SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.64 issue1Max-Neef and the structural vulnerability of day labourers in Mbombela and Emalahleni, South AfricaSocial resilience, structural vulnerability and capabilities in Genadendal, South Africa author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    On-line version ISSN 2224-7912Print version ISSN 0041-4751

    Tydskr. geesteswet. vol.64 n.1 Pretoria Mar. 2024

    https://doi.org/10.17159/2224-7912/2024/v64n1a10 

    GEDIGTE

     

    Afrikaanses

     

     

    Rou

    Snags verdwaal ek in bosse sonder bakens

    en loop in sirkels met nat geswete lakens.

    Bedags is alle skroewe los. Niks is vas. Alles swewe.

    My vrou is dood en ek het niks meer om voor te lewe.

     

    In die Bosveld

    My jas haak vas aan 'n wag-'n-bietjie bos

    en ek dra 'n Atlas deur my rousmart kolos.

    'n Koedoe loer na my deur fyn doringtakkies

    en by die kampvuur raak my smart las effens los.

     

    Aloe variegata (Kanniedood*)

    Hierdie kanniedood liefde het ek geplant

    in my tuin waar ons twee so bloedrooi blom.

    Waarom is die ontydige dood so dom,

    want hierdie kanniedood maak hy nie vankant.

    * Toeligting: Die aalwyn Aloe variegata stoot sy rooi blomme uit in die ergste droogte. Daarom staan hy in die volksmond bekend as Kanniedood.

    Hennie Pieterse

    E-pos: hjcpieterse62@gmail.com