SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.61 issue2NP van Wyk Louw's animals and figures: An ecocritical readingNP van Wyk Louw's Die pluimsaad waai ver, of Bitter begin revisited author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    On-line version ISSN 2224-7912Print version ISSN 0041-4751

    Tydskr. geesteswet. vol.61 n.2 Pretoria Jun. 2021

     

    GEDIGTE POEMS

     

    1 Hennie Pieterse

     

     

    WINTERREËN
    17 Junie 2020

    Gekrimpvarkie in koue erger as ooit
    sien ek swartryp wat opbrengste gevries stroop;
    met winters in die noorde reën dit ongeveer nooit
    wintereën spel dus tog weer nuwe hoop?

    SOMERREËN
    24 Jan. - 10 Feb. 2021

    Skielik pak wit wolke saam en stort neer asof dit ween,
    weer 'n ouderwetse drie agt dae geelperskereën
    wat sweep klap en die Gariepdam en die Vaaldam laat stort oor hul walle;
    grond, gras, dier, rivier en ook mense word ryklik geseën.

    KOKERBOOM
    Aloe dichotoma

    In ons barre Suid-Afrika waar die ongenadige son alles braai,
    van Aggeneys deur dorre stof, sand en klippe tot by Alexanderbaai
    staan jy, kokerboom, onwrikbaar, ongestoord stewig in die grond gewortel
    en steeds geelblom jy, hoe swaar ook, soos ons almal, want ons is gehard taai.

    BOSVELDBOOM

    (Skuilende klein bobbejaantjie Kira onder 'n boom gered - Beeld 31 Julie 2018)

    Met my arms om 'n bobbejaantjie gevou
    kon Kira oorleef omdat sy my vertrou
    eeu op eeu na beskerm ek dier en mens
    hoe sal ék in strooptogte my bas kan red?

    KREMETART

    Adansonia digitata

    In Limpopo staan, volgens plantkundiges, 'n 3000 jaar oue kremetartboom.

    Vir 2000 jaar al sorg jy met goeie vrugte en bas
    vir ons voorouers, en skuil dier en mens styf teen jou stam,
    hongeriges en wanhopiges hoop met vuur en vlam:
    kremetart, staan jou sorg vir ons álmal nog grondig vas?

    SPEKBOOM

    Portulacaria afra

    In ons erf langs die straat staan 'n groot spekboom,
    hy asem koolstof in en blaas in 'n stroom
    suurstof uit, wat infilter in ons huis, terwyl
    ons nog kan asemhaal is ons vars lug skoon.

    TREURWILGER

    Salix

    'n Groot groen wilgerboom staan langs ons plaasdam
    waarvan die slap takke hang asof verlam.
    Waarom sou die immergroen boom altyddeur treur?
    Sy is in haar liefde verlaat en verarm.

    KAREEPOORT

    Noord van Magaliesberg net oos van Mooinooi is die poort
    Kareepoort waar ek in koel karee gelukkig groot word
    langs strome uit die berg wat deur kareebome vloei na 'n oord;
    nou woon daar vreemdes - tog gaan hul bestaan nog deur Kareepoort.

    GRASAALWYN

    Aloe minima

    Grasaalwyn, oorlewingswenner vir almal in ons land,
    veldvuur en vertrapping, hoe fel ook, maak jou nie van kant;
    tussen langer veldgras staan jy op die grond nogal klein
    en tog stoot jy jou stingel óp en blom aan die bo kant.

    SMUTSVINGERGRAS

    Digitaria eriantha

    Op alle grondsoorte floreer jy, Smutsvingergras,
    selfs oorgeplant in Australië en Amerika;
    hoe jy jou ook al loswikkel, jou wortels bly Afrikaans,
    maar vir ons skrale lewensbrood is jy steeds nommerpas.

    HENNIE PIETERSE

    E-pos: pietehjc@absamail.co.za

    NB "Kokerboom", "Grasaalwyn" en "Smutsvingergras" word gepubliseer met toestemmimng van LitNet www.litnet.co.za

     


     

    2 Pieter Verster en Pieter Lafras Verster

    Vir 'n ma en ouma: Frida Cornelia Verster (Gebore: 02-06-1922; Oorlede:16-09-2020)

     

    PIETÀ

    Haar sagte hande hou Hom
    soos die lewe vas.
    Sal die liefde ooit so die dood troef?

    Nou lê Ma self soos 'n kind,
    in die Here se verwonde palms
    en lééf met Hom.

    Pieter Verster (22-10-1954)

    * * *

    BLOU

    Fyn Venesiese glas.
    'n Reukwaterbotteltjie,
    'n leeftyd behoue
    in kristalblou.

    Met my kinderdenke
    kon ek deel in die skat van oor die waters:
    van 'n matriarg.

    Die aroma het oor die jare vaag geword,
    soos 'n ou vrou se denke.
    'n Herinnering
    wat dalk nie meer bestaan nie.

    Met 'n sagte sug
    verenig die skakerings in die hemelse blou;
    die ewige blou.

    Pieter Lafras Verster (04-03-1993)

    PIETER VERSTER
    E-pos: versterp@ufs.ac.za

    PIETER LAFRAS VERSTER
    E-pos: versterp93@gmail.com