SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.62 issue3Empowering secondary-school principals in Ethiopia to perform their instructional leadership roles more effectively"Will you accept him as he is?": Faan (Faan se trein) and Lambert (Triomf) as filmic déstabilisation of hegemonic Afrikaner masculinity author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    On-line version ISSN 2224-7912Print version ISSN 0041-4751

    Tydskr. geesteswet. vol.62 n.3 Pretoria Sep. 2022

    https://doi.org/10.17159/2224-7912/2022/v62n3a13 

    GEDIGTE

     

     

    Die Wysheid

    Ek is 'n wye spesialis

    'n kenner van elk' tipe nis

    met wysheid op die hoogste vlak

    van elke fakulteit en vak

    My soekenjin staan altyd reg

    (niks meer nie as 'n duimdruk weg)

    om my te leer van dit en dat

    van oorlog, entstof, en nog wat

    Ook wysheid het ek gou bekom:

    My slimfoon ken die volle som!

    Ek weet nou meer oor elke saak

    as proffies wat 'n lewe maak

    van dink en vra en publiseer

    Dalk moet hul maar by my kom leer?

    Paul Maritz

    E-pos: pjmaritz@gmail.com