SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.62 issue3Constitutional propriety in the 21st centuryThe constitutional requirements and processes to remove a president of the USAfrom office: The case of president Donald Trump in a politically charged atmosphere author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    On-line version ISSN 2224-7912Print version ISSN 0041-4751

    Tydskr. geesteswet. vol.62 n.3 Pretoria Sep. 2022

    https://doi.org/10.17159/2224-7912/2022/v62n3a3 

    NAVORSINGS- EN OORSIGARTIKELS / RESEARCH AND REVIEW ARTICLES

     

    Die gebrek aan behoorlike sanitasie en toegang tot water in Suid-Afrikaanse skole: Hoe 'n etiek van verantwoordelikheid kan help

     

    The lack of proper sanitation and access to water in South African schools: How an ethics of responsibility can help

     

     

    Chris Jones

    Fakulteit Teologie, Universiteit Stellenbosch, Suid-Afrika. E-pos: chrisjones@sun.ac.za

     

     


    OPSOMMING

    Hierdie artikel fokus op die fundamentele mensereg van toegang tot voldoende water en, daaruit voortvloeiende, sanitasie, en kyk meer spesifiek na hoe die stand van sake in hierdie opsig in Suid-Afrikaanse skole lyk. Dit fokus op die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie se verslag oor die sanitasie-infrastruktuur en waterverskaffing in skole in al nege Suid-Afrikaanse provinsies. Dit wys ook daarop dat dringende aandag daaraan nodig is, omdat 366 skole tans steeds sonder watertoevoer is, en 'n verdere 3 297 skole steeds van puttoilette gebruik maak. Hierna word daar stil gestaan by die Suid-Afrikaanse filosoof Anton van Niekerk se etiek van verantwoordelikheid, wat dan kortliks geintegreer word met die Suid-Afrikaanse teoloog Etienne de Villiers se benadering tot 'n etiek van verantwoordelikheid. Daar word gekyk wat die waarde daarvan kan wees vir die oplos van die probleme rakende sanitasie en watervoorsiening in skole. Laastens volg enkele slotgedagtes oor sekere kenmerke van 'n (toegepaste) etiek van verantwoordelikheid. Alhoewel laasgenoemde voor die hand liggend en effens kunsmatig mag voorkom wat hierdie problematiek in skole betref, kan die verantwoordelikheid wat op die staat in hierdie opsig rus, nie genoeg beklemtoon en teoreties begrond word nie.

    Trefwoorde: Anton van Niekerk; etiek van verantwoordelikheid; Etienne de Villiers; feilbaarheid; phronesis; sanitasie; skole; Suid-Afrikaanse Mense-regtekommissie; toekoms(tigheid); water


    ABSTRACT

    The right of access to sufficient water is enshrined in the Bill of Rights of the Constitution of the Republic of South Africa, 1996; that this implies a right to basic sanitation as well is borne out by section 3(1) of the Water Services Act 108 of 1997, which provides that "[e]veryone has a right of access to basic water supply and basic sanitation". In this regard there are many challenges, not only in South Africa, but throughout Africa.
    This article focuses on the situation in South Africa only, and in particular on how it applies in South African schools. According to the South African Human Rights Commission, it is the duty of all spheres of government to ensure that water and sanitation services are provided in an efficient, fair and sustainable manner. This raises the question of which theoretical approach to this duty one should take. In answering this question, the article looks at an ethics of responsibility that is not restricted to purely theoretical insights but seeks to bring about real change in everyday life. The focus is on the Human Rights Commission's report,1 (2021a) in particular, which deals with the matter of sanitation and water resources in South African schools - in all nine provinces of the country. Although the government has taken significant steps since 1994 to provide a relevant, effective, inclusive and sustainable teaching and learning environment, there are still serious shortcomings, especially with regard to the sanitation infrastructure and water supply in schools. Detailed information on this situation provided by the different provincial education departments and included in the report of the Human Rights Commission, is discussed. According to this report, there are still 366 schools with no water supply, and a further 3 297 schools that still use pit toilets. 37 858 teachers and 1 039 117 learners are affected by this situation. These statistics reveal a dire situation that should be addressed most urgently so that the dignity of and respect for the teachers and learners involved can be restored, and the United Nations' sustainable development goals 4 and 6 for education, water and sanitation can be achieved. It should be central to the policy of the Department of Basic Education and should be one of its key priorities.
    Achieving the above-mentioned requires not only political will but also ethical leadership. In the light of this, an ethics of responsibility is considered in order to see how it can contribute to and provide motivation for meeting the above-mentioned sanitation and water challenges in the country's schools. More specifically, the Stellenbosch philosopher Anton van Niekerk's ethics of responsibility is discussed. The aim is to determine whether this theoretical framework can be effective in helping the responsible persons - in this case the government and all the departments concerned - to resolve the problems referred to above. Particular attention is paid to three key ideas in Van Niekerk's approach to an ethics of responsibility, namely fallibility, an ethics for the future (or what Hans Jonas refers to as an "ethics of futurity"), and phronesis or practical wisdom - the last-mentioned as found in Aristotle's reasoning. Van Niekerk's approach is then integrated with the South African theologian Etienne de Villiers' approach to an ethics of responsibility, and how it can be applied in order to address the problems of sanitation and water supply in South African schools. De Villiers focuses on, among other things, the actions, strategies and policies that seek to promote and strengthen an ethical life as effectively as possible. He emphasises that such an ethic should be "contextually appropriate", promote "peaceful coexistence and cooperation", and be democratic. Finally, some important characteristics of an ethics of responsibility are addressed, namely that it should optimally facilitate human flourishing; should be contemporary and have normative value; should be able to make social-scientific analyses of relevant societal contexts; should recognise the so-called "thick" and "thin" or maximal and minimal moralities in our contemporary society; and, finally, that no ethical conviction can claim that it is universally valid for all people. It should furthermore focus on not only the responsible handling of a set of values but also ethical decision-making. Sometimes certain situations require us to act in an activist and prophetic way, and when a certain matter is neglected - in this case the sanitation infrastructure and water supply in schools - society should demonstrate resistance and outrage.

    Keywords: Anton van Niekerk; ethics of responsibility; Etienne de Villiers; fallibilism; futurity; phronesis; sanitation; schools; South African Human Rights Commission; water


     

     

    Inleiding

    Die reg op toegang tot water, en by implikasie sanitasie, is 'n fundamentele mensereg waarvoor in die Suid-Afrikaanse Handves van Regte2 voorsiening gemaak word. Verder bepaal die Wet op Waterdienste in artikel 3(1) dat "[e]lkeen 'n reg op toegang tot basiese watervoorsiening en basiese sanitasie [het]". "Elkeen [het] die reg tot basiese watervoorsiening en sanitasie-dienste; Elke instansie wat waterdienste lewer [moet] stappe neem om hierdie regte 'n werklikheid te maak; [en] Elke munisipaliteit moet in sy waterdienste-ontwikkelingsplan voorsiening maak om hierdie regte 'n werklikheid te maak" (Suid-Afrikaanse Mense-regtekommissie [SAMRK]:1). Dit is nie net in Suid-Afrika dat daar vele uitdagings in hierdie opsig is nie; dit kom ook deur die hele Afrika voor. Alhoewel daar in hierdie artikel net op die situasie in Suid-Afrika, en meer spesifiek in Suid-Afrikaanse skole, gefokus word, word daar tog na twee streeksooreenkomste verwys wat die reg op water en sanitasie in Afrika vasle, naamlik die Afrikahandves oor Mense- en Volkeregte (1981) en die Afrikahandves oor die Regte en Welsyn van die Kind (1990) (SAMRK:2).

    Volgens die SAMRK rus daar "'n plig op alle sfere van die regering om te verseker dat water- en sanitasiedienste gelewer word op 'n wyse wat doeltreffend, billik en volhoubaar is" (SAMRK:2). Waar hierdie verantwoordelikheid, wat gemik is op die menswaardigheid, respek en veiligheid van mense, ontduik word, raak dit 'n moreel-etiese probleem, want die Handves van Menseregte, soos opgeneem in ons Grondwet, is 'n etiese dokument wat etiese waardes met gepaardgaande menseregte uitspel. Ons het op laasgenoemde ooreengekom omdat ons 'n goeie en regverdige samelewing tot stand wil bring. Dit lei dan na die vraag van watter teoretiese benadering 'n mens behoort te volg om daaroor na te dink. Hierdie artikel kyk spesifiek in die lig hiervan na 'n "etiek van verantwoordelikheid", maar nie een wat vashaak by teoretiese insigte nie, maar 'n daadwerklike verandering in die praktyk tot gevolg wil he.

    Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie,3 'n onafhanklike Hoofstuk 9-instelling,4 het gedurende die tweede kwartaal van 2021 verslae oor water en sanitasie by skole van elk van die nege provinsiale onderwysdepartemente in Suid-Afrika aangevra. Die rede was die slegte situasie waarin talle Suid-Afrikaanse skole ten opsigte van hierdie twee sake steeds verkeer - ten spyte van die feit dat Suid-Afrika reeds 28 jaar gelede 'n konstitusionele demokrasie geword het.

    Meer spesifiek het die Kommissie inligting op skoolvlak aangevra oor elk van die volgende aspekte:

    (a) Type of Sanitation at the school. The following options were provided to respondents: water borne sanitation; small bore sewer reticulation; septic or conservancy tank; ventilated improved pit latrines; composting toilets; pit latrine; or none.

    (b) The number of learners at each school and the number of teachers at the school.

    (c) The number of sanitation facilities at the school and the percentage to which this is in compliance with norms for sanitation.

    (d) The source of sanitation infrastructure at the school. The following options were provided: a municipal reticulation network; rain harvesting or tank supply from municipality; mobile tankers; boreholes; local reservoirs and dams; or none. (South African Human Rights Commission, 2021b:2)

    Die Kommissie het terugvoer oor 16 921 skole in die nege provinsies ontvang. Gauteng, Noordwes en KwaZulu-Natal het egter nie verslag gedoen oor al die skole in hul provinsie nie, maar slegs die wat histories water- en sanitasietekortkominge ervaar het. Die oorblywende ses provinsiale onderwysdepartemente - die Oos-Kaap, die Vrystaat, Limpopo, Mpumalanga, die Noord-Kaap en die Wes-Kaap - het inligting oor alle openbare skole in hul provinsies verskaf (South African Human Rights Commission, 2021b:2). Die verslag (2021b:1-12) toon aan dat daar tans meer as 1 miljoen kinders in Suid-Afrikaanse skole is wat steeds van puttoilette gebruik moet maak, en ongeveer 150 000 kinders wat in skole sonder watertoevoer is. Die verslae wat uit al die provinsies ontvang is, maak 74% van alle skole in Suid-Afrika uit.

    Alhoewel die regering sedert 1994 sukses behaal het wat betrefvroee kinderontwikkeling, infrastruktuur en sosiale beskerming (Reddy & Zulu, 2019), is daar steeds sekere ernstige tekortkominge, veral met betrekking tot die water en sanitasie infrastruktuur van baie openbare skole, soos bogenoemde verslag van die SAMRK duidelik uitwys.

     

    Gedetailleerde terugvoer: provinsiale Departemente van Onderwys

    In Tabel 15 (South African Human Rights Commission, 2021b:3) word die aantal skole getoon wat op die SAMRK se versoek gereageer het, teenoor die totale aantal openbare skole in Suid-Afrika, en Grafiek 1 toon die aantal rapporterende skole per provinsie volgens EMIS62021.

     

     

     

     

    Oos-Kaap - tipe sanitasie en bronne van water

    In die Oos-Kaap gebruik 2 236 (44%) skole steeds puttoilette as hul primêre latrinefasiliteit. Nog 1 517 (30%) Oos-Kaapse skole gebruik verbeterde geventileerde puttoilette, terwyl 199 skole (4%) in dié provinsie geen sanitasiefasiliteit het nie. Verder maak 996 (20%) skole van munisipale spoeltoilette gebruik (reg deur die teks verwys munisipale spoeltoilette na toilette wat aan 'n munisipale rioolafvoerstelsel gekoppel is), 128 skole (2%) van Enviro Loo-sanitasie,7en 11 van emmertoilette. Hierdie skole bedien altesaam 717 192 leerders en 27 711 onderwysers. Wat watervoorsiening by skole in hierdie provinsie betref, maak 2 357 (46%) skole gebruik van munisipale grootmaatvoorsiening, 2 180 (43%) van opvangreênwater, 368 (7%) van boorgate, en 61 (1%) van munisipale watertenkwaens (vir algemene watergebruik). 121 skole beskik oor geen watertoevoer nie (South African Human Rights Commission, 2021b:3-4).

    Vrystaat - tipe sanitasie en bronne van water

    In die Vrystaat maak die meeste skole, naamlik 734 (77%), gebruik van munisipale spoeltoilette, 144 (15%) van septiese tenks, 61 (6%) van verbeterde geventileerde puttoilette en 13 (1%) van Enviro Loo-toilette. Vyf skole het geen vorm van sanitasiefasiliteit nie.

    Wat watervoorsiening by skole in hierdie provinsie betref, maak 810 (82%) skole gebruik van munisipale grootmaatvoorsiening, 160 (16%) van boorgate en 14 (1%) van watertenks, terwyl 10 skole geen water het nie (South African Human Rights Commission, 2021b:4-5).

    Gauteng - tipe sanitasie en bronne van water

    Gauteng het 'n lys van 223 skole voorsien wat sanitasie- en watergebreke ervaar. Van hierdie 223 skole het 136 terugvoer gegee oor die tipe sanitasie-infrastruktuur en 168 oor bronne van water. Wat sanitasie betref, maak 121 (89%) gebruik van septiese tenks, en 15 (11%) van chemiese toilette. 127 (76%) skole gebruik watertenks, 30 (18%) het munisipale wateraansluiting, en 11 skole maak gebruik van boorgate (South African Human Rights Commission, 2021b:5-6).

    KwaZulu-Natal - tipe sanitasie en bronne van water

    In KwaZulu-Natal maak 983 (42%) skole wat sanitasie betref, van puttoilette gebruik, 961 (41%) van verbeterde geventileerde puttoilette, 371 (16%) van komposteringstoilette, en 30 van septiese of bewaringstenks. 1 944 skole is dus hoofsaaklik aangewese op put- en verbeterde geventileerde puttoilette vir riolering, terwyl altesaam 349 826 leerders en 12 978 onderwysers in 983 skole primêr puttoilette moet gebruik (die getalle is bekom uit die departementele infrastruktuurrekord).

    In KwaZulu-Natal oes 2 032 (87%) skole reênwater of maak van tenks gebruik wat deur die betrokke munisipaliteit voorsien word, 249 (10%) gebruik boorgate, en 64 (3%) maak van die munisipale waternetwerk gebruik (South African Human Rights Commission, 2021b:6-7).

    Limpopo - tipe sanitasie en bronne van water

    In Limpopo het 78% skole berig dat boorgate hul primêre bron van skoon water is. Dit word dikwels deur ander bronne van water ondersteun (hierdie bronne word egter nie vermeld nie). Die inligting wat deur die provinsie verstrek is, maak nie melding van die tipe sanitasie-infrastruktuur by elke skool nie - met ander woorde daar word nie aangedui hoeveel skole nog puttoilette gebruik nie. Ook word die aantal skole sonder sanitasiegeriewe nie gemeld nie.

    Daar is wat bronne van water betref, 113 skole wat geen water het nie. 49 741 leerders en 1 427 onderwysers word hierdeur geraak (volgens die provinsiale infrastruktuurrekord). Altesaam 2 971 (78%) skole gebruik boorgate, 604 (16%) ontvang watervoorsiening van munisipaliteite in groot maat, 124 (3%) skole het nie gereageer nie, en 54 (1%) gebruik munisipale watertenkwaens. 21 skole maak van verskeie ander bronne gebruik (wat nie gespesifiseer word nie), 17 oes reênwater, en drie skole beskik oor geen water nie (South African Human Rights Commission, 2021b:7-8).

    Mpumalanga - tipe sanitasie en bronne van water

    Minder as die helfte van die skole in Mpumalanga (46%) gebruik die munisipale waternetwerk vir wasdoeleindes (ablusie). 59 skole in hierdie provinsie gebruik steeds puttoilette en 30 270 leerders en 885 onderwysers word hierdeur geraak. 770 (46%) skole maak vir sanitasie gebruik van die munisipale rioolnetwerk, 522 (32%) gebruik septiese of bewaringstenks, 285 (17%) Enviro Loo-sanitasie, en 18 verbeterde geventileerde puttoilette.

    Die aantal skole in hierdie provinsie wat geen watervoorsiening het nie, word nie in die MRK-verslag vermeld nie, en die aantal skole sonder sanitasiefasiliteite word ook nie aangedui nie. 1 086 (65%) skole het egter 'n munisipale wateraansluiting, 282 (17%) gebruik boorgate, 248 (15%) maak op tenkwaens staat wat skoolopgaartenks van water voorsien (verskaf deur die betrokke munisipaliteit), 47 (3%) gebruik pyp- en tenkwawater, en vier gebruik munisipale watervoorsiening (ongespesifiseerd) en boorgate (South African Human Rights Commission, 2021b:8-9).

    Noord-Kaap - tipe sanitasie en bronne van water

    In die provinsie Noord-Kaap maak 55% van die skole staat op munisipale spoeltoilette vir hul sanitasiebehoeftes, terwyl 185 skole (33%) septiese tenks gebruik, 43 (8%) Enviro Loo-toilette, en 23 (4%) verbeterde geventileerde puttoilette.

    Wat die bronne van water by skole in die provinsie betref, gebruik 314 (56%) skole boorgate, 228 (41%) munisipale erfvoorsiening (dit word nie in hierdie verslag gespesifiseer nie), en 14 (3%) mobiele watertenkwaens (South African Human Rights Commission, 2021b:9-10).

    Noordwes - tipe sanitasie en bronne van water

    In die provinsie Noordwes gebruik die meeste skole spoelriolering. 44 (7%) skole het geen sanitasiefasiliteite nie, terwyl nege skole glad nie water het nie. 'n Verdere 19 (3%) skole maak steeds van puttoilette gebruik. Laasgenoemde skole betrek 29 407 leerders en 985 onderwysers. 413 (70%) skole in hierdie provinsie gebruik spoelriolering, 75 (13%) septiese of bewaringstenks, 23 (4%) 'n kleindiameterrioolstelsel, 11 (2%) verbeterde geventileerde puttoilette, en drie komposteringstoilette.

    Wat watervoorsiening in hierdie provinsie betref, gebruik 342 (59%) skole boorgate, 135 (23%) die munisipale waternetwerk, nege (2%) plaaslike reservoirs en damme, 'n verdere nege (2%) skole het geen water nie. Nog sewe moet op mobiele watertenkwaens steun, ses skole oes reenwater of gebruik tenks wat deur die munisipaliteit voorsien en gevul word, terwyl vier van kleindiameterriolering gebruik maak, en drie van mobiele tenkwaens afhanklik is (South African Human Rights Commission, 2021b:10-11).

    In Beeld van 25 April 2022 se Noordwes se onderwysdepartement dat alle puttoilette in die provinsie nou verwyder is. Elias Malindi, woordvoerder van die onderwysdepartement, se dat in "gebiede waar daar probleme is met ondergrondse water het ons alternatiewe tegnologie vir verskeie droe oplossings ingespan wat deur die departement goedgekeur is" (Cilliers, 2022:7). Die departement se voorts "hy maak ook goeie vordering met die verbetering van infrastruktuur by skole" (Cilliers, 2022:7). Die departement het sedert 2018 dertien nuwe skole in verskeie distrikte in die provinsie gebou. Dit sluit in "klaskamers, voedingsentrums, administratiewe geboue, omheinde gr. R-klaskamers met ouderdomsgepaste ablusiegeriewe, sale wat vir verskillende doeleindes gebruik kan word, sportgeriewe met aantrekkamers, parkeerplekke, bykomende watergeriewe soos stormwaterkanale, seuns- en meisieskoshuise, asook heinings wat opgerig is" (Cilliers, 2022:7). Opknappingswerk is ook aan 'n verdere 17 skole gedoen, onder meer "die installering van spoeltoilette en ablusiegeriewe, ook vir gestremdes" (Cilliers, 2022:7). Die departement het vir die boekjaar 2022-23 "15 nuwe projekte gei'dentifiseer en daarvoor begroot" (Cilliers, 2022:7).

    Wes-Kaap - tipe sanitasie en bronne van water

    Verreweg die meeste skole in die Wes-Kaap maak van munisipale watervoorsiening vir sanitasie gebruik. Wat sanitasie betref, word 1 390 (91%) skole deur hulle munisipaliteit bedien, 117 (8%) gebruik septiese tenks, 16 (1%) maak van komposteringstoilette gebruik, en slegs twee skole van verbeterde geventileerde puttoilette.

    Wat bronne van water in hierdie provinsie betref, word daar gerapporteer dat geen skool sonder water is nie. 1 401 (92%) gebruik munisipale water, 59 (4%) kry hul water uit plaaslike reservoirs en damme, 41 (3%) gebruik boorgate, 17 (1%) is van mobiele watertenkwaens afhanklik, en sewe skole oes reênwater (South African Human Rights Commission, 2021b:11-12).

    Samevattende opmerkings rakende die MRK-verslag

    Die tabelle hier onder dui die aantal skole aan waaroor gerapporteer is dat hulle geen waterbron vir sanitasie het nie (Tabel 2), asook skole wat steeds puttoilette gebruik (Tabel 3). Die leerder-en onderwyserinskrywingsdata vir hierdie skole is egter onbetroubaar, aangesien dit op EFMS-sagteware8 eerder as EMIS gebaseer is. Nogtans is dit kommerwekkend dat meer as 'n miljoen leerders en onderwysers deur hierdie tekortkominge geraak word.

     

     

     

     

    Ter afsluiting van bogenoemde gedetailleerde inligting uit die MRK-verslag kan gemeld word dat in skole waarin die Enviro Loo-toilette nie deur die onderskeie onderwysdepartemente in stand gehou en gediens word nie, die skole gedwing word om weer op puttoilette terug te val (Section 27, 2020).

    Bogenoemde statistieke toon dat daar tans 366 skole in Suid-Afrika is wat geen watervoorsiening het nie; dit raak 5 429 onderwysers en 144 255 leerders. Daarbenewens is daar nog 3 297 skole wat steeds puttoilette gebruik, wat 37 858 onderwysers en 1 039 117 leerders raak.

     

    Dringende aandag word benodig

    Hierdie haglike situasie sal baie dringend reggestel moet word om die betrokke onderwysers en leerders se menswaardigheid te herstel, en bloot uit respek teenoor hulle, maar ook om die Verenigde Nasies se Volhoubare Ontwikkelingsdoelwitte 49 en 610 vir onderwys te probeer bereik en water en sanitasie vir almal te verskaf (United Nations Development Programme, 2022).

    Die puttoilette hou nie net 'n gesondheidsgevaar in nie, maar is ook onveilig, degraderend en onwettig. Suid-Afrikaanse howe het al herhaaldelik gesê dat die verband tussen puttoilette en leerders se vermoê om te studeer nie onderskat moet word nie (Supreme Court of Appeal of South Africa, 2019:1-40).

    "Progress has also been tough in some developing regions due to high levels of poverty, armed conflicts and other emergencies. In Western Asia and North Africa, ongoing armed conflict has seen an increase in the number of children out of school. This is a worrying trend. While Sub-Saharan Africa made the greatest progress in primary school enrolment among all developing regions - from 52 percent in 1990, up to 78 percent in 2012 - large disparities still remain. Children from the poorest households are up to four times more likely to be out of school than those of the richest households. Disparities between rural and urban areas also remain high.

    "Achieving inclusive and quality education for all reaffirms the belief that education is one of the most powerful and proven vehicles for sustainable development. This goal ensures that all girls and boys complete free primary and secondary schooling by 2030. It also aims to provide equal access to affordable vocational training, to eliminate gender and wealth disparities, and achieve universal access to a quality higher education." https://www.za.undp.org/content/south_africa/en/home/sustainable-development-goals/goal-4-quality-education.html.

    Die staat moet ingevolge die South African Schools Act,11 1996, minimum eenvormige norme en standaarde vir die infrastruktuur van 'n openbare skool daarstel en in stand hou, wat voldoende watervoorsiening insluit, asook sanitasiefasiliteite wat maklik toeganklik is vir alle leerders en opvoeders. Die infrastruktuur moet voorts in hierdie opsig privaatheid en veiligheid bied, gesondheids- en higiênestandaarde bevorder, voldoen aan alle toepaslike wette en in goeie werkende toestand gehou word.

    Dít behoort sentraal te staan in die Departement van Basiese Onderwys se beleid en moet een van sy sleutelprioriteite wees (Jones, 2021).

    Met verwysing na skole het Africa Check (2019) aangedui dat honderde kinders reeds in puttoilette verdrink het. Tragiese verhale van jong kinders wat by skole in puttoilette val en in ontlasting verdrink, het al in ons land opslae gemaak (Africa Check, 2019).

    President Cyril Ramaphosa het wel in 2018 die "Sanitation Appropriate for Education" (SAFE)-inisiatief van stapel gestuur in 'n poging om van puttoilette in skole ontslae te raak (The Citizen, 2020).

    In 2020 het Angie Motshekga, Minister van Basiese Onderwys, gesê dat 'n staatsinfra-struktuurprogram "sanitasie-oplossings" by 68 skole verskaf het. Sanitasiekwessies by 'n verdere byna 1 000 skole is ook deur provinsiale departemente van onderwys en deur ander vennootskappe (ongespesifiseerd) aangepak (The Citizen, 2020).

    Motshekga het gesê haar departement beplan om puttoilette teen Maart 2022 uit te skakel, afhangende van die beskikbaarheid van finansiering (The Citizen, 2020). Dit het ongelukkig nie gebeur nie. Gedurende Junie 2020 is die begroting vir onderwysinfrastruktuur weens die Covid-19-pandemie met R2 miljard gesny. R600 miljoen hiervan is oorgedra na die "School Infrastructure Backlog Grant" om vir tydelike toegang tot water en sanitasie in skole te betaal. Dit is egter met 'n verdere R60 miljoen gesny (Chaskalson & Masipa, 2020).

    Uiteraard moet die regering se pogings in hierdie opsig waardeer word. Tog, indien die Departement van Basiese Onderwys, saam met provinsiale onderwysdepartemente en ander betrokke staatsdepartemente, nie die regering se beloftes in hierdie verband (gaan) nakom nie, behoort daar 'n nasionale woede en verset hieroor los te bars wat hulle aanspreeklik hou, al beteken dit dat die verantwoordelike mense hof toe geneem moet word (Jones, 2021).

    In 'n mediaverklaring op 29 September 2021 spreek die SAMRK ses provinsiale lede van uitvoerende rade (LUR'e) vir onderwys aan oor water- en sanitasiegebreke in hulle provinsies. Dit was die LUR'e vir onderwys van KwaZulu-Natal, Noordwes, Limpopo, Mpumalanga, die Vrystaat en die Oos-Kaap, en is gebaseer op bogenoemde inligting wat hulle aan die SAMRK verskaf het. Die SAMRK wou vasstel presies wat hierdie provinsies daadwerklik doen om hierdie probleme die hoof te bied.

    The Commission has written to the MECs requiring that these provinces provide the Commission with inter alia detailed action plans with strict timeframes and tangible measures to overcome the health and physical risks to which learners, educators and administrators are exposed. The action plans need to include the covering up and securing of pit latrines, which pose a safety risk to learners. The Commission has also informed the MECs that it will monitor the responses attentively and take the necessary action, including litigation, if necessary, in the best interests of the child; and to protect the right to a basic education.

    The Commission is committed to working with the National Department of Basic Education as well as provincial departments of education to ensure that the right to a basic education is immediately realised.

    Om bogenoemde te bereik vra nie net politieke wil nie, maar ook dapper etiese leierskap. In die lig hiervan word daar nou gekyk na 'n etiek van verantwoordelikheid, en hoe dit kan bydra tot die oplossing van die probleme en motivering kan verskaf om bogenoemde water- en sanitasie-tekortkominge in Suid-Afrikaanse skole die hoof te bied. Die fokus is hoofsaaklik op 'n etiek van verantwoordelikheid soos deur Anton van Niekerk, filosoof aan die Universiteit Stellenbosch, ontwikkel is. Die doel is om vas te stel of hierdie (teoretiese) raamwerk die verantwoordelike persone - in hierdie geval die staat en al sy ministeries wat by bogenoemde gebreke betrokke behoort te wees - effektief kan help.

    Ek sluit meer spesifiek aan by Van Niekerk se voordrag wat hy as deel van die Dawid de Villiers-gedenkgeleentheid12 gelewer het en waarop ek gereageer het (die ruimte ontbreek om my kritiek op sy teorie hier uit te stippel - dit is ook nie die oogmerk van hierdie artikel nie); sy tema was "In Search of an Ethics of Responsibility for our Time". Hy het in hierdie lesing gefokus op 'n moontlike etiek van verantwoordelikheid vanuit 'n filosofiese perspektief in die algemeen, en bioêtiek in die besonder. Ek kyk in die lig van die probleme wat ek in hierdie artikel aanroer, uiteraard na sy breêr filosofiese perspektief op 'n etiek van verantwoordelikheid en hoe relevant dit is vir die tyd waarin ons lewe. Ek kan volledig met hierdie kernaspekte van sy teorie saamgaan - só ook met dié van Etienne De Villiers: (sien later) - en vind dit uiters waardevol. 'n Mens sou ook gebruik kon maak van 'n meer tradisioneel Afrika-gebaseerde teorie soos Ubuntu,13 maar aangesien Van Niekerk en De Villiers vanuit dieselfde filosofiese (en teologiese) tradisies as ek skryf, het ek besluit om hul teorieê hier te gebruik.

     

    Van Niekerk se etiek van verantwoordelikheid

    Van Niekerk wou met sy aanbieding by daardie gedenkgeleentheid die geldige en waardevolle aspekte van utilitarisme en deontologie ontgin en integreer met sy beskouing van 'n etiek van verantwoordelikheid, en nie soseer op hul tekortkomings fokus nie.14 In sy raamwerk van 'n etiek van verantwoordelikheid ontwikkel hy drie sentrale temas. Eerstens behels dit dat 'n toepaslike raamwerk vir morele besluitneming vereis dat 'n mens ruimte moet maak vir die moontlikheid van feilbaarheid ("fallibilism"). Dit moet ook op die toekoms fokus (hy sluit hom hierin aan by Hans Jonas se "etiek van toekomstigheid" - "futurity"), wat uiteraard die gevolge van ons huidige optrede behoort te verreken. Die derde tema is dat, hoewel die gevolge van ons optrede belangrik kan wees, soos wat die utilitarisme nog altyd aangedui het, gevolge alleen nie genoegsaam is nie. Morele besluitneming en handeling as sodanig moet ook deur reêls en beginsels gelei word. Hier sluit Van Niekerk hom sterk aan by die insigte van Aristoteles, veral sy idee van phronesis.15 Die kern van Van Niekerk se argument het dan ook te doen met wat Aristoteles identifiseer as morele kennis.

    Moral knowledge respects and often builds upon the norms and action guides that pervade social life. However, merely drawing on deep-seated norms and conventions is not enough. These norms and conventions require application in a host of practical situations. Exactly how they are to be applied, is far from self-evident. That is something that we learn in the practice of daily life by the deliberation that essentially characterises phronesis or prudence (practical wisdom). (Van Niekerk, 2020:207)

    Alhoewel Van Niekerk die rol erken van die Duitse sosioloog Max Weber,16 wat bekend is daarvoor dat hy oorspronklik met die idee van 'n etiek van verantwoordelikheid vorendag gekom het, maak hy sterker gebruik van die werke van die Duitse filosoof Hans Jonas en die (oorspronklik) Poolse denker Zygmunt Bauman.17 Vir hierdie denkers is die bereidheid tot, en die vermoê om verantwoordelikheid te neem in, moreel uitdagende situasies uiters belangrik.

    'n Mens moet dus bereid wees om tot verantwoording geroep te word, veral vir dit wat van jou as morele agent verwag word. Daarom behoort so 'n persoon beskikbare, duidelik geformuleerde en weldeurdagte redes te kan verskaf vir waarom hy/sy sekere besluite geneem het en op 'n sekere manier opgetree het - selfs al sou hierdie besluite of optrede blyk foutief te wees of nie volhoubaar nie (Van Niekerk, 2020:211).

    Volgens Van Niekerk tree ons dikwels nie noodwendig meer op volgens 'n "natural moral impulse" nie, maar eerder volgens 'n "morality of proximity", soos Jonas dit stel. Laasgenoemde soort moraliteit is egter onvoldoende, want ons bevind ons in 'n globale wereld waarin ons besluite en optrede nie net die mense in ons onmiddellike, nabye omgewing bei'nvloed nie, maar ook betekenisvolle gevolge het wat in tyd en ruimte oor groot afstande strek. Ons optrede het dus nie net gevolge vir die hier en nou nie, maar betrek ook die belange van toekomstige geslagte, volgens Jonas; ook Bauman (1993:219-222) vind hierby sterk aansluiting. In hierdie opsig maak die Noorweegse filosoof Arne Vetlesen 'n belangrike punt, naamlik dat wanneer toekomstige geslagte ter sprake kom, enige etiek wat verantwoordelikheid met resiprositeit (wederkerigheid) verbind, totaal onvoldoende sou wees, want toekomstige geslagte kan nie nöü enigsins reageer nie. Van Niekerk (2020:212) beskryf hierdie gedagte treffend: "Future generations have an unqualified appeal to our sense of responsibility, irrespective of how they themselves act or neglect to act in their circumstances." Vetlesen (in Van Niekerk, 2020:212) val terug op Jonas en redeneer:

    Unborn individuals cannot stand up and claim their rights; reciprocation is hopelessly beyond their reach. Yet this empirical fact ... does not exclude them as addressees of our responsibility. Their basic right is the right to a life on an ecologically inhabitable planet; lest we be careful they will never see the light of day at all. (Vetlesen, aangehaal deur Bauman, 1993:220)

    Ons moet dus die belange van ander op die hart dra, ongeag of hulle wederkerig daarop (kan) reageer of nie. "The other is a claim upon me to which I am morally obliged to respond, without having the right to demand a reciprocal action from him/her" (Van Niekerk, 2020:213). Volgens die Franse filosoof Emmanuel Levinas vorm hierdie verantwoordelikheid teenoor die ander, ook die omgewing waarin die ander en ek moet oorleef, die enigste volhoubare, verdedigbare basis vir moraliteit (Van Niekerk, 2020:213). Die beskikbaarheid vir ander behels volledig die realiteit van wie ek is. Ek kan net wees in die mate dat ek daar is vir ander (in hulle belang). Anders gestel: 'n Mens moet eers "vir" die ander wees voordat jy "met" die ander kan wees.

    Die appel wat die ander op my maak, is onvoorwaardelik. Juis dit maak my verantwoordelik vir die ander. Levinas skryf treffend hieroor: "I am responsible for a total responsibility, which answers for all in the others, even for their responsibility. The I always has one responsibility more than all the others" (Levinas18 in Van Niekerk, 220:214).

     

    Drie sleutelidees vir 'n etiek van verantwoordelikheid

    Van Niekerk fokus, soos hier bo genoem, in hierdie opsig op drie idees: (1) daar moet altyd ruimte gemaak word vir die moontlikheid van feilbaarheid ("fallibility"); (2) 'n etiek van verantwoordelikheid moet 'n etiek vir die toekoms19 wees ("futurity"); en (3) gaan oor praktiese wysheid (phronesis) soos deur Aristoteles verstaan.

    Feilbaarheid

    Alhoewel ons te alle tye bereid moet wees om ons redes vir bepaalde besluite en optrede bekend te maak, beteken dit nié dat 'n mens nie later in die lig van nuwe inligting, kennis en beredenering jou bepaalde redes/motivering sou kon verander nie. Sou daar bepaalde (negatiewe) gevolge van sekere besluite/aangevoerde redes wees, moet die morele agent altyd daarvoor verantwoordelikheid neem. Om 'n "eerlike" fout te maak behoort iemand nie (vir altyd) te bevlek nie. Dit is menslik; dit gebeur. Hierdie soort verandering tree in want 'n mens moet op 'n gegewe oomblik 'n bepaalde besluit neem omdat jy sekere besluite nie kan bly uitstel in die hoop op moontlike nuwe kennis en inligting nie. Wat die etiese betref, bevind 'n mens jou dikwels in 'n situasie waarin jy juis nie oor sekerheid en die onweerlegbaarheid van feite, soos in byvoorbeeld die natuurwetenskappe, beskik nie. Van Niekerk (2020:215) verwys in hierdie opsig na die Franse filosoof Paul Ricoeur, wat 'n "logique de la validation" ("logic of validation") gebruik, waarin waarskynlikheid 'n meer realistiese doel as sekerheid is. Daar moet ook 'n onderskeid gemaak word tussen 'n "logique de la validation" en 'n "logique de la verification" ("logic of verification") (Ricoeur, 1981). Ricoeur verduidelik dit soos volg: "Validation is an argumentative discipline comparable to the judicial procedures of legal interpretation. It is a logic of uncertainty and of qualitative probability" (Van Niekerk, 2020:215; Ricoeur, 1981:212). Dus, die "logique de la verification" vind mens in die spreekwoordelike laboratorium, terwyl jy die "logique de la validation" in die hof vind. In laasgenoemde geval soek mens nie finale sekerheid nie, maar wel na die waarheid "bo redelike twyfel". Dikwels is daar nie 'n "laaste woord" te spreek rakende sekere moreel-etiese besluite nie (Van Niekerk, 2020:215). Juis omdat 'n mens nie altyd sekerheid oor sulke kwessies het nie, moet jy die opinies en oortuigings respekteer van diegene wat van jou verskil, al voel jy hóé oortuig van jou saak op grond van inligting wat jy bekom het en waarmee jy werk. "When thus engaging in an ER20 [ethics of responsibility], we have no assurance of correct moral behaviour, but we do have assurance of responsible moral behaviour. The latter is mostly what can realistically be expected from moral agents" (Van Niekerk, 2020:217).

     

    'n Etiek vir die toekoms

    In hierdie verband sluit Van Niekerk aan by Jonas se beklemtoning van ons verantwoordelikheid ten aansien van die toekoms, aangesien ons veral in die lig van die ontwikkeling van tegnologie nie maar net met die hede besig kan wees nie. Hein Berdinesen, met verwysing na Jonas se bekende boek (The imperative of responsibility: In search of an ethics for the technological age, 1984), formuleer sy imperatief soos volg: "Act so that the effects of your action are compatible with the permanence of genuine human life" (Van Niekerk, 2020:218; Berdinesen, 2018; Jonas, 1984:10-12).

    Die feit dat 'n mens die toekoms in jou besluitneming oorweeg, beteken dat jy ook die gevolge vanjou besluite en/of dade moet oorweeg. Alhoewel Immanuel Kant en sy volgelinge oordeel dat die toekoms te onseker is om enige morele besluite te baseer op vermoedens oor toekomstige gebeure, argumenteer Van Niekerk (2020:218) dat hulle op hierdie punt gewoon verkeerd is.

    What the future will be, is no fundamentally uncertain entity, but a time and circumstances that are, to a considerable extent, influenced by what happens today. And what happens today could make that future liveable and better, particularly for those who now suffer terribly, or it could make the future insufferable as such.

    Volgens die Duitse filosoof Ernst Bloch is ons "hopende diere". Die Britse historikus Eric Hobsbawm redeneer "ons droom vorentoe". Ons kan betekenisvolle voorspellings ("predictions") van die toekoms maak, wat verskil van blote begeertes. Om voorspellings te waag, moet mens dit grond op tersaaklike en akkurate analises van die verlede en van wat in die hede aan die gebeur is. Om die toekoms te voorspel, volgens Hobsbawm, is nie dieselfde as om die toekoms te (probeer) ken nie (Van Niekerk, 2020:219; Hobsbawm, 1998:51).

    Phronesis

    Hierdie derde aspek van Van Niekerk se etiek van verantwoordelikheid het te doen met 'n interaksie - 'n mens sou dit selfs 'n "dialektiek" kon noem - tussen die oorweging van gevolge en die gesag (en appèl) van morele norme. In sy behandeling en uitbouing van hierdie aspek van 'n etiek van verantwoordelikheid kritiseer Van Niekerk21 die argumente van konse-kwensialiste/utilitariste soos Peter Singer (1993) en Michael Tooley (1983). Vir Van Niekerk kan 'n mens nie die relevansie van die konsekwensies van besinning oor morele kwessies ignoreer nie. Net so kan 'n mens ook nie die norme, waardes en beginsels betrokke by morele aksies en besluitneming ignoreer nie. In sy akkommodering van beide hierdie twee aspekte van 'n etiek van verantwoordelikheid beroep Van Niekerk hom op Aristoteles22 se idee van phronesis, wat die beste as praktiese wysheid beskryf kan word. Vir Van Niekerk is phronesis nie slegs 'n teoretiese posisie nie, maar juis 'n benadering wat direk inspeel op praktiese probleme; dit wil ons juis help om betekenisvol met 'n verskeidenheid van alledaagse uitdagings om te gaan. Hiervoor moet 'n mens sekere norme, waardes en beginsels kan toepas. Ook verskil praktiese wysheid van tegniese kennis, wat iemand baie nuttig (en prakties) te pas kan kom om byvoorbeeld 'n motor of rekenaar te herstel. Phronesis gaan egter oor hoe 'n mens 'n goeie lewe kan lei, hoewel laasgenoemde ook nie vir almal dieselfde is nie. Vir Van Niekerk (2020:222) kom praktiese wysheid neer op "both means and ends" (sy kursivering). Hier sluit hy sterk aan by die Franse filosoof André Comte-Sponville: "Prudence has something modest or instrumental to it: it is enlisted to serve ends that are not its own and is concerned, for its own part, with the choice of means" (Van Niekerk, 2020:222; Comte-Sponville, 1996:32). Van Niekerk (2020:223) beskryf sy verstaan van phronesis treffend as hy sê:

    [P]hronesis (or prudence) is a kind of knowledge where I try to act in accordance with precepts or action guides that I acknowledge, but in such a way that they are prudently applied to the situation in which I find myself and where I must act in a way that I can live with the consequences.

    Hiervoor is beraadslaging ("deliberation") uiters noodsaaklik, "a rational interchange that moves to and fro between the requirement of the norm and the requirements of the situation" (Van Niekerk, 2020:223). Aristoteles skryf baie insiggewend hieroor:

    But prudence is concerned with human goods, i.e. things about which deliberation is possible; for we hold that it is the function of the prudent man to deliberate well; and nobody deliberates about things that cannot be otherwise, or that are not means to an end, and that end a practical good. And the man who is good at deliberation generally is the one who can aim, by the help of his calculation, at the best of the goods attainable by man. Again, prudence is not concerned with universals only; it must also take cognisance of particulars, because it is concerned with conduct, and conduct has its sphere in particular circumstances. (Van Niekerk, 2020:224; Aristotle, 1953:213)

    Die kern van Van Niekerk se argument word in die laaste sin van bostaande aanhaling saamgevat.

    Vir hom kry ons ons norme, waardes en oortuigings uit ons opvoeding, geloof en gewete en uit die oortuigings van die samelewing waarin ons ons bevind. Maar om net hierop terug te val, is nie genoeg nie. Hierdie waardes en norme moet in 'n verskeidenheid van praktiese situasies toegepas word. Presies hoe weet ons nie altyd nie, maar ons leer dit deur oefening aan. En dit neem normaalweg baie lank. 'n Mens kry dit nie oornag reg nie, maar leer dit volgens Aristoteles juis deur beraadslaging aan. Van Niekerk skryf hieroor in een van sy vroeere werke (2013:28-30):

    Deliberation is an argumentative strategy that requires dialogue with ourselves and with others. It implies the careful weighing up of the claim of the norm against the requirement of the situation - bearing in mind, especially, the consequences of what our deeds will have. In this sense, deliberation - the essence of phronesis - is a dialectic movement between action guide and the requirements of the practical situation, as well as the possible consequences of the action.

    Comte-Sponville benadruk in hierdie opsig die element van onsekerheid en feilbaarheid wat met die beoefening van praktiese wysheid saamgaan:

    Prudence presupposes uncertainty, risk, chance and the unknown. A god would have no need of it, but how could a man do without it? Prudence is not a science; rather, it replaces science where science is lacking. One deliberates only when one has a choice to make, in other words, when no proof is possible or adequate - that's when one must want not only good ends, but also good means to achieve them. To be a good father, it is not enough to love one's children, nor is it enough to wish them well for that wish to come true. Love does not excuse a lack of intelligence. The Greeks knew this, perhaps better than we. Phronesis is like practical wisdom: wisdom of action, for action, in action. (Comte-Sponville soos aangehaal deur Van Niekerk, 2020:225)

    Van Niekerk sluit sy 2020-artikel af met 'n aanhaling van Comte-Sponville wat die belangrikheid van praktiese wysheid baie goed uitwys:

    Morality without prudence is either futile or dangerous. 'Caute", says Spinoza: 'Take care'. That is the maxim of prudence. We must watch out for morality as well, when it disregards its limits or uncertainties. Good will is no guarantee, nor is good faith a valid excuse. In short, morality is not sufficient for virtue; virtue also requires intelligence and lucidity. It is something that humour reminds us of and that prudence prescribes. It is imprudent to heed morality alone, and it is immoral to be imprudent. (Van Niekerk, 2022:225)

    Hierdie etiek van verantwoordelikheid, tesame met 'n kort beskouing van die Suid-Afrikaanse teoloog Etienne de Villiers se etiek van verantwoordelikheid, word nou geintegreer in 'n toepassing op die gebreke van sanitasie en bronne van watervoorsiening in Suid-Afrikaanse skole.

     

    Etiek van verantwoordelikheid toegepas op die tekortkominge van sanitasie en bronne van watervoorsiening in Suid-Afrikaanse skole

    Die hoofdoel van 'n etiek van verantwoordelikheid behoort te wees om 'n etiese lewe te bevorder wat daartoe sal bydra dat mense, en trouens ander lewende wesens, optimaal floreer. Ook Aristoteles skryf omvattend hieroor. Vir hom is die hoogste doel van menswees juis om te floreer, en behoort alle optrede hierop gerig te wees. Eudaimonia, wat florering beteken, is nie net kortstondige plesier nie, maar blywende tevredenheid - nie net 'n goeie dag nie, maar 'n goeie lewe. Vir kinders om te floreer, moet hulle nie net in gunstige huislike omstandighede leef nie, maar ook onderwys van goeie gehalte in goed toegeruste skole ontvang - waarvan veilige (nie skadelik vir hul gesondheid en welsyn nie), goed funksionerende sanitasie en watervoorsiening noodsaaklik is.23 De Villiers (2018:210) sê in hierdie verband dat die wyse waarop 'n etiek van verantwoordelikheid daarna streef om 'n etiese lewe te bevorder en te versterk, deur die volgende beginsels (sonder om op volledigheid aanspraak te maak) gerig behoort te word.

    Die eerste is dat die optrede, strategieê en beleid wat 'n etiese lewe wil bevorder en versterk, so effektief as moontlik moet wees: "This implies that the foreseeable consequences of different options should be estimated as accurately as possible, in order to decide on the most effective means. The effective means employed should, however, be limited by the moral goals, virtues, and principles that spell out ethical living in the specific context ..." (De Villiers, 2018:211).

    In hierdie opsig behoort die regering realistiese en dringende doelwitte daar te stel oor wanneer hy puttoilette by alle Suid-Afrikaanse skole verwyder wil sien en wanneer daar by elke skool veilige watervoorsiening moet wees. Hiervoor moet daar deeglik begroot word en niks behoort die beplanning, strategie en beleid daaroor in die wiele te ry nie. Die spesifieke konteksgerigte waardes hier ter sprake gaan oor veiligheid, respek vir kinders en onderwysers, en hul privaatheid en menswaardigheid.

    Die tweede aangeleentheid wat volgens De Villiers (2018:211) die bevordering van 'n etiese lewe raak, behels "contextual appropriateness". Alle riglyne vir die aanpak van 'n spesifieke etiese uitdaging moet die toets van tersaaklikheid slaag ten opsigte van die betrokke makro- (globale en nasionale), meso- (organisatoriese) en mikro- (konkrete besluitneming) kontekste. Die voorsiening van veilige water en sanitasiegeriewe by elke skool in Suid-Afrika voldoen beslis aan die tersaaklike makro-, meso-, en mikrovereistes. Niemand behoort die tersaaklikheid hiervan te bevraagteken nie.

    Die derde saak wat De Villiers (2018:211) rakende die bevordering en versterking van 'n etiese lewe uitlig, behels "peaceful coexistence and cooperation". Hiermee bedoel hy dat riglyne wat vir etiese besluitneming en optrede verskaf word, nie tot verdeeldheid en twis behoort by te dra nie, maar eerder tot optimale vreedsame naasbestaan en samewerking. Die regstel van gebrekkige infrastruktuur vir sanitasie en watervoorsiening in skole sal hierdie beginsel volledig versterk. Die vierde riglyn handel oor demokratiese deelname. Hierdie benadering moet anti-outokraties wees en daarna streef om die optimale demokratiese betrokkenheid van alle rolspelers in 'n spesifieke maatskaplike konteks te verseker deur die keuse van toepaslike waardes in besluitneming. Al die staatsdepartemente wat by die vervanging van puttoilette en die voorsiening van veilige water by skole betrokke is, moet dus saamwerk en, waar nodig, ook die privaat sektor en ander rolspelers (multisektoraal) betrek. Dit is die enigste manier waarop hierdie onveilige, degraderende, mensonwaardige en onwettige verskynsel in skole effektief aangepak en uitgeroei kan word.

    Van Niekerk en De Villiers se benaderings tot of raamwerke vir 'n etiek van verant-woordelikheid sluit baie goed by mekaar aan, hoewel De Villiers24 se benadering baie meer omvattend is as wat hier aangedui word. Wat Van Niekerk se benadering of model betref, behoort die regering en die provinsiale onderwysdepartemente op deursigtige wyse bekend te maak hoekom daar, 28 jaar ná ons eerste volle demokratiese verkiesing, steeds skole in Suid-Afrika is wat van puttoilette gebruik maak, en ander steeds nie oor water of enige vorm van sanitasie beskik nie. Wat die toekoms betref, soos Van Niekerk in sy etiek van verantwoordelikheid redeneer, sal dit elke kind en onderwyser in hierdie land se privaatheid, veiligheid en waardigheid dien indien hierdie gebreke in infrastruktuur in skole reggestel kan word. Ons kinders, veral ook die toekomstige geslagte, verdien veilige sanitasiegeriewe en watervoorsiening. Praktiese wysheid vra van al die betrokke rolspelers om effektief, deursigtig en op deelnemende wyse saam te werk om hierdie ernstige tekortkominge in die skole (konteks) in Suid-Afrika dringend uit te skakel.

     

    Slot

    Hoewel 'n mens versigtig moet wees om nie oordrewe aansprake te maak oor die doeltreffendheid van 'n etiek van verantwoordelikheid nie, moet jy tog die (groot) mate van sukses van so 'n benadering erken. Hierdie sukses toon dat die bewering dat 'n etiek van verantwoordelikheid tot die bevordering van etiese lewe in hedendaagse samelewings kan bydra, nie onrealisties is nie. Daar moet voortdurend hieroor nagedink word en, waar nodig, regstellings aangebring word ten einde te verseker dat sulke benaderings of modelle mense op optimale wyse kan laat floreer - en soos ek dit verstaan, diskwalifiseer 'n florerende en etiese lewe eng egoistiese persoonlike en groepsbelange.

    'n Etiek van verantwoordelikheid moet kontemporêr wees en normatiewe waarde hê. Dit moet sosiaal-wetenskaplike ontleding(s) van toepaslike samelewingskontekste kan maak. De Villiers (2018:209) verwys soos volg na hierdie etiese normatiwiteit van 'n etiek van verantwoordelikheid: "More specifically, one can say that it is 'normative ethical', in that it reflects on the 'goals' that need to be set and achieved, the 'virtues' that need to be cultivated and instilled, and the 'norms' that need to be followed to contribute to this promotion of ethical living."

    'n Etiek van verantwoordelikheid moet ook "thick" en "thin", of dan maksimale en minimale, moraliteite in ons kontemporêre samelewings erken. Albei word benodig. Michael Walzer (1994:16-17, soos aangehaal in De Villiers, 2018:212) stel dit soos volg: "Minimal morality is very important, both for the sake of criticism and for the sake of solidarity. But it can't substitute or replace the defense of thickly conceived values." Die rede hiervoor is dat "[t]he morality in which the moral minimum is embedded, and from which it can only temporarily be extracted, is the only full-bloodied morality we can ever have."

    Wat ook in gedagte gehou moet word, is dat alle etiese oortuigings gegrond is op interpretasies van spesifieke etiese tradisies. Geen etiese oortuiging kan daarop aanspraak maak dat dit universeel vir alle mense geldig is nie, dat dit onfeilbaar waar is nie, en dat dit in alle sfere van die lewe toepaslik is nie. Ook is morele oorwegings nie noodwendig belangriker as nie-morele oorwegings nie. En tog, binne 'n diverse samelewing soos Suid-Afrika s'n, kan ('n mate van) konsensus en ooreenkoms wel bereik word, veral oor 'n belangrike kwessie soos gebrekkige sanitasie en watervoorsiening in Suid-Afrikaanse skole. Waarskynlik voel alle mense dieselfde oor die veiligheid en waardigheid van en respek vir hulle medemens, in hierdie geval kinders, onderwysers en ander skoolpersoneel.

    'n Etiek van verantwoordelikheid behoort veral te fokus op die verantwoordelike omgaan met nie net ('n stel) waardes25 nie, maar ook etiese besluitneming.26 Alle moontlike rolspelers moet lewensvatbare maniere voorstel hoe individue asook organisasies en instellings kan saamwerk en bydra om sekere dringende probleme te probeer oplos. "This points to the fact that individual responsibility and co-responsibility should not be played off against one another. The exercise of both individual and co-responsibility (including collective and organisational responsibility) is indispensable in our time" (De Villiers, 2018:227).

    De Villiers redeneer ook dat die klem op toleransie en ooreenkoms wat binne 'n etiek van verantwoordelikheid aangetref word, die indruk kan wek dat die enigste modus van so 'n etiek is om akkommoderend te wees. Dit is egter nie die geval nie. Soms word daar te doen gekry met ekstreme beskouings of praktyke, en dan kan dit nodig wees om 'n aktivistiese, konfronterende houding in te neem en om dan sosiaal krities27 en profeties op te tree. Indien die staat voete sleep en nie genoegsame, deursigtige redes verskaf waarom daar in 2022 nog 1 039 117 leerders en 37 858 onderwysers in Suid-Afrikaanse skole is wat van puttoilette gebruik moet maak, en 144 255 leerders en 5 429 onderwysers is in skole wat oor geen sanitasie-infrastruktuur beskik nie, of indien die staat geen gedrewenheid aan die dag lê om die probleem dringend op te los nie, behoort die samelewing aktivisties te raak en sy profetiese stem te laat hoor, en behoort daar 'n nasionale woede hieroor los te bars.

     

    BIBLIOGRAFIE

    Africa Check. 2019. Have "hundreds" of kids drowned in school pit latrines in South Africa? Polity. https://www.polity.org.za/article/have-hundreds-of-kids-drowned-in-school-pit-latrines-in-south-africa-2019-01-25. [6 April 2022].         [ Links ]

    Aristotle. 1953. The ethics of Aristotle - The Nicomachean ethics. Harmondsworth: Penquin Books. Basic Education, Department of. 2013. https://www.gov.za/sites/default/files/gcis_document/201409/37081rg10067gon920.pdf [6 April 2022].         [ Links ]

    Bauman, Z. 1993. Postmodern ethics. Oxford UK & Cambridge USA: Blackwell.         [ Links ]

    Beauchamp, TL & Walters, L. 2003. Contemporary issues in bioethics. Belmont: Wadsworth.         [ Links ]

    Beauchamp, TL, Walters, L, Kahn, JP & Mastroianni, AC. 2014. Contemporary issues in bioethics. Belmont: Wadsworth.         [ Links ]

    Berdinesen, H. 2018. "On Hans Jonas' 'The imperative of responsibility'". Philosophia (E-journal for philosophy and culture): https://philosophia-bg.com/archive/philosophia-17-2017/on-hans-jonas-the-imperative-of-responsibility/ [16 Mei 2022].         [ Links ]

    Chaskalson, J & Masipa, B. 2020. Sustainable school sanitation: We need more than quick fixes and empty promises. Daily Maverick. https://www.dailymaverick.co.za/article/2020-11-17-sustainable-school-sanitation-we-need-more-than-quick-fixes-and-empty-promises/ [6 April 2022].         [ Links ]

    Cilliers, S. 2022. Alle puttoilette weg. Beeld, 25 April 2022.         [ Links ]

    Comte-Sponville, A. 1996. A small treatise on the great virtues. New York: Henry Holt and Company.         [ Links ]

    De Villiers, E. 2011. An ethics of responsibility reading of Eduard Todt's theory on the formation of moral judgments. In Hansen, L., Koopman, N. & Vosloo, R. (eds). Living theology: Essays presented to Dirk J. Smit on his sixtieth birthday. Wellington: Bible Media, pp. 468-480.         [ Links ]

    De Villiers, E. 2018. Revisiting Max Weber's ethic of responsibility. Tubingen: Mohr Siebeck.         [ Links ]

    Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996.         [ Links ]

    Hobsbawm, E. 1998. On history. Gloucester: Peter Smith Pub Inc.         [ Links ]

    Jonas, H. 1984. The imperative of responsibility: In search of an ethics for the technological age. Chicago: The University of Chicago Press.         [ Links ]

    Jones, C. 2021. Pit latrines and lack of access to clean water at schools is a national outrage. Daily Maverick. https://www.dailymaverick.co.za/opinionista/2021-11-03-pit-latrines-and-lack-of-access-to-clean-water-at-schools-is-a-national-outrage/ [6 April 2022].         [ Links ]

    Levinas, E. 1985. Ethics and infinity. Pittsburgh: Duquesne University Press.         [ Links ]

    Mappes, TA & Degazia, D. 2001. Biomedical ethics. Boston: McGraw Hill.         [ Links ]

    Reddy, V & Zulu, N. 2019, Education in South Africa: hits and misses over the past 25 years In: The Conversation. https://theconversation.com/education-in-south-africa-hits-and-misses-over-the-past-25-years-119104 [8 Augustus 2022].         [ Links ]

    Ricoeur, P. 1981. Hermeneutics and the human sciences. Cambridge: Cambridge University Press.         [ Links ]

    Schweiker, W. 2001. Disputes and trajectories in responsibility ethics. Religious Studies Review, 27(1): 18-24.         [ Links ]

    Section 27. 2020. Thinking sustainably about school sanitation: We need more than quick-fixes and empty promises: https://section27.org.za/2020/11/thinking-sustainably-about-school-sanitation-we-need-more-than-quick-fixes-and-empty-promises/ [5 April 2022].         [ Links ]

    Singer, P. 1993. Practical ethics. Cambridge: Cambridge University Press.         [ Links ]

    South African Human Rights Commission (SAHRC), 2021-2022: https://nationalgovernment.co.za/units/view/61/south-african-human-rights-commission-sahrc [4 April 2022].         [ Links ]

    South African Human Rights Commission. 2021a. https://www.sahrc.org.za/index.php/sahrc-media/news-2/item/2820-media-statement-letters-of-demand-on-water-and-sanitation-to-provincial-departments-of-education [6 April 2022].         [ Links ]

    South African Human Rights Commission. 2021b. Water and Sanitation Report July - 2021: https://www.sahrc.org.za/home/21/files/Water%20And%20Sanitation%20Report%20-%2028%20SeptemberPM.pdf [5 April 2022].         [ Links ]

    South African Schools Act 84 of 1996: https://www.education.gov.za/LinkClick.aspx?fileticket=aIolZ6UsZ5U%20%3D&tabid=767&mid=3184 [6 Junie 2022].         [ Links ]

    Stout, J. 2004. Democracy and tradition. Princeton and Oxford: Princeton University Press.         [ Links ] Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie. S.j. Die Reg op Water & Sanitasie. https://www.sahrc.org.za/home/21/files/1.(AFRIKAANS)SAHRC%20Water%20and%20sanitation%20V1.pdf[23 Mei 2022].         [ Links ]

    Supreme Court of Appeal of South Africa. Judgment Case No. 754/2018 & 1051/2018. 2019. https://section27.org.za/wp-content/uploads/2019/12/KOMAPE-JUDGMENT.pdf [6 April 2022].         [ Links ]

    The Citizen. Education. 2020, 4 000 South African public schools still use pit latrines (2 August 2020). https://www.citizen.co.za/news/south-africa/education/2333497/4000-south-african-public-schools-still-use-pit-latrines/ [7 April 2022].         [ Links ]

    Tödt, HE. 1988b. Die Zeitmodi in ihrer Bedeutung für die sittliche Urteilsfindung. In Tödt, HE. Perspektiven theologischer Ethik. München: Chr. Kaiser, pp. 49-84.         [ Links ]

    Tödt, HE. 1977. Versuch zu einer Theorie ethischer Urteilsfindung. Zeitschrift fur Evangelische Ethik, 21:81-93.         [ Links ]

    Tödt, HE. 1979. Kriterien evangelisch-ethischer Urteilsfindung: Grundsätzliche Überlegungen angesichts der Stellungnahmen der Kirchen zu einem Kernkraftwerk in Wyhl am Oberhein. In Tödt, HE. Der Spielraum des Menschen. Theologische Orientierung in den Umstellungskrisen der modernen Welt. Gütersloh: Gerd Mohn, pp. 31-71.         [ Links ]

    Tödt, HE. 1988a. Versuch einer ethischen Theorie sittlicher Urteilsfindung In: Tödt, HE. Perspektiven theologischer Ethik. München: Chr. Kaiser, pp. 21-48.         [ Links ]

    Tooley, M. 1973. Abortion and infanticide. Oxford: Oxford University Press.         [ Links ]

    United Nations Development Programme, Republic of South Africa. 2022. Goal 4: Quality Education: https://www.za.undp.org/content/south_africa/en/home/sustainable-development-goals/goal-4-quality-education.html [7 April 2022].         [ Links ]

    United Nations Development Programme, Republic of South Africa. 2022. Goal 6: Clean Water and Sanitation. https://www.za.undp.org/content/south_africa/en/home/sustainable-development-goals/goal-6-clean-water-and-sanitation.html [7 April 2022].         [ Links ]

    United Nations Development Programme. 2022. https://www.undp.org/sustainable-development-goals?utm_source=EN&utm_medium=GSR&utm_content=US_UNDP_PaidSearch_Brand_English&utm_campaign=CENTRAL&c_src=CENTRAL&c_src2=GSR&gclid=EAIaIQobChMIjcTY0ezl8wIVye3mCh1mTwGAEAAYAyAAEgLADPD_BwE [6 April 2022].         [ Links ]

    Van Niekerk, AA. 2013. Phronesis and an ethics of responsibility (with N Nortje). South African Journal of Bioethics and Law, 6(1):28-30.         [ Links ]

    Van Niekerk, AA. 2017. Ethics theories and the principlist approach in bioethics. In: Moodley, K (ed.). Medical ethics, law and human rights: A South African perspective. Pretoria: Van Schaik.         [ Links ]

    Van Niekerk, A.A., 2019, epos, 3 Desember.         [ Links ]

    Van Niekerk, AA. 2020. The ethics of responsibility: Fallibilism, futurity and phronesis. STJ, Vol. 6(1):207-227.         [ Links ]

    Walzer, M. 1987. Interpretation and social criticism. Cambridge, MA: Harvard University Press.         [ Links ]

    Walzer, M. 1994. Thick and thin: Moral argument at home and abroad. Notre Dame/London: University of Notre Dame Press.         [ Links ]

    Weber, M. 1922. https://www.wisdom.weizmann.ac.il/~oded/X/WeberScienceVocation.pdf [13 Mei 2022].         [ Links ]

     

     

    Ontvang: 2022-06-15
    Goedgekeur: 2022-08-04
    Gepubliseer: September 2022

     

     

     

    Chris Jones was vir byna 20 jaar 'n gemeente-predikant in Ceres voordat hy en sy gesin aan die begin van 2008 Stellenbosch toe verhuis het om die Eenheid vir Morele Leierskap in die Fakulteit Teologie, Universiteit Stellenbosch, op die been te bring. Hy staan tans aan die hoof van hierdie Eenheid en is ook Hoofnavorser in die Dissipline-groep Sistematiese Teologie en Ekklesiologie. Hy is die skrywer van 'n verskeidenheid boeke, hoofstukke in boeke, akademiese en media artikels, en is betrokke by verskeie gemeenskaps-ontwikkelingsprojekte.
    Chris Jones was a church minister in Ceres for close on 20 years before moving to Stellenbosch with his family at the beginning of 2008 to establish the Unit for Moral Leadership at the Faculty of Theology, Stellenbosch University. He currently heads this Unit and is Chief Researcher in the Department of Systematic Theology and Ecclesiology. He is the author of several books, chapters in books, academic and media articles, and is involved in various community development projects.
    1 1 July 2021 Report on Water and Sanitation in Schools.
    2 Sien die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996, Artikel 27(1b).
    3 Die opdrag van die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie, as die onafhanklike nasionale menseregte-instelling, is om grondwetlike demokrasie te ondersteun deur die bevordering, beskerming en monitering van die bereiking van almal se menseregte in Suid-Afrika sonder vrees, begunstiging of vooroordeel. Die mandaat van die Kommissie is om respek vir menseregte en 'n kultuur van menseregte te bevorder; die beskerming, ontwikkeling en bereiking van menseregte te bevorder; die nakoming van menseregte te moniteer en te assesseer; die nakoming van menseregte te ondersoek en daaroor verslag te doen; stappe te doen en gepaste regstelling te verseker waar menseregte geskend is; navorsing te doen; op te voed; van die betrokke staatsorgane te vereis om inligting aan die Kommissie te verskaf oor die maatreels wat hulle getref het ten opsigte van die verwesenliking van die regte vervat in die Handves van Regte met betrekking tot behuising, gesondheidsorg, voedsel, water, maatskaplike sekerheid, onderwys en die omgewing; en die bykomende bevoegdhede en funksies uit te voer wat deur nasionale wetgewing voorgeskryf word: https://nationalgovernment.co.za/units/view/61/south-african-human-rights-commission-sahrc.
    4 Staatsinstellings ter ondersteuning van grondwetlike demokrasie: https://www.justice.gov.za/legislation/constitution/translations/9/SAConstitution-web-afr-9.pdf.
    5 Tabel 1 en Grafiek 1 is oorgeneem uit die Water and Sanitation Report - July 2021:3 van die SAMRK: https://www.sahrc.org.za/home/21/files/Water%20And%20Sanitation%20Report%20-%2028%20SeptemberPM.pdf.
    6 Education Management Information Systems.
    7 Waterlose stelsels wat deur organiese ontbinding en dehidrasie werk en 'n veilige niebesoedelende oplossing vir sanitasie bied.
    8 Energy and facility management software.
    9 "Since 2000, there has been enormous progress in achieving the target of universal primary education. The total enrolment rate in developing regions reached 91 percent in 2015, and the worldwide number of children out of school has dropped by almost half. There has also been a dramatic increase in literacy rates, and many more girls are in school than ever before. These are all remarkable successes.
    10 "Water scarcity affects more than 40 percent of people, an alarming figure that is projected to rise as temperatures do. Although 2.1 billion people have improved water sanitation since 1990, dwindling drinking water supplies are affecting every continent. "More and more countries are experiencing water stress, and increasing drought and desertification is already worsening these trends. By 2050, it is projected that at least one in four people will suffer recurring water shortages. "Safe and affordable drinking water for all by 2030 requires we invest in adequate infrastructure, provide sanitation facilities, and encourage hygiene. Protecting and restoring water-related ecosystems is essential. "Ensuring universal safe and affordable drinking water involves reaching over 800 million people who lack basic services and improving accessibility and safety of services for over two billion. "In 2015, 4.5 billion people lacked safely managed sanitation services (with adequately disposed or treated excreta) and 2.3 billion lacked even basic sanitation." https://www.za.undp.org/content/south_africa/en/home/sustainable-development-goals/goal-6-clean-water-and-sanitation.html.
    11 Lees die volledige opgedateerde wet (Engelse teks) by: https://www.education.gov.za/LinkClick.aspx?fileticket=aIolZ6UsZ5U%20%3D&tabid=767&mid=3184.
    12 Drie lesings is gelewer tydens hierdie gedenkgeleentheid by STIAS in Stellenbosch (2020-01-17). (1) Wolfgang Huber: "Ethics of responsibility in a theological prerspective"; (2) Etienne de Villiers: "An ethics of responsibility for our time: A proposal"; en (3) Anton van Niekerk: "The ethics of responsibility: Responsibility as category in bioethical theorising", wie se artikel later in die Stellenbosch Theological Journal (STJ) gepubliseer is onder die titel: "The ethics of responsibility: Fallibilism, futurity and phronesis". Die motivering vir hierdie gedenkgeleentheid is deur die volgende gedagtes bepaal: "It was the German sociologist Max Weber who in 1919 introduced the term 'ethics of responsibility' (German: Verantwortungsethik) in his famous speech 'Politics as a Vocation'. He used the term to refer to his proposal for a commendable ethical approach in modern politics. The term 'ethics of responsibility' has since then found strong resonance in politics, philosophy, and theology. Politicians sometimes promoted their own political policies as the outcome of an ethics of responsibility approach - the former chancellor of West Germany, Helmuth Schmidt, presenting a clear example. Theodor Adorno, Karl-Otto Apel and Paul Ricoeur are examples of philosophers who constructively engaged with Weber's ethics of responsibility and incorporated aspects of it in their own ethical theories. Philosophers like Emmanuel Levinas and Hans Jonas redeployed the term 'ethics of responsibility' to depict the 'new' approaches to ethics they proposed. The American theologians H. Richard Niebuhr and William Schweiker, as well as the German theologians Dietrich Bonhoeffer, Wolfgang Huber, and Ulrich Kortner, developed their own theological versions of ethics. Without any doubt 'responsibility' has become one of the key concepts of contemporary culture. One reason is that it has become clear that serious global risks threaten the future existence of human and other forms of life on earth and that we are faced with the enormous responsibility to find morally acceptable solutions. This means, among others, that the task of developing an adequate contemporary ethics of responsibility ought to remain high on the agenda of philosophical and religious ethics. In this one-day seminar we want to focus on this task of designing an adequate ethics of responsibility for our time. Questions such as 'How should the ethics of responsibility be conceived?', 'What case can be made for it?', 'What are its main features?' and 'What is its agenda?' are on the table. The idea is to bring together participants from both philosophy and theology to critically discuss the proposals of three proponents of the ethics of responsibility and gauge the prospects of attaining adequate consensus on what the ethics of responsibility should look like." (Van Niekerk, persoonlike epos kommunikasie, 03/12/2019)
    13 Ubuntu fokus veral op drie kernwaardes naamlik, respek vir menswaardigheid, deernis en geregtigheid. Hierdie waardes help om Ubuntu regoor Afrika te vestig, waarvan respek vir menswaardigheid die belangrikste is. Al drie hierdie kernwaardes kom ook in die artikel na vore.
    14 Beauchamp et al. (2014:1-32), Beauchamp & Walters (2003:1-38), Mappes & Degrazia (2001:155) en Van Niekerk (in Moodley, 2017:7-40) lewer egter ook wat morele besluitneming (in bioêtiese konteks) betref, kritiek op hierdie benaderings.
    15 Van Niekerk fokus spesifiek op Aristoteles se etiek soos ontwikkel in Nicomachean Ethics (Aristotle, 1953). Hy verwys na boek ses waar Aristoteles sekere intellektuele deugde hanteer (1953:203-225) veral die deug van "prudence" of praktiese wysheid, wat volgens Van Niekerk Aristoteles se idee van phronesis die beste weergee.
    16 Sien onder andere Weber se bekende toespraak "Science as vocation" en Etienne de Villiers se boek Revisiting Max Weber's ethic of responsibility (2018).
    17 Van Niekerk maak egter ook gebruik van die werke van Emmanuel Levinas (1985) en André Comte-Sponville (1996).
    18 Levinas (1985:98-99).
    19 Dit sluit sterk aan by Levinas se fokus hierop.
    20 Volgens Van Niekerk is "fallibilism" nie onversoenbaar met Levinas se verstaan van 'n etiek van verantwoordelikheid nie - sien Van Niekerk (2020:217-218).
    21 Sien Van Niekerk (2017): Ethics theories and the principlist approach in bioethics. In Moodley, K. (ed.). Medical ethics, law and human rights.
    22 Sien Aristoteles se Nicomachean Ethics (Aristotle, 1953:203-225).
    23 Lees meer oor die fundamentele mensereg op water en sanitasie asook Wet op Waterdienste 108 van 1997 by: https://www.sahrc.org.za/home/21/files/1.(AFRIKAANS)SAHRC%20Water%20and%20sanitation%20V1.pdf.
    24 Lees meer oor sy "tweedevlak"-etiek van verantwoordelikheid in sy boek Revisiting Max Weber's Ethic of Responsibility (2018:207-228).
    25 Sien De Villiers (2018:215-222) en hoe voorstanders van verskillende etiese oortuigings of met verskillende stelle waardes betekenisvolle, kritiese gesprekke kan hê ten spyte van verskille, en hoe hulle selfs by mekaar kan leer (Stout, 2004:273, 85-91).
    26 Sien De Villiers (2018: 222-228; 2011:1) asook Tödt (1977; 1979; 1988a; 1988b).
    27 Sien Walzer (1987) se boek Interpretation and social criticism, waarin hy sosiale kritiek en profetiese getuienis met mekaar verbind.