SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.63 issue3Entrepreneurial leadership style in schools: Good versus poor socio-economic circumstancesTaboo language use as a key element in the construction of a zef identity author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    On-line version ISSN 2224-7912
    Print version ISSN 0041-4751

    Tydskr. geesteswet. vol.63 n.3 Pretoria Sep. 2023

    http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2023/v63n3a14 

    NAVORSINGS- EN OORSIGARTIKELS / RESEARCH AND REVIEW ARTICLES (2)

     

    Is Suid-Afrika se rehabilitasieparadigma uitge-dien? 'n Pleidooi vir moontlike beleidshervorming

     

    Is South Africa's rehabilitation paradigm redundant? A plea for possible policy reform

     

     

    Casper Lötter

    Navorsingsgenoot, Noordwes-Universiteit, Potchefstroom, Suid-Afrika. E-pos: casperlttr@gmail.com

     

     


    OPSOMMING

    In hierdie bydrae word gepoog om aan te toon dat Carlen (2013) se standpunt dat die rehabilitasieparadigma in Brittanje uitgediend is, eweneens op postapartheid Suid-Afrika van toepassing is. Aangesien omstandighede hier ter plaatse egter uiteraard verskil van dié in die Verenigde Koninkryk, spits ek my metodiek in besonder toe op 'n krities-kriminologiese oorweging van vyf unieke aspekte van die Suid-Afrikaanse ervaring. My vertrekpunt is dus 'n klemverskuiwing. Eerstens poog ek om aan die hand van drie welbekende gevalle in plaaslike strafregverrigtinge (naamlik Zuma, Omotoso en Van der Vyver) aan te toon dat billikheid nie noodwendig alle beskuldigdes tot dieselfde mate begunstig nie, maar hoofsaaklik tot wesenlike voordeel van welgesteldes en gesaghebbendes dien. Tweedens wys ek daarop dat die gebruiksverandering van die gevangenis na 'n besigheidsmodel, nêrens in groter mate sigbaar is as by die verskynsel wat bekend staan as die gevangenis-industriële kompleks nie. Derdens betoog ek, aan die hand van Reiman se pyrrhusnederlaagteorie en Box se gedagte van die versluiering van misdaad, dat die verguising van die uitgeslotenes ("urban marginality") as kriminogenies binne hierdie konteks die nuttige doel dien om aandag van staatsmisdade of dié van die staat se korporatiewe bondgenote af te lei. Teen hierdie agtergrond oorweeg ek die gedeeltelike sukses wat met rehabilitasiebeleid en -praktyke ter plaatse behaal is. Laastens kom ek tot die gevolgtrekking dat die rehabilitasieparadigma wel tot 'n mate in Suid-Afrika uitgediend is, die implikasies vir nuwe beleidsformulering veelvlakkig is en word die algehele verwerping van hierdie paradigma in die Suid-Afrikaanse konteks nie aanbeveel nie.

    Trefwoorde: besitsongelykheid; inkomsteongelykheid; billikheid; gevangenisindustriële kompleks (GIK); Box se versluiering van misdaad ("mystificationof crime"); implikasiesvirbeleidsformulering; Reiman se pyrrhusnederlaagteorie; bestaande plaaslike rehabilitasiebeleid en -praktyke; rehabilitasieparadigma


    ABSTRACT

    In this contribution, I attempt to show that Pat Carlen S (2013) argument, that the rehabilitation paradigm in the United Kingdom (UK) is redundant, is similarly applicable to the situation in postapartheid South Africa. My point of departure is therefore a shift of emphasis in attempting to apply theory from the developed world to the Third World. Since local conditions obviously differ from those in the UK, I focus my method, in particular, on a critical criminological evaluation of five aspects unique to the South African experience. This is within the context of Piketty's (2014) thesis that deepening inequality will continue exponentially, unless there is effective intervention (which seems unlikely). I consider this idea of possible paradigm redundancy along five axes which appear to be pertinent in criminal justice in the third decade of the 21st century. These referents are fairness, the presence of the prison-industrial complex, Pat Carlen's notion of the obsolescence of the rehabilitation paradigm, Reiman's Pyrrhic Defeat Theory and, finally, Steven Box's valuable concept of crime mystification. Firstly, I attempt to show by way of three well-known cases in local criminal proceedings (namely that of Zuma, Omotoso and Van der Vyver) that fairness does not necessarily benefit all accused in the same manner, as one would expect. In fact, the evidence seems to suggest the contrary, namely, that it is the rich and powerful who are able to draw most advantageously on this resource. Secondly, I argue that the repurposing of the prison from its historical justification as a centre of prevention and rehabilitation to a business model, is nowhere more visible than in the phenomenon which came to be known as the prison-industrial complex. Thirdly, I suggest, by way of application of Reiman's Pyrrhic defeat theory and Box's notion of the mystification of crime, that the marginalisation of floating populations as criminogenic within this context, serves the useful purpose of diverting the popular attention away from the far more monstrous crimes of the state and their corporate partners. I also aim to explore the impact which the "war on crime" is having on our understanding of the public/ private divide as the 21st century progresses. In order to gauge the existing rehabilitative potential of the Department of Correctional Services'sprograms and policy directives, I provide a critical overview of these, even though this consideration could amount to nothing but forced coercion. Said in another way, irrespective of the efficacy or otherwise of DCS's rehabilitation and resettlement mandate, the question is and remains how sustainable and realistic such efforts at rehabilitation are, if the social and economic conditions on the ground are criminogenic. Before heading into a discussion, I reflect on the probable theoretical perspectives which these five trends in criminal justice might give rise to. After a prolonged discussion, in which I weigh the evidence of a blurred private/public demarcation, as the 21st century wears on, I conclude that this dichotomy is likely to become more complex, as it not only deepens, but also becomes more blurred. The emergence of a third space (exile) is also possible in neoliberal government's punitive management of urban marginality. In conclusion, I suggest that the crime rehabilitiation paradigm in South Africa has, to an extent, become redundant, but, considering the partial success which DCS has achieved with its numerous ongoing rehabilitation programs and the repurposing of the Department's mandate from purely punitive to that of a rehabilitation-driven institution, the implications for possible policy reformulation are multi-factoral. The complete rejection of the rehabilitation paradigm in South Africa, even though certainly comprehensible, is not recommended. The question that remains, however, is to what extent rehabilitation and resettlement programs can be defended in view of the wider social and economic conditions which militate against sustainable rehabilitation in principle, and are in fact, criminogenic.

    Keywords: property inequality; income inequality; fairness, prison industrial complex; Box's mystification of crime; implications for policy formulation; Reiman's Pyrrhic defeat theory; existing local rehabilitation policy and practice; crime rehabilitation paradigm


     

     

    "[T]he law against theft is not simply against [the act of] theft, it is a law against stealing what individuals presently own. Such a law has the effect of making the present distribution of property part of [and legitimized by] the criminal law." - Reiman & Leighton (2020:175, beklemtoning verwyder)

    "There are possibilities for me, certainly; but under what stone do they lie?" -Franz Kafka

     

    1. Inleiding

    Op die drumpel van die eeu is daar 'n skadukant aan die voortbestaan van die "gevangenis" as instelling (of die meer onlangs ontstane begrip "korrektiewe sentrums") omdat soos Bosworth (2010) aan die hand doen, hierdie instelling ver wegbeweeg het van die geskiedkundige regverdigings vir die voortbestaan daarvan, soos byvoorbeeld die soeke na volhoubare hervorming van die individu. Enigiemand wat dus nog die gevangenis se geskiedkundige doelwit van rehabilitasie aangekleef het, sal onthuts word in die lig van die lees van Deel 1 van waarnemende hoofregter Zondo (2022) se Verslag oor Bewerings van Staatskaping, wat onlangs vrygestel is. Dit is egter ook so dat rehabilitasie 'n doelwit is wat tans in bestaande wetgewing en korrektiewe beleid verskans word.

    Carlen (2013:89) betoog byvoorbeeld dat ambisieuse idees in strafregpleging, soos hervestiging, sonder 'n realistiese begronding, oudergewoonte in omloop bly asof hierdie oogmerke bereik kan word sonder dat daadwerklike verandering in ons gemeenskap plaasvind. Gevolglik omvorm hierdie gedagtes tot sogenaamde strafopleggings-verbeeldingsvlugte ("penal imaginaries") wat betekenisvolle bevraagtekening kniehalter. In die besonder vorm die volgende stelling wat sy maak, die grondslag van my uitgangspunt: sy wys daarop dat die statusgerigte gesigspunt van die strafregpleging toegespits is op die werkerstand (insluitende die haweloses), maar met die uitsluiting van invloedryke korporatiewe en politieke misdadigers.

    Die oogmerk daarvan is "[to keep] malignantly returning poorer and already disadvantaged lawbreakers to their place at the same time as benignly keeping richer and more powerful criminals in theirs" (Carlen, 2013:90), eerder as die bevordering van verantwoordelike burgerskap van uitgeslote oortreders.

    My vertrekpunt vir hierdie bydrae is dat die rehabilitasieparadigma of die rehabilitasie-ideaal uit die staanspoor gedoem is in uiters ongelyke gemeenskappe soos Suid-Afrika juis weens hierdie klem op status waarop Carlen ons bedag maak. Suid-Afrika is onlangs deur die Wereldbank uitgewys as die mees ongelyke land ter wêreld (Bax, 2019), wat 'n uitstekende voorbeeld is van die soort maatskaplike en ekonomiese verandering(e) wat deur Carlen uitgewys word en waarna hier ter plaatse dringend ondersoek benodig word. Verder doen ek aan die hand dat die situasie in Suid-Afrika vererger word deur die feit dat ons in 'n hardestigmatiserende kultuur vasgevang is (Lötter, 2018, 2019).

    Braithwaite (1989:107) is die eerste kundige wat die aandag gevestig het op die belangrike onderskeid tussen hardestigmatiserende en integrerende beskamingskulture. Terwyl dit natuurlik so is dat geen kultuur deurlopend homogeen is nie (Birukou, Blanzieri, Göiorgini & Giunchigöia, 2013:2, 21; Lötter, 2018:58-59), dryf eersgenoemde beskamingskultuur hul lede weg van die hoofstroomsamelewing tot in die kraal van kriminele subkulture (Braithwaite, 1989:102), waar hulle skuiling soek teen die ongenaakbare beskamingspraktyke. Die alternatief, dui Braithwaite (1989:61) aan, lei tot niks anders nie as die ontkoppeling van beskaming en straf - met ander woorde ongefokusde en ondoeltreffende beskaming.

    Teenoor bogenoemde betoog Carlen (2013:92) dat die rehabilitasiediskoers 'n politieke karakter aangeneem het wat nooit werklik toepassing in die praktyk gevind het nie, aangesien die doel daarvan hoofsaaklik is om die staat se strafopleggingspraktyke te regverdig en te bekragtig. Sy is van mening, tereg na my oordeel, dat "all varieties of rehabilitationism are essentially false within systems of criminal justice that realise one law for the rich and another for the poor" (Carlen, 2013:92-93). Na aanleiding van die onderskeid wat sy tref tussen sogenaamde straat- en kantoormisdaad, wys Carlen (2013:99) op die ooglopend sinnelose idee van geregtigheid in uiters ongelyke gemeenskappe. Dit dien geen doel om oorweging te skenk aan die gedagte van rehabilitasie en herintegrasie van welgestelde en invloedryke oortreders wanneer die proses soveel swaarkry veroorsaak vir minderbevoorregtes nie, en dus betoog Carlen (2013:100) dat die rehabilitasieparadigma sonder meer laat vaar moet word. Sy redeneer soos volg:

    [...] the re-education of lawbreakers does not have to involve the brainwashing techniques of some criminal justice cognitive programmes. Instead, it could be undertaken as part of a progressive community response to crime. (Carlen, 2013:100)

    Haar gedagtegang vind geloofwaardige ondersteuning by Currie (2013) se begrip van maatskaplike misdaadvoorkoming in teenstelling met die bestraffende markfundamentalistiese versteuring van die gemeenskap en die gesin. Laasgenoemde word bewerkstellig deur 'n tweeledige aanval van Groot Besigheid ("Big Business") op goed besoldigde werk asook die vernietiging en dus inkrimping van werksgeleenthede. Dit is byvoorbeeld bekend dat ongenaakbare arbeidspraktyke (eie aan grootskaalse ekonomiese ongelykheid) tot vrees, onsekerheid en woede aanleiding gee wat op hul beurt weer 'n teelaarde vir misdaad is (Vander Ven & Colvin, 2013:613-621). In die Suid-Afrikaanse konteks wys Marqua-Harries, Stewart en Padayachee (2019:36) dan ook spesifiek daarop dat die oorgrote meerderheid jeugdige oortreders reeds uit traumatiese agtergronde van geweld, verwaarlosing en/of teistering kom (wat ten minste deels die gevolg is van ongenaakbare arbeidspraktyke, aldus Vander Ven & Colvin (2013:613-621), en beleidsformulering moet dus sinvol hierdie aspek in berekening bring wanneer dit by rehabilitasieoogmerke kom.

    Alhoewel dit so is dat haar argument ontwikkel is binne die raamwerk van die Britse strafregpleging, betoog ek dat Carlen se gedagtegang wel gesaghebbende aanklank vind by korrektiewe praktyke hier ter plaatse. Dit kan toegepas word op die Suid-Afrikaanse Departement van Korrektiewe Dienste (DKD) se nadruk op sy rehabilitasiemandaat binne die raamwerk van die oorvloed rehabilitasieprogramme en/of kognitieweveranderingsprogramme wat voortdurend beskikbaar gestel word ten einde aan die regeringsvraag te voldoen (Adorjan & Chui, 2012; Chui & Cheng, 2013:680; Gaum, Hoffman & Venter, 2006:215-216; Lötter, 2018:18-19; Uggen, Manza & Behrens, 2004:284). So verklaar die DKD se Witskrif byvoor-beeld dat die waarde van rehabilitasie in sy holistiese aard lê:

    [It is] the result of a process that combines the correction of offending behaviour, human development and the promotion of social responsibility and values. It is a desired outcome of processes that involve both departmental responsibilities of Government and social responsibilities of the nation. Rehabilitation should be viewed not merely as a strategy to preventing crime, but rather as a holistic phenomenon incorporating and encouraging. (Department of Correctional Services, 2005, par.4.2.1 en 4.2.2)

    Die DKD skaar hom hier ongekwalifiseerd by die waarde van die rehabilitasieparadigma, maar die getuienis dui daarop dat die oorgrote meerderheid oortreders rehabilitasieprogramme as oneffektiewe tussentrede verwerp, aangesien dit nie die aansienlike uitdagings aanspreek wat hierdie groep in Suid-Afrika in die gesig staar nie (Adorjan & Chui, 2012; Baur, Hall, Daniels, Buckley & Anderson, 2017; Chui & Cheng, 2013:680; Ngabonziza & Singh, 2012:99; Uggen, Manza & Behrens, 2004:284). Daar word aan die hand gedoen dat die gaping in die bestaande kennis hier duidelik te bespeur is (Lötter, 2018:13, 18-19).

    In hierdie bydrae word gevra tot watter mate die rehabilitasieparadigma nog enigsins in 21ste-eeuse Suid-Afrika "volgens bestaande beleid uitvoerbaar is" eerder as bloot aanklank vind en hierdie taak word soos volg aangepak: eerstens word gepoog om die vermeende uitgediendheid van die rehabilitasieparadigma in Suid-Afrika te demonstreer en tweedens, met die veronderstelling dat hierdie voorgenome uitwysing aanvegbaar is, word voortgegaan om te ondersoek watter implikasies, indien enige, hierdie vlakverskuiwing vir beleidsformulering ter plaatse het of behoort te hê.

    Die uitpluising van hierdie interessante en gesaghebbende eienskap van ons strafregstelsel lei na vyf temas op die roetekaart ("road map"), naamlik: 1) Carlen se begrip van die uitgediendheid van die rehabilitasieparadigma, 2) billikheid of regverdigheid van die regstelsel as geheel (De Vos, 2021; Erasmus, 2021; Lötter, 2021a, Rabkin, 2021), 3) die teenwoordigheid van die gevangenis-industriële kompleks ("prison-industrial complex") op plaaslike bodem (Lötter, 2018:117-126; 2020b, 2020c:112-117), 4) Reiman se pyrrhusnederlaagteorie en, ten slotte, 5) die rol van die staat in die versluiering van misdaad ("mystification of crime"). Terwyl sommige voorbeelde dui op gevalle waar die beskuldigde nog verhoorafwagtend is (soos Omotso), is die belangrike oorweging hier dat "die 'uitdagings' van die rehabilitasie-ideaal waarskynlik reeds begin voor rehabilitasie self ter sprake kom."1

    Ek verwys vlugtig na die tweede en derde onderwerpe aangesien hierdie twee reeds, soos aangedui, in ander bydraes bespreek is, maar nietemin belangrik bly vir die huidige bespreking weens die lig wat hul gesamentlik werp op die onderwerp. Die huidige bydrae verskil van al vyf genoemde aspekte aangesien dit ondersoek instel na die moontlike uitgediendheid van die rehabilitasieparadigma, na aanleiding van 'n idee van Carlen, binne die Suid-Afrikaanse konteks, terwyl al vyf hierdie aspekte wat moontlik ook nog ander (kan) insluit, in die vorm van teenstrydighede ("anomalies") wat moontlik op 'n paradigmaverskuiwing dui, gesamentlik lig op die nuwe tema werp.

    Die belangrike vraag by die oorweging of daar 'n paradigmaverskuiwing plaasgevind het of nie, vind ons by Kuhn se grondliggende teks, The Structure of Scientific Revolutions (1970). Hy betoog naamlik dat wanneer te veel teenstrydighede indruis teen die sentrale idee waarom ' n paradigma gesentreer is, in hierdie geval rehabilitasie, word die paradigma uitgedien en vervang deur ' n ander, onversoenbare een. Ten einde hierdie vraag te beantwoord, benadruk ek dat my bydrae dus daarop gemik is om die bestaande kennis krities in oënskou te neem, soos wat ook die gebruik is in Kritiese Kriminologie. Dit is die geval aangesien, volgens Currie (1999), die taak van die kriminoloog in die 21ste eeu die volgende behels:

    [...] shift[ing] some emphasis away from the accumulation of research findings to better dissemination of what we already know, and to more skillful promotion of sensible policies based on that knowledge - policies both in and out of the criminal justice system.

    In die lig van hierdie waarnemings, word die metodologie en teoretiese raamwerk vervolgens onder die loep geneem.

     

    2. Metodologie en teoretiese raamwerk

    Die waarneming van die politieke onwilligheid om aandag aan betekenisvolle grondliggende verandering ten gunste van stedelike inkrimping te gee (Wacquant, 2010:611), het Reiman en Leighton (2020:195) beweeg om hulle gesigspunt op 'n ongewone wyse te beredeneer. Hulle wys naamlik op die magdom wyses waarop die strafregstelsel in grootskaals ongelyke gemeenskappe (soos Suid-Afrika) die kragdadiges en welgesteldes bevoordeel ten koste van die agtergeblewenes. Sodanige standpunt toon aan dat 'n oppermag in die vorm van die polisie, die howe en die gevangenis die voorregte van eersgenoemde beskerm, terwyl laasgenoemdes blootgestel en onbeskermd gelaat word.

    Volgens die bekroonde Oxford Handbook of Criminological Theory, "the idea that structural inequality contributes to community-level variations in crime is uncontroversial" (Ousey & Lee, 2013:363). Hierdie onbuigsame vooruitskouing van maatskaplike beheer in die 21ste eeu word verder benadruk deur 'n toenemende bestraffingsneiging wat nie net daarop gemik is om die staat se mag om straf op te lê, te regverdig nie, maar ook om die uitgeslotenes en welgesteldes in hul onderskeie plekke te verskans en om die ekonomiese mark se aandrang op wet-en-ordedenkspraak en beleidsaanvraagneigings te bevredig (Carlen, 2013:95-96; Christie, 2017:4; South & Weiss, 1998:12-13).

    Teen die agtergrond van hierdie kras werklikhede, doen ek aan die hand dat die onderstaande oorwegings beleidsformulering behoort te beïnvloed, maar dit waarskynlik nie sal doen nie, want kompleksiteit of 'n genuanseerde begrip van die maatskaplike werklikheid "stresses the diversity and particularity of social life" (McLaughlin & Munchie, 2013:xxv) en noodsaak vervolgens 'n eklektiese metodologiese en/of navorsingsbenadering. Hierdie uitgangspunt is noodsaaklik aangesien geen enkele teoretiese paradigma op sigself die maatskaplike werklikheid in sy totaliteit kan weergee nie.

    'n Kritiese paradigma skep byvoorbeeld ruimte vir alternatiewe sienings van sosiale geregtigheid (Carlen, 2013:90; Currie, 2013; McLaughlin & Munchie, 2013:xxiv) wat belangrik is, aangesien sodanige gesigspunte ons in staat stel om maatskaplike toestande te heroorweeg, nie slegs om dit meer draaglik te maak nie, maar ook met die oog op omvorming as 'n brug na bevryding of bemagtiging.

    Gebruik van slegs een teoretiese raamwerk of metaverhaal (soos Marxisme) sal nie deug nie. Empiriese navraag as die oorwegende paradigma in kriminologie is grootliks uitgedien vanweë die dringende behoefde aan deurdagte optrede (lees: 'n nie-positivistiese benadering tot misdaad (Carlen, 2005a:87; Chan, 2013:312; Lötter, 2020c:107; Young, 2002)). My betoog is dat hierdie oorwegende neiging hoogty vier na aanleiding van die staat, wat Suid-Afrika insluit, se behoefte aan empiriese werk met die oog op die breinspoeling van die gemarginaliseerdes, uitgeslotenes of geringgeskattes ten einde hulle rustig en mak te hou.

    Hierdie bydrae poog om die gaping of leemte in die bestaande kennis te vul vir sover die rehabilitasie-ideaal gefaal het te midde van 'n oorvloed van "meer van dieselfde" in terme van breinspoelingspogings met die oogmerk op hervestiging of gedragsomvorming. Terselfdertyd doen ek aan die hand dat die waarde van hierdie bydrae daarin lê dat dit die aandag vestig op die invloed wat 'n magdom spesifiek Suid-Afrikaanse eienskappe op die maatskaplike en politieke gesigsveld hier ter plaatse gehad het om die posisie van die korrektiewe sisteem (of gevangenis) te verskans binne die konteks van ons hardestigmatiserende beskamingskultuur. Onder hierdie tipies Suid-Afrikaanse kenmerke reken ek ook die teenwoordigheid van die sogenaamde gevangenis-industriële kompleks (soos deur gevangenisontbondingsaktiviste Angela Davis (2003) en Michelle Alexander (2012) gemunt en gebruik), wat uiteraard sterk deur gevangesetting of opsluiting as ons oorheersende strafopleggingsregime aangemoedig word. Dit is dan ook die ontplooiing van die eerste van hierdie vyf temas (naamlik Carlen se begrip van die uitgediendheid van die rehabilitasieparadigma) waarna ek in die Inleiding verwys het, wat ek vervolgens bespreek.

     

    3. Carlen (2013) se ontginning van die uitgediendheid van die rehabilitasieparadigma

    Carlen (2013:90) se vertrekpunt word geïllustreer deur die verhaal van 'n 45-jarige vrou met wie sy etlike jare tevore 'n onderhoud in Londen gevoer het. Dit wil my voorkom of haar tragiese verhaal 'n uitgebreide vergelyking is vir die uitgediendheid van die rehabilitasieparadigma in die 21ste eeu. Toe Carlen navraag na die vrou se Amerikaanse aksent doen, is sy meegedeel dat haar gesin na die Verenigde State geëmigreer het toe sy 'n skrale twee jaar oud was en dat sy onlangs, bloot 'n jaar tevore, na Engeland teruggekeer het. Vanaf die ouderdom van 17 jaar was sy 'n dwelmslaaf en het male sonder tal in die gevangenis beland vir misdade soos bedrog en ander kleiner misstappe. Sy het nooit Amerikaanse burgerskap verwerf nie en ná haar laaste inhegtenisname is sy sonder verwyl reguit na die lughawe geneem met haar skrale besittings en na Brittanje gedeporteer, 'n land wat sy 43 jaar lank nie betree het nie. Die kernvraag wat ons in die gesig staar, is: Wat is haar kans op haalbare hervestiging in 'n vreemde land sonder vriende, sonder familie, sonder geld, sonder beroep, sonder eiendom van haar eie en sonder kulturele kapitaal?

    Laite (2021a, 2021b) vertel 'n soortgelyke verhaal binne die raamwerk van die uitbuiting van en handeldryf in jong vroue oor internasionale grense heen. Alhoewel dergelike gevalle nie spesifiek plaaslik voorgekom het nie, is prostitusie nietemin 'n transnasionale verskynsel en dus ook hier pertinent van toepassing. Carlen (2013) ondersoek spesifiek die kompleksiteit rondom die verdwyning van ene Lydia Harvey in 1910 wat vanuit huishoudelike sleurwerk vir sekswerk gewerf is. Nadat sy van prostitusie "gered" is, vind sy haar onvermydelik terug as huiswerker - 'n beroep wat sy haat vanweë die uitbuitende aard daarvan. Dit was juis die vernederings en armoede eie aan hierdie werk wat haar aanvanklik na sekswerk gedryf het. Die hoop en drome wat sy vir 'n beter lewe gekoester het, het nie verdwyn nie en so ook nie haar vasberadenheid om daarvoor te veg nie. Laite (2021a) stel die saak soos volg:

    Just as they did a hundred years ago, young women, caught in cycles of poverty and abuse, engage in sexual labour as a survival strategy. And despite the idealistic rhetoric of "abolishing" prostitution, they are still offered few viable labour alternatives should they wish to leave sex work.

    Indien ons die storielyn van beide verhale as 'n tipe gelykenis ("parable") beskou, mag Carlen (2013:91) hierdeur dalk navraag doen na wat rehabilitasie vir die oorgrote meerderheid oortreders beteken in 'n gemeenskap waar hulle "prior to their imprisonment, usually [have] been so economically and/or socially disadvantaged that they have nothing to which they can be rehabilitated". Sosio-ekonomiese faktore en persoonlike verantwoordelikhede en keuses (dwelmmisbruik en sekswerk) speel uiteraard hier 'n rol. Hierdie twee gevalle se powere uitkomste kan derhalwe nie uitsluitlik voor die deur van mislukte rehabilitasieprogramme gelê word nie. My doel met die verwysing na hierdie twee gevalle is bloot om deur middel van analogie te illustreer dat hervorming ernstig aan bande gelê word indien daar nie iets konkreets is waarna oortreders kan terugkeer nie. Só betoog Marqua-Harries, Stewart & Padayachee (2019) dat die oorgrote meerderheid gevangenes in Suid-Afrikaanse korrektiewe sentrums uit traumatiese agtergronde kom waar hul alreeds misbruik en/of verwaarlosing verduur het.

    Lydia Harvey is byvoorbeeld aanvanklik in sekswerk vasgevang omdat daar geen ander haalbare geleenthede binne die sosio-ekonomiese konteks van haar tyd en geen heenkome vir vroue in haglike omstandighede was nie. Dieselfde geld vir die 45-jarige vrou wat Carlen in 'n Britse gevangenis besoek het. As iemand wat die grootste deel van haar lewe in die Verenigde State deurgebring het, het sy amper niks gehad om as basis vir haar rehabilitasie in Engeland te dien nie. Hierdie twee gevalle wys vergelykenderwys op die ooreenstemmende probleem met rehabilitasie in uiters ongelyke gemeenskappe soos Suid-Afrika. In laasgenoemde konteks wys Muntingh (2002:22) byvoorbeeld daarop dat "[t]he reality is, however, that ex-prisoners continue to suffer from social and economic exclusion - a reflection of society's belief that those who have offended or been imprisoned cannot be part of 'good' society again." Al is hierdie woorde twintig jaar gelede geskryf, is dit nog net so waar in Suid-Afrika vandag as wat dit toe was. Ná meer onlangse navorsing op eie bodem, beveel Marqua-Harries, Stewart en Padayachee (2019:36) aan dat ons korrektiewe sentrums gerekonseptualiseer word as "trauma-informed and restorative justice-infused". Die kwessie hier ter sprake is tot watter mate die sosio-ekonomiese konteks in die eerste plek die hervormingsideaal ongedaan maak?

    My betoog is dat terwyl daar toegegee moet word dat daar gebreke in die rehabilitasieproses is, sodanige gebreke grootliks toegeskryf kan word aan die sosio-ekonomiese konteks waarbinne enige rehabilitasie voltrek moet word. Navorsing wat op die drumpel van die nuwe eeu gepubliseer is (sien bv. Maruna, 2000), is oorwegingswaardig; dit wys daarop dat goeie maatskaplike ondersteuningsprogramme wat vrygelate gevangenes bystaan (met behuising en opleiding, om net enkele voorbeelde te noem), noodsaaklik is om mense te help om produktiewe en misdaadvrye lewens te lei (Carlen, 2013:96). Uiteraard moet onderskei word tussen rehabilitasieprogramme gedurende gevangesetting en gemeenskapsinskakeling vrylating, maar die twee aspekte oorvleuel en skakel ook by mekaar in. Die trefkrag van eersgenoemde is egter minimaal binne 'n kultuur soos dié van Suid-Afrika waar vrygelate gevangenes aan oorweldigende stigmatisering en marginalisasie onderworpe is en dit verder aanleiding gee tot die moontlike mislukking van die proses van gemeenskapsinskakeling (Lötter, 2018:16,18-19, 27-35; en vir 'n vergelykende perspektief Braithwaite, 1995:280-281). In die Suid-Afrikaanse konteks is stigma byvoorbeeld uitgesonder as die enkele belangrikste faktor van oorweging wat beide rehabilitasie/gemeenskapsinskakeling (wat nie noodwendig op mekaar volg nie) belemmer of verongeluk (Lötter, 2018:202). Hierdie aspek beïnvloed uiteraard die effektiwiteit en doelgerigtheid van beide rehabilitasieprogramme gedurende gevangesetting en gemeenskapsinskakeling na vrylating. Uggen, Manza & Behrens (2004:277) wys daarop dat hul respondente (almal heroortreders) gevoelens van wrok openbaar met betrekking tot die verwagtings wat hulle gekoester het van die manier waarop die gemeenskap hulle sou behandel ná vrylating en hierdie bevinding wys oortuigend op die verlies van die ongelooflike potensiaal van haalbare herintegrasie vir misdaadweerhouding en rehabilitasie.

    The bitterness underlying these comments shows the flip side of the power of community reintegration: when stigma and rejection are the dominant experience, the potentially restorative benefits of civic participation are lost.

    In die Suid-Afrikaanse konteks betoog Muntingh (2022:6-7) dat een van die belangrikste beweegredes by protesoptredes in korrektiewe sentrums (wat hy onderskei van gevangenisgeweld), die persepsie van onregverdige behandeling of/en gebrek aan legitimiteit is. Hy betoog verder dat alhoewel wetgewing bestaan wat aan oortreders die reg verleen tot spraak en vreedsame protes, die korrektiewe sentrum nie die nodige konteks verskaf waarbinne reg hieraan kan geskied nie, terwyl operasionele prosedures ook inbreuk maak op gevangenes se vermoë om uiting aan hierdie regte te gee (Muntingh, 2022:10). Ander navorsers beklemtoon op hul beurt die rol van negatiewe gevangenisbelewenisse ("prison effects") op gevangenes tydens die uitdiening van hul vonnisse:

    Treating prisoners with contempt and hostility and persistently and systematically casting them as ill-worthy, harms prisoners in complicated and somewhat unexpected ways. Many are psychologically scarred. More reject their rejecters, turn away from conventional society and embrace an outsider, usually a criminal, viewpoint. (Irwin & Owen, 2005:108)

    Rakende die situasie in Suid-Afrika, wys Marqua-Harries, Stewart, & Padayachee (2019:35) daarop dat "[considering] the suffering experienced by many in marginalised and oppressed communities, prison is often an extension of community experience, including a space for gang organisation and networking." Die gevangeniservaring verskerp dus bloot die maatskaplike problematiek van armoede, ongelykheid en geweld. Te midde van 'n desperate soeke na "dit wat werk" deur kriminoloë wat 'n obsessie met die strafgeneigdheid openbaar (Martinson, 2001), het misdaadbeheer as 'n strafopleggingsoefening in 'n grootskaalse nywerheid ontwikkel. Daar kan dus tot 'n mate saamgestem word met Simon (2013) se idee van "governance through crime" (waar misdaad gebruik word as regverdiging vir drakoniese maatreëls) wat die doodsklok gelui het vir die idee van rehabilitasie as 'n maatskaplike ondersteuningsprogram.2 Nietemin is dit terselfdertyd die geval dat, volgens amptelike beleid, beide in Suid-Afrika en wêreldwyd, daar afgewyk behoort te word van drakoniese maatreëls ten gunste van rehabilitasie. Volgens die literatuurstudie word dergelike beleidsrigtings rakende rehabilitasie egter hoofsaaklik op papier nagevolg.3

    Ten slotte verwoord Carlen (2013:101-102) haar betoog teen die voortgesette diskoers ten gunste van die haalbaarheid van rehabilitasie soos volg:

    The concept of rehabilitation, by contrast, has been and still is exclusively focused upon the crimes of the poor and the powerless. It has no relevance to corporate and other powerful criminals posing the most serious criminal risks both locally and globally and very little to the bulk of those presently filling the prisons and who have never had anything to be rehabilitated to.

    Carlen se woorde kan ook op 'n ander manier geïnterpreteer word, naamlik dat om werk te maak van ongelykheid reeds 'n verskil aan misdaadbekamping sal maak. Anders gestel: rehabilitasie kan meer effektief benader word as die kweekaarde vir misdaadpleging, naamlik ongelykheid, daadwerklik getakel en 'n meer integrerend-beskamingskultuur gevestig word. McLaughlin (2010:165) wys daarop dat "[t]he prison plays the crucial function in advanced capitalist societies of warehousing 'surplus populations' and the 'dangerous classes'". In haar klasbewuste lees van misdaadpleging problematiseer Carlen (2013:102) die diskoers oor rehabilitasie vir armes, werkloses en dié sonder heenkome asook die tersaaklikheid daarvan vir misdaadbekamping in die lig daarvan dat die gevaarlikste plaaslike en wêreldwye misdade gepleeg word deur magtige maatskappye en politieke misdadigers wat waarskynlik nooit aan die kaak gestel sal word nie. Hier kom die name wat in die eerste deel van hoofregter Zondo (2022) se verslag oor staatskaping uitgewys is, ter sprake. 'n Ander voorbeeld is die sogenaamde "ransomware"-kapers van Amerikaanse energiebedrywe en ander nywerhede wat veilig vanuit Russiese en/of Chinese en Iranese grondgebied bedrywig is (sogenaamde "criminal safe havens") en wat heel waarskynlik ook deur hul onderskeie regerings beskerm word (Rosenbaum, 2021). Soos uit hierdie waarnemings afgelei kan word, is regverdigheid of billikheid dikwels opvallend afwesig in strafregpleging, en ek wend my vervolgens tot die ondersoek na die gedagte van billikheid soos gewortel in die Suid-Afrikaanse strafregstelsel.

     

    4. Billikheid

    Die gedagte dat geregtigheid of billikheid in ons strafregstelsel verskans is, is wydverspreid en diepliggend. Liebling et al. (2011:209) het die rol van "the uneven experience of unfairness, disrespect and lack of safety" in die hantering van oortreders in korrektiewe sentrums ondersoek en bevind dat die bewustheid van regverdigheid/billikheid in die behandeling van oortreders geneig is om tot 'n afname in gepoogde selfmoordgevalle te lei. Muntingh (2022:6-7) kom tot 'n soortgelyke gevolgtrekking vir toestande in Suid-Afrika en wys daarop dat persepsies van onregverdigheid en onreg tot onrus in ons korrektiewe sentrums lei. Ek benadruk dat ek sonder voorbehoud toegee dat die konsep van rehabilitasie nie sonder meer op enige persoon toegepas kan word wat nie aan misdaad skuldig bevind is nie, want dit is ongrondwetlik (die enigste rede hoekom nie). Ek betoog egter by wyse van analogie dat gewaarwordings van "the uneven experience of unfairness, disrespect and lack of safety" (om Liebling se woorde te gebruik), ongeag of hierdie faktore op gevonnisde of verhoorafwagtende oortreders van toepassing is, uiteraard 'n wesenlike impak op die vooruitsigte van rehabilitasie van gevonnisde oortreders het. Dit is waarskynlik ook nie ver verwyderd van die Regverdige Wêreld-begrip ["Just World" view] wat deur Lerner (1980) gedokumenteer is en waarin hy uitwys dat hierdie idee 'n grondliggende drogbeeld is nie. Hierdie gedagtegang het bygedra tot die verdoeming van armes aangesien dit voorkom asof sodaniges om die een of ander rede die oorsaak van hul eie ongeluk is (Braithwaite, 1992:81, 83; Reiman & Leighton, 2020:177-180), of om die blaam wat op die slagoffer geplaas word, te regverdig (Lerner & Montada, 1998). Aangesien die regspleging 'n tegniese vakrigting gevul met verouderde uitdrukkings is (Wilding, 2023), blyk dit dat in strafregverrigtinge billikheid hoofsaaklik tot wesenlike voordeel van welgesteldes en gesaghebbendes dien (Reiman en Leighton, 2020:177-180). Die betoog is, soos Reiman en Leighton in die voorafgaande verwysing uitwys, dat aangesien welgesteldes en gesaghebbendes vir die beste regslui en -dienste kan betaal, regsleemtes en skuiwergate ("loopholes") ten gunste van hierdie groep uitgebuit (kan en) sal word.

    Ek benadruk drie maniere waarop billikheid hierdie groep bevoordeel,4 naamlik die vermoë om vir tyd te speel (soos in die voorbeeld van voormalige president Jacob Zuma), die vermoë om ongewone benaderings tot regsprobleme te befonds ('n voorbeeld hiervan is die hofsaak van die Nigeriese prediker Timothy Omotoso) en ten slotte, die vermoë om die staat se saak op grondliggende maniere te toets - iets wat nie binne die finansiële vermoëns van minder gegoede beskuldigdes val nie (soos die voorbeeld van die verknoeide verhoor van Fred van der Vyver in die Wes-Kaapse Hooggeregshof getoon het). Vanselfsprekend mag daar oorvleueling wees tussen hierdie drie gevalle.

    Wat Zuma betref, het meer as een verslaggewer (Ferreira, 2021; Lötter, 2021a) al daarop gewys dat hy vir tyd speel in sy korrupsiesaak wat al vir meer as twaalf jaar in behandeling is. In sy nuutste foefie beweer die voormalige president dat die hoofaanklaer in sy saak, Billy Downer, geen titel of aanspraak het om hom te kan vervolg nie, aangesien Downer, aldus Zuma, 'n uitgesproke vervolgingsvooroordeel teen hom as aangeklaagde het. Volgens Zuma is daar 'n onbehoorlike motief teenwoordig omdat Downer kwansuis deur die CIA bestuur sou word, wat beteken dat sy vervolging polities geïnspireer sou wees (Erasmus, 2021; Rabkin 2021). Alhoewel dit algemeen bekend is dat Zuma se vervolging aanvanklik polities geïnspireer was, omdat Thabo Mbeki hom destyds as 'n politieke bedreiging beskou het, beteken dit nie dat daar nie meriete is vir die klagtes teen hom nie. Des te meer sal dit 'n baie moeilike, indien nie onmoontlike, taak wees om te bewys dat Downer se sogenaamde vervolgingsvooroordeel op 'n onregverdige uitslag sal uitloop. Hoe dit ook al sy, Rabkin (2021) het tereg daarop gewys dat die Hoogste Hof van Appèl die vraag of vervolgingsvooroordeel 'n strafsaak op 'n onregverdige uitslag kan laat uitloop, in Porritt v National Director of Public Prosecutions, 'n 2013-saak, onbeantwoord gelaat het (met die veronderstelling dat sodanige vooroordeel wel bewys kan word).

    Ek stem saam met die regskenner, Sibanda (2021): "[I]t is not impossible to secure the disqualification of Downer - but it is not probable." Ek is egter ook van mening dat hierdie aanval op die vervolging se saak 'n moontlike byvertoning is. Die tersaaklike oorweging hier is nietemin dat 'n beskuldigde met die finansiële en politieke rugsteun wat Zuma kan genereer, hierdie regspunt male sonder tal - ad nauseum - kan appelleer as hy sy verhoor in die Pietermaritzburg Hooggeregshof verloor. Daar moet in gedagte gehou word dat Zuma reeds 79 jaar oud is, nie in aanhouding is nie aangesien borgtog aan hom toegestaan is en hy dus duidelik niks het om te verloor met so 'n uitgerekte regstryd nie. Om vir tyd te speel, mag dus vir hom werk.

    'n Ander beskuldigde wat nie die voordeel het om op borgtog vrygelaat te wees gedurende sy strafsaak nie, is Timothy Omotoso, die befaamde Nigeriese prediker wat op ten minste 63 ernstige klagtes teregstaan (tesame met alternatiewe klagformulerings, indien die staat nie daarin kan slaag om al die elemente van die hoofklagtes te bewys nie). Omotoso, wat sedert April 2017 by die St. Albans korrektiewekompleks net buite Port Elizabeth (nou herdoop tot Gqeberha) sonder borg in aanhouding is, en sy twee medebeskuldigdes, Lusanda Sulani en Zukiswa Sitho, staan in die Gqeberha Hooggeregshof tereg op etlike aanklagte van misdade wat wissel van moord tot onsedelike aanranding, mensehandel en rampokkery. Na verloop van drie jaar, in April 2021, beplan Omotoso se regspan om 'n aansoek om 'n wanverhoor aanhangig te maak, aangesien Omotoso van mening is dat een van die aanklaers in sy strafsaak met getuienis ingemeng het in 'n poging om dit te onderdruk (sien Eastern Province Herald (Hartle & Kimberley, 2021)). Alhoewel die Strafprosesregwet 51 van 1977 (soos gewysig) nie as sodanig voorsiening maak vir die verklaring van 'n wanverhoor nie, kan die gemene reg ontwikkel word om sodanige uitslag langs grondwetlike riglyne te bereik. Die verskil tussen Zuma se geval en dié van Omotoso is dat laasgenoemde die onregmatige (selfs onwettige) onderdrukking of selfs verknoeiing van toelaatbare getuienis behels, terwyl die Zuma-kwessie wentel om regmatige vervolgingsywer ["prosecutorial zeal"], wat natuurlik nog steeds getoets sal word deur die ewewigtigheid en die onafhanklikheid van die voorsittende regter of beampte.

    'n Beskuldigde wat wel daarin geslaag het om die staat se saak van voorbedagte moord teen hom af te skiet (al het die staat hernude vervolging geweier) terwyl latere ontleding wel 'n vervolgbare saak teen hom geopenbaar het, is 'n individu genaamd Fred van der Vyver. Hy is aangekla van die grusame moord op sy meisie, Inge Lotz, in haar Stellenbosse woonstel in Maart 2005. Ongeag die meriete van die saak, het die verdediging die prentjie geskets dat dit wil voorkom of die polisie se ondersoekspan so oortuig was van Van der Vyver se aandadigheid aan haar moord, dat hulle uit hul pad gegaan het om sy skuld 'n klinkklare sekerheid te maak (Mollett & Mollet, 2014:39-51; Lötter, 2021a; 2020c:123-124). Een stuk getuienis hou verband met Van der Vyver se vingerafdruk wat op 'n plat DVD-houer op die misdaadtoneel gevind is (en wat Fred dus vierkantig op die toneel sou plaas aangesien Inge op dieselfde middag, 'n paar uur nadat sy die DVD gehuur het, vermoor is), terwyl die verdediging tydens die verhoor met die hulp van deskundige getuies vanuit die Verenigde State en Nederland, daarin geslaag het om te bewys dat die vingerafdruk (en ander sogenaamde opgemaakte of vervalste getuienis) eerder van 'n gebuigde of geronde oppervlak (soos 'n glas) verkry is, wat Van der Vyver uiteraard as 'n verdagte op die misdaadtoneel sou elimineer (Mollett & Mollett, 2014:36). Dit beantwoord egter nie die vraag hoe die ondersoekspan, as hulle wel daarop uit was om Van der Vyver te impliseer, aanvanklik sou weet dat dit Van der Vyver se vingerafdruk was nie.

    Nietemin, 'n ander deskundige wat deur die verdediging uit die Verenigde State ontbied is, ene Bill Bodziak, het met die betoog deur die beskuldigde se regspan saamgestem dat die polisie se bevinding dat dit Van der Vyver se Hi-Tec-skoenafdruk was wat op die bebloede badkamervloer gevind is, 'n algehele vervalsing van die getuienis was (Mollett & Mollett, 2014:147-151). Alles is egter nie soos dit op die oog af lyk nie. Ondanks Van der Vyver se onskuldigbevinding bly daar baie vrae onbeantwoord rondom sy alibi, sy gedrag onmiddellik ná die ontdekking van die moord en sy ongewone verhouding met Inge Lotz (Mollett & Mollett, 2014:180-196). Vir konteks, my betoog is dat die onbillikheid in die regstelsel ingebou is aangesien mense soos Van der Vyver 'n "regverdige" verhoor kan kry omdat hy die geld het om deskundiges uit die buiteland te ontbied terwyl beskuldigdes met kleiner geldelike vermoë nie daardie voordeel het nie. Terwyl daar uiteraard geen sprake van rehabilitasie is as jy onskuldig is nie, is rehabilitasie in hierdie nougesette begrip van die woord egter nie gemik op welgesteldes nie.

    Daar moet toegegee word dat daar 'n sekere mate van oorvleueling tussen Omotoso en Van der Vyver se gevalle is. In laasgenoemde geval het die ondersoekspan oënskynlik uit hul pad gegaan om 'n vals saak teen Van der Vyver op te bou (tot die mate dat die ondersoekbeampte aanspraak daarop gemaak het dat bovermelde Bodziak met hom akkoord gegaan het dat dit Fred se skoenafdruk is wat op die bebloede badkamervloer gevind is, wat Bodziak ontken het), terwyl daar in Omotoso se saak bestaande getuienis onderdruk is; iets wat ook dui op vervalsing van getuienis. Die punt is egter dat ondanks die feit dat Van der Vyver uiteindelik in die Wes-Kaapse Hooggeregshof vrygespreek is, sy regsverdediging hom, of ten minste dan sy pa, nie minder as 9 miljoen rand gekos het nie (Klatzow & Walker, 2010:226), terwyl die belastingbetaler tot onlangs toe nog met lang tande vir Zuma se aansienlike regskoste moes betaal.

    Die gedagtegang wat onderliggend is aan al drie hierdie gevalle van welgestelde of magtige beskuldigdes (Zuma, Omotoso en Van der Vyver), is dat as dit nie was vir hul rykdom of politieke verbintenis nie, sou hulle nie daartoe in staat wees om die fyner nuanses van die strafreg en die grondwet uit te pluis en uit te buit nie. Gevolglik was en is hulle daartoe in staat om die gedagte aan billikheid, wat in die strafregstelsel verskans is, met die hulp van duur regslui te toets. Pierre de Vos (2021), 'n grondwetkundige verbonde aan die Universiteit van Kaapstad, merk in hierdie verband op dat die beskuldigings van regterlike vooroordeel deur ryk en magtige beskuldigdes, soos Zuma en Julius Malema, van alle waarheid ontbloot is, op die volgende gronde:

    While these attacks are clearly self-serving and cynical, they might gain some traction exactly because there is some truth to the accusation that the legal system tends to treat rich people with more deference than anyone else. (beklemtoning verwyder)

    De Vos se siening dra 'n verdere laag van bewuste vooroordeel by tot my siening van onbewuste vooroordeel in die vorm van sogenaamde billikheid, soos verweef in ons strafregstelsel, wat welgesteldes bevoordeel. My betoog is dat een van die strafoogmerke met vonnisoplegging wel rehabilitasie is, terwyl dit ook een van die opdragte van die korrektiewe stelsel is. Die konsep van billikheid moet dan ook hier aangehaak word. Volgens De Haan (1991:208), "what we need is not a better theory of crime, but a more powerful critique of crime". Ons benodig inderdaad 'n beter begrip van watter soort gedrag eintlik misdaad daarstel, wat die nougesetheid van die gemene reg se misdaadomskrywings aansienlik sou kon uitbrei.

    Met verwysing na ongelykheid in Suid-Afrika het die bekende Franse ekonoom Thomas Piketty (2015) gedurende sy onlangse goed bemarkte besoek na Suid-Afrika verwys as synde "at the top of its class". Sowel inkomste- as eiendomsongelykheid het sedert 1994 verdiep, te midde van dalende ekonomiese groei in Suid-Afrika (Orthofer, 2016). Volgens die nuutste syfers van die World Inequality Database (2018) verdien die boonste 1% van die Suid-Afrikaanse werkende bevolking amper 20% van die algehele inkomste in die land, terwyl die boonste 10% ongeveer 65% vir hulself toe-eien. Die oorblywende 90% van Suid-Afrikaanse werkers ontvang slegs 35% van die nasionale inkomste. Wat eiendoms- of besitsongelykheid betref, besit die boonste 1% van die land 'n skokkende 67% van alle bates terwyl die rykste 10% ongeveer 93% besit. Die onderste 90% van die driehoek besit slegs 'n skrale 7% van alle besitsrykdom hier ter plaatse (sien onderstaande grafieke in Figuur 1 en 2). Dit behoort dus geen verrassing te wees nie dat McLaughlin (2010:167) betoog dat "the blindspot of conventional criminology retains its steadfast refusal to research victimisation by the powerful, not least because the state does not recognise nor fund such research".

     

     

     

     

    In hierdie verband is dit insiggewend om daarop te let dat, soos Weiss (1998:429) uitwys, die mees deurlopende ooreenkoms tussen gevangenisstraf en ongelykheid (nie tussen misdaad en gevangenisstraf of selfs tussen misdaad en werkloosheid nie) geleë is in die verspreiding van inkomste en eiendom in 'n gemeenskap (soos die Nederlandse en Japannese ervaring, en dié in Pole voor 1990, getoon het). In hierdie bydrae besin ek oor hoe die sogenaamde "war on crime" (Wacquant, 2013:576) op die drumpel van die 21ste eeu 'n invloed gehad het op ons begrip van misdaad en die aanvaarde doeltreffendheid van die rehabilitasieparadigma in Suid-Afrikaanse korrektiewe sentrums.

    Maar regsaanspreeklikheid wat volg op 'n billike en regverdige verhoor is nie die enigste faktor wat 'n mens se kans om opsluiting ["imprisonment"] vry te spring, bepaal nie. Die verraderlike verskynsel van die gevangenis-industriële kompleks ("prison-industrial complex") het die kwesbare verband tussen misdaad en gevangenisstraf uitgewys en ek oorweeg vervolgens kortliks hierdie kwessie.

     

    5. Die gevangenis-industriële kompleks (GIK)

    Die idee van die hervorming of gebruiksverandering van die gevangenis van sy "geskiedkundige regverdigings" na 'n besigheidsmodel is nêrens in groter mate sigbaar nie as by die verskynsel wat bekend staan as die gevangenis-industriële kompleks (GIK, of Eng. "prison-industrial complex" [PIC]). Mary Bosworth (2010:169), hoogleraar aan die Instituut vir Kriminologie aan die Universiteit van Cambridge en voormalige hoofredakteur van die Britse tydskrif Theoretical Criminology, doen die volgende aan die hand:

    [W]hile prisons have always been used to control the poor and the disorderly, the extent to which incarceration in the 1990s became divorced from any of its historical justifications for justice, crime reduction or rehabilitation is remarkable.

    Met hierdie stelling as uitgangspunt, omskryf Schlosser (1998) die GIK as "a set of bureaucratic, political, and economic interests that encourage increased spending on imprisonment, regardless of the actual need". Dit is egter ook so dat die Suid-Afrikaanse model moeilik met dié van die Verenigde State vergelyk kan word aangesien daar net twee private gevangenisse in Suid-Afrika is wat slegs 'n fraksie van die totale gevangenisbevolking huisves. Hierdie oorweging is egter nie die enigste aanduiding van die gevolgtrekking dat 'n GIK hier ter plaatse wortel geskiet het nie. Hierdie misbruik gerig op winsbejag "regardless of the actual need,"5 soos Schlosser dit stel, is deurslaggewend vir die ontplooiing van die belangrike eienskappe van die GIK (Agrizzi & Mitchell, 2020; Basson, 2019; Lötter, 2020b; Styan & Vecchiatto, 2019).

    Davis (2005:37-38) verduidelik dan ook waarom ons nie 'n rat voor die oë gedraai moet word deur die ideologiese breinspoeling dat strafoplegging (noodwendig) op misdaadpleging moet volg nie:

    What I have tried to do - together with many other public intellectuals, activists, scholars

    - is to encourage people to think about the possibility that punishment may be the consequence of other forces and not the inevitable consequence of the commission of crime. (my beklemtoning)

    Een manier om Davis se argument te verstaan, is om te dink aan die mense wat daarin slaag om die gevangenis te omseil bloot omdat hulle (soos byvoorbeeld Zuma en Van der Vyver) dit kan bekostig om die knapste regslui te huur. Ons moet ook nie geflous word deur die gedagte dat die GIK 'n hoofsaaklik Amerikaanse verskynsel is nie. Daar is sonder twyfel duidelik aangetoon dat die GIK 'n besliste teenwoordigheid in Suid-Afrika het (Lötter, 2020b). Ter verheldering kan daarop gewys word dat behalwe vir die deeglik begronde aantygings van tenderbedrog en omkopery oor 'n tydperk van ten minste 15 jaar, wat miljarde rande beloop (Quintal, 2019), die Bosasa-maatskappyegroep 'n bose ooreenkoms met bepaalde hooggeplaaste beamptes binne die DKD bereik het. In terme hiervan is 'n kunsmatig gevormde fiskale borrel op bedrieglike wyse geskep met die oogmerk dat sogenaamde oortollige fondse aan die einde van die finansiële jaar beskikbaar gestel word vir besteding aan onsinnige projekte (wat ook dan bekend staan as fiskale storting (Seleka, 2019).

    Hierdie sinnelose uitgawes (byvoorbeeld vir televisies en spyseniering) is aangegaan ondanks die feit dat die DKD 'n reeks ernstige uitdagings in die gesig staar (instandhouding, personeeltekorte, plae, aansteeklike siektes, ens.) waarvoor daar weinig geld beskikbaar is (Makou, Skosana & Hopkins, 2017). Hierdie verskynsel van tenderbedrog en die onregmatige besteding van belastingbetalers se geld in die Departement se besigheidsbedrywighede met Bosasa, dui onomwonde daarop dat, soos Styan en Vecchiatto (2019:50) uitwys, "money was not being used by the Department for the programmes it was intended for". Projekte wat dringende aandag benodig het, is eenvoudig op die lange baan geskuif en onregmatig afgeskeep ten einde befondsing aan derdeparty-verskaffers (Bosasa) beskikbaar te kon stel - wat inderdaad ook die oogmerk van die tenderbedrogproeflopie was (Special Investigation Unit, 2009).

    'n Besonder doeltreffende wyse waarop die GIK voortdurend aangeblaas word, is die wrede proses van die hersirkulering van vrygelate gevangenes. In die ongenaakbare omgewing van hardestigmatiserende beskamingskulture word hierdie geringgeskatte en kwesbare groep uitgeslotenes gedryf tot heroortreding as gevolg van die minimale werks- en lewensvoor-uitsiggeleenthede tot hul beskikking (Lötter, 2018:263-267).

    Reiman en Leighton (2020:170) verwys as volg na hierdie verskynsel as "a multi-billion-dollar industry [having] a powerful economic interest in maintaining existing harsh policies". In die Suid-Afrikaanse konteks is daar byvoorbeeld betoog dat die oneindige hersirkulering van oortreders wat hierdie verskynsel bemagtig, binne ons fel stigmatiserend-beskamings-kultuur die gedagte aan rehabilitasie onsinnig maak (Lötter, 2020b). Crouch (2004:4) het sy stem tot hierdie debat gevoeg deur na hierdie tydvak as die sogenaamde "na-demokratiese tydperk" ["post-democracy era"] te verwys, synde 'n "spectacle of the electoral game, [where] politics is really shaped in private by interaction between elected governments and elites that overwhelmingly represent business interests". Crouch se gedagtegang beaam dié van Chomsky (2021), wat demokrasie as 'n drogbeeld bestempel het. Alexander (2012:95-96) verklaar op haar beurt hierdie verskynsel as 'n "disturbing phenomenon of people cycling in and out of prison, trapped by their second-class status." In die Suid-Afrikaanse konteks, soos hier bo aangedui, vind hierdie onheilsame gemeenskaplike verskynsel eweneens toepassing (Lötter, 2018:263-266).

    Alexander se vertrekpunt is deur Lewin (1997) bevestig met sy ondersoek na "force field theory" met die oog op institusionele verandering (waar hy aantoon dat gebruik van rasionele oorwegings nie genoeg is om verandering teweeg te bring nie). Haar sienswyse word ook onderskraag deur Festinger (1957) se begrip kognitiewe miskenning ("cognitive dissonance").

    Inderdaad, die stigmatisering, diskriminasie en geringskatting van voormalige gevangenes6is een van die beste verklarings vir die hoë en onhoudbare heroortredingsyfers (Braithwaite, 1989:20, 100; Lötter, 2018:264). Die uiteinde van die gedurige hersirkulering van vrygelate gevangenes is dat die heroortredingsyfer in die Verenigde State oploop tot 67% (Geiger, 2006:1197) terwyl die syfer in Suid-Afrika selfs tussen 86 en 94% lê, wat beslis een van die hoogste syfers in die wêreld is (Cronje, 2017:23; Murhula & Singh, 2019; Pierce & Kiewit, 2020). Die feit moet egter beklemtoon word dat daar geen onweerlegbare inligting plaaslik bestaan om die presiese heroortredingskoers te bevestig nie, maar hierdie syfers gee wel 'n aanduiding van hoe groot en wesenlik die probleem is. Die groot belang wat kriminologie aan die probleem van heroortreding heg, iets wat bepaald deur ons kultuur aangeblaas word, is duidelik uit Carlen (2005b:422) se waarneming dat daarna verwys word as "the penologist's stone".

    'n Mens wil jou amper verstout om te vra of Jan Alleman daarop geregtig is om deur stigmatiserende gedrag vrygelate oortreders se deur-die-hof opgelegde vonnis (waar die straf reeds uitgedien is) ongehinderd en sonder omhaal te kan verleng. Ek betoog dat hierdie verskynsel 'n gewaarwording verteenwoordig van die terugkeer van die onderdrukte pleidooi, soos deur onder andere Freud (1968) voorspel is, wat dan ook oortuigend deur Zizek (2008) in sy boek In defense of lost causes nagespeur word. Die kwessies van stigmatisering, heroortreding en die teenwoordigheid van die GIK in Suid-Afrika is "inter-dependent and inter-linked" aangesien hierdie kenmerke mekaar wedersyds ondersteun (Lötter, 2020b:18). Hiervolgens het Suid-Afrika een van die hoogste heroortredingsyfers in die wêreld, gegewe die konteks van gevangenisstraf as ons oorwegende straftoemetingsparadigma, gepaardgaande met 'n fel stigmatiserende beskamingskultuur.

    Terselfdertyd kan die kwelpunt geopper word dat die stelling van Zuma om homself gereed te verklaar om gevangenisstraf uit te dien al is hy (volgens hom) onskuldig aan enige misdryf, uiters ironies is, gesien in die lig van die feit dat hy Bosasa bemagtig het om die gevangenis as 'n maatskaplike verskynsel in 'n florerende besigheidsmodel te omskep (Lötter, 2020b). Die Bosasa-verskynsel het die gevangenis langs ander weë omvorm tot 'n kreatiewe besigheidsinisiatief - om Clausewitz te herformuleer (sien Lötter, 2018:51). Teen hierdie agtergrond moet die staat se wysigings aan wetgewing soos die Strafregswysigingswet 105 van 1997 en die inwerkingstelling van die Strafproseswysigingswet 8 van 2013, welke wetgewing minimum gevangenisstrawwe7 voorskryf, met 'n lepel gesonde skeptisisme oorweeg word.

    McLaughlin (2010:165) betoog eweneens dat "[t]hese particular commercial enterprises have a built in 'growth dynamic' because they have a vested interest in seeing the problem of crime growing". So ook wys Christie (2017:4) met groot kommer daarop dat regerings die misdaadbeheernywerheid kan uitbuit om outoritêre optrede te regverdig. Uit die bespreking van die GIK onder hierdie afdeling blyk dit gemene saak te wees dat mense in korrektiewe sentrums beland vir meervoudige redes en nie net omdat hulle misdaad "gepleeg" het nie.

    Albei hierdie oorwegings - die uitbuiting van billikheid ten einde die rykes te bevoordeel asook die omskepping van die gevangenis tot besigheidsmodel - sluit nou aan by Carlen (2013) se gedagtegang dat die rehabilitasieparadigma by strafoplegging uitgediend is. In hierdie bydrae redeneer ek dat haar insiggewende gesigspunt merkwaardige toepassing in Suid-Afrika vind.

    Die toepassing van Reiman en Leighton (2020) en Box (2013) se argumente val binne die bestek van die hoofargument, naamlik die hervorming van rehabilitasie, al is dit net ten dele, en ek verwys dus net vlugtig na die breë strekking van hul redenasie, wat oorvleuelend van aard is. Die verband tussen hierdie twee skakels in die ketting en die oorhoofse doel van hierdie betoog is die verskynsel dat voorkombare ongelykhede wat in ons strafregstelsel ingebou is, minstens gedeeltelik verantwoordelik is vir die mislukking van ons rehabilitasie-paradigma en -praktyke. Die tersaaklike gevalle is die vermoë om vir tyd te speel (Zuma), die vermoë om ongewone benaderings tot regsprobleme te ontgin (Omotoso) en toegang tot die finansiële spierkrag om die staat se saak op grondliggende maniere te toets (Van der Vyver). Ek gee sonder voorbehoud toe dat die blaam vir heroortreding uiteraard nie geheel en al aan die gebreke van rehabilitasiepraktyke toegeskryf kan word nie, en die strekking van die hoofargument is dan ook dat ongunstige sosio-ekonomiese faktore hervorming tot 'n groot mate ongedaan maak. Tersaaklike voorbeelde hier is die ontsaglike inkomste- en besitsonge-lykheid in Suid-Afrika (Orthofer, 2016; Piketty, 2015), ons fel stigmatiserende beskamings-kultuur (Muntingh, 2002:22; Ngabonziza & Singh 2012:99; Lötter, 2018:19-22, 31, 38, 42, 160-161, 231-232, 259, 264-266, 269-273; 2020b) en 'n onwilligheid om in vrygelate gevangenes se basiese menslike behoeftes te voorsien (Lötter, 2021c), uiteraard 'n bron van konflik wat tot heroortreding aanleiding kan en sal gee (Braithwaite, 1989:20, 61, 100, 102; Lötter, 2018:264).

    Alhoewel 'n pyrrhusoorwinning verwys na 'n oorwinning wat teen so 'n geweldige prys behaal word dat die uitslag neerkom op 'n skynoorwinning, betoog Reiman en Leighton (2020:166-171) dat 'n pyrrhusnederlaag tekenend is van 'n nederlaag wat slegs teoreties is, aangesien die resultaat die eintlike doelwit van die oefening was. So vind die demonisering van die uitgeslotenes as synde kriminogenies toepassing binne hierdie konteks, aangesien dit die nuttige doel dien om die aandag van staatsmisdade of dié van die staat se korporatiewe bondgenote af te lei (Reiman & Leighton, 2020:177-180). Box (2013:292-293) doen op sy beurt aan die hand dat sommige groepe groter voordeel trek uit die begripsformulering van misdade as ander. Hy betoog in die besonder dat die strafregtelike definisies van misdade soos moord, diefstal en ander ernstige misdade teen 'n persoon en eiendom op so 'n manier geformuleer word dat dit soortgelyke en selfs ernstiger wangedrag uitsluit, terwyl laasgenoemde in groter waarskynlikheid deur welgesteldes en invloedrykes gepleeg sal word. Oorweeg byvoorbeeld Hall (1988) se ontleding van die gemeenregtelike misdaad man-op-vrou-verkragting as synde "instrument, orifice and gender-specific" en dus 'n patriargale definisie.

    Box (2013:297) se betoog, in ooreenstemming met die menings van Reiman en Leighton (2020), kom tot die slotsom dat misdaad noodwendig 'n maatskaplike (Quinney, 2008) en ideologiese samestelling is, in die sin dat sogenaamde konvensionele misdrywe nie verteenwoordigend is van die gedrag wat, objektief gesproke, ons gemeenskap die grootste skade berokken nie. Die resultaat hiervan is dat die mag om te kriminaliseer baie meer kragdadig is as maatskaplike beheerstrategieë.

    Ek is van mening dat Carlen se gedagtegang oor die uitgediendheid van die rehabili-tasieparadigma inderdaad van toepassing is op die Suid-Afrikaanse milieu. Dit dien 'n nuttige, hoewel onsinnige ideologiese doel om die aandag op sodanige "konvensionele misdaad" te vestig, soos Box oortuigend aangetoon het met sy standpunt aangaande die versluiering van misdaad. Dit is egter wel so dat konvensionele misdrywe grootliks deur die uitgeslotenes en lae werkerstand gepleeg word aangesien hul meer geneig is om misdade van oorlewing te pleeg, anders as wat die geval is met oortreders wat welvarend is (Braithwaite, 1992:81, 83). As sodanig is die begrip billikheid byvoorbeeld aangepas om welgesteldes en dié wat mag uitoefen, te bevoordeel, en veral om die aandag van hulle verreikende misdade af te lei. Hierdie tendens word verder versterk deur die aanwesigheid van die gevangenis-industriële kompleks as 'n besigheidsmodel. Die bestaan van Suid-Afrika se fel stigmatiserende beskamingskultuur beteken dat die rehabilitasie-ideaal nie veel kans het om vatplek te kry nie en dat vrygelate gevangenes uiteraard die neiging het om op heroortreding terug te val. Op hierdie wyse floreer die gevangenis dus. Die uitdruklike doel hiervan is dat die sogenaamde stryd teen misdaad net effektief genoeg moet wees ten einde (om 'n aantal redes) te faal, soos treffend verduidelik word deur Reiman en Leighton se teorie oor die sogenaamde pyrrhusnederlaag. Voor ek my wend tot 'n bespreking van die voorafgaande literatuurstudie, ontbreek een belangrike skakel van die ketting nog, naamlik 'n oorsig van die Departement Korrektiewe Dienste se rehabilitasiebeleid en praktyke. Ek wend my vervolgens tot sodanige oorsig.

     

    6. 'n Oorsig van die Departement Korrektiewe Dienste se rehabilitasiebeleid en praktyke

    Die doel van hierdie oorsig, toegespits op die afgelope 5 of 6 jaar, is om te fokus op die problematiek van rehabilitasiebeleid en -praktyke en sodoende te poog om die bestaande rehabilitasieparadigma te beïnvloed.

    In 1998 het DKD 'n paradigmaverskuiwing ondergaan, wat die soeke na herstellende geregtigheid ("restorative justice") insluit (Snyman, 2019), waarvolgens die korrektiewe sentrum of gevangenis van 'n suiwer vergeldingsinrigting na 'n gedeeltelik rehabilitasie-gesentreerde sentrum moes verander (Du Plessis & Lombard, 2018; Department of Correctional Services, 2005). Die navorsingsbevinding was dat die gebruik van sogenaamde eenheidsbestuur ("unit management") binne die Departement groter sukses sal behaal om hervormingspraktyke aan te moedig as meer befondsing (wat menslike hulpbronne soos die aanstelling van verdere professionele personeel insluit), beter infrastruktuur en opgeskerpte werksopleiding vir oortreders gevind kan word (Du Plessis & Lombard, 2018). Dit is juis die gebrek aan behoorlike befondsing en menslike hulpbronne wat Du Plessis (2018) in haar proefskrif tot die gevolgtrekking noop dat gevangenispersoneel 'n negatiewe gewaarwording van eenheidsbestuur het, aangesien dit nie tot die maksimum vlak benut kan word nie en dus nie die oortreder se sogenaamde Offender Rehabilitation Path (ORP) doeltreffend kan beïnvloed nie. Masina (2019) het op sy beurt ook bevind dat ondanks die belofte wat hierdie tipe beheer inhou, dergelike inisiatiewe as 'n mislukking bestempel moet word as gevolg van die gebrek aan behoorlike opleiding van korrektiewe personeel of beamptes in die gebruik daarvan en geringe belangstelling van die bestuurspan. Daar is dus ruimte vir verbetering wat die Departement se rehabilitasiemandaat betref.

    Terwyl Musekwa (2019) rapporteer dat oortreders oor die algemeen voel dat rehabilitasieprogramme hulle in die steek laat en nie daarin slaag om hul optrede positief te beïnvloed nie, is rehabilitasietussentrede egter oor die algemeen tog bevind as 'n faktor wat kriminele weerhoudingsvaardighede aanmoedig. Tollman en Spies (2021) betoog byvoorbeeld dat waar geestesgesondheid as 'n komponent van die rehabilitasietussentrede bevoordeel word, sodanige voorkeur positiewe resultate oplewer. Nqoko (2019) doen ook in dieselfde trant aan die hand dat geloofsgegronde rehabilitasieprogramme 'n belangrike instrument is om oortreders met hul gesinne te versoen ten einde samehorigheid te vestig, en dat die geestelike onderbou by dié pogings 'n wesenlike bydrae tot morele oplewing in die konteks van hervorming is. Pretorius (2018) kom tot dieselfde gevolgtrekking en dui aan dat geloofsgegronde rehabilitasieprogramme wat op geestelike en morele transformasie gemik is, positiewe gevolge inhou. Hy maan egter ook, soos ander navorsers voor en na hom, dat beperkte menslike hulpbronne die soeke na doeltreffender rehabilitasie kniehalter. Snyman (2019) wys daarop dat daar 'n behoefte bestaan dat gevangenispersoneel opgelei moet word ten einde meer proaktief tot die rehabilitasiepoging te kan bydra. Potelwa en Adu (2020) se bevindinge is soortgelyk. Onderrig in beeldende kunste laat vroulike oortreders byvoorbeeld toe om van negatiewe emosies en ontstellende ervarings agter die tralies te ontsnap weens die geleentheid om hulself deur kuns te kan uitdruk, en daardeur selfdissiplinering en persoonlike transformasie te ondervind. Daar is gevind dat selfs iets eenvoudigs soos die aanmoediging van leesaktiwiteite as 'n effektiewe rehabilitasieinstrument ingespan kan word (Nelani, 2020).

    In 'n ondersoek van geleefde ervarings op die lewenspad ["pathways & lived experiences"] van 'n unieke oortrederbevolking, naamlik vroulike misdadigers wat gestraf is weens oneerlikheid, doen Mostert, Hesselink en Dastile (2021) aan die hand dat persoonlikheidsge-breke soos onder andere beperkte insig, swak besluitnemingsvaardighede en ingeperkte selfbeeldervaring bygedra het tot hul oortredings. Uiteraard val hierdie bepaalde problematiek buite die bestek van die Departement se rehabilitasiemandaat. Marqua-Harries, Stewart en Padayachee (2019:36) betoog in hierdie verband dat aangesien die meerderheid van jeugdige oortreders reeds onderworpe was aan heelparty traumas, versprei oor 'n aantal scenario's, voordat hulle kennis gemaak het met die strafregstelsel, hulle aanbeveel dat die stelsel "[be] re-conceptualised such that its foundation is trauma-informed and restorative justice-infused". Die Departement is egter nie heeltemal vry van aanspreeklikheid nie. Nkosi (2018) betoog dat 'n pakhuisbenadering tot opsluiting, tesame met uitdagings soos korrupsie, verdere traumas, geweld en bendeaktiwiteite, hervorming in 'n groot sentrum soos Durban-Westville amper onmoontlik maak, aangesien dit hierdie ruimtes onveilig maak en dus rehabilitasie negatief beïnvloed. Op soortgelyke wyse redeneer Miselo en Mutereko (2019) dat, aangesien kenners saamstem dat toegang tot na-sekondêre onderrig (sogenaamde "Post-Secondary Correctional Education" of PSCE) grondliggend is tot die vermindering van heroortreding en 'n positiewe invloed daarop het, daar tog gewigtige probleemareas uitgelig kan word. Negatiewe faktore wat ondervind word, is finansiële beperkinge op geleenthede om te studeer, 'n pakhuisbenadering van oortreders wat studeersessies belemmer, en gevangenispersoneel wat toegang tot leerbronne, soos boeke en internettoegang, beperk. Miselo (2018) bevestig op haar beurt dat toegang tot tersiêre onderrig oortreders se kanse op indiensneming na vrylating verbeter en, selfs belangriker, ook hul kinders se kanse op beter opleiding verhoog, wat terselfdertyd die bose sirkel van misdaad wat dikwels oorgedra word na die volgende geslag 'n nekslag sou toedien. Sy maan egter dat die Departement nie genoeg doen om hierdie ruimte toeganklik en aantreklik vir oortreders te maak nie. Mabeba (2018) se ondersoek vind hierby aansluiting. Hy het bevind dat oortreders se persepsie van hervorming van negatief na positief verander het ná die voltooiing van rehabilitasieprogramme en dat dit sodoende nie net heroortreding verminder het nie, maar selfs oortreders se kanse op werksgeleenthede ná vrylating verbeter het. Mmutlane (2019:265-267) dui aan dat die kriminologiese risiko's en behoeftes van buitelandse oortreders in Suid-Afrikaanse gevangenisse aansienlik verskil van dié van Suid-Afrikaners. Aangesien hulle ná paroolgoedkeuring na hul lande van oorsprong gedeporteer word, is hulle in effek bevry van hul paroolbeperkings en keer dikwels binne 'n paar dae onwettig terug na Suid-Afrika. Vezi (2021) doen dan ook met reg aan die hand dat rehabilitasieprogramme voordele vir oortreder, slagoffer en die gemeenskap in die algemeen inhou en dat hervorming belangrik is vir openbare veiligheid en risikobeheer. Dit is natuurlik so dat dienste soos goeie gehalte onderwys en gesondheidsorg ver buite die bestek van die Departement van Korrektiewe Dienste se mandaat val. Ek erken hiermee die waarde van 'n meer genuanseerde benadering tot die problematiek van hervorming, ten minste in Suid-Afrika.

    Die vraag ontstaan of daar 'n wesenlike alternatief tot gevangenisstraf bestaan. Marqua-Harries, Stewart en Padayachee (2019:36) wys op die waarde van gemeenskaps-tussentrede (veral gemeenskapstrawwe soos gemeenskapsdiens - ek dink byvoorbeeld aan plaaslike paaie in dorpe en stede wat opknapping benodig) as 'n alternatief vir direkte gevangenisstraf, wat volgens hulle as 'n heel laaste opsie beskou moet word. Ek stem heelhartig met hul voorstel saam. In die lig van die inheemse tradisie van ubuntu (samehorigheid), sou gemeenskapsdiens in die Afrikakonteks, soos Padayachee en NICRO (2018:33) uitwys, waarskynlik 'n meer gepaste sanksie as gevangenisstraf wees. 'n Ander nuttige idee is die gedagte aan "oop gevangenisse" (Padayachee & NICRO, 2018:34), want deur "oortreders met vertroue en verantwoordelikheid by hul eie hervorming en hervestiging te betrek, verteenwoordig 'n belangrike bousteen in hierdie hervormingspoging (Lötter, 2019:502-503). Hier te lande is daar reeds minimum sekuriteitsfasiliteite op plekke soos byvoorbeeld Leeuwkop.8

    Gegewe Suid-Afrika se konserwatiewe opset, en die hoë vlakke van misdaad waaraan die inwoners elke dag blootgestel is, kan daar seker aanvaar word dat enige wesenlike alternatief tot gevangenisstraf met wantroue bejeën sal word, en die idee van oop gevangenisse is sekerlik meer verteerbaar as ander alternatiewe (Lötter, 2021c:1245).

    Teen die agtergrond van die bespreking van hierdie vyf tendense tot misdaadbeheer (of gebrek aan beheer) en 'n oorsig van die Departement Korrektiewe Dienste se rehabilitasiebeleid en -praktyke, oorweeg ek hierna die implikasies daarvan met die oog op ontluikende beleidsformulering.

     

    7. Bespreking van voorafgaande literatuurstudie

    Ek baseer my betoog op twaalf oorwegings met die oog op 'n gevolgtrekking.

    1. Die waarde van 'n genuanseerde benadering tot rehabilitasiebeleid en -praktyke blyk duidelik uit die voorafgaande literatuurstudie. Terwyl heelwat rehabilitasieprogramme binne DKD wel sukses blyk te behaal, is daar ruimte vir verbetering. Derhalwe is meer effektiewe gebruik van eenheidsbestuur en beter opleiding van personeel uitgewys as probleemareas wat aandag moet geniet.

    2. Gevangenisstraf moet versag word om ruimte te laat vir ander opsies wat kan help om die meer onaanvaarbare gevolge daarvan (soos die pakhuisbenadering, bende-bedrywighede en geweld) te besweer. Ek verwys hier na gemeenskapsdiens en oop gevangenisse as werkbare alternatiewe tot gevangenisstraf.

    3. Die neiging van politici om op 'n "tough on crime"-platform stemme te werf in sowel Suid-Afrika as die Verenigde State (oftewel "governing through crime" (Simon, 2013:540)), beliggaam 'n beleidsformulering wat uitdruklik poog om 'n doel te bereik (oënskynlik misdaadbeheer) deur die maatskaplike verspreiding van lyding en ontbering in die algemene gemeenskap. Volgens hierdie gedagte word sodanige doelwit bereik deur duurder weë te volg (howe, gevangenisse, regsverrigtinge) as wat andersins die geval sou wees met holistiese en meer gesonde gemeenskaps-bouprojekte. Die skakel tussen die gemeenskapsbouprojekte en rehabilitasie is dat eersgenoemde misdaad sal bekamp en selfs sal voorkom. Voorbeelde is goed bestuurde nauurse biblioteekdienste en die aanbieding van laataand sokker- en ander sportsoorte.

    4. Marqua-Harries, Stewart en Padayachee (2019:35) se uitspraak dat die gevangenis gefaal het in sy taak om die publiek veilig(er) te hou, behoort nie sonder teenspraak aanvaar te word nie, aangesien, soos ek hier bo betoog het, sosio-ekonomiese toestande wat tot misdaad aanleiding gee, buite die kader van DKD se mandaat val. Hierdie waarneming moet ons egter noop om die vanselfsprekende vraag te stel, naamlik hoekom hierdie weg gekies word terwyl ander, meer vrugbare weë (gemeenskapsdiens, oop korrektiewe sentrums en verbetering van swak sosio-ekonomiese toestande) beskikbaar is. Die antwoord lê deels in die hokslaan van die najaag van gevestigde belange ten koste van die openbare belang. Die rehabilitasieprentjie in Suid-Afrika is dus sowel ingewikkeld as veelvlakkig.

    5. Die drakoniese gebruik om deur misdaad te regeer (soos deur Simon (2013) uitgewys is) loop die gevaar om die ondersteuning van groot dele van die gemeenskap te verloor, wat eerder vooruitstrewende beleid vir maatskaplike verandering bepleit as onkritiese ideologiese breinspoeling, soos meer befondsing vir die polisie, wat juis die status quo in stand hou (Alexander, 2012; Carlen, 2013; Sway, 2022). Gegewe die stygende vlakke van misdaad is die huidige oproep vanaf die publiek egter vir selfs groter drakoniese optrede.9 Voetsoolinisiatiewe as betekenisvolle tussentrede om die gemeenskap te herbou, is dan ook die gesigspunt van San Francisco se nuwe swart vroulike burgemeester, London Breed (Sway, 2022).

    6. Die verskynsel van die gevangenis-industriële kompleks op Suid-Afrikaanse bodem (Lötter, 2020b), komende van sy Amerikaanse broeikas, is nog 'n sprekende voorbeeld van 'n neiging ter plaatse wat die rehabilitasieparadigma aansienlik verswak het. Die gewaarwording van die onderskeid tussen "ons" en "hulle" in terme van die hoofstroomgemeenskap teenoor sy misdaadbodem ["criminal underbelly"] het, al is dit net ten dele, duidelik die geloofwaardigheid van die rehabilitasieparadigma skade aangedoen weens die groeiende besef dat mense nie bloot agter tralies beland omdat hul iets verkeerd gedoen het nie, maar dikwels as gevolg van ander nie-regsoorwegings (Davis, 2005:37-38). Hierdie stelling kan verder verduidelik word aan die hand van die stigmatisering en marginalisering van vrygelate gevangenes wat weens hul uitsluiting van die hoofstroomgemeenskap en -ekonomie, ondanks voornemens van rehabilitasie, na die misdaadonderbuik teruggedwing word ten einde ekonomies te kan oorleef (Alexander, 2012:95-96; 2020; Geiger, 2006; Lötter, 2018:247, 259, 261-264, 266, 268; 2020a).

    7. Nog 'n belangrike kwessie wat die betekenisvolheid van rehabilitasiepogings ernstig belemmer, is die diskriminasie, stigmatisering en geringskatting van voormalige oortreders in hardestigmatiserende beskamingskulture. Vir hierdie groep gestigmatiseerdes, ondanks die rehabilitasieretoriek waarmee hulle gedurende hul gevangenisverblyf te make gehad het, is herintegrasie 'n skrale moontlikheid, en uitsluiting (selfs buite die gevangenishekke) 'n onafwendbare werklikheid (Alexander, 2012, 2020; Geiger, 2006; Lötter, 2018, 2020a). Hiermee gee ek wel toe dat 'n minderheid van geharde misdadigers ook ons onhoudbare heroortredingsyfers hoog hou, maar dit alleen kan nie alles verduidelik nie. Ons moet aanvaar dat ons hardestigmatiseringskultuur ook 'n wesenlike rol speel.

    8. Die neiging van regerings om in die 21ste eeu 'n meer verbruikersvriendelike ruimte vir die vryemarkekonomie te skep, het letterlik, al is dit net ten dele, daartoe gelei dat 'n verhoogde afwaartse druk op swak betaalde werksgeleenthede (in besonder by stukwerk en deeltydse werk) opgebou het, terwyl daar terselfdertyd ook verdere druk geplaas is op die reeds onhoudbare behuisingskrisis, veral onder lae-inkomste-groepe. Soos Currie (2013) uitwys, word maatskaplike welsynsubsidies van dié met die grootste geldbehoefte onttrek terwyl goed-besoldigde werk, gesinsamehorigheid en behuisingsmoontlikhede terselfdertyd uitgewis word. In die besonder betoog Currie (2013:292-293) dat ons oorweging moet skenk aan die volgende:

    ... the market economy's tendency to weaken and erode the alternative political means by which those who are victimized by destructive social and economic policies might express their frustration and their desperation in transformative rather than in predatory ways.

    Op hierdie subtiele wyse mag demokrasie skade ly as gevolg van die impak van sogenaamde ruimteapartheid ("spatial apartheid"). Die verdiepende afgrond tussen ryk en arm, wat weliswaar nie meer op ras geskoei is nie, gaan groter klem ontvang soos die eeu verder ontvou en sal dus indirek die rehabilitasie-ideaal beïnvloed.

    9. Soos kundiges soos Angela Davis (2005:38) uitwys, het die verwagting dat maat-skaplike kwelpunte met behulp van die gevangenis opgelos sal word, tot gevolg gehad dat fondse aan die gevangenis-industrie eerder as aan gemeenskapsontwik-keling toegewys is. Dit beteken dat die skep van geleenthede wat mense in staat sal stel om meer bevredigende lewens te lei, soos beter onderwys, instandhouding van paaie, gesondheid of werksverskaffingsprogramme, uiteraard verwaarloos word. Hierdie argument is egter slegs deels waar in die Suid-Afrikaanse konteks aangesien onderwys voorkeur kry in die begroting en daar ook nie meer geld op die gevangenisindustriële aspek bestee word as op gemeenskapsontwikkeling nie. Ek betoog dus dat die rehabilitasie-ideaal tot 'n mate uiterlike vertoon ["window dressing"] vir een van die hersiene oogmerke van die gevangenis is, naamlik die najaag van wins via nuwe roetes, al is die winsfaktor vir Suid-Afrika derhalwe laag, anders as groot private industrieë soos in die VSA, Brittanje, en selfs Australië. Hierdie gesigspunt sluit aan by die idee wat ek hier bo ontwikkel het, naamlik dat rehabilitasie uiteraard nasorg is en dat baie van die faktore wat deel vorm van 'n goeie sosio-ekonomiese omgewing buite die raamwerk van DKD se rehabilitasiemandaat val.

    10. Ons onaanvaarbaar hoë vlakke van beide inkomste- en besitsongelykheid het geweldsmisdaad aansienlik aangeblaas (Kriegler, 2018; Lötter, 2021b). Soos Simon (2013:541) dan ook tereg betoog, het die verskynsel van opsluiting (teenoor die alternatief van gemeenskapsdiens) die moontlikheid van 'n uiteindelike terugkeer na "alternative economy[ies] of power (like work, but also including family and community-building activities)" bykans onmoontlik gemaak. In hierdie opsig vind Carlen se betoog wel deels toepassing aangesien heelwat maatskaplike euwels vanuit regeringsweë aangespreek kan en behoort te word. Tradisioneel sal geweldsmisdaad veroorsaak deur inkomste- en/of besit-ongelykheid aanleiding gee tot ekonomiese misdade en dit is presies wat Kriegler (2018) aandui die geval in Suid-Afrika skyn te wees weens ons onbehoorlike hoë vlakke van ekonomiese ongelykheid.

    11. Wat is die verband tussen die uitgediendheid van die rehabilitasie-ideaal (ondanks sy voortlewing in amptelike diskoers) in die 21ste eeu en toenemende ongelykheid in Suid-Afrika? Ongelykheid, soos Stiglitz (2016:146) betoog, is 'n politieke keuse, en tensy die regering tussenbeide tree, soos Piketty (2014) demonstreer, sal ongelykheid onverpoos vergroot soos die eeu voortsleep. In hierdie opsig verwag transnasionale maatskappye (TNM'e) dat na hulle welsyn omgesien sal word deur die deregulering van die mark ten einde hierdie ruimte so verbruikersvriendelik as moontlik vir die toepassing van neoliberale beleidsneigings te maak. Die gevolg daarvan is die versterking en ontbloting van sy strafregtelike spierkrag (Wacquant, 2013:588). Wacquant (2010:611) se woorde spreek tot ons wanneer hy daarop wys dat stedelike marginalisering daartoe sal lei dat oortreders in hardestigmatiserende beskamingskulture, soos in Suid-Afrika te vinde is, nie ná hul vrylating herintegreer nie. So wys kundiges oor die afgelope twintig jaar byvoorbeeld daarop dat die ekonomiese en maatskaplike uitsluiting en stigmatisering van vrygelate gevangenes in Suid-Afrika dit onmoontlik maak vir hulle om enigsins haalbaar gerehabiliteer en geherintegreer te word (Muntingh, 2002:22; Ngabonziza & Singh 2012:99; Lötter, 2018:19-22, 31, 38, 42, 160-161,231-232, 259, 265-266, 269-273). So is daar byvoorbeeld betoog dat "[m]y conceptual conclusion is that in view of communities' resistance to the integration of ex-offenders (notably employment discrimination) and the perpetuation of the prison-industrial-complex ... such intervention efforts, however well-intentioned, are doomed to fail under existing debilitating conditions of stigmatization and marginalization" (Lötter, 2018:264). Die verband tussen stedelike marginalisering, die hardestigmatiserende beskamingskultuur en die sogenaamde gevangenis-industrie lê dus daarin dat hierdie drie faktore mekaar wedersyds ondersteun en aanvul en die ideaal van sinvolle rehabilitasie ondergrawe. Hul wissel eerder tussen vryheid en gevangenis in "a continuum of forced confinement formed by the prison and [...] the metropolis". Hierdie stand van sake is van toepassing in sowel Suid-Afrika as die Verenigde State. Anders gestel, Freud (1968) se onheimlike of deurlopende verbanning word voorsien as tuiste vir bevolkings van aansienlike grootte in die 21ste eeu.

    12. Slegs deur die demonisering van die randfigure in die gemeenskap as kriminogenies, wat Reiman en Leighton (2020) 'n pyrrusnederlaag noem, selfs al is die verskynsel van misdaad wyd deur alle vlakke van die gemeenskap versprei, kan die mark voortgaan met aansienlike winsbejag. Dit dui onomwonde aan hoe ideologiese breinspoeling die deels uitgediende strafrehabilitasieparadigma gekoloniseer het.

    13. Teen hierdie agtergrond word daar gevra of Thomas S Kuhn (1970) se gedagte rondom 'n paradigmaverskuiwing enigsins op strafrehabilitasie in Suid-Afrika van toepassing is. Kuhn betoog dat wanneer te veel teenstrydighede aanklank vind by die sentrale idee waarom 'n paradigma gevorm het, naamlik rehabilitasie, word die paradigma uitgedien en vervang deur 'n ander, onversoenbare een. Die teenstrydighede wat onder andere hier ter sprake is, is naamlik 1) Suid-Afrika se erge hardestigmatiserende beskamingskultuur, 2) Carlen se uitwysing van die uitgediendheid van die rehabilitasieparadigma, 3) die afskaling van billikheid of regverdigheid in ons regspleging (De Vos, 2021; Erasmus, 2021; Lötter, 2021a, Rabkin, 2021), 4) die teenwoordigheid van die gevangenis-industriële kompleks op plaaslike bodem (Lötter, 2018:117-126; 2020b, 2020c:112-117), 5) Reiman se pyrrhusnederlaagteorie 6) die rol van die staat in die versluiering van misdaad en, ten slotte, 7) 'n politieke onwilligheid om grondliggende maatskaplike en politieke verandering aan te spreek. In 'n rehabilitasiekultuur waar 9 uit elke 10 oortreders (Cronje, 2017:23; Murhula & Singh, 2019; Pierce & Kiewit, 2020), soos wat tans die geval in Suid-Afrika is, ná vrylating terugkeer tot 'n loopbaan van misdaad, is dit helaas die gevolgtrekking waartoe die waarnemer genoop word. Dit beteken uiteraard nie dat absoluut geen rehabilitasie plaasvind nie, maar wel dat die paradigma uitgedien is en deur 'n nuwe en onversoenbare paradigma vervang word of reeds is. Ek wend my vervolgens tot 'n slotsom.

     

    8. Ten slotte

    Die rehabilitasieprentjie in Suid-Afrika is dus sowel ingewikkeld as veelvlakkig maar as Piketty (2014) korrek is met sy waarneming dat sonder gepaste tussentrede ongelykheid eksponensieel sal toeneem in die 21ste eeu, kan daar verwag word dat die verskynsel van "governing through crime" (Simon, 2013) en die misdaadbekampingsnywerheid as 'n geheel (Christie, 2017) verder aangeblaas sal word. Die doel hiervan is om die ekonomiese ongelykheid waarna in die inleiding verwys is, te regverdig.

    Daar blyk geen getuienis te wees dat die Suid-Afrikaanse regering die politieke wil het om die kwessie van grondliggende verandering aan te spreek nie. Reiman en Leighton (2020:195) betoog oortuigend dat in grootskaalse ongelyke gemeenskappe (soos Suid-Afrika), daar 'n onwilligheid is om grondliggende maatskaplike en politieke verandering te pak. Hierdie stand van sake sal bloot die gedeeltelike uitgediendheid van die rehabilitasieparadigma in postapartheid Suid-Afrika in die 21ste eeu benadruk. Terselfdertyd bevorder hierdie stand van sake die legitimisering van die huidige onregverdige en ongelyke ekonomiese posisie ter plaatse, wat Suid-Afrika een van die mees ongelyke lande ter wêreld maak.

    Carlen se voorstel dat die rehabilitasieparadigma verwerp moet word as uitgediend, verdien byval, terwyl dit terselfdertyd ook ietwat van 'n wensdenkery is in die lig van die volharding van die (altemit gefaalde) herintegrasiewens, aangeblaas, tot 'n geringer mate, deur die beweegrede tot hervorming as deel van die gevangenis se bestaansgrond as 'n besigheidsmodel in die vorm van die GIK. Haar voorstel moet egter teen die agtergrond van die geheelbeeld van bestaande rehabilitasiebeleid en -praktyke hier plaaslik gelees word. Die rehabilitasiewens of -ideaal dien dan volgens die logika van hierdie betoog as 'n voorwendsel vir die pakhuisbenadering van swerwende bevolkings in 'n ingrypend ongelyke (Piketty, 2014) en onderdrukkende gemeenskap (Weiss, 1998:428-429). Hierdie stand van sake sal onverpoos voortbestaan te midde van 'n politieke onwilligheid om aandag aan grondliggende verandering te gee. Volgens Reiman en Leighton (2020:171), sal Groot Besigheid se belange (in 'n sameswering met die staat) voortgaan "[to] distort policy in its own interests".

    Die spanning tussen maatskaplike beheer en misdaadbekamping in die 21ste eeu sal waarskynlik onthou word as 'n reeks desperate pogings om die grense tussen die privaat en openbare ruimte te vestig, selfs al word hierdie verdelings nog meer onpeilbaar gedurende hierdie proses, en selfs al verdwyn die onderskeid nooit heeltemal nie. Dalk sal die gevestigde belange (by name: die gevangenis-industriële kompleks) wat die gedeeltelik uitgediende rehabilitasieparadigma aanblaas, die openbare ruimte omvorm tot 'n heeltemal ander eksotiese ruimte, naamlik dié van verbanning, soos Said (2002:173) binne 'n ander raamwerk aangehaal is. Dit sou egter, soos Carlen bepleit, baie help indien ons die rehabilitasieparadigma in Suid-Afrika as gedeeltelik uitgediend sien, maar ook as iets wat deurgaans nog (dalk deels ongeregverdigd) aangemoedig word.

    Ek betoog dat die waarde of bydrae van my poging daarin lê dat die verband tussen ekonomiese ongelykheid en misdaadteelaarde op 'n betekenisvolle wyse uitgelig word. Laastens kom ek tot die gevolgtrekking dat die strafrehabilitasieparadigma wel tot 'n groot mate in Suid-Afrika uitgediend is, maar in die lig van die gedeeltelike sukses wat daar met die vele rehabilitasieprojekte tans in werking behaal word en die transformasie van die gevangenis na 'n rehabilitasiegerigte instelling, die implementering van nuwe beleidsformulering op genuanseerdheid moet fokus, met die klemverskuiwing na gemeenskapsdiens en oop gevangenisse. Ek moet ook onmiddellik toegee dat rehabilitasie weens 'n aantal ernstige teenstrydighede in 'n krisis gedompel is. In aansluiting by Martinson (2001) se wanhopige vraag of enigiets werk as dit by rehabilitasie kom, moet die vraag gestel word of misdaad nie tot 'n mate gesien kan word as 'n voorspelbare reaksie in 'n abnormale gemeenskap met onfatsoenlike vlakke van besits- en inkomste-ongelykheid nie. Carlen se pleidooi vir die verwerping van hierdie paradigma is, binne die Suid-Afrikaanse konteks in elk geval, gevolglik ten volle aan te beveel indien dit nie reeds, soos Kuhn aantoon, uitgedien en self verval het nie. Al wat moet gebeur, is dat iemand hierdie stand van sake moet uitwys, soos wat ek met hierdie bydrae gepoog het om te doen.

     

    BIBLIOGRAFIE

    Adorjan, M & Chui, WH. 2014. Aging out of crime: Resettlement challenges facing male ex-prisoners in Hong Kong. The Prison Journal, 94(1):97-117. https://doi.org/10.1177/0032885513512095.         [ Links ]

    Agrizzi, A & Mitchell, P. 2020. Inside the belly of the beast: The real Bosasa story. S.l: Truth be Told Publishing.         [ Links ]

    Alexander, M. 2012. The new Jim Crow: Mass incarceration in the age of colourblindness. New York: The New Press.         [ Links ]

    Alexander, M. 2020. The injustice of this moment is not an "aberration". New York Times, 17 January. https://www.nytimes.com/2020/01/17/opinion/sunday/michelle-alexander-new-jim-crow.html [4 February 2020].         [ Links ]

    Basson, A. 2019. Blessed by Bosasa: Inside Gavin Watson's state capture cult. Johannesburg: Jonathan Ball.         [ Links ]

    Baur, JE, Hall, AV, Daniels, SR, Buckley, MR & Anderson, HJ. 2017. Beyond banning the box: A conceptual model of the stigmatization of ex-offenders in the workplace. Human Resource Management Review, 28(2):204-219. http://dx.doi.org/10.1016/j.hrmr.2017.08.002.         [ Links ]

    Bax, P. 2019. Picking trash for $1.20 an hour in the world's most unequal nation. Bloomberg, 12 May. https://www.bloomberg.com/news/features/2019-05-12/picking-trash-for-1-20-an-hour-in-the-world-s-most-unequal-nation [12 May 2021].         [ Links ]

    Birukou, A, Blanzieri, E, Giorgini, P & Giunchiglia, F. 2013. A formal definition of culture. In Sycara, K, Gelfand, M & Abbe, A (eds). Models for intercultural collaboration and negotiation. Advances in group decision and negotiation. Vol. 6. Dordrecht: Springer, pp. 1-26.         [ Links ]

    Bosworth, M. 2010. Explaining U.S. imprisonment. London: Sage.         [ Links ]

    Box, S. 2013. Crime, power and ideological mystification. In McLaughlin, E & Munchie, J (eds). Criminological perspectives: Essential readings. 3rd ed. London: Sage, pp. 287-300.         [ Links ]

    Braithwaite, J. 1989. Crime, shame and reintegration. Cambridge: Cambridge University Press.         [ Links ]

    Braithwaite, J. 1992. Poverty, power and white-collar crime: Sutherland and the paradoxes of criminological theory. In Schlegel, K & Weisburd, D (eds). White-collar crime reconsidered. Boston: Northeastern University Press, pp. 78-107.         [ Links ]

    Cameron, E. 2020. The crisis of criminal justice in South Africa. SA Crime Quarterly, 69:1-15. DOI: https://doi.org/10.17159/2413-3108/2020/i69a9253.         [ Links ]

    Carlen, P. 2005a. In praise of critical criminology. Outlines, 2:83-90.         [ Links ]

    Carlen, P. 2005b. Imprisonment and the penal body politic. In Liebling, A & Maruna, S (eds). The effects of imprisonment. Cullompton, UK: Willan, pp. 421-441.         [ Links ]

    Carlen, P. 2013. Against rehabilitation; for reparative justice. In Ball, M, Tauri, JM, O'Brien, E & Carrington, K (eds). Crime, justice and social democracy: International perspectives. London: Palgrave Macmillan, pp. 89-104.         [ Links ]

    Chan, J. 2013. Globalization, reflexivity and the practice of criminology. In McLaughlin, E & Munchie, J (eds). Criminological perspectives: Essential readings. 3rd ed. London: Sage, pp. 597-615.         [ Links ]

    Chomsky, N. 2021. Transcript: Ezra Klein interviews Noam Chomsky. New York TimesPodcast, 23 April. https://www.nytimes.com/2021/04/23/podcasts/ezra-klein-podcast-noam-chomsky-transcript.html [2 June 2021].         [ Links ]

    Christie, N. 2017. Crime control as industry: Towards Gulags, Western style. 3rd ed. London: Routledge.         [ Links ]

    Chui, WH & Cheng, KKY. 2013. The mark of an ex-prisoner: Perceived discrimination and self-stigma of young men after prison in Hong Kong. Deviant Behavior, 34(8):671-684. https://doi.org/10.1080/01639625.2013.766532.         [ Links ]

    Cronje, M. 2017. A comparative analysis of recidivism with specific reference to Crimino-Victimogenic variables, Offence Analysis and Programme Participation. PhD thesis, University of KwaZulu-Natal.         [ Links ]

    Crouch, C. 2004. Post-democracy. Cambridge: Polity Press.         [ Links ]

    Currie, E. 1999. Reflections on crime and criminology at the millenium. Western Criminology Review, 2(1):np. http://www.westerncriminology.org/documents/WCR/v02n1/currie/currie.html [18 March 2022].         [ Links ]

    Currie, E. 2013. Social crime prevention strategies in a market society. In McLaughlin, E & Munchie, J (eds). Criminological perspectives: Essential readings. 3rd ed. London: Sage, pp. 387-399.         [ Links ]

    Davis, AY. 2003. Are Prisons Obsolete? New York: Seven Stories Press.         [ Links ]

    Davis, AY. 2005. Abolition democracy: Beyond empire, prisons, and torture. New York: Seven Stories Press.         [ Links ]

    De Haan, W. 1991. Abolitionism and crime control: A contradiction in terms. In Stenson, K & Cowell, D (eds). The politics of crime control. London: Sage, pp. 203-217.         [ Links ]

    De Vos, P. 2021. No good legal options: Zuma could be planning an all-out political attack on the judiciary. Daily Maverick, 27 May. https://www.dailymaverick.co.za/opinionista/2021-05-27-no-good-legal-options-zuma-could-be-planning-an-all-out-political-attack-on-the-judiciary/?tl_inbound=1&tl_groups[0]=80895&tl_period_type=3&utm_me [30 May 2021].         [ Links ]

    Department of Correctional Services, 2005. White Paper on Corrections in South Africa. Pretoria: Government Printers.         [ Links ]

    Du Plessis, J. 2018. Optimising rehabilitation and unit management in the Department of Correctional Services in the Bethal area: A social work perspective. DPhil thesis, University of Pretoria. http://hdl.handle.net/2263/65547.         [ Links ]

    Du Plessis, J & Lombard, A. 2018. Challenges for rehabilitation of sentenced offenders within the framework of unit management in the Department of Correctional Services: Bethal management area. Social Work/Maatskaplike Werk, 54(4):481-492. doi:http://dx.doi.org/10.15270/54-4-674.         [ Links ]

    Erasmus, D. 2021. Zuma pushes for Downer's removal - says he'll then be entitled to an acquittal. Daily Maverick, 21 May. https://www.dailymaverick.co.za/article/2021-05-21-zuma-pushes-for-downers-removal-says-hell-then-be-entitled-to-an-acquittal/?utm_source=top_reads_widget [23 May 2021].         [ Links ]

    Ferreira, E. 2021. NPA says Zuma is trying for another delay in arms deal trial. Mail & Guardian, 20 May. https://mg.co.za/politics/2021-05-20-npa-says-zuma-is-trying-for-another-delay-in-arms-deal-trial/ [24 May 2021].         [ Links ]

    Festinger, L. 1957. A theory of cognitive dissonance. Stanford: Stanford University Press.         [ Links ]

    Freud, S. 1968. The uncanny. In Strachey, J (ed.). The Standard Edition of the Complete Psychological Works of SigmundFreud. Vol. 2. London: Hogarth Press, Institute of Psycho-Analysis, pp. 219-252.         [ Links ]

    Gaum, G, Hoffman S. & Venter, JH. 2006. Factors that influence adult recidivism: An exploratory study in Pollsmoor prison. South African Journal of Psychology, 36(2):407-424. https://doi.org/10.1177/008124630603600212        [ Links ]

    Geiger, B. 2006. The case for treating ex-offenders as a suspect class. California Law Review, 94(4):1191-1242. https://doi.org/10.2307/20439062        [ Links ]

    Hall, C. 1988. Rape: The politics of definition. South African Law Journal, 105:67-82.         [ Links ]

    Hartle, R & Kimberley, K. 2021. Is Omotoso trial about to collapse? The Herald, 30 April, pp. 1-2.         [ Links ]

    Heaton, PS, Mayson, SG & Stevenson, M. 2017. The Downstream Consequences of Misdemeanor Pretrial Detention. Stanford Law Review, 69:711-794. https://dx.doi.org/10.2139/ssrn.2809840.         [ Links ]

    Irwin, J. and Owen, B. 2005. Harm and the contemporary prison. In Liebling, A & Maruna, S. (eds.). The Effects of Imprisonment. Devon: Willan, pp. 94-117.         [ Links ]

    Klatzow, D & Walker, S. 2010. Steeped in blood: The life and times of a forensic scientist. Cape Town: Zebra Press.         [ Links ]

    Kriegler, A. 2018. South Africa won't become less violent until it's more equal. The Conversation Africa, 12 September. https://theconversation.com/south-africa-wont-become-less-violentuntilits-more-equal-103116 [30 March 2019].         [ Links ]

    Kuhn, TS. 1970. The structure of scientific revolutions. 2nd, enlarged edition. Chicago: University of Chicago Press.         [ Links ]

    Laite, J. 2021a. What this 100-year-old sex trafficking case tells us about modern exploitation and justice. The Conversation UK, 6 May. https://theconversation.com/what-this-100-year-old-sex-trafficking-case-tells-us-about-modern-exploitation-and-justice-159183?utm_medium=email&utm_campaign=Latest%20from%20The%20Conversation%20for%20May%207% [7 May 2021].         [ Links ]

    Laite, J. 2021b. The disappearance of Lydia Harvey: A true story of sex, crime and the meaning ofjustice. London: Profile.         [ Links ]

    Lerner, MJ. 1980. The belief in a Just World: A fundamental delusion. New York: Plenum Press.         [ Links ]

    Lerner, MJ & Montada, L. 1998. An overview: Advances in belief in a Just World Theory and methods. In Montada, L & Lerner, MJ (eds). Responses to victimizations and belief in a Just World. New York: Plenum Press, pp. 1-7.         [ Links ]

    Lewin, K. 1997. Resolving social conflicts andfield theory in social science. Washington, DC: American Psychological Association.         [ Links ]

    Liebling, A. 2011. Moral Performance, Inhuman and Degrading Treatment and Prison Pain. Punishment and Society, 13(5):530-550, 535. DOI: 10.1177/1462474511422159.         [ Links ]

    Liebling, A, Durie, L, Stiles, A & Tait, S. 2005. Revisiting prison suicide: the role of fairness and distress. In Liebling, A & Maruna, S (eds). The Effects of Imprisonment. Portland: Willan, pp. 209-231.         [ Links ]

    Liebling, A & Maruna, S. 2005. Introduction: the effects of imprisonment revisited. In Liebling, A & Maruna, S. (eds). The Effects of Imprisonment. Devon: Willan, pp. 1-29.         [ Links ]

    Lötter, C. 2018. The reintegration of ex-offenders in South Africa based on the contemporary Chinese model: An interdisciplinary study. PhD thesis, University of the Free State.         [ Links ]

    Lötter, C. 2019. Vrygelate gevangenes word as gevangenispersoneel aangestel: Kan Suid-Afrika leer by hierdie nuwe internasionale tendens? Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 59(4):493-511. doi.10.17159/22247912/2019/v59n4a3.         [ Links ]]

    Lötter, C. 2020a. 'n Pleidooi vir die kriminalisering van stigma teen vrygelate gevangenes in Suid-Afrika. KOERS: Bulletin vir Christelike Wetenskap, 85(1):1-16. https://doi.org/10.19108/KOERS.85.L2470.         [ Links ]

    Lötter, C. 2020b. The tenuous link between crime and incarceration: Bosasa's public-private partnership. Phronimon: Journal of the South African Society for Greek Philosophy and the Humanities, 21 pages. doi: 10.25159/2413-3086/7000.         [ Links ]

    Lötter, C. 2020c. Critical theory and praxis in postapartheid South Africa: The case for a critical criminology. Acta Academica, 52(2):106-130. https://doi.org/10.18820/24150479/aa52i2Z6.         [ Links ]

    Lötter, C. 2021a. Zuma is playing for time, a privilege of the powerful and wealthy. Mail & Guardian Thoughtleader, 29 April. https://thoughtleader.co.za/zuma-is-playing-for-time-a-privilege-of-the-powerful-and-wealthy/ [24 Mei 2021].         [ Links ]

    Lötter, C. 2021b. Crime control: What South Africa can learn from China. The Conversation Africa, 17 November. https://theconversation.com/crime-control-what-south-africa-can-learn-from-china-169269 [31 January 2022].         [ Links ]

    Lötter, C. 2021c. Die transformasie van die Suid-Afrikaanse gevangeniswese tot 'n openbare instelling met positiewe vrede as waardestelsel. Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 61(4-2):1235-1259. http://tgwsak.co.za/wp-content/uploads/2022/01/TGW-61-4-2-DES-2021.pdf.         [ Links ]

    Mabeba, IP. 2018. An investigation into the effect of rehabilitation programmes on sentenced offenders: The case of Kutama-Sinthumule Correctional Centre. MAdm dissertation, University of South Africa. https://uir.unisa.ac.za/bitstream/handle/10500/24929/dissertation_mabeba_ip.pdf?sequence=3&isAllowed=y.         [ Links ]

    Makou, G, Skosana, I & Hopkins, R. 2017. Fact sheet: The state of South Africa's prisons. Daily Maverick, 18 July. https://www.dailymaverick.co.za/article/2017-07-18-fact-sheet-the-state-of-south-africas-prisons/ [19 January 2021].         [ Links ]

    Marqua-Harries, L, Stewart, G & Padayachee, V. 2019. Towards transforming a system: Re-thinking incarceration for youth (and beyond). SA Crime Quarterly, 68:33-40. https://doi.org/10.17159/2413-3108/2019/v0n68a5632.         [ Links ]

    Martinson, R. 2001. What works? Questions and answers about prison reform. In Latessa, EJ & Holsinger, AM (eds). Correctional contexts: Contemporary and classical readings. Los Angeles: Roxbury, pp. 22-54.         [ Links ]

    Maruna, S. 2000. Making good: How ex-convicts reform and build their lives. Washington DC: American Sociological Association.         [ Links ]

    Masina, J. 2019. The transformation of South African Correctional Centres of Excellence through equitable unit management. MA dissertation, University of South Africa. http://hdl.handle.net/10500/27034.         [ Links ]

    McLaughlin, E. 2010. Critical criminology. In McLaughlin, E & Newburn, T. (eds). The Sage handbook of criminological theory. London: Sage, pp. 153-174.         [ Links ]

    McLaughlin, E & Munchie, J. 2013. Introduction: Theorizing crime and criminal justice. In McLaughlin, E. & Munchie, J. (eds). Criminological perspectives: Essential readings. 3rd ed. London: Sage, pp. xix-xxviii.         [ Links ]

    Miselo, A. 2018. Analysis of post-secondary correctional education: Case of Brandvlei Correctional Centre, Cape Town. MAdm dissertation, University of KwaZulu-Natal. https://researchspace.ukzn.ac.za/handle/10413/17383.         [ Links ]

    Miselo, A & Mutereko, S. 2019. Factors affecting Post-Secondary Correctional Education in South Africa: A case of Brandvlei Correctional Centre in Cape Town. Administratio Publica, 27(3):70-89. https://repository.hsrc.ac.za/bitstream/handle/20.500.11910/15041/11087.pdf?sequence=1.         [ Links ]

    Mmutlane, KG. 2019. African adult sentenced male foreign offenders within the North West Province incarcerated at Losperfontein (Brits, South Africa) Correctional Centre: A criminological offender-and offence-specific assessment. MA dissertation, University of South Africa. https://uir.unisa.ac.za/handle/10500/25658.         [ Links ]

    Mollett, T & Mollett, C. 2014. Bloody lies: Citizens reopen the Inge Lotz murder case. Johannesburg: Penguin.         [ Links ]

    Mostert, W, Hesselink, AE & Dastile, NP. 2021. Pathways and Lived Experiences of Incarcerated Female Fraud Offenders at the Kgosi Mampuru II Female Correctional Centre (South Africa). Gender and Behaviour, 19(3):18569-18584. https://hdl.handle.net/10520/ejc-genbeh_v19_n3_a37.         [ Links ]

    Muntingh, L. 2002. Tackling Recidivism in South African Prisons. Track Two, 11(2): 20-29. https://hdl.handle.net/10520/EJC111548.         [ Links ]

    Muntingh, L. 2022. Prison protests in South Africa: A conceptual exploration. SA Crime Quarterly, 71:2-23. DOI: https://doi.org/10.17159/2413-3108/2022/i71a12709.         [ Links ]

    Murhula, PBB & Singh, SB. 2019. A critical analysis on offenders rehabilitation approach in South Africa: A review ofthe literature. African Journal of Criminology and Justice Studies, 12(1):21-43.         [ Links ]

    Musekwa, OP. 2019. Exploring the effectiveness of rehabilitation: A phenomenological study of parole recidivists in Vhembe District, Limpopo Province. MA dissertation, University of Venda. http://hdl.handle.net/11602/1465.         [ Links ]

    Nelani, A. 2020. The role of reading in offender rehabilitation and reintegration into the community in the Western Cape Metro, South Africa. Mousaion: South African Journal of Information Studies, 38(3):16 pages. https://doi.org/10.25159/2663-659X/7958.         [ Links ]

    Ngabonziza, O & Singh, SB. 2012. Offender reintegration program and its role in reducing recidivism: Exploring perceptions of the effectiveness of tough-enough program. Acta Criminologica (CRIMSA 2011 special congress edition), 2:87-102.         [ Links ]

    Nkosi, NP. 2018. The impact of correctional centre overcrowding on rehabilitation of offenders: A case study of Durban Westville Correctional Centre. MA dissertation, University of KwaZulu-Natal. https://researchspace.ukzn.ac.za/bitstream/handle/10413/17154/Nkosi_Nozibusiso_Purity_2018%20Forensic%20studies.pdf?sequence=1&isAllowed=y.         [ Links ]

    Nqoko, SJ. 2019. Internal stakeholders' perceptions on the role of faith-based rehabilitation programmes for offenders in Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal. MA dissertation, University of KwaZulu-Natal. https://researchspace.ukzn.ac.za/handle/10413/16678.         [ Links ]

    Orthofer, A. 2016. Wealth inequality in South Africa: Insights from survey and tax data. REDI3x3 Working Paper 3, June. http://www.redi3x3.org/sites/default/files/Orthofer%202016%20REDI3x3%20Working%20Paper%2015%20-%20Wealth%20inequality.pdf [12 May 2021].         [ Links ]

    Ousey, GC & Lee, MR. 2013. Community, inequality and crime. In Cullen, FT & Wilcox, P (eds). The Oxford handbook of criminological theory. New York: Oxford University Press, pp. 352-369.         [ Links ]

    Padayachee, V & NICRO. 2018. Rethinking prisons and crime and punishment? Exploring innovative prison models. Paper presented ath the Global Prison Conference, Centre for Social Change, University of Johannesburg, 16-18 November.         [ Links ]

    Pierce, B & Kiewit, L. 2020. Nicro: The high rate of offender recidivism. 702 Podcasts, 13 January. http://www.702.co.za/podcasts/269/tonight-with-lester-kiewit/279121/nicro-the-high-rate-ofoffender-recidivism [7 April 2021].         [ Links ]

    Piketty, T. 2014. Capital in the twenty-first century. Transl. A. Goldhammer. New York: Penguin.         [ Links ]

    Piketty, T. 2015. Transcript ofNelsonMandela annual lecture. Johannesburg: University of Johannesburg. https://www.nelsonmandela.org/news/entry/transcript-of-nelson-mandela-annual-lecture-2015 [2 June 2020].         [ Links ]

    Potelwa, S & Adu, EO. 2020. Creative art education: A tool for rehabilitation of adult females incarcerated in a correctional centre in South Africa. The Independent Journal of Teaching and Learning, 15(2):160-174. https://issuu.com/theindependentjournalofteachingandl/docs/the_20independent_20journal_20of_20teaching_20and.         [ Links ]

    Pretorius, D. 2018. Reducing recidivism by church rehabilitation programs. MA dissertation, North-West University. http://hdl.handle.net/10394/31374.         [ Links ]

    Quinney, R. 2008. The social reality of crime. New Brunswick, NJ: Transaction.         [ Links ]

    Quintal, G. 2019. Agrizzi gives Zondo Inquiry details on bribery and corruption in prison tenders. Business Day, 22 January. https://www.businesslive.co.za/bd/national/2019-01-22-agrizzi-gives-zondo-inquiry-details-on-bribery-and-corruption-in-prison-tenders/ [5 June 2021].         [ Links ]

    Rabkin, F. 2021. Zuma claims CIA link in bid to oust prosecutor. Sunday Times, 23 May, p. 2.         [ Links ]

    Reiman, J & Leighton, P. 2020. The rich get richer and the poor get prison: Ideology, class, and criminal justice. 12th ed. London: Routledge.         [ Links ]

    Rosenbaum, E. 2021. Biden-Putin summit tensions: Feds say Russia a hacker "safe haven". CNBC Evolve, 26 May. https://www.cnbc.com/2021/05/26/darkside-will-be-back-as-russia-creates-safe-haven-for-hackers-feds.html [4 June 2021].         [ Links ]

    Said, EW. 2002. Reflections on exile and other essays. Cambridge, MA: Harvard University Press.         [ Links ]

    Schlosser, E. 1998. The prison-industrial complex. The Atlantic, December. https://www.theatlantic.com/magazine/archive/1998/12/the-prison-industrial-complex/304669 [29 October 2019].         [ Links ]

    Seleka, N. 2019. Bosasa scored more than R12bn in state contracts - report. News24, 1 February. https://m.news24.com/SouthAfrica/News/bosasa-scored-more-than-r12bn-in-state-contracts-report-20190201 [6 March 2019].         [ Links ]

    Sibanda, OS. 2021. The case against Billy Downer - legal precedent is not on the side of Jacob Zuma. Daily Maverick, 24 May. https://www.dailymaverick.co.za/opinionista/2021-05-24-the-case-against-billy-downer-legal-precedent-is-not-on-the-side-of-jacob-zuma/?tl_inbound=1 [25 May 2021].         [ Links ]

    Simon, J. 2013. Governing through crime. In McLaughlin, E. & Munchie, J. (eds). Criminological perspectives: Essential readings. 3rd ed. London: Sage, pp. 531-546.         [ Links ]

    Snyman, T. 2019. The role of a correctional facility in the rehabilitation process of inmates in a selected prison in the Western Cape, South Africa. MA dissertation, Cape Peninsula University of Technology. http://hdl.handle.net/20.500.11838/2915.         [ Links ]

    South, N & Weiss, RP. 1998. Introduction: Crime, punishment and the "state of prisons" in a changing world. In Weiss, RP & South, N (eds). Comparing prison systems: Toward a comparative and international penology. Amsterdam: Gordon & Breach, pp. 1-18.         [ Links ]

    Special Investigation Unit. 2009. Report on corruption in the Department of Correctional Services. 16 November. https://pmg.org.za/committee-meeting/11105/ [25 May 2021].         [ Links ]

    Stiglitz, JE. 2016. The great divide. London: Penguin.         [ Links ]

    Styan, JP & Vecchiatto, P. 2019. The Bosasa billions. Pretoria: Lapa.         [ Links ]

    Sway, K. 2022. Why this liberal mayor doesn't want a lecture from progressives. New York Times Podcasts, 13 January. https://www.nytimes.com/2022/01/13/opinion/sway-kara-swisher-london-breed.html?campaign_id=39&emc=edit_ty_20220113&instance_id=50213&nl=opinion-today&regi_id=60789539&segment_id=79591&te=1&user_id=6ac66bc28b26c0beb4dfee98cd516916 [17 January 2021].         [ Links ]

    Tollman, R & Spies, R. 2021. Psychotherapeutic and rehabilitative interventions of criminal offenders within the South African context: A critical review through the lens of general systems theory. Acta Criminologica: African Journal of Criminology & Victimology, 34(1):71-96.         [ Links ]

    Uggen, C, Manza, J & Behrens, A. 2004. "Less than the average citizen": Stigma, role transition and the civic reintegration of convicted felons. In Maruna, S & Immarigeon, R. (eds). After crime and punishment: Pathways to offender reintegration. Cullompton, UK: Willan, pp. 258-290.         [ Links ]

    Vander Ven, T & Colvin, M. 2013. Coercion and crime. In Cullen, FT & Wilcox, P (eds). The Oxford Handbook of Criminological Theory. Oxford: Oxford UnIversity Press, pp. 607-624.         [ Links ]

    Vezi, Z. 2021. An evaluation of juvenile rehabilitation programmes: Perspectives from Westville correctional centre, KwaZulu-Natal. MA dissertation, University of KwaZulu-Natal. https://researchspace.ukzn.ac.za/xmlui/bitstream/handle/10413/19699/Vezi_Zanele_2021.pdf.         [ Links ]

    Wacquant, L. 2010. Prisoner re-entry as myth and ceremony. Dialectical Anthropology, 34:605-620. https://doi.org/10.1007/s10624-010-9215-5.         [ Links ]

    Wacquant, L. 2013. Ordering insecurity: Social polarization and the punitive upsurge. In McLaughlin, E & Munchie, J (eds). Criminological perspectives: Essential readings. 3rd ed. London: Sage, pp. 575-591.         [ Links ]

    Weiss, RP. 1998. Conclusion: Imprisonment at the millennium 2000 - its varity and patterns throughout the world. In Weiss, RP & South, N (eds). Comparing prison systems: Toward a comparative and international penology. Amsterdam: Gordon & Breach, pp. 427-482.         [ Links ]

    Wilding, J. 2023. The legal aid sector is collapsing and millions more may soon be without access to justice - new data. The Conversation UK, June 7. https://theconversation.com/the-legal-aid-sector-is-collapsing-and-millions-more-may-soon-be-without-access-to-justice-new-data-207045?utm_medium=email&utm_ [16 June 2023].         [ Links ]

    World Inequality Database. 2018. World inequality report. https://wid.world/ [12 May 2021].         [ Links ]

    Young, J. 2002. Critical criminology in the twenty-first century: Critique, irony and the always unfinished. In Carrington, K & Hogg, R (eds). Critical criminology: Issues, debates, challenges. 1st ed. Cullompton, UK: Willan, pp. 251-274.         [ Links ]

    Zizek, S. 2008. In defense of lost causes. London: Verso.         [ Links ]

    Zondo, Justice RMM. 2022. Judicial Commission of Inquiry into allegations of state capture, corruption and fraud in the public sector including organs of state report: Part 1, Chapter 1: South African Airways and its associated companies. Pretoria: Government Printing Works. https://www.gov.za/sites/default/files/gcis_document/202201/judicial-commission-inquiry-state-capture-reportpart-1.pdf [18 January 2022].         [ Links ]

    Regspraak

    Porritt andAnother v National Director of Public Prosecutions (978/2013) [2014] ZASCA 168; [2015] 1 All SA 169 (SCA); 2015 (1) SACR 533 (SCA) (21 October 2014). http://www.saflii.org/za/cases/ZASCA/2014/168.html [6 June 2021].

    Wetgewing

    Strafprosesregwet 51 van 1977 (soos gewysig). Engelse weergawe: https://www.justice.gov.za/legislation/acts/1977-051.pdf.

     

     

    Ontvang: 2022-12-11
    Goedgekeur: 2023-06-21
    Gepubliseer: September 2023

     

     

     

    Casper Lötter het in 2018 sy PhD in Filosofie aan die Universiteit van die Vrystaat behaal. Hy is tans 'n konflikkriminoloog verbonde aan Noordwes-Universiteit se Skool vir Filosofie (Potchefstroom) as nadoktorale navorsingsgenoot. Van sy werk het reeds in Conversation Africa verskyn en hy skryf ook gereeld vir Mail & Guardian se Thoughtleader-rubriek. In 2019 was hy 'n nadoktorale beurshouer van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns.
    Casper Lötter completed his PhD in Philosophy at the University of the Free State in 2018. He is a conflict criminologist affiliated with North-West University's School of Philosophy (Potchefstroom) as a postdoctoral research fellow. His work has appeared in Conversation Africa and he regularly writes for Mail & Guardian's Thoughtleader column. He received a postdoctoral grant from the Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns ("South African Academy of Science and Arts") in 2019.
    1 Aldus die opmerking van 'n anonieme keurder van hierdie bydrae.
    2 Ek verskil dus met respek op hierdie punt van 'n anonieme keurder wat van mening is dat ek " ... die idees van rehabilitasie en gemeenskapsinskakeling ... vermeng en uitruilbaar gebruik." Die twee begrippe is miskien nie as sodanig uitruilbaar nie, maar skakel myns insiens by mekaar in en oorvleuel gevolglik.
    3 My betoog, in navolging van dié van Carlen, is in ieder geval dat afgesien van die status van rehabilitasieprogramme tydens én na gevangesetting, die punt is en bly dat rehabilitasie in beginsel die gevaar loop om te faal aangesien daar niks is waartoe vrygelate gevangenes kan rehabiliteer nie. Hierdie oorweging is veral gepas in die lig van Suid-Afrika se fel stigmatiserende beskamingskultuur, waarna hier bo verwys is, wat dit byna onmoontlik maak vir vrygelate gevangenes om hulself in hul samelewing te herintegreer.
    4 'n Anonieme keurder het tereg daarop gewys dat in gedagte gehou moet word "... dat persone wat nog nie skuldig bevind is op geen wyse aan 'rehabilitasie' onderworpe is nie,". In hierdie verband verskil ek met respek oor die wyer implikasies van verhoorafwagtendes se ruimer toegang tot geregtigheid. Die punt synde dat al was verhoorafwagtendes nog nie aan rehabilitasie onderworpe nie, die skynbare voorkeurbehandeling wat welgesteldes en gesaghebbendes geniet, vir sigself spreek.
    5 'n Anonieme keurder wys daarop dat die Departement in 2008 voor die Portefeuljekomitee getuig het dat die PPP-benadering in werklikheid meer koste-effektief is aangesien die privaat instansies met ander woorde die "ontwikkelingskapitaal" voorskiet, waar die Staat nie noodwendig die "huis kontant kon bou nie."
    6 Hier moet ook die feit verreken word dat die stigmatisering van voormalige gevangenes aan die gemeenskap toegeskryf kan word en nie soseer voor die deur van die korrektiewe sisteem gelê kan word nie (opmerking deur 'n anonieme keurder). Sodanige aandeel deur die gemeenskap bevestig inderdaad die feit dat die rehabilitasieparadigma in Suid-Afrika uitgedien is.
    7 So betoog Cameron (2020:5) dat "minimum sentencing has resulted in gross overcrowding. This not only negatively affects the well-being of prisoners, but also impedes good governance and administration of a prison."
    8 Met erkenning aan die inset van 'n anonieme keurder
    9 Met erkenning aan die opmerking van 'n anonieme keurder.