SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.63 issue3'n Lofrede vir taalHerfslewe author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    On-line version ISSN 2224-7912Print version ISSN 0041-4751

    Tydskr. geesteswet. vol.63 n.3 Pretoria Sep. 2023

    https://doi.org/10.17159/2224-7912/2023/v63n3a18 

    GEDIGTE

     

     

    Digter

    Net toe ek uiteindelik dink ek voel goed

    stoot 'n versreël borrelend op in my gemoed

    en met 'n woordwonder skep ek 'n vers met blink woorde.

    Dan gooi ek dit in die wind vir onbekende oorde.

    Suid-Afrika 2023

    Ons landshuis se mure en balke kraak;

    dak en vensters word nie meer reggemaak.

    Die fondament word deur party mense weggekerf.

    Sommige gaan met dié murasie sterf.

    Verandering

    Soos die weer gebeur verandering deur alle tye

    van goed na sleg en weer na goed in nuwe getye.

    Op ons planeet verander selfs kontinente.

    Rateltaai oorleef ek dit met my kritiese denke.

    Simbool vr gemoedsrus

    'n Veilige vesting is die Magaliesberg

    soos 'n vrou wat jou omvou met warmte en sorg

    in 'n wrede, woeste wêreld wat alles van jou verg.

    'n Veilige vesting is die Magaliesberg.

    Hennie Pieterse

    E-pos: Hjcpieterse62@gmail.com