepeer, byvoorbeeld vervoerinfrastruktuur en kommunikasie-infrastruktuur. Groot infrastruktuurinstallasies word gewoonlik deur die staat gebou en besit. Hierdie artikel fokus juis op openbare infrastruktuur, wat deur die Vorsterregering geskep is. Daar bestaan egter ook talle vorme van private infrastruktuur.5
Harde infrastruktuur is onontbeerlik vir 'n gebied se ekonomiese ontwikkeling en groei. Fulmer omskryf dit as "the physical components of interrelated systems providing commodities and services essential to enable, sustain, or enhance societal living conditions".6 Ekonomiese aktiwiteite kan nie sonder die nodige infrastruktuur plaasvind nie. Infrastruktuur maak dit moontlik om handel te dryf, verskaf krag aan besighede, skep werk, verbind werkers met hul werkplekke en lewer nog talle ander funksies aan die landsekonomie. Infrastruktuur maak die lewering van 'n verskeidenheid dienste aan huishoudings en besighede moontlik. Goeie infrastruktuur vorm die ruggraat van 'n gesonde ekonomie. Dit stel besighede en individue in staat om goedere en dienste meer effektief te produseer, verlaag produksiekoste en verhoog ekonomiese uitsette.7
Hierdie artikel gee 'n oorsig van infrastruktuurskepping in Suid-Afrika tydens die Vorsterbewind en beoordeel die ekonomiese impak daarvan teen die agtergrond van tendense in die Suid-Afrikaanse ekonomie in daardie tydperk. Die doel is om die vraag te probeer beantwoord of die netto-effek van die grootskaalse infrastruktuurskepping destyds in 'n positiewe of negatiewe lig beoordeel moet word en of Vorster as regeringshoof krediet behoort te kry daarvoor.
HOOFTENDENSE VAN DIE SUID-AFRIKAANSE EKONOMIE, 1966-1978
Ekonomiese groei was vir die Vorsterregering, soos vir alle regerings, die primêre doelwit van ekonomiese beleid. Vorster was terdeë bewus daarvan dat die land se ekonomie moes uitbrei om werkgeleenthede en welvaart te skep en die bevolking se lewenstandaard te verbeter.8 Vir hom, wat vroeër in die twintigste eeu so intens betrokke was by die opkoms en bestendiging van die Afrikaner se politieke mag, was die land se ekonomiese ontwikkeling 'n verlengstuk van die Afrikanernasionale strewe. Dit was vir hom en sy tydgenote 'n prioriteit dat die Afrikanervolk sy "regmatige" plek in die ry van nasies moes inneem. Om dit te vermag, het die NP-regering dit as sy taak gesien om deur uitmuntende prestasie op die wetenskaplike, tegnologiese en ekonomiese terreine Suid-Afrika se onbetwiste leierskap in Afrika te bewys en die land sodoende ook as 'n gerespekteerde deel van die Westerse wêreld te vestig. Vorster het daarvan gehou om te spog met Suid-Afrika se snelle ontwikkeling tydens die NP-bewind. Hy het die rol van Suid-Afrikaanse wetenskaplikes, ingenieurs en tegnoloë en van instansies soos die Wetenskaplike en Nywerheidsnavorsingsraad (WNNR), Suid-Afrikaanse Buro vir Standaarde (SABS), Raad op Atoomkrag, Mediese Navorsingsraad en Onderstepoort in die verwerwing van kennis, kundigheid en wetenskaplike en tegnologiese bedrewenheid uitgelig en graag verwys na Suid-Afrikaanse prestasies soos die eerste hartoorplanting, uraanverryking en die ontwikkeling van gevorderde wapentuig. Na sy mening kon Suid-Afrika trots wees op wat die land in 'n kort tyd bereik het.9 In die Vorsterera was die stimulering van ekonomiese groei egter nie 'n eenvoudige saak nie. Weens die bedreiging van stygende inflasie kon ekonomiese aansporingsmaatreëls nie ongereguleerd ingestel word nie. Maatreëls om ekonomiese groei te bevorder moes gebalanseer word met maatreëls om inflasie te bekamp.
Infrastruktuurskepping in twintigste-eeuse Suid-Afrika was geen eenmanvertoning nie. Die fondament vir die opbloei daarvan in die 1960's en 1970's is reeds vroeër, onder Vorster se voorgangers, gelê. Verskillende bestanddele, insluitende die verbetering van onderwys en opleiding in die land, algemene naoorlogse ekonomiese voorspoed en die ideologiese gedrewenheid van die apartheidselite het saamgewerk om 'n gunstige klimaat vir infrastruk-tuurskepping daar te stel. Baie van die infrastruktuurprojekte, wat tydens die Vorsterera voltooi is, se beplanning en loodsing het in die Verwoerdera en selfs vroeër begin. As regeringshoof moet Vorster weliswaar krediet kry vir die oorhoofse besluitneming oor infrastruktuurskepping tydens sy bewind, maar baie ander rolspelers het 'n aandeel hierin gehad. Daar was verskeie senior amptenare en deskundiges wat die prosesse vir infrastruktuurskepping geïnisieer, beplan en bestuur het. Sommige van hulle se name verskyn in hierdie artikel. Verder moet nie uit die oog verloor word nie dat die infrastruktuurprojekte nie ten uitvoer gebring sou kon word sonder die jarelange arbeid van duisende tegnici, geskoolde en ongeskoolde werkers nie. Later in die artikel word weer na die rol van arbeid verwys.
Vorster het 'n gevestigde stelsel van ekonomiese bestuur en 'n bestaande nasionale ekonomiese ontwikkelingsplan by sy voorganger geërf en gekies om die bestaande burokraties geleide benadering tot die formulering en toepassing van ekonomiese beleid voort te sit.10 Op kabinetsvlak was verskeie ministers, wat op 'n kabinetskomitee oor ekonomiese sake gedien het, hierby betrokke. Vorster en sy kabinet het van gespesialiseerde kundigheid op ampte-narevlak in 'n netwerk van adviserende liggame gebruik gemaak om ekonomiese beplanning en beleidmaking te rig. Die eerste minister se ekonomiese raadgewer - vir die grootste deel van Vorster se bewind was dit dr. Piet Riekert - en die Ekonomiese Adviesraad (EAR), wat gereeld twee keer per jaar vergader het, het 'n sentrale rol gespeel as die enjinkamer van die regering se ekonomiese beleid.11 Verder was daar die staat se Beplanningsadviesraad, wat moes bepaal hoe die land se hulpbronne optimaal aangewend kon word vir die welsyn van die land se groeiende bevolking,12 en die Koördinerende Raad, wat die RSA op ekonomiese oorlogvoering moes voorberei deur voorsorg te tref vir 'n moontlike noodtoestand, asook verskeie ander gespesialiseerde ekonomiese rade en komitees. Hierdie liggame in die openbare sektor het geskakel met ekonomiese instansies in die private sektor.13 Vorster se regering het dus beskik oor 'n goed gestruktureerde stelsel van beplanning en van beleidsformulering en -ontplooiing op die ekonomiese terrein.14 'n Goed ontwikkelde wetenskaplike onderbou het die regering ondersteun. Vorster was terdeë daarvan bewus dat die wetenskap 'n noodsaaklike katalisator in die opbou van 'n moderne staat was en het sy regering verbind tot samewerking met navorsingsinstansies en staatsfinansiering van relevante navorsing.15 Hy is oor wetenskapbeleid en die bevordering van die wetenskappe en navorsing adviseer deur die Wetenskaplike Adviesraad.16 Die Wetenskaplike en Nywerheidsnavorsingsraad (WNNR) het navorsing bevorder, wat gerig was op kennisproduksie en op tegniese en nywerheidsont-wikkeling.17 Alle waarnemers het nie die mate van sentrale beheer deur die regering oor die landsekonomie positief ervaar nie. Later in die artikel word verwys na dr. AD Wassenaar se kritiek teen die Vorsterregering hieroor.
Suid-Afrika se ekonomiese lotgevalle tydens die Vorster-era het afgespeel teen die agtergrond van wêreldwye ekonomiese tendense in die 1960's en 1970's. Die konjunktuur van die Suid-Afrikaanse ekonomie het globale tendense nagevolg.
Vorster het in 1966 aan bewind gekom aan die einde van 'n periode van ongekende globale ekonomiese groei, toe ongeëwenaarde ekonomiese groeikoerse in die meeste dele van die wêreld aangeteken is. Ongekende ekonomiese groei in Suid-Afrika het dan ook die eerste helfte van Vorster se bewind, die laat 1960's en vroeë 1970's, gekenmerk.18 In 1969 het dr. Piet Riekert gerapporteer dat die landsekonomie in 'n byna ideale situasie verkeer het19 en het Vorster verklaar dat Suid-Afrika "een van die beste jare in sy ekonomiese geskiedenis" beleef het.20 Dr. Nic Diederichs, die minister van finansies, het in 1970 gesê dat sy begrotingsrede 'n "sterk en viriele volkshuishouding" weerspieël.21
Alle sektore van die Suid-Afrikaanse ekonomie het gegroei en feitlik al die ekonomiese aanwysers was positief. Tussen 1966 en 1972 het die reële bruto binnelandse produk (BBP), nadat die effek van inflasie in berekening gebring is, jaarliks met tot meer as 7% gestyg, wat onder die hoogste groeikoerse in die wêreld getel het.22 Hoewel die primêre sektor van die ekonomie, veral mynbou en landbou, voorrang by die regering geniet het, was daar ongekende groei van die sekondêre en tersiêre sektore. Vervaardiging in Suid-Afrika het vinnig toegeneem en baie beleggingskapitaal gelok. Die land was by verre die voorste nywerheidsland in Afrika. Die toename in vervaardiging het in die eerste deel van Vorster se regering 'n hoogtepunt bereik.23 Deur die skepping en uitbreiding van semi-staatsinstellings in strategiese bedrywe in die vervaardigingsektor, soos Yskor en Sasol, het die staat 'n direkte aandeel in die sektor bekom. Hoewel produktiwiteitsvlakke van die nywerheidsektor teleurstellend laag gebly het, is dit teen 1973 beskou as die vernaamste bron van toekomstige ekonomiese groei in die land, wat die rol as hoofdrywer van die ekonomie by goud kon oorneem.24 Selfs meer as die vervaardigingsbedryf het sekere komponente van die tersiêre sektor skouspelagtige ekonomiese vordering gemaak. Kleinhandel het met die opkoms van kettinggroepe en die opening van super- en hipermarkte 'n transformasie ondergaan.25 Mededinging tussen groot winkelgroepe het ' n verbruikerskultuur aangemoedig en verbruikersbesteding gestimuleer.26 Weens die sterk ekonomiese groei het die vraag na bank- en ander finansiële dienste geweldig toegeneem en was die finansiële sektor gevolglik die snelgoeiendste bedryf in die land. Diversifikasie in die finansieringsektor het gelei tot die skepping en uitbreiding van handelsbanke, huurkoopinstel-lings, bouverenigings en versekeringsmaatskappye. Die bates van finansiële instellings het dramaties gestyg.27
Te midde van hierdie groei het die staat daarin geslaag om ekonomiese stabiliteit te handhaaf. Op sigwaarde was die nasionale rekenings kerngesond en was die betalingsbalans-posisie onder beheer.28 Weens die sterk invloei van buitelandse kapitaal het die land se totale goud- en buitelandse valutareserwes tot 'n hoogtepunt gestyg.29 In hierdie tyd het die Internasionale Monetäre Fonds (IMF) gunstige verslae oor die Suid-Afrikaanse regering se hantering van die ekonomie gepubliseer.30
Die vlieg in die salf van hierdie skynbaar rooskleurige prentjie van fenomenale ekonomiese groei, wat Vorster en sy regering van die begin af geteister het, was die spook van inflasie. Anton Rupert, die bekende Afrikaanse sakeleier, het dit as "vyand nommer een" vir die landsekonomie getipeer.31 Inflasie is 'n algemene en volgehoue styging in die pryse van goedere en dienste of, anders gestel, 'n volgehoue afname in die koopkrag van geld. Gewoonlik word die verbruikersprysindeks (VPI), dit is die geweegde gemiddeld van die pryse van alle goedere en dienste wat die verbruiker kan koop, gebruik om die inflasiekoers te meet. Hoë inflasie het nadelige gevolge vir die individu en die staat. Mense kan al minder met hul geld koop (in effek word die gewone salaris- of pensioentrekker armer) en skuld loop op tot onaanvaarbare vlakke. Die reële waarde van besparings daal en die reële groeikoers van die ekonomie word deur prysstygings verminder. Inflasie veroorsaak betalingsbalansprobleme vir die staat, benadeel vrye onderneming en werk sentralisering in die hand, deurdat regerings in die stryd teen inflasie al meer beheer oor die ekonomie oorneem.32
Reeds van 1964 af het inflasie 'n probleem in Suid-Afrika geword en nog voordat Vorster eerste minister geword het, het die Suid-Afrikaanse regering anti-inflasionêre maatreëls ingestel om stygende pryse en uitgawes teen te werk.33 Toe Vorster aan bewind gekom het, het die VPI as aanduider van die inflasiekoers teen 'n jaarkoers van ongeveer 3% gestyg. Kort daarna het die minister van finansies addisionele anti-inflasionêre planne aangekondig, bestaande uit 'n kombinasie van fiskale en monetêre maatreëls om aan die een kant die geldvoorraad en aan die ander kant prysstygings te probeer beheer. Die anti-inflasionêre program tydens die Vorster-era was daarop afgestem om oormatige monetêre besteding te bekamp sonder om reële ekonomiese groei te belemmer. Dit het onder meer behels dat owerheidsbesteding beperk moes word, dat private verbruikersbesteding deur kredietverleningsbeperkings op handelsbanke aan bande gelê is en dat gepoog is om loon- en salariseise in bedwang te hou. Verder is die groei in die geldvoorraad beperk, invoerbeheer gereguleer, buitensporige prysverhogings gemoniteer, 'n verhoging in die produktiwiteit van die arbeidsmag nagestreef en die publiek aangemoedig om te spaar.34 Beide die minister van finansies, dr. Nic Diederichs, en Vorster het hul verbind tot die bestryding van inflasie.35 In die eerste jare van Vorster se regering het dit gelyk of die anti-inflasionêre maatreëls betreklik goed werk en prysstygings was nog redelik onder beheer.36
Daar was al aan die begin van die 1970's tekens dat die ongekende wêreldwye ekonomiese groei van die vyftiger- en sestigerjare nie onbepaald gehandhaaf kon word nie en dat 'n ekonomiese resessie moontlik voor die deur lê. Veral na die oliekrisis in 1973 het internasionale ekonomiese groei drasties verlangsaam. Teen die middelsewentigerjare het die wêreld "stagflasie", 'n kombinasie van stadige ekonomiese groei en hoë inflasie, in die gesig gestaar.37Die oorskakeling van vaste na swewende wisselkoerse deur die Amerikaanse regering in 1971 het 'n internasionale monetêre krisis veroorsaak, wat tot onstabiliteit en senuagtigheid in wêreldmarkte gelei het.38
Die Suid-Afrikaanse ekonomie het die internasionale tendense gevolg. Weens die gevaar van ekonomiese oorverhitting na die rekordgroei van 1969 het Vorster se ekonomiese raadgewers gemaan dat die openbare en private sektore besteding moes besnoei39 en van 1970 af het die regering beperkende monetêre en fiskale maatreëls ingestel om die ekonomie af te koel.40 In die tweede helfte van 1970 het Suid-Afrika se ekonomiese groei opmerklik begin verlangsaam.41 Die ongekende bloeitydperk van die ekonomie was iets van die verlede.42Volgehoue hoë bestedingsvlakke het inflasionêre druk veroorsaak en beide die betalingsbalans en die reserwes onder toenemende druk geplaas. Invoere het buite verhouding tot uitvoere toegeneem. Tekorte op die lopende rekening van die betalingsbalans het al groter geword.43Beide Vorster en Diederichs het gemaan dat Suid-Afrika nie die ekonomiese probleme, wat in die wêreld begin kop uitsteek het, sou vryspring nie en Suid-Afrikaners opgeroep om meer besadig te lewe en te spaar.44 Vorster wou nie sakevertroue ondermyn nie en het in openbare toesprake 'n rooskleurige prentjie van die Suid-Afrikaanse ekonomie bly skilder. Tog het hy op ekonomiese uitdagings gewys en gemaan dat die stadium bereik is waar aanpassings nodig was om voortgesette ekonomiese groei te verseker.45
Aan die begin van die 1970's het die Suid-Afrikaanse ekonomie nie te sleg gevaar nie. Die devaluering van die rand in Desember 1971 het die Suid-Afrikaanse ekonomie in die kort termyn gebaat. Dit het die betalingsbalans verbeter en die binnelandse ekonomie gestimuleer.46In die loop van 1972 het die regering verskeie maatreëls aangekondig om ekonomiese groei te stimuleer.47 Vorster het 'n beroep op werknemers en sakelui gedoen om ekonomiese patriotisme aan die dag te lê deur selfbeheersing ten opsigte van sowel looneise as prysverhogings.48 Vroeg in 1973 het die Suid-Afrikaanse ekonomie tekens van herstel getoon. Die rand is teenoor die Amerikaanse dollar gerevalueer,49 die goudprys het gestyg50 en die gemiddelde blanke Suid-Afrikaner se lewenspeil het bestendig verbeter.51 Die Ekonomiese Adviesraad en die Reserwebank het tevredenheid uitgespreek oor die tekens van oplewing in die ekonomie.52
Vanaf die einde van 1973 is die tydelike oplewing in die ekonomie deur die internasionale oliekrisis gestuit. Die effek van die Organisasie van Petroleumuitvoerlande (OPEC) se embargo op olie-uitvoer was dat brandstofpryse wêreldwyd dramaties gestyg het. Hierdie "olieskok" het nadelige ekonomiese gevolge gehad en die wêreldekonomie het in 'n spiraal van inflasie en resessie beland.53 Suid-Afrika is swaar getref.54 Vorster en sy regering moes onmiddellik werk maak van die dreigende krisissituasie en het 'n brandstofprysverhoging aangekondig55en voorbereidings getref vir moontlike brandstofrantsoenering.56 Vorster het op 13 November 1973 brandstofbesparingsmaatreëls aangekondig,57 wat 'n ramp afgeweer het. In die langer termyn het die brandstofkrisis ernstige reperkussies vir die Suid-Afrikaanse ekonomie ingehou. Die verhoogde koste van olie-invoere het die betalingsbalans benadeel, die hoër brandstofprys het vervoer-, konstruksie- en vervaardigingskoste laat styg en die inflasiekoers opgejaag.58
Inflasie, aangewakker deur verskeie faktore, het 'n bose kringloop van hoër pryse, hoër salarisse, hoër besteding en nog hoër pryse geword. Dit het 'n byna onstuitbare momentum opgebou en die hardnekkigste ekonomiese probleem geword. Die regering het min sukses met die bekamping daarvan behaal.59 Een van die belangrikste faktore wat inflasie bevorder het, was die regering se onvermoë om owerheidsbesteding te beperk. Ondanks die instelling van 'n Staande Advieskomitee oor Inflasie en maatreëls om staatsuitgawes aan bande te lê, het owerheidsbesteding bly toeneem. Vanaf die middel-1970's was dubbelsyferinflasie van tussen 11 en 13.5% aan die orde van die dag. Deur die tempering van salaris- en prysverhogings kon die regering 'n mate van sukses behaal om wegholinflasie te voorkom.60
Op ekonomiese gebied het die voorspoedgolf vir Suid-Afrika ongeveer in 1974 tot 'n einde gekom, hoewel Vorster daarop aanspraak gemaak het dat die landsekonomie kerngesond was.61 Ekonomiese groei het gedaal. Nywerheidsontwikkeling en die vervaardigingsbedrywe het nie aan die verwagtinge voldoen nie. Die produktiwiteit van die werkmag was op 'n lae vlak en daar was 'n knaende tekort aan geskoolde mannekrag. Stygende belasting en rentekoerse, asook die teenkanting teen apartheid, het dit vir beleggers onaantrekliker gemaak om in Suid-Afrika te belê. Werkloosheid het ernstige afmetings begin aanneem. 'n Betalingsbalanskrisis het ontstaan, omdat invoere buite verhouding tot uitvoere gestyg het. Net die hoë goudprys het gekeer dat die betalingsbalansposisie verder versleg, maar die goudmynbedryf was reeds op die afdraande pad. Die rand was onder druk en is in 1975 teen die Amerikaanse dollar gedepresieer. Na die uitbreek van die Soweto-oproer in 1976 het anti-apartheidsorganisasies hul disinvesteringsveldtogte teen Suid-Afrika verskerp en was daar 'n vlug van kapitaal uit die land uit.62
In die laaste deel van Vorster se bewind het die Suid-Afrikaanse ekonomie onder toenemende druk gekom te midde van 'n wêreldwye resessie wat internasionale handel gestrem het. Sekere ekonome het 'n "dekade van stagnasie" voorspel. In 1977 het die resessie in die binnelandse ekonomie verdiep. Daar was 'n afwaartse neiging van alle ekonomiese indikatore.63
Dit was 'n dilemma vir Vorster en sy ekonomiese raadgewers hoe om die ekonomiese uitdagings te hanteer. Beperkende monetêre en fiskale maatreëls deur die regering om inflasie aan bande te probeer lê se negatiewe gevolg was dat dit ook ekonomiese groei aan bande gelê het. Aan die ander kant het maatreëls om die ekonomie te probeer stimuleer weer inflasie bevorder.64Minister Owen Horwood, wat Diederichs as minister van finansies opgevolg het, het in 1977 en 1978 selektiewe stimuleringsmaatreëls aangekondig en monetêre beleid effens verslap. Dit het 'n positiewe uitwerking gehad en aan die einde van Vorster se termyn het dit gelyk of die Suid-Afrikaanse ekonomie besig was om sy kop op te tel.65 Die periode van langdurige ekonomiese agteruitgang vir die land, wat vir dekades voortgeduur het, het egter reeds begin.66Vir Vorster was dit nie maklike tye nie. Die voortdurende slegte nuus oor die ekonomie moes swaar op sy gemoed gerus het in tye toe verskeie ander probleme (die SAW se inval in Angola, die Soweto-oproer wat landwyd uitgekring het, die reaksie op die dood van Steve Biko in aanhouding, en die onthullings oor ongerymdhede in die Departement van Inligting) ook opgeduik het om sy regeertaak te bemoeilik.
INFRASTRUKTUURPROJEKTE VAN ONGEKENDE OMVANG AANGEPAK
Een van die uitstaande kenmerke van die Vorster-era was die ongeëwenaarde skepping van infrastruktuur in Suid-Afrika. Vorster was terdeë bewus daarvan dat die skep van voldoende infrastruktuur noodsaaklik vir ekonomiese ontwikkeling was. Uit sy uitsprake hieroor is dit duidelik dat hy die uitbreiding van infrastruktuur geassosieer het met die prestige van die land as leier in Afrika en as aspirerende eerste wêreldmoondheid. Vir hom was die ambisieuse infrastruktuur- en ander projekte, wat tydens sy regering aangepak en deurgevoer is, 'n bewys dat die land oor die kundigheid en vermoë beskik het om met die ontwikkelde lande van die wêreld mee te ding.
Vorster kon van tyd tot tyd met genoegdoening die vordering met hierdie prestigeprojekte aankondig. Volgens hom kon Suid-Afrika trots wees op die infrastruktuur wat binne 'n paar dekades in die land geskep is.67 Dat hy hom hierop beroem het, kan nie as 'n blote geval van brood en sirkusse deur 'n beleërde apartheidsregime afgemaak word nie, want die uitbreiding van die infrastruktuur het onteenseglik waarde gehad en ekonomiese voordele vir die land ingehou. Tog was daar ook 'n bemarkings- en beeldpoetselement betrokke. Vorster wou aan die een kant as teenvoeter vir anti-apartheidspropaganda buitelandse bondgenote en beleggers beïndruk. In daardie stadium was daar nog baie prominente sakeleiers in die VSA en Europa wat ten gunste van die handhawing van ekonomiese betrekkinge met Suid-Afrika was. Aan die ander kant wou Vorster verhoed dat die wit kieserspubliek in Suid-Afrika, wat die Nasionale Party aan bewind gestel en gehou het, begin twyfel aan die volhoubaarheid van die apartheidsbestel. Daar is min twyfel, hoewel empiriese data daaroor ontbreek, dat op die grondvlak die meeste NP-ondersteuners positief ingestel was teenoor infrastruktuurskepping.
Toe hy die JG Strijdomtoring in Johannesburg in 1971 geopen het, het Vorster benadruk dat owerheidsbesteding noodsaaklik was om die nodige infrastruktuur vir Suid-Afrika se ontwikkeling te skep. Suid-Afrika was nog 'n ontwikkelende land wat agterstande in infrastruktuurskepping moes inhaal, veral na twee dekades van fenomenale ekonomiese groei. By daardie geleentheid het Vorster kommunikasie-infrastruktuur en veral telefoonverbindings benadruk. Hy het statistieke oor die ontwikkeling van telefoonnetwerke in die land aangehaal en verwys na sowel bo- as ondergrondse telefoonkabels en die nuwe mikrogolfstelsel.68
Vorster se regering het 'n hele aantal groot en indrukwekkende staatsgeïnisieerde infrastruktuurprojekte aangepak en afgehandel. So byvoorbeeld is die vervoerinfrastruktuur verbeter. Onder Vorster is die regering se padbouprogram voortgesit. In 1968 is die Ben Schoemansnelweg tussen Johannesburg en Pretoria geopen, wat die besigste pad in die land geword het. Tussen 1967 en 1974 is die verskillende dele van die M1-snelweg in Johannesburg oopgestel. Ook in Kaapstad en die ander groot stede is die padverbindings verbeter. Die nasionale padnetwerk, gebaseer op die Amerikaanse snelwegstelsel en bestaande uit 15 hoofroetes, het grootliks in die 1970's tot stand gekom deur 'n sistematiese konstruksieprogram vir die opgradering van die hoofpadroetes in die land.69 Die spoornetwerk is uitgebrei deur die aanlê van nuwe lyne, soos die Witbank-Richardsbaai- en Sishen-Saldanhalyne. Die spoorweginfrastruktuur is deur die elektrifisering van spoorlyne opgegradeer. Weens die deregulering van padvervoer het die spoorweë egter sy monopolie op grootmaatvervoer verloor.70
Die verbeeldingryke Oranjerivierskema, die grootste watervoorsieningsprojek wat nog in Suid-Afrika onderneem is en een van die omvangrykste projekte van sy soort ter wêreld, is reeds in die Verwoerd-era geloods, maar grootliks in die Vorster-era voltooi. Die doel daarvan was om water aan droë dele van die Suid-Afrikaanse binneland te voorsien om ekonomiese ontwikkeling daar te stimuleer. Nadat uitgebreide ondersoeke afgehandel is, het die minister van waterwese, PK le Roux, die projek in 1962 aangekondig, waarna dit deur die Parlement goedgekeur is. Die regering het die skema deurlopend gemoniteer deur middel van 'n Adviserende Raad vir die Oranjerivierontwikkelingsprojek, wat aan 'n spesiale kabinetskomitee gerapporteer het. Die Adviserende Raad het in die Vorster-era by die eerste minister se Beplanningsadviesraad ingeskakel.71
Die aanvanklike beplanning was dat die projek oor 'n tydperk van 50 jaar in ses fases voltooi sou word. Twee groot opgaardamme, die HF Verwoerd-dam (vandag bekend as die Gariepdam) en die PK le Roux-dam (later bekend as die Vanderkloofdam) sou in die Oranjerivier gebou word. Die Verwoerd-dam sou die grootste opgaardam in die land wees, wat 'n oppervlak van 370 vk km sou beslaan wanneer dit vol is en byna 6,000 miljoen kubieke meter water kon bevat. Die bakmaat van die Vanderkloofdam was 3,685 miljoen kubieke meter water. Volgens beplanning sou die damme water voorsien vir die besproeiing van 184,000 ha grond in die Oranjeriviervallei. Deur tonnels (onder meer die Oranje-Visriviertonnel van 82.5 km lank, die langste ononderbroke watertonnel op aarde, en die Cookhousetonnel) en kanale (onder meer die Vanderkloof- en Vis-Sondagsrivierkanale) sou water ook na die Sondags- en Visrivier herlei word vir die besproeiing van nog 76,000 ha grond. Hidroëlektriese kragopwekkers by die Verwoerd-dam sou 177,000 kW krag aan Evkom se landwye netwerk lewer. Dorpies (Oranjekrag, Oviston en Vanderkloof) moes aangelê word om die werkers aan die projek te huisves.72
Tydens die konstruksie van die Oranjerivierskema was daar drama agter die skerms. 'n Dispuut het tussen die Suid-Afrikaans-Franse konsortium, aan wie die tender toegeken is, en die regering ontstaan oor die koste van die projek. Die eskalasie van die boukoste het die kontrakteurs onder finansiële druk geplaas en gedreig om die projek te verongeluk. Nadat ouditeurs en 'n kabinetskomitee die verhoogde projekkoste deeglik ondersoek het, het Vorster se kabinet in Augustus 1972 aangepaste bedrae goedgekeur en aan die kontrakteurs aangebied as finale vereffening vir die bou van die Verwoerd-dam en die Oranje-Vistonnel.73 Weens die probleme met koste-inflasie het die regering byna die bou van die Vanderkloofdam gekanselleer. Toe die tenders vir die bou van die dam nie aanvaar is nie, het die Departement van Waterwese aangebied om self die konstruksie daarvan teen verlaagde koste te onderneem deur raadgewende ingenieurs aan te stel en plaaslike konstruksiemaatskappye te kontrakteer. Daarna kon die projek voortgaan.74
Die konstruksie van die Oranjerivierskema tydens die Vorster-era was 'n indrukwekkende ingenieursprestasie. Konstruksiewerk aan die Verwoerd-dam het in November 1966 begin. Vorster het die woord gevoer tydens die amptelike inwerkingstelling van die bouprogram op die terrein van die damwal.75 Die Verwoerd-dam is in 1971, die Oranje-Visriviertonnel in 1975 en die Vanderkloof-dam in 1977 voltooi.76
Vorster was besonder trots op die Oranjerivierskema en het gespog dat Suid-Afrika 'n wêreldleier op die gebied van die konstruksie van groot damme was.77 Hy het die skema beskryf as 'n historiese onderneming wat die aangesig van Suid-Afrika sou verander.78 By die amptelike opening van die Vanderkloof-dam het hy gesê dat die bou daarvan 'n daad van besondere Suid-Afrikaanse vernuf en van geloof in die land se toekoms was.79
'n Ander groot infrastruktuurprojek, wat met die oog op steenkooluitvoer onderneem is, was die Richardsbaaiprojek. Meeste van Suid-Afrika se steenkool was van 'n lae graad en min daarvan is uitgevoer. Anglo American se steenkoolafdeling het in die 1960's 'n proses ontwikkel om beter kwaliteit steenkool teen mededingende pryse te lewer. In 1969 het hulle 'n groot kontrak gesluit om steenkool aan Japanse staalvervaardigers te lewer.80 By Richardsbaai is 'n spesiale steenkooluitvoerterminaal in die hawe gebou, met 'n spoorlyn geskik vir die vervoer van steenkool van Witbank af. Steenkooluitvoere deur Richardsbaai het in 1976 begin en 'n belangrike verdiener van buitelandse valuta geword.81
Die Sishen-Saldanhaprojek vir ysterertsuitvoer was nog 'n uitgebreide infrastruktuur-ontwikkelingsprojek van bykans 'n miljard rand, wat ontwikkeling na plattelandse gebiede gebring het.82 By Sishen in die Noord-Kaap het Yskor die kapasiteit van die ysterertsmyn verhoog, sodat dit 18 miljoen ton ystererts per jaar kon produseer. Omdat daar groot ysterertsreserwes was en die ysterertsmyne by Thabazimbi en Sishen meer geproduseer het as wat vir binnelandse staalproduksie benodig is, kon ystererts uitgevoer word. Van Sishen af is 'n spoorlyn van meer as 860 km na Saldanhabaai op die Weskus gebou. Die spoorlyn is so ontwerp dat lang treine met meer as 200 ysterertstrokke, wat 17,000 ton erts op 'n keer kon vervoer, daarop kon ry. Indien drie sulke treine per dag in bedryf was, kon 17 miljoen ton erts perjaar vervoer word. Saldanha se hawe is aangepas vir die uitvoer van ystererts om voorsiening te maak vir die gelyktydige vasmeer van verskeie ysterertsdraers by die pier waar ystererts gelaai is. Uitvoere langs hierdie roete het in 1976 begin en daar is verwag dat dit baie buitelandse valuta sou verdien.83
Die Suid-Afrikaanse regering het al voor die begin van Vorster se termyn as eerste minister met 'n kernprogram begin, wat onder Vorster voortgesit is. By Valindaba buite Pretoria het UKOR (die Uraanverrykingskorporasie van Suid-Afrika) 'n uraanverrykingsaanleg opgerig en by Koeberg buite Kaapstad is die land se eerste kernkragsentrale gebou. Hierdie projekte het baie geld gekos, maar dr. Ampie Roux, president van die Suid-Afrikaanse Atoomenergieraad en voorsitter van UKOR, het beredeneer dat uraanproduksie en uraanverryking op die langer termyn ekonomiese voordele vir die land ingehou het. Die vraag na uraan, waarvan Suid-Afrika oor byna 'n vyfde van die vrye wêreld se voorraad beskik het, het sedert die 1960's toegeneem namate meer kernkragstasies oor die wêreld opgerig is. Roux was van oordeel dat 'n tekort aan uraan kon ontstaan en dat die vooruitsig op hoë uraanpryse goed was. Deur uraan te verryk, kon baie waarde toegevoeg word. Suid-Afrika kon sy eie brandstof vir toekomstige kernkragstasies lewer en kon ook 'n goeie inkomste met die uitvoer van verrykte uraan verdien.84
Yskor (die Suid-Afrikaanse Yster en Staal Industriële Korporasie Beperk) is reeds in 1928 as 'n staatsbeheerde onderneming gestig. In die vroeë 1970's was dit die grootste staalprodusent en het dit in 77% van die land se yster- en staalbehoeftes voorsien en ongeveer R250 miljoen per jaar daarmee verdien. Toe Vorster die regeringshoof word, was 'n massiewe uitbreidings-program van Yskor aan die gang. Naas die twee bestaande aanlegte by Pretoria en Vanderbijl-park is 'n derde aanleg by Newcastle beplan, wat in 1974 in bedryf sou kom. Na beraming sou die drie aanlegte die bestaande jaarlikse produksie van 3.7 tot 5.2 miljoen gegote ton staal verhoog.85
In Februarie 1971 het John Vorster 'n platblokwalsery ('n wals is 'n roller waarmee yster of staal uitgerol word) by Yskor in Vanderbijlpark geopen en gewys op die noodsaaklikheid van die yster- en staalbedryf vir die Suid-Afrikaanse ekonomie, wat die nywerheidsrevolusie in Suid-Afrika moontlik gemaak het. Hy het hulde gebring aan die bestuurders soos dr. Van der Bijl, dr. Meyer en dr. Van Eck en die werkers wat Yskor tot 'n groot onderneming opgebou het. Vorster het Yskor beskryf as 'n "treffende simbool" van Suid-Afrika se "strewe na eko-nomiese volwassenheid en volwaardigheid" en ' n "monument vir mense se geloof en vir mense se daadkrag". Vorster het uitgewei oor die belangrike rol van semi-staatsondernemings, maar bygevoeg dat daar ruimte is vir privaat ondernemings om in 'n sektor soos die yster- en staal-bedryf naas die semi-staatsinstellings te opereer. Daar was in daardie stadium 'n groeiende tekort aan geskoolde mannekrag in Suid-Afrika, wat 'n negatiewe uitwerking op verdere nywerheidsontwikkeling kon hê. Vorster het Yskor spesifiek geloof vir die opleiding wat dit verskaf het aan 'n groot getal vakleerlinge en die bydrae wat dit gemaak het om die tekort aan geskoolde mannekrag teen te werk.86
Op die terrein van petrochemiese bedrywe het die regering Sasol (die Suid-Afrikaanse Steenkool-, Olie- en Gasmaatskappy) in die 1950's as 'n staatsbeheerde maatskappy opgerig om vloeibare brandstof uit steenkool te vervaardig ter aanvulling van die land se brandstofbehoeftes. Aan die begin van Vorster se regeertermyn was Sasol reeds 'n winsgewende onderneming wat benewens petrol uit steenkool ook verskeie neweprodukte vervaardig het en sy produksie teen 'n bestendige tempo uitgebrei het.87 Aan die einde van 1974 het Vorster se kabinet die groen lig gegee vir die oprigting van 'n tweede Sasolaanleg by Secunda naby die Hoëveldse steenkoolvelde. Dit sou 'n baie duur projek van uiteindelik meer as R2 miljard wees, maar weens die verhoogde brandstofprys sedert 1973 as gevolg van die oliekrisis het Sasol groot winste gemaak wat vir die finansiering daarvan gebruik kon word. Die verhoogde produksie van brandstof uit steenkool sou ook groot besparings aan buitelandse valuta vir olie-invoere beteken.88
In Mei 1971 het Vorster die Natref-raffinadery in Sasolburg geopen. Hy het gewys op die belangrikheid van energie, brandstof en die petrochemiese industrie vir die Suid-Afrikaanse ekonomie, omdat energieverbruik 'n direkte verband met die bevolking se lewenstandaarde gehad het. Vir hom was die opening van Natref 'n groot dag vir Suid-Afrika, veral omdat dit deur samewerking tussen Suid-Afrikaanse, Franse en Iranse maatskappye tot stand gekom het. Vorster het die geskiedenis van Sasol as baanbreker in die vervaardiging van gas en petroleum uit steenkool geskets. Hy het gesê dat Suid-Afrika trots was "op die tegniese en wetenskaplike prestasies wat Sasol en sy mense oor die jare behaal het".89 Sasol het ook 'n belangrike aandeel gehad in die oppotting van die land se olievoorrade vir tye van nood. Die besluit om Natref te skep, is weens ekonomiese en sekuriteitsredes heel aan die einde van Verwoerd se bewind deur die kabinet geneem. Dit sou meebring dat Suid-Afrika ruolie direk van die verskaffers kon aankoop en dit dan self kon raffineer. Sodoende sou die land verseker wees van voldoende olievoorrade. By die opening van Natref het Vorster ook verwys na Soekor en die soektog na olie en natuurlike gas in en om Suid-Afrika, wat reeds tot belowende gasvondste gelei het. Vorster het aangedui dat die soektog na olie voortgesit sou word totdat daar absolute sekerheid was of daar oliebronne was of nie.90
Daar was nog verskeie ander infrastruktuurprojekte, insluitende die skepping van die Atlasvliegtuigkorporasie, die ondersese telefoonkabel na Europa, die ruimtewaarnemingstasie op Sutherland en die Hartebeesthoek-satellietaardstasie.
NEGATIEWE EN POSITIEWE UITKOMSTE VAN INFRASTRUKTUURSKEPPING
Die vraag is: Hoe moet Vorster se beheptheid met infrastruktuurskepping beoordeel word teen die agtergrond van die trajek van die Suid-Afrikaanse ekonomie tydens sy bewind?
Die skepping van infrastruktuur onder Vorster het kritiek uit verskeie oorde ontlok. Daar is byvoorbeeld aangevoer dat die Oranjerivierskema hoofsaaklik blankes bevoordeel het, sonder om die ander bevolkingsgroepe werklik te bemagtig. Dieselfde het vir die meeste van die ander projekte gegeld. Sou dit nie dalk beter gewees het as die groot bedrae geld wat betrokke was vir ander prioriteite, byvoorbeeld beter onderwys vir swartes, gebruik is nie?
Die grootste korttermynnadeel van die infrastruktuurprogram was dat dit baie geld gekos het, 'n groot hap uit die nasionale begroting geneem het, owerheidsbesteding verhoog het en inflasie bevorder het. Minister Diederichs het lippediens bewys daaraan om regeringsuitgawes op 'n nie-inflasionêre wyse te finansier.91 In die praktyk het dit nie gebeur nie. Vir groot infrastruktuurprojekte, soos om Evkom (die Elektrisiteitsvoorsieningskommissie) se kapasiteit uit te brei en die derde Yskoraanleg te bou, het die staat 'n reeks binne- en buitelandse lenings aangegaan in 'n tyd toe rentekoerse gestyg het.92 Die koste om dié lenings te diens het bygedra tot die hoë vlakke van owerheidsbesteding, wat die belangrikste bydraende faktor tot onbeheerbare inflasie en die gepaardgaande ekonomiese probleme was. In sy kritiek op die Vorster-regering se ekonomiese beleid meld Jones oormatige owerheidsbesteding aan massiewe infrastruktuurprojekte as 'n faktor wat die inflasiekoers en belastingkoerse opgejaag het.93
Daar moet in gedagte gehou word dat dit nie net infrastruktuurprojekte was wat ower-heidsbesteding verhoog het nie. Die regering het in die 1970's ook baie geld spandeer aan die aankoop van grond vir tuislandkonsolidasie en veral aan verdediging om die landsgrense te beveilig. Operasie Savannah, die Suid-Afrikaanse Weermag se inval in Angola in 1975-6 het byvoorbeeld astronomiese bedrae gekos. In vergelyking met hierdie onproduktiewe uitgawe was infrastruktuurskepping, wat n langtermynbate was, regverdigbaar.
Onder Vorster het infrastruktuurskepping in die apartheidskonteks plaasgevind. Liberale ekonome argumenteer dat die politieke beleid van apartheid ekonomiese groei in Suid-Afrika gestrem het en daartoe bygedra het dat die landsekonomie in die 1970's op die afdraande pad beland het.94 Daar was gevalle waar infrastruktuurprojekte spesifiek gerig was op die bevordering van afsonderlike ontwikkeling (apartheid). So byvoorbeeld was die derde Yskoraanleg by Newcastle deel van die nywerheidsdesentralisasiebeleid. Omdat Newcastle ver van die ystermyne was, moes die erts oor lang afstande teen hoë koste vervoer word. Verder het die prys van staal weens die internasionale ekonomiese probleme geval. Dit het die winsgewendheid van die Newcastle-aanleg in gedrang gebring. Die uitbreiding van die Yskoraanleg in Pretoria sou sekerlik 'n beter belegging as die Newcastleprojek gewees het.95
Navorsing oor projekte in verskeie wêrelddele het aangetoon dat infrastruktuurskepping 'n integrale deel is van die politieke ekonomie van nasionale ontwikkeling. Politieke leiers, soos Vorster ook gedoen het, regverdig besteding aan duur infrastruktuurprojekte deur aan te voer dat dit in die nasionale belang en noodsaaklik vir ekonomiese ontwikkeling is. Aansprake op die gemeenskaplike belang van infrastruktuurskepping verdoesel soms die feit dat veral sekere groepe se belange daardeur gedien en ander groepe gemarginaliseer word. Dit word gebruik as verskoning vir groter staatsinmenging in die land se ekonomie. Daardeur word die regering se ekonomiese en politieke mag versterk.96 Infrastruktuurskepping, as onderdeel van die Suid-Afrikaanse politieke ekonomie van daardie era, het ook hierdie kenmerke vertoon en duidelike politieke konnotasies gehad. Indrukwekkende projekte was 'n vertoonvenster van die kapasiteit van die apartheidstaat.
Dat die Vorster-regering so 'n oorheersende rol in die skepping van infrastruktuur gespeel het, was deel van toenemende staatsbeheer oor die ekonomie. Tydens die wêreldwye ekonomiese krisis in die 1970's was regerings geneig om hul eie lande se ekonomieë te beskerm deur groter staatintervensie in die vrye werking van die ekonomie. Vorster se regering was geen uitsondering nie en het die ekonomie streng gereguleer. Dit was juis teen die oormatige beheer oor die ekonomie deur die staat dat kritici soos Leon Louw van die Vryemarkstigting97en dr. AD Wassenaar, een van die voorste Afrikaanse sakeleiers in sy opspraakwekkende boek, Aanslag op die vrye ekonomie, dit gehad het. Wassenaar het onder meer die regering se "uitspattige besteding van die jare sestig en sewentig" gekritiseer.98
Vanuit 'n genderperspektief was die skouspelagtige infrastruktuurprojekte 'n fisiese manifestasie van Afrikaanse hegemoniese manlikheid op sy hoogtepunt. Die oorhoofse doelstelling van infrastruktuurskepping in Suid-Afrika in daardie periode was in lyn met die tipiese generiese kenmerke van universele hegemoniese manlikheid, maar ook van die spesifieke beslag wat dit in die puriteinsgeoriënteerde Afrikaanse hegemoniese manlikheid gekry het.99 Dit het die onaantasbare magsposisie van mans in die Afrikanersamelewing weerspieël. 'n Ontleding van die beplanning en bestuur van die onderskeie projekte toon dat mans in beheer was en dat vroue in bestuursposisies in daardie stadium totaal afwesig was. Die projekte was bedoel om 'n toonvenster van die leierskorps van Afrikaanse mans se ondernemingsgees, breinkrag en ekonomiese vermoë te wees. Hulle het ook die persepsie van die vindingrykheid van die Afrikanerman, weergegee in die bekende uitdrukking "'n Boer maak 'n plan", bevestig. Die strewe na vryheid, onafhanklikheid en oorlewing, wat al uit die pioniersjare van die Afrikanervoorsate dateer het, het ook uitdrukking gevind in die projekte, wat veronderstel was om die land meer onafhanklik van hulp van buite te maak. Dit was asof Vorster en sy kollegas hul tong vir die wêreld uitgesteek het en gesê het: "As julle ons opsystoot, sal ons op ons eie regkom". Nog 'n kenmerk van hegemoniese manlikheid, wat in die infrastruktuurskepping weerspieël is, is die beeld van die man as goeie voorsiener, wat deur eerbare en harde werk sorg vir sy afhanklikes. Die motief van die infrastruktuurprogram was om in die toekomstige behoeftes van die land te voorsien.
Ondanks al hierdie negatiewe konnotasies wat daaraan geheg is, kan die ongekende uitbreiding van strategiese infrastruktuur tydens Vorster se regering ook in 'n positiewe lig beoordeel word. In die tydperk van sterk ekonomiese groei aan die begin van Vorster se bewind was die aanpak van groot infrastruktuurprojekte rasioneel regverdigbaar. Die verwagting van voortgesette ekonomiese voorspoed in daardie tydperk het besteding aan sulke projekte sinvol gemaak. Rondom 1970 was daar 'n optimistiese gees oor die land se toekomsvooruitsigte as die leidende moondheid van die streek en op die kontinent. Die jong republiek het, ondanks doemprofesieë aan die begin van die 1960's, binne 'n dekade as 'n belowende middelslag-moondheid ontpop. Die verskillende projekte wat hier genoem is, is met geesdrif en hoopvolle verwagting aangepak as toonbeeld van die land se vordering op verskillende terreine en as grondslag vir verdere ontwikkeling.
Grootskaalse infrastruktuurskepping het deel uitgemaak van die proses van verandering van die ongelyke arbeidsbedeling in die land, wat in die 1970's 'n aanvang geneem het. Die 1973-stakings in die Durban-omgewing het tot 'n kentering in die regering se hantering van swart werkers aanleiding gegee. Vorster het hom weliswaar, soos sy voorgangers, tot die beskerming van blanke werkers verbind,100 maar deernis met swart werkers se verknorsing getoon deur werkgewers te maan om hul werkers nie bloot as eenhede vir produksie nie, maar as mense met bepaalde behoeftes te behandel.101 Onder sy bewind het ekonomiese kragte toegewings genoodsaak, waardeur swart werkers se posisie verbeter is.
Infrastruktuurprojekte was soos die res van die Suid-Afrikaanse ekonomie van ongeskoolde swart werkers, wat die grootste deel van die arbeidsmag uitgemaak het, afhanklik. Swart werkers het in die kort termyn daarby gebaat dat die konstruksie van infrastruktuur werkge-leenthede geskep het, veral toe die verlangsaming van die ekonomie sedert die middel-sewentigerjare die werkloosheidsyfer opgestoot het. Vorster was begaan oor die implikasies van werkloosheid, wat hy as een van die grootste bedreigings vir die land bestempel het.102
Die loongaping het veroorsaak dat die ongeskoolde swart werkers, wat handearbeid gelewer het vir die infrastruktuurprojekte, lae lone, gemiddeld tussen 15% en 20% van dié van wit werkers, ontvang het.103 Die meerderheid swart werkers was in 'n armoedespiraal vasgevang. Aan die een kant het goedkoop swart arbeid die finansiële uitvoerbaarheid van groot infrastruktuurprojekte bevorder, omdat die loonrekening as komponent van die begroting vir sulke projekte laag was, maar aan die ander kant was die lae produktiwiteit van ongeskoolde werkers 'n belemmering vir die tydige voltooiing van projekte.
Weens die tekort aan geskoolde arbeid in bedrywe betrokke by infrastruktuurprojekte, soos die boubedryf en staal- en ingenieursbedryf, is werkreservering verslap. Vroeëre werkreserveringsvasstellings is herroep en 'n "swewende" kleurslagboom was van krag, wat beteken het dat "beheerde indiensneming" van swartes toegelaat is in werkkategorieë wat voorheen vir blankes gereserveer is.104
Vorster het ontoeskietlik vasgeskop teen die verlening van vakbondregte aan swart werkers.105 In stede daarvan het die regering die bestaande werkekomiteestelsel as alternatiewe nywerheidsversoeningsinstrument deur die Wysigingswet op die Reëling van Bantoe-arbeidsverhoudinge uitgebrei.106 Dit het die bedingingsmag van swart werkers effens verbeter en hulle vir die eerste keer 'n beperkte reg gegee om te staak,107 wat vertolk word as 'n eerste stap in die rigting van effektiewe kollektiewe bedinging vir die swart werkersklas.108
In die kort en medium termyn was die infrastruktuurprojekte waardevol. Teen 1976 het die regering en openbare ondernemings se aandeel aan totale investering in die ekonomie tot 53% gestyg en byna 16% tot die totale BBP bygedra,109 wat aandui dat die infrastruktuur-projekte 'n inspuiting vir die toe reeds verswakkende ekonomie was. Buitelandse investering is gelok. Elke groot infrastruktuurprojek het 'n ekonomiese rimpeleffek gehad deur verskillende sektore van die ekonomie, byvoorbeeld die vervoerbedryf, die konstruksiebedryf en die vervaardigingsbedryf, te betrek en te stimuleer.
In die lang termyn was die geskepte infrastruktuur 'n blywende bate. Wat infrastruk-tuurskepping betref, het die Vorsterregering onteenseglik meer tot stand gebring as in enige ander periode van die bestaan van die Suid-Afrikaanse staat. Die harde infrastruktuur wat geskep of verbeter is, onder meer waterskemas, pad- en spoornetwerke, kommunikasiestelsels en aanlegte vir die vervaardiging van staal en petrochemiese produkte, was onontbeerlik vir Suid-Afrika se ekonomiese ontwikkeling en groei. Dit het ekonomiese aktiwiteite bevorder, diensverskaffing aan die publiek en die verskillende ekonomiese sektore verbeter, die lewering van ekonomiese uitsette vergemaklik, en ekonomiese groei in die algemeen bevorder. Die kundigheid wat benodig is vir die beplanning en konstruksie van infrastruktuur het wetenskaplike navorsing en tegnologiese opleiding gestimuleer. Die infrastruktuur was inderdaad 'n waardevolle nalatenskap, wat vir dekades, selfs in die postapartheidsbedeling, benut is as 'n basis vir ekonomiese aktiwiteite en verdere ontwikkeling. Sonder die uitbreiding van byvoorbeeld die vervoer- en waterinfrastruktuur sou die land nie kon ontwikkel nie. 'n Mens kanjou kwalik 'n Suid-Afrika sonder hierdie infrastruktuur (Sasol, die Gariepdam, die nasionale paaie, ensovoorts) indink. Uit 'n suiwer ekonomiese oogpunt beskou, het die grootskaalse infrastruktuurskepping in die Vorster-era waarskynklik meer voor- as nadele ingehou.
Indien die uitgebreide fisiese infrastruktuur wat in die 1960's en 1970's tot stand gekom het, as 'n blywende ekonomiese bate erken word, was dit in 'n sekere sin 'n monument vir Vorster en sy apartheidsregime met hul visie om van Suid-Afrika 'n betekenisvolle middelslagmoondheid te maak. Die redakteur van Beeld het in 2014 geskryf dat die een terrein waar die regering in die apartheidsera die land voortreflik gedien het, die skep van die beste infrastruktuur in Afrika is. Hy het sy ontsteltenis uitgespreek dat die ANC-regering sedert 1994 dié infrastruktuur deur swak beplanning en 'n gebrek aan bekwaamheid laat vergaan het.110
BIBLIOGRAFIE
Ackermann, Raymond. 2004. Hearing grasshoppers jump: the story of Raymond Ackerman as told to Denise Prichard. Kaapstad: David Philip. [ Links ]
Afrikaanse Woordelys en Spelreëls. 1991. Taalkommissie van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns. Kaapstad: Tafelberg. [ Links ]
Bridge, Gavin, Begüm Özkaynak & Ethemcan Turhan. 2018. "Energy infrastructure and the fate of the nation: introduction to special issue", Energy Research and Social Science, 41(Julie): 1-11. [ Links ]
Brink, C. v.d. M. 1977. "Research for development". In A. Wright (red.). South Africa - the Free World's treasure house. Sandton: Broadside Publishers. [ Links ]
De Korte, J.C. 1982. The Orange River Project. Johannesburg: Perskor. [ Links ]
Douwes Dekker, L., D. Hemson, J.S. Kane-Berman, J. Lever & L. Schlemmer. 1974, "Case studies in African labour action in South and South West Africa", The African Review, 4(2). In: R. Sandbrook & R. Cohen (reds.), The development of an African working class: studies in class formation and action, Londen: Longmans. [ Links ]
Du Pisani, J.A. 2001. "Puritanism transformed: Afrikaner masculinities in the apartheid and post-apartheid period" in Robert Morrell (red.), Changing men in Southern Africa. Durban: University of Natal Press, pp. 157-175. [ Links ]
Duggan, W.R. 1973. A socioeconomic profile of South Africa. New York, NY: Praeger, [ Links ] Ehlers, Anton. 2008. "Renier van Rooyen and Pep Stores Limited: the genesis of a South African entrepreneur and retail empire", South African Historical Journal, 60(3): 422-51. [ Links ]
Feinstein, Charles H. 2005. An economic history of South Africa. Cambridge: Cambridge University Press. [ Links ]
Floor, Bernal G. 1985. The history of national roads in South Africa. Stellenbosch: Floor. [ Links ]
Foley, Gerald. 1976. The energy question. Londen: Penguin. [ Links ]
Fourie, L.J.D. 1984. Kostedruk as oorsaak van inflasie, M.Com.-verhandeling in Ekonomie, RAU [ Links ]
Fulmer, Jeffrey. 2009. "What in the world is infrastructure?" PEIInfrastructure Investor, Julie/Augustus 2009: 30. [ Links ]
Horrell, Muriel (samesteller). 1982. Race relations as regulated by law in South Africa 1948-1979. Johannesburg: South African Institute of Race relations. [ Links ]
Houghton, D.H. 1973. The South African economy, 3de uitgawe. Kaapstad: Oxford University Press. [ Links ]
I.M.F, World Economic Outlook. 2007. "The changing dynamics of the global business cycle", https://www.imf.org/external/pubs/ft/weo/2007/02/pdf/c5.pdf [23 April 2018 geraadpleeg]. [ Links ]
Johnson, Harry G 1973. "The international monetary crisis of 1971". The Journal of Business, 46(1), Januarie:11-23. [ Links ]
Jones, Stuart (red.), 2002. The decline of the South African economy. Cheltenham:Edward Elgar. [ Links ]
Jones, Stuart & André Müller. 1992. The South African economy, 1910-90. Houndmills, Basingstoke, Hampshire: Macmillan. [ Links ]
Leistner, G.M.E. & W.J. Breytenbach. 1975. The black worker ofSouth Africa. Pretoria: Afrika-Instituut van Suid-Afrika. [ Links ]
Lewis, Stephen. 2008. The etymology of infrastructure and the infrastructure of the internet. https://hakpaksak.wordpress.com/2008/09/22/the-etymology-of-infrastructure-and-the-infrastructure-of-the-internet/ [30 Julie 2019 geraadpleeg]. [ Links ]
Lichtenstein, Alex. 2015. "'A measure of democracy': works committees, black workers, and industrial citizenship in South Africa, 1973-1979", South African Historical Journal, 67(2):113-138. [ Links ]
Maddox, John Royden. 1975. Beyond the energy crisis. Londen: Hutchinson. [ Links ]
McCrystal, L.P. "Counter-inflation policy" in Wright, pp. 86-7 [ Links ]
Mitchell, Malcolm. 2014. "A brief history of transport infrastructure in South Africa up to the end of the 20th century; Chapter 8 : the development of a national road system during the second half of the 20th century: infrastructure", Civil Engineering 22(8), Sep.:55-59. [ Links ]
Müller, A.L. (red.). 1979. Die ekonomiese ontwikkeling van Suid-Afrika Pretoria: Academia. [ Links ]
Nadal, Alejandrol. G.d. "Structure and dynamics of the world economy", aanbieding by OSISA en UKZN-CCS se winterskool oor ekonomiese geregtigheid en volhoubaarheid. http://ccs.ukzn.ac.za/files/Nadal%20world%20economy%20slides.pdf [23 April 2018 geraadpleeg]. [ Links ]
Odendal, F.F. e.a. 1979. HAT: Verklarende Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (tweede uitgawe, eerste druk). Johannesburg: Perskor, p. 443. [ Links ]
O'Sullivan, Arthur & Sheffrin, Steven, M. 2003. Economics: principles in action. Upper Saddle River, NJ: Pearson Prentice Hall. [ Links ]
Puentes, Robert 2015, "Why infrastructure matters: rotten roads, bum economy", 20 Januarie 2015. https://www.brookings.edu/opinions/why-infrastructure-matters-rotten-roads-bum-economy/ [30 Julie 2019 geraadpleeg]. [ Links ]
Richardson, Harry Ward. 1975. Economic aspects of the energy crisis. Lexington, Mass.: Lexington Books. [ Links ]
Rossouw, Jannie. 2007. Inflation in South Africa: 1921 to 2006. History, measurement and credibility. PhD-proefskrif, Universiteit van KwaZulu-Natal. [ Links ]
Rupert, Anton. 1981. Prioriteite vir medebestaan. Kaapstad: Tafelberg, Schoonees, P.C. (hoofredakteur). 1961. Woordeboek van die Afrikaanse Taal, vierde deel (H-I). Pretoria: Staatsdrukker, p. 547. [ Links ]
Stupak, Jeffrey M. 2018. "Economic impact of infrastructure investment", Congressional Research Service, R44896, 24 Januarie 2018, p. 1. [ Links ]
Trade Policy Research Centre. 1976. The economics of the oil crisis. Londen: Macmillan. [ Links ]
Verhoef, G. 2009. "Concentration and competition: the changing landscape of the banking sector in South Africa, 1970-2007". The South African Journal of Economic History, 24(2), September: 157-97. [ Links ]
Wassenaar, A.D. 1977. Aanslag op die vrye ekonomie. Kaapstad: Tafelberg. [ Links ]
Weidemann, J.J.S. 1974. "Arbeidsonrus: die stakings van 1973/4", Suid-Afrikaanse Buro vir Rasse- aangeleenthede, memorandum 1/74 (SABRA, Pretoria, p. 10). [ Links ]
Windsor, Philip. 1975. Oil: a plain man's guide to the world's energy crisis.Londen: Temple Smith. [ Links ]
Wright, A. (red.). 1977. South Africa - the Free World's treasure house. Sandton: Broadside Publishers. [ Links ]
Younger, Kenneth. 1974. The energy crisis: a revolution in international relations? Braamfontein: Suid-Afrikaanse Instituut vir Internasionale Aangeleenthede. [ Links ]
Ontvang: 2019-08-01
Goedgekeur: 2020-01-20
Gepubliseer: Maart 2020
Kobus du Pisani het einde 2019 afgetree as Professor in Geskiedenis by die Skool vir Sosiale Wetenskappe op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU) en is aan-gestel as 'n buitengewone professor by die NWU. Hy het meestersgrade in Geskiedenis (UV) en Omgewingswetenskappe (NWU) en 'n DPhil-graad in Geskiedenis (UV) verwerf. Hy het betrekkings as navorser en dosent by drie Suid-Afrikaanse universiteite en een Suid-Koreaanse universiteit beklee en was betrokke by akademiese samewerkings- en uitruilpro-gramme met instansies in verskillende lande in Europa en Asië. Hy is 'n NRF-gegradeerde navorser en het verskeie boeke, hoofstukke, artikels en referate gelewer. Sy navorsingsuit-sette handel oor twintigste-eeuse Suid-Afrikaanse politieke geskiedenis (tydperke van Smuts en Vorster), gendergeskiedenis (aspekte van Afri-kanermanlikheidsgeskiedenis), omgewings-geskiedenis (evolusie van volhoubare ontwikkeling) en kultuurerfenisbestuur. Hy dien op die redaksies van historiese en omgewingsvak-tydskrifte en is lid van 'n aantal vakverenigings.
Kobus du Pisani retired at the end of 2019 as Professor of History in the School of Social Sciences on the Potchefstroom Campus of North-West University and was appointed as an extraordinary professor at the NWU. He holds master's degrees in History (UFS) and Environmental Sciences (NWU) and a DPhil in History (UFS). He worked as researcher and lecturer at three South African universities and one South Korean university and participated in collaborative and exchange programmes with several institutions in Europe and Asia. He is an NRF rated researcher and has produced a large number of books, chapters, articles and papers. His research outputs deal with twentieth-century South African political history (in the time of Smuts and Vorster), gender history (themes from Afrikaner masculinity studies), environmental history (evolution of the concept of sustainable development) and heritage conservation management. He serves on the editorial boards of history and environmental studies journals and is a member of professional associations.
1 Stephen Lewis, "The etymology of infrastructure and the infrastructure of the internet", 2008, https://hakpaksak.wordpress.com/2008/09/22/the-etymology-of-infrastructure-and-the-infrastructure-of-the-internet/, 30 Julie 2019 geraadpleeg.
2 P.C. Schoonees (hoofredakteur), Woordeboek van die Afrikaanse Taal, vierde deel (H-I) (Die Staatsdrukker, Pretoria, 1961), p. 547.
3 F.F. Odendal e.a., HAT: Verklarende Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (tweede uitgawe, eerste druk, Perskor, Johannesburg, 1979), p. 443.
4 Taalkommissie van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, Afrikaanse Woordelys en Spelreëls (Tafelberg, Kaapstad, 1991), p. 166.
5 Arthur O'Sullivan en Steven M. Sheffrin, Economics:principles in action (Pearson Prentice Hall, Upper Saddle River, NJ, 2003), p. 474. Talle definisies van infrastruktuur is beskikbaar by aanlyn woordeboeke soos Mirriam-Webster en dictionary.com.
6 Jeffrey Fulmer, "What in the world is infrastructure?", PEIInfrastructure Investor (Julie/Augustus 2009), p. 30.
7 Jeffrey M. Stupak, "Economic impact of infrastructure investment", Congressional Research Service, R44896, 24 Januarie 2018, p. 1; Robert Puentes, "Why infrastructure matters: rotten roads, bum economy", 20 Januarie 2015, https://www.brookings.edu/opinions/why-infrastructure-matters-rotten-roads-bum-economy/, 30 Julie 2019 geraadpleeg.
8 Vorster het sy standpunt hieroor in toesprake gestel. Kyk Argief vir Eietydse Aangeleenthede (AREA), PV132 BJ Vorsterversameling, lêer 3/6/38, toespraak 171, Opening Kamers van Koop-handelweek, Kaapstad, 2 Oktober 1972, pp. 1-2.
9 AREA, PV132, lêer 3/6/32, toespraak 139, Holiday Inn, Jan Smutslughawe, 1 Oktober 1971, pp. 3-8.
10 Die ekonomiese ontwikkelingsprogram vir die tydperk 1966-1971, wat in November 1966 deur die EAR goedgekeur en in Januarie 1967 vrygestel is, was die derde sedert republiekwording in 1961. Kyk Nasionale Argiefbewaarplek van Suid-Afrika (NABSA), Sentrale Argiefbewaarplek (SAB), Argief van die Privaatsekretaris van die Eerste Minister (MEM), band 1/611, I26/2A, deel 2, Verklaring vrygestel deur Sy Edele die Eerste Minister na aanleiding van die sitting van die Ekonomiese Adviesraad te Pretoria vanaf die 21ste tot die 23ste November 1966, p.7.
11 NABSA, SAB, MEM 1/610, I26/2A, deel 1, brief dr. PJ Riekert-BJ Vorster, 25 Januarie 1967, bylae getitel "Funksies van die Ekonomiese Raadgewer en sy personeel wat tans onder die Departement van Beplanning ressorteer", pp. 1-4.
12 NABSA, SAB, MEM 1/638, Departement van Inligting, Persverklaring deur die Eerste Minister, 27 November 1968.
13 "Funksies van die Ekonomiese Raadgewer pp. 6-8.
14 D. Hobart Houghton, The South African economy (Oxford University Press, Kaapstad, 1976), p. 224.
15 AREA, PV132, lêer 3/6/41, toespraak 184a, Agtiende Wetenskaplike Adviesraadvergadering, Kaapstad, 12 Februarie 1973.
16 Vir meer inligting, kyk NABSA, SAB, MEM 1/583, brief dr. HO Mönnig-BJ Vorster, 26 Januarie 1967; NABSA, SAB, MEM 1/644, brief dr. HO Mönnig-BJ Vorster, 1 November 1971 en brief dr. SM Naudé- BJ Vorster, 17 Mei 1971.
17 C v.d. M. Brink, "Research for development" in A. Wright (red.), South Africa - the Free World's treasure house (Broadside Publishers, Sandton, 1977), p. 255.
18 Die hoogaangeskrewe finansiële tydskrif, Financial Mail, het vroeg in die Vorster-era na die voorafgaande halwe dekade, toe die BNP in reële terme met 30% gestyg het, as "the Fabulous Years" verwys. Kyk Financial Mail, 14 Julie 1967,supplement, p. 59.
19 NABSA, SAB, MEM 1/611, I26/2A, deel 2, PJ Riekert, Die verloop van die Suid-Afrikaanse ekonomie gedurende 1968, oorsig vir gebruik deur Sy Edele die Eerste Minister tydens die wantrouedebat (van 1969), p. 1.
20 NABSA, SAB, MEM 1/588, Verklaring vrygestel deur Sy Edele die Eerste Minister na aanleiding van die sitting van die Ekonomiese Adviesraad in Pretoria op 19 en 20 Maart 1970, p. 1.
21 AREA, PV546 NJ (Nic) Diederichsversameling, 1/B4/35, Republiek van Suid-Afrika, Begrotingsredes 1970-'71, Toespraak van die Minister van Finansies in die Volksraad, 12 Augustus 1970, p. 3.
22 NABSA, SAB, MEM 1/611, I26/2A, deel 2, PJ Riekert. Die verloop van die Suid-Afrikaanse ekonomie gedurende 1968, oorsig vir gebruik deur Sy Edele die Eerste Minister tydens die wantrouedebat (van 1969), pp. 3, 4, 21. Vir die relevante BBP-statistiek, kyk onder meer AREA, PV546, lêer 1/B4/25, Republiek van Suid-Afrika, Begrotingsredes 1967-'68, Volksraadstoespraak Minister van Finansies, 22 Maart 1967, p. 1; lêer 1/B4/28, Republiek van Suid-Afrika, Begrotingsredes 1968-'69, Volksraadstoespraak Minister van Finansies, 27 Maart 1968, p. 2; lêer 1/B4/31, Republiek van Suid-Afrika, Begrotingsredes 1969-'70, Volksraadstoespraak Minister van Finansies, 26 Maart 1969, p. 1; lêer 1/B4/35, Republiek van Suid-Afrika, Begrotingsredes 1970-'71, Volksraadstoespraak Minister van Finansies, 12 Augustus 1970, p. 1; lêer 1/B4/39, Republiek van Suid-Afrika, W.P.B. - '71, Begroting 1971-72, statistiese oorsig, p. 4; lêer 1/B4/54, Republiek van Suid-Afrika, W.P.B. - '74, Statistiese oorsig in verband met die begrotingsrede 1974-75 , p. 5; Suid-Afrikaanse Reserwebank, Jaarlikse ekonomiese verslag, 1970, p. 7; A.L. Müller (red.), Die ekonomiese ontwikkeling van Suid-Afrika (Academica, Pretoria, 1979), p.245.
23 Vir besonderhede en statistiek, kyk Stuart Jones en André Müller, The South African economy, 1910-90 (Macmillan, Houndmills, Basingstoke, Hampshire, 1992), pp. 229, 278; Müller, pp. 249-51, 276-81; Houghton, pp. 271-2; W.R. Duggan, A socioeconomic profile of South Africa (Praeger, New York, NY, 1973), p. 85; Charles H. Feinstein, An economic history of South Africa (Cambridge University Press, Cambridge, 2005), p. 174.
24 Müller, pp. 264, 267-8.
25 Die skouspelagtige sukses van sommige van die bekende ondernemings onder aanvoering van uitstaande entrepreneurs is in publikasies belig. Kyk byvoorbeeld Raymond Ackerman, Hearing grasshoppers jump: the story of Raymond Ackerman as told to Denise Prichard (David Philip, Kaapstad, 2004) en Anton Ehlers, "Renier van Rooyen and Pep Stores Limited: the genesis of a South African entrepreneur and retail empire", South African Historical Journal, vol. 60, no. 3, 2008, pp. 422-51.
26 Jones en Müller, pp. 313-5.
27 Jones en Müller, pp. 322-3, 326, 329, 332; G. Verhoef, "Concentration and competition: the changing landscape of the banking sector in South Africa, 1970-2007", The South African Journal of Economic History, vol. 24, no. 2, September 2009, pp. 157-97. Vir die aard en ontwikkeling van die verskillende soorte finansiële instellings in die 1970's kyk die hoofstukke oor "Banking and finance" en "The insurance industry" in Wright, pp. 202-35, 243-54.
28 Jones en Müller, p. 352.
29 Houghton, p. 215; Duggan, p. 68; Feinstein, p. 190.
30 Diederichs het hieroor aan die kabinet gerapporteer. Kyk AREA, PV734 FW de Klerkversameling, band K/S 2, kabinetsnotules 28 April 1971 en 12 Mei 1971.
31 Anton Rupert, Prioriteite vir medebestaan (Tafelberg, Kaapstad, 1981), p. 36.
32 Basiese inligting oor inflasie verkry uit L.J.D. Fourie, Kostedruk as oorsaak van inflasie, M.Com.-verhandeling in Ekonomie, RAU, 1984, pp. 8-19.
33 Vir 'n historiese oorsig oor inflasie in Suid-Afrika in die twintigste eeu, kyk Jannie Rossouw, Inflation in South Africa: 1921 to 2006. History, measurement and credibility, PhD-proefskrif, Universiteit van KwaZulu-Natal, 2007.
34 NABSA, SAB, MEM 1/611 (deel 2), I26/2A, Verklaring vrygestel deur Sy Edele die Eerste Minister na aanleiding van die sitting van die Ekonomiese Adviesraad te Pretoria vanaf die 21ste tot die 23ste November 1966, pp. 5-6; NABSA, SAB, MEM 1/611 (deel 2), I26/2A, Verklaring vrygestel deur Sy Edele die Eerste Minister na aanleiding van die vergadering van die Ekonomiese Adviesraad in Kaapstad op 27 en 28 Februarie 1967, pp. 2, 4; NABSA, SAB, MEM 1/610 (deel 1), I26/2A, PJ Riekert, Gegewens wat sedert die sitting van die Ekonomiese Adviesraad beskikbaar gekom het (memo), 30 Oktober 1967. p. 3; NABSA, SAB, MEM 1/610 (deel 1), I26/2A, Die jongste neigings in die ekonomie en die vordering wat daar in die stryd teen inflasie gemaak word (brief PJ Riekert-BJ Vorster), 6 Desember 1967, pp. 3, 7, 11-13; NABSA, SAB, MEM 1/611 (deel 2), I26/2A, PJ Riekert, Die verloop van die Suid-Afrikaanse ekonomie gedurende 1968, oorsig vir gebruik deur Sy Edele die Eerste Minister tydens die wantrouedebat, p. 4; ; AREA, PV546, lêer 1/B4/25, Republiek van Suid-Afrika, Begrotingsredes 1967-'68, toespraak Minister van Finansies, 22 Maart 1967; Republiek van Suid-Afrika, Staatskoerant no. 3317, 25 November 1971.
35 AREA, PV546, lêer 1/B4/25, Republiek van Suid-Afrika, Begrotingsredes 1967-'68, toespraak Minister van Finansies, 22 Maart 1967; AREA, PV132, lêer 3/6/28, toespraak 117 tydens die amptelike opening van die platblokwalsery by Yskor, Vanderbijlpark, 26 Februarie 1971.
36 Houghton, pp. 213, 221.
37 Vir makrotendense in die wêreldekonomie, onder meer ook in die tyd van Vorster se regering, kyk Alejandro Nadal, "Structure and dynamics of the world economy", aanbieding by OSISA en UKZN-CCS se winterskool oor ekonomiese geregtigheid en volhoubaarheid, geen datum, http://ccs.ukzn.ac.za/files/Nadal%20world%20economy%20slides.pdf (23 April 2018 geraadpleeg). Kyk ook I.M.F, World Economic Outlook 2007, hoofstuk 5 ("The changing dynamics of the global business cycle"), https://www.imf.org/external/pubs/ft/weo/2007/02/pdf/c5.pdf (23 April 2018 geraadpleeg).
38 Vir besonderhede, kyk Harry G Johnson, "The international monetary crisis of1971", The Journal of Business 46(1), Januarie 1973, pp. 11-23.
39 NABSA, SAB, MEM I26/2 (Ekonomiese Sake), deel 4, band 1/605, brief E. Rousseau-BJ Vorster, 31 Desember 1971.
40 AREA, PV546, lêer 3/1/14, Brief dr. Gerhard de Kock (adjunkgoewerneur van die Reserwebank)-NJ Diederichs, 1 Junie 1972. Kyk ook Suid-Afrikaanse Reserwebank, Jaarlikse ekonomiese verslag, 1971, pp. 5-6 en 1972, p.5.
41 AREA, PV546, lêer 1/B4/35, Verklaring vrygestel deur die Eerste Minister na aanleiding van die sitting van die Ekonomiese Adviesraad in Pretoria op 22 en 23 Junie 1970, p. 1.
42 AREA, PV546, lêer 1/S17/4, Yskor, Republic of South Africa: an economic review, 26 Julie 1971, p. 1.
43 Houghton, pp. 275, 277; Duggan, pp. 93, 94; Charles H. Feinstein, An economic history of South Africa, p. 190.
44 AREA, PV132, lêer 3/6/27, toespraak 112, Nuwejaarsboodskap, 31 Desember 1970; NABSA, SAB, MEM I14/2 deel 3, band 1/567, Begrotingsrede 1971, p. 20.
45 AREA, PV132, lêer 3/6/33, toespraak 143, Nigel en Distrik Kamer van Koophandel en Nywerhede, 15 November 1971. Kyk ook AREA, PV132, lêer 3/6/38, toespraak 174, Opening van die sewentigste kongres van die Kamers van Koophandel, Pretoria, 16 Oktober 1972.
46 NABSA, SAB, MEM I26/2 (Ekonomiese Sake), deel 4, band 1/605, Devaluasie en daarna - 'n nuwe fase in die Suid-Afrikaanse ekonomie, aantekeninge vir 'n toespraak deur Sy Edele die Eerste Minister voor die Kaapstadse Afrikaanse Sakekamer, 21 Maart 1972, pp. 3-4.; AREA, PV546, lêer 3/1/14, Brief G de Kock-NJ Diederichs, 1 Junie 1972. Vir voorbeelde van optimistiese sienings, kyk Die Transvaler, 25 September 1972;Volkshandel, Junie 1972, pp. 7 en 11 en November 1972, p. 15.
47 Die Vaderland, 17 November 1972. Hoofartikel.
48 Rand Daily Mail, 17 Oktober 1972; Die Transvaler, 17 Oktober 1972; The Cape Times, 17 Oktober 1972; The Argus, 17 Oktober 1972. Hoofartikel.
49 Die Burger, 5 Junie 1973.
50 Die Vaderland, 7 Julie 1973.
51 Die Volksblad, 18 September 1973; The Pretoria News, 25 September 1973.
52 NABSA, SAB, MEM, band 1/641, verslag oor die besprekings van die Ekonomiese Adviesraad in Pretoria op 27 en 28 Augustus 1973, p. 2; Suid-Afrikaanse Reserwebank, Jaarlikse ekonomiese verslag, 1974, p. 5.
53 Meer besonderhede oor die 1973-brandstofkrisis is verkrygbaar in die volgende tydgenootlike bronne: Philip Windsor, Oil: a plain man's guide to the world's energy crisis; Gerald Foley, The energy question; Harry Ward Richardson, Economic aspects of the energy crisis;Trade Policy Research Centre,The economics of the oil crisis; John Royden Maddox, Beyond the energy crisis; Kenneth Younger, The energy crisis: a revolution in international relations?
54 Vir die impak van die oliekrisis op Suid-Afrika, kyk AREA, PV546, lêer 1/EA/2, Verslag oor die besprekings van die Ekonomiese Adviesraad in Pretoria op 19 en 20 November 1973, pp. 9-11.
55 Die Burger, 26 Oktober 1973.
56 NABSA, SAB, MEM 1/606, I26/2, deel 7, PJ Riekert, Konsepverklaring deur die Eerste Minister oor olievoorsiening aan die Republiek, 18 Oktober 1973 en memorandum aan die Minister van Ekonomiese Sake voorgelê deur die Sekretarisse van Handel en Nywerheidswese: Olievoorsiening aan Suid-Afrika en die behoefte aan verbruikersbesnoeiing, g.d. (c. Oktober 1973).
57 Die Burger, 14 en 15 November 1973.
58 Feinstein, p. 214.
59 Jones en Müller, p. 353.Vir algemene ekonomiese tendense kyk Volkshandel 31:5, Julie 1970, p. 21, 31:7, September 1970, pp. 71, 73, 97, 31:10, Desember 1970, pp. 13, 41, 32:2, April 1971, p. 9 en SA Oorsig, 16 April 1971.
60 Kyk onder meer Jones en Müller, pp. 234-5; L.P. McCrystal, "Counter-inflation policy" in Wright, pp. 86-7; Suid-Afrikaanse Reserwebank, Jaarlikse ekonomiese verslag, 1976, pp. 5-6 en 1977, p. 5; Erfenisstigting (ES), Afrikaner-Broederbondversameling (AB), boks 3/1/3, verwysing 3/76/1/ inflasie, "Inflasie" (studiestuk), Julie 1976.
61 AREA, PV546, 1/E4/2, Verklaring vrygestel deur Sy Edele die Eerste Minister na aanleiding van die vergadering van die Ekonomiese Adviesraad in Pretoria op 21 en 22 November 1974, p. 15.
62 Jones en Müller, pp. 232-3, 300, 302, 341-2; Feinstein, pp. 188, 190; Suid-Afrikaanse Reserwebank, Jaarlikse ekonomiese verslag, 1975, p. 6, 1976, p. 6 en 1977, p. 6.
63 Feinstein, pp. 201-2; F.E. Emary, "Free Market Foundation" in Wright, p. 82.
64 AREA, PV203 P.W. Bothaversameling, band MV28/8/1, dr. PJ Riekert, Verslag (aan Vorster) oor die vergadering van die Ekonomiese Adviesraad gehou in Pretoria op 29 en 30 Augustus 1977, pp. 11, 14.
65 Suid-Afrikaanse Reserwebank, Jaarlikse ekonomiese verslag, 1978, pp. 5-7.
66 Die agteruitgang van die Suid-Afrikaanse ekonomie sedert die 1970's word ontleed in Stuart Jones (red.), The decline of the South African economy (Edward Elgar, Cheltenham, 2002).
67 AREA, PV132, lêer 3/6/32, toespraak 139, Holiday Inn, Jan Smutslughawe, 1 Oktober 1971, p. 9.
68 AREA, PV132, lêer 3/6/28, toespraak 119 tydens die amptelike opening van die JG Strijdomtoring, Johannesburg, 17 April 1971.
69 Vir besonderhede kyk Bernal G. Floor, The history of national roads in South Africa (Floor, Stellenbosch, 1985); Malcolm Mitchell, "A brief history of transport infrastructure in South Africa up to the end of the 20 century; Chapter 8 : the development of a national road system during the second half of the 20 century: infrastructure", Civil Engineering 22(8), Sep. 2014, pp. 55-59.
70 Jones en Müller, p. 307.
71 NABSA, SAB, MEM, band 1/600, Brief PS Rautenbach (Beplanningsraadgewer van die Eerste Minister)-BJ Vorster, 5 Februarie 1968, verslae van die Adviserende Raad aan die kabinetskomitee vir 1967 en 1968, Departement van Inligting, Persverklaring 54/69P deur DCH Uys (voorsitter van die kabinetskomitee), 18 April 1969.
72 Departement van Inligting, Suid-Afrika tem 'n groot rivier: die Oranjerivier-Ontwikkelingsprojek. (Departement van Inligting, Pretoria, 1966).
73 NABSA, SAB, MEM I24/2 Waterwese, band 1/601, Oranjerivier-projek: Aanbou van Hendrik Verwoerd-dam kontrak FTW-0-12 vir siviele ingenieurswerk, 19 November 1969; AREA, PV734, band K/S 3, kabinetsnotules, 27 Januarie 1971 en 15 Augustus 1972.
74 J.C. de Korte, The Orange River Project (Perskor, Johannesburg, 1982). Vir die kabinet se bespreking hiervan, kyk AREA, PV734, band K/S 3, kabinetsnotule, 31 Maart 1972.
75 NABSA, SAB, MEM, band 1/600, Departement van Waterwese, Soewenierprogram by geleentheid van die amptelike inwerkingstelling van die bouprogram van die Hendrik Verwoerd-dam, 18 November 1966.
76 De Korte.
77 AREA, PV132, lêer 3/6/24, toespraak 96, Amptelike naamgewing van die Paul Sauerdam, 6 Mei 1970.
78 AREA, PV132, lêer 3/6/26, toespraak 107, Opening van die Konvensie oor Water vir die Toekoms, Pretoria, 16 November 1970.
79 Gerapporteer in Die Burger, 18 November 1977.
80 Die kabinet het die uitvoer van steenkool na Japan op 4 Desember 1969 goedgekeur. Kyk AREA, PV734, band K/S 2, kabinetsnotule, 4 Desember 1969.
81 Jones en Müller, pp. 268-9.
82 Aspekte van die projek is verskeie kere in die kabinet bespreek en goedgekeur. Kyk AREA, PV734, band K/S 3, kabinetsnotules 2 en 3 Desember 1972, 14 Februarie 1973, 30 Oktober 1973. Vir die aanvanklike beplanning vir die ontwikkeling van die Weskusstreek, kyk NABSA, SAB, MEM, band 1/640, 'n Skema vir die ontwikkeling van 'n kerngroeipunt langs die Weskus (geheime memorandum as bylaag by die verslag oor die besprekings van die Ekonomiese Adviesraad in Pretoria op 28 en 29 Augustus 1972).
83 Jones en Müller, p. 281; T.F. Muller, "The white gold called steel" in Wright, p. 97.
84 A.J.A. Roux, "Uranium" in Wright, pp. 98-102.
85 Duggan, pp. 87-8; Jones en Müller, p. 281. Vir kabinetsbesluite oor Yskor 3, kyk PV734, band K/S 2, kabinetsnotules, 5 Desember 1968, 7 Mei 1969, 2 Desember 1969.
86 AREA, PV132, lêer 3/6/28, toespraak 117 tydens die amptelike opening van die platblokwalsery by Yskor, Vanderbijlpark, 26 Februarie 1971.
87 Jones en Müller, pp. 284-5; Müller, pp. 247-8; Feinstein, p. 183.
88 Carel Birkby, "Oil from coal" in Wright, pp. 105-6.
89 AREA, PV132, lêer 3/6/28, toespraak 120 tydens die amptelike opening van die Natref-raffinadery, Sasolburg, 11 Mei 1971.
90 AREA, PV132, lêer 3/6/28, toespraak 120, Sasolburg, 11 Mei 1971.
91 Diederichs het hierdie onderneming gereeld in sy begrotingsredes herhaal. Kyk byvoorbeeld AREA, PV546, lêer 1/B4/25, Republiek van Suid-Afrika, Begrotingsredes 1967-'68, toespraak Minister van Finansies, 22 Maart 1967, p. 5; lêer 1/B4/35 , Republiek van Suid-Afrika, Begrotingsredes 1970-'71, toespraak Minister van Finansies, 12 Augustus 1970, p. 12.
92 Die magtiging tussen 1974 en 1976 deur die Uitvoerende Raad aan Yskor om buitelandse lenings aan te gaan en die tekste van die leningskontrakte is opgeneem in NABSA, SAB, Argief van die Uitvoerende Raad (URU). Kyk byvoorbeeld URU, band 6556, minuut nommer 1755, band 6621, minuut nommer 521, band 6652, minuut nommer 782 en band 6671, minuut nommer 1226.
93 Stuart Jones, "Introduction" in Jones, pp. 3-4.
94 Feinstein, p. 165.
95 Jones en Müller, p. 282.
96 Gavin Bridge, Begüm Özkaynak en Ethemcan Turhan, "Energy infrastructure and the fate of the nation: introduction to special issue", Energy Research and Social Science, vol. 41, Julie 2018, pp. 1-11.
97 Emary, pp. 82, 85.
98 AD Wassenaar, Aanslag op die vrye ekonomie, pp. 146, 149, 151-5, 161-2, 165.
99 Kyk JA du Pisani, "Puritanism transformed: Afrikaner masculinities in the apartheid and postapartheid period" in Robert Morrell (red.), Changing men in Southern Africa (University ofNatal Press, Durban, 2001), pp. 157-175.
100 Vir Vorster se standpunt oor die beskerming van wit werkers, kyk AREA, PV132, BJ Vorsterversameling, lêer 3/6/22,toespraak, Durban, 7 April 1970.
101 Hansard (Debatte van die Volksraad), deel 42, 9 Februarie 1973, kolom 354.
102 AREA, PV132, lêer 3/6/20, toespraak 85, Port Elizabeth, 31 Maart 1970.
103 Buro vir Ekonomiese Navorsing insake Bantoe-ontwikkeling (Benbo), Swart ontwikkeling in Suid-Afrika, p. 51.
104 Kyk Marais Viljoen (minister van arbeid) se aankondigings oor die verslapping van werkreservering in AREA, persverklaring, Pretoria, 4 Junie 1970 (I 18.132) en persverklaring Kaapstad, 4 Maart 1971, asook Vorster se toesprake by die jaarkongres van die Motorindustrieëfederasie, Kaapstad, 3 Oktober 1973 (AREA, PV132, lêer 3/6/45) en voor die Koördinerende Raad van Vakverenigings op 5 November 1973 aangehaal in G.M.E. Leistner & W.J. Breytenbach, The black worker of South Africa, p. 29. Vir besprekings en ontledings van hierdie tendens, kyk Muriel Horrell (samesteller), Race relations as regulated by law in South Africa 1948-1979, pp. 86, 89; D.H. Houghton, The South African economy, 3de uitgawe, p. 151; Lipton, pp. 33, 59, 63-4, 404-6.
105 Vir besonderhede oor die uitsluiting van swart werkers van vakbondregte, kyk Wages Commission, SRC, UCT, "Workers and their rights", p. 6; C.R. Ould en H.W. van der Merwe, "Labour in South Africa: a divided movement in a plural society", Abe Bailey Institute of Interracial Studies, ca. 1970, p. 10.
106 Wette van die Republiek van Suid-Afrika, 1973, Wysigingswet op die Reëling van Bantoe-arbeidsverhoudinge, wet 70 van 1973.
107 Vir ontledings van die wet, kyk L. Douwes Dekker, D. Hemson, J.S. Kane-Berman, J. Lever en L. Schlemmer, "Case studies in African labour action in South and South West Africa", The African Review, volume 4, nommer 2, 1974 (uit R. Sandbrook en R. Cohen (reds.), The development of an African working class: studies in class formation and action, Longmans, Londen, 1975), p. 235; J.J.S. Weidemann, "Arbeidsonrus: die stakings van 1973/4", Suid-Afrikaanse Buro vir Rasse-aangeleenthede, memorandum 1/74 (SABRA, Pretoria, 1974), p. 10; Muriel Horrell, A survey of race relations in South Africa, 1973, pp. 277-9, 286-8; A.L. Boraine, "Address given by Dr Alex L. Boraine at the University of the Witwatersrand Summer School on 4 February1974", p. 7.
108 Alex Lichtenstein, " 'A measure of democracy': works committees, black workers, and industrial citizenship in South Africa, 1973-1979", South African Historical Journal, 67(2), 2015, pp. 113138.
109 Feinstein, p. 221.
110 110 Beeld, 20 Augustus 2014, hoofartikel, p. 12.