SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.62 issue3An assessment of perceptions concerning digital transformation at a South African commercial bank - a case of Anthropocene denial for the economy?Parenting approaches of hearing mothers and fathers to children with hearing loss author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    On-line version ISSN 2224-7912Print version ISSN 0041-4751

    Tydskr. geesteswet. vol.62 n.3 Pretoria Sep. 2022

    https://doi.org/10.17159/2224-7912/2022/v62n3a9 

    AKTUEEL

     

    Redakteursnota

     

     

    In die vorige uitgawe, Junie 2022, het die redaksie 'n ope uitnodiging aan lesers gerig om te reageer op die meningsartikel van prof. Chris Brink, voormalige rektor aan die Universiteit Stellenbosch (2002-2007), oor "die twintig jaar van openbare taaldebat op Stellenbosch" (p. 411). In hierdie uitgawe publiseer ons die reaksie van dr. Edwin Hertzog, voormalige voorsitter en ondervoorsitter van die Raad van die Universiteit Stellenbosch (2000-2008).

    Dr. Hertzog se uiteindelike bevinding is "dat die aanpassings wat gedurende prof. Brink se termyn aan die taalbeleid gemaak is, nodig en in die beste belang van die universiteit was" (p. 608). Hy vind dit wel jammer dat "die akademiese onderbou van Afrikaans in die proses onder druk gekom het" (p. 608).

    Twintig jaar later het die tersiere landskap in Suid-Afrika onherroeplik verander en is Afrikaans as wetenskapstaal ongetwyfeld onder druk. Nietemin is daar die afgelope twintig jaar ook verskeie inisiatiewe onderneem waardeur Afrikaans op verskillende terreine bevorder is. Hiervan is die stigting van Akademia, 'n privaat hoeronderwysinstelling, onteenseglike getuienis van 'n voortgesette betrokkenheid by die handhawing van Afrikaans as wetenskaps-taal.

    Die redaksie beplan 'n temanommer oor huidige en toekomstige inisiatiewe rakende Afrikaans, waarin herbesinning oor vroeere optredes en standpunte beslis ook sal figureer. Prof. Wannie Carstens sal as gasredakteur optree en belangstellendes word versoek om aan hom te skryf by: wannie.carstens@nwu.ac.za.

    Ina Wolfaardt-Gräbe

    Redakteur: Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    E-posadres: publikasies@akademie.co.za