SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.64 issue3Constitutional propriety in the 21st centuryThe constitutional requirements and processes to remove a president of the USAfrom office: The case of president Donald Trump in a politically charged atmosphere author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    On-line version ISSN 2224-7912
    Print version ISSN 0041-4751

    Tydskr. geesteswet. vol.64 n.3 Pretoria Sep. 2024

    http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2024/v64n3a3 

    NAVORSINGS- EN OORSIGARTIKELS

     

    Antesedente en gevolge van plaaslike regering: Orania as 'n nietipiese Suid-Afrikaanse geval

     

    Antecedents and consequences of local government: Orania as a non-typical South African case

     

     

    J S Wessels

    Departement Publieke Administrasie en Bestuur Universiteit van Suid-Afrika, Pretoria Suid-Afrika E-pos: wessejs@icloud.com Orchid ID: http://orcid.org/0000-0002-5472-7921

     

     


    OPSOMMING

    Hierdie artikel ondersoek twee aspekte wat die outentiekheid van 'n plaaslike regering raak, naamlik die antesedente en die gevolglikheid daarvan. 'n Begripsraamwerk en 'n sosiale ontologie van sorg van "plaaslike regering" is as teoretiese lense vir die ondersoek gebruik. Wat die antesedente van plaaslike regering betref (magtiging, inwoners, natuurlike en fisiese ligging, samewerkende regerings, en vermoëns), het Orania nie as gevolg van magtigende maatreëls soos die Grondwet en voortspruitende wetgewing ontstaan nie, maar as gevolg van 'n kultuurgemeenskap se strewe en gevolglike aankoop van 'n stuk grond. Anders as die inwoners van munisipaliteite in die res van Suid-Afrika het Orania se inwoners verblyfreg verkry op grond van hul onderskrywing van Orania se ontstaansredes. Die eiesoortige fisiese ligging van Orania is doelbewus deur die grondleggers gekies en is bepalend vir die voorsiening van energie, water en ander infrastruktuur-verwante dienste deur Orania Dorpsraad. Die dorpsadministrasie blyk voorts oor voldoende fondse, raadslede en amptenare te beskik om sy funksies uit te voer en sodoende 'n tuiste vir sy gemeenskap te skep. Wat die gevolglikheid van plaaslike regering betref (lewensgehalte, demokratiese en verantwoordelike regering, volhoubare dienslewering, maatskaplike en ekonomiese ontwikkeling, en veilige en gesonde omgewing) blyk die Orania inwonersgemeenskap goeie lewensgehalte te ervaar. Hulle blyk deurlopend betrokke te wees by verskeie gemeenskapsorganisasies, 'n demokratiese en verant-woordingspligtige Orania Verteenwoordigende Raad (OVR) en dorpsadministrasie. Voorts ontvang hulle volhoubare munisipale dienslewering, ervaar maatskaplike en ekonomiese ontwikkeling en leef in 'n veilige en gesonde omgewing. 'n Outentieke plaaslike regering blyk een te wees wat goed geïntegreer is met sy plaaslike gemeenskap en omsluitende wêrelde, voortdurend ongemaklik is met die hede, en met sorg, besorgdheid en sorgsaamheid daarop reageer. Orania is klaarblyklik só 'n plaaslike regering.

    Trefwoorde: Orania; sosiale ontologie; sorg; plaaslike regering; munisipaliteit; begripsontleding; antesedent; gevolglikheid; lewensgehalte; volhoubare dienslewering


    ABSTRACT

    Local government is distinguished from other spheres of government based on its unique institutional characteristics, the local nature of its governmental functions, and the territorial delineation of its local jurisdiction. Despite being localised, local governments often fail to meet the specific needs of their residents. The implication is that they are not authentic local governments. This article examines two aspects that have an impact on the authenticity of a local government: the necessary conditions (antecedents) for and the consequences of an authentic local government. These aspects are considered through a case study of Orania as a non-typical instance of a South African local government. A conceptual framework and a social ontology of care are used as theoretical lenses to analyse and understand the antecedents and consequences of a local government. In the preceding article, it was reported that the case of Orania does indeed align with the characteristics associated with the concept of "local government". The antecedents of local government have been shown to be authorisation, residents, natural and physical location, cooperative governments, and capabilities. It appears that Orania did not originate due to authorising measures such as the Constitution and subsequent legislation. Instead, it came about because of a cultural community's aspirations and the subsequent acquisition of a piece of land while obtaining legal authorisation at a later stage by means of an order of the High Court. The residents of Orania do not seem to be accidental inhabitants; but are residents based on their alignment with Orania's founding principles. The unique physical location of Orania was deliberately chosen and plays a crucial role in the provision of energy, water, and other infrastructure-related services by the Orania Town Council and administration. The Town Council and its administration appear to have sufficient funds, competent and ethical council members and officials to carry out its functions and create a home for its community. Regarding the consequences of local government, the Orania community seems to experience a good quality of life while actively engaging in various community organisations, participating in the democratic election of an accountable Orania Representative Council (OVR) and Town Council, receiving sustainable municipal services, and witnessing social and economic development. Additionally, they enjoy a safe and healthy environment. An authentic local government is thus one that is integrally connected to its local community and the surrounding world. It continually grapples with present challenges and genuinely cares for its community and the world it inhabits. Orania, therefore, appears to embody the characteristics of a local government.

    Keywords: Orania; social ontology; care; local government; municipality; concept analysis; antecedent; consequence; quality of life; sustainable services


     

     

    1. Inleiding

    Plaaslike regering word van ander regeringsvlakke onderskei op grond van sy eiesoortige institusionele eienskappe, die plaaslike aard van sy owerheidsfunksies en die territoriale afbakening van sy plaaslike jurisdiksiesfeer. Ten spyte van die plaaslikheid van hierdie regeringsentiteit, slaag plaaslike regerings dikwels nie daarin om in die spesifieke behoeftes van hul inwoners te voorsien nie. Die vraag is: Waarom nie?

    'n Kort antwoord sal wees: 'n Plaaslike regering wat nie in die behoeftes van sy plaaslike samelewing voorsien nie, is on-eintlik of nie outentiek nie - dus nie trou aan sigself nie. Hierdie antwoord gee aanleiding tot 'n volgende vraag: Wat is 'n eintlike plaaslike regering? Die antwoord op hierdie vraag kan gevind word in 'n begripsraamwerk van "plaaslike regering" (kyk na Figuur 1 in Wessels, 2024) en 'n sosiale ontologie van sorg (Wessels, 2023a). Hier-volgens is 'n plaaslike regering 'n institusionele, handelende en territoriale eenheid verbind deur hul gemeenskaplike ongemak met die hede en hul gemeenskaplike sorgsame handelinge, gesitueerd binne 'n diverse, veelvlakkige en onderling verbonde wêreld. 'n Kernbegrip is "sorg", soos in besorgdheid en sorgsaamheid.

    Hoe lyk so 'n plaaslike regering? 'n Gevallestudie van Orania as 'n nietipiese geval van plaaslike regering binne die Suid-Afrikaanse konteks, bevestig dat die begripsraamwerk en sosiale ontologie van sorg wel 'n werkbare manier is om die werklikheid van plaaslike regering te beskryf en te verstaan. Orania voldoen wel aan die eienskappe van 'n plaaslike regering soos opgeneem in die begripsraamwerk. Voorts blyk dit uit die gevallestudie dat 'n outentieke (eintlike) plaaslike regering een is wat 'n integrerende deel van sy plaaslike gemeenskap en omsluitende wêrelde uitmaak, wat gevolglik voortdurende ongemak met die hede beleef en wat sy rol as plaaslike regering binne sy gemeenskap en oorvleuelende leefwêrelde met sorg, besorgdheid en versorging vervul (Wessels, 2024).

    Dit bring ons by die volgende twee vrae: Wat is nodig vir 'n plaaslike regering om outentiek te wees? Wat is die gevolge van die teenwoordigheid van 'n outentieke plaaslike regering? Hierdie vrae het te make met wat in die begripsraamwerk aangetoon word as die antesedente en gevolge van die begrip "plaaslike regering". Die beantwoording van hierdie twee vrae het deel uitgemaak van 'n gevallestudie waaroor in die artikel "Plaaslike regering - 'n sosiale ontologie van sorg: Orania as 'n nietipiese geval" (Wessels, 2024) berig is.

    Die doel van die huidige artikel is om ter beantwoording van die voorgaande twee navorsingsvrae verslag te doen oor die antesedente en gevolge van die begrip "plaaslike regering" soos waargeneem in Orania as 'n nietipiese Suid-Afrikaanse geval van plaaslike regering. Die navorsingsontwerp vir hierdie studie is volledig uiteengesit in die voormelde artikel, opgeneem in hierdie uitgawe (Wessels, 2024), en word dus nie in hierdie artikel herhaal nie.

     

    2. Antesedente vir plaaslike regering

    Wat is nodig vir 'n plaaslike regering om outentiek te wees? Hierdie vraag lei 'n mens na die gedeelte van die begripsraamwerk (kyk na Figuur 1 in Wessels, 2024) wat na antesedente van die begrip verwys. Die begrip "antesedent" verwys na daardie handelinge, gebeure of oorsake wat in plek moet wees vir die bestaan van 'n begrip en die verskynsel waarna dit verwys. Dit is dus iets soos 'n noodsaaklike voorwaarde (Wessels, 2023a:49). Die vraag wat hierdie gedeelte rig, is die volgende: Tot watter mate is die vyf antesedente vir plaaslike regering wat in die 2023-studie geïdentifiseer is (Wessels, 2023), van toepassing op Orania? Ek ontleed die geval van Orania gevolglik aan die hand daarvan.

    2.1 Grondwetlike en statutêre voorsiening

    Op die begripsvlak kan geargumenteer word dat magtigende maatreëls (grondwetlik, statutêr en beleide) nodig is vir 'n plaaslike regering om te bestaan (Wessels, 2023a: 49-50). Binne die Suid-Afrikaanse konteks maak hoofstuk 7 van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika (Republiek van Suid-Afrika, 1996) voorsiening vir die bestaan van plaaslike regering as 'n derde owerheidsfeer. Aanvullend tot die Grondwet, maak die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Afbakening, Wet 27 van 1998 (Republiek van Suid-Afrika, 1998a) voorsiening vir die afbakening van munisipale grense, en die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Strukture, Wet 117 van 1998 (Republiek van Suid-Afrika, 1998b) vir die totstandkoming van munisipaliteite. Die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Stelsels, Wet 32 van 2000 (Republiek van Suid-Afrika, 2000) bepaal die kernbeginsels, meganismes, prosesse en wetlike aard van 'n munisipaliteit. Verskeie ander wette, regulasies en beleidsdokumente maak ook deel uit van 'n omvangryke lys van magtigende maatreëls wat die bestaan en funksionering van plaaslike regering in Suid-Afrika moontlik maak. Plaaslike regering in Suid-Afrika het in sy huidige formaat tot stand gekom as gevolg van die 1996 Grondwet en die wette wat daaruit voortgespruit het. Hierdie magtigende maatreëls het nie slegs plaaslike regering moontlik gemaak nie, maar was afdwingbaar. Hoe raak hierdie magtigende maatreëls Orania?

    Anders as al die ander plaaslike regerings in Suid-Afrika, het Orania as plaaslike regering nie ingevolge enige van die voormelde magtigende maatreëls tot stand gekom nie. Die dorp Orania is in 1991 deur sy stigters gekoop "met die doel om as vestigingspunt vir Afrikanerselfbeskikking te dien en sal ook deur ons en ons nageslag verder uitgebrei en ontwikkel word" (Orania Dorpsraad, 2022c: A). Die ontstaan van Orania is dus nie deur 'n grondwet of wet gemagtig nie, maar is moontlik gemaak deur 'n doel of strewe van 'n groep mense. Hierdie doel of bestaansrede word in die 2021-sosio-ekonomiese opname onder inwoners van Orania bevestig met 59% van die respondente wat "Vryheid vir Afrikaners" as bestaansrede aantoon (Orania Dorpsraad, 2022b:11).

    De Beer (1991) beskryf die rol van (bestaans-)redes treffend in sy artikel "Kan instellinge ooit oor voldoende rede beskik?" soos volg:

    In die totstandkoming en funksionering van instellinge speel die ... redes wat aangevoer word 'n allesbepalende rol. Wie ook al nie bereid is om die redes te aanvaar of hulle met die doelwitte te vereenselwig nie, word uitgesluit, of nog meer gepas, sluit hulleself uit... Die aanvoer van redes, die stel van doelwitte en die skepping van orde vorm saam die betekenisgewende aktiwiteit van instellinge. (De Beer, 1991:76)

    Die totstandkoming van 'n instelling soos 'n plaaslike regering het dus meer as net magtigende maatreëls nodig, maar 'n strewe, oftewel 'n rede. De Beer (1991:92) wys egter ook op die gevaar van die "dodelike houvas" wat rede in die vorm van 'n gesaghebbende beginsel op ons kan hê. Hy bepleit gevolglik die agterlaat van reëlbeheerde prosesse en vaste besluit-nemingsprosedures ten gunste van "die spel van die rede" en 'n praktyk van universele ontoereikendheid wat "elke instelling spelend kan bevry" (De Beer, 1991:92-93).

    In sy spel van die rede en die ontoereikendheid daarvan het Orania met verdrag sy beslag as plaaslike regering gekry. Eers as die Orania Verteenwoordigende Oorgangsraad in 1995, wat by wyse van Provinsiale Proklamasie 65 van 11 September 1995 (Provinsie Noord-Kaap, 1995) ingevolge die Oorgangswet op Plaaslike Regering 209 van 1993 (Republiek van Suid-Afrika, 1994) afgekondig is. Hierdie proklamasie is op 4 Desember 2000 opgevolg met 'n lasgewing van die Hooggeregshof van Suid-Afrika (Noord-Kaapse Afdeling) in 'n saak tussen onder meer die Orania Verteenwoordigende Oorgangsraad (OVO) en die Orania Inwonersvereniging (applikante) en die President van die Republiek van Suid-Afrika en 47 ander respondente. Ingevolge hierdie lasgewing, hangende die beregtiging en finale afhandeling van die betrokke aansoek, behou die OVO sy bestaande regte en bly "voortbestaan as 'n entiteit vir doeleindes van onderhandelinge en litigasie" soos deur Artikel 38 van die 1996 Grondwet voorsien (Waarnemende Regter-President Buys, 2000). Voorts het die hof gelas dat die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Strukture, Wet 117 van 1998 (Republiek van Suid-Afrika, 1998b), soos gewysig, ten volle uitgevoer en toegepas word.

    Die OVO het nie slegs voortbestaan nie, maar word opgeneem in die Thembelihle Grondgebruikskema (Thembelihle Local Municipality, 2022: Section 25) wat die Orania Oorlegsone beskryf as "coherent and self-sufficient" en "an already well-established traditional cultural community within the framework of sustainable development". Die waarnemende Munisipale Bestuurder van die Tembelihle Plaaslike Munisipaliteit bevestig voorts dat Orania nie slegs hul eie fiskale basis het nie, maar ook self hul munisipale dienste lewer en vir hul eie grondgebruiksbestuur verantwoordelik is (Thembelihle Municipal Manager, 2022). Daar kan dus uit die voorgaande afgelei word dat Orania, synde Orania Oorlegsone of Orania Verteenwoordigende Raad, nie ingevolge enige grondwetlike en statutêre voorsiening tot stand gekom het nie, maar wel binne die raamwerk van daardie maatreëls 'n regsentiteit is en regtens gemagtig is om munisipale funksies te verrig.

    2.2 Inwoners

    'n Tweede voorwaarde vir die bestaan van 'n plaaslike regering is die teenwoordigheid van inwoners en by implikasie 'n plaaslike samelewing en plaaslike gemeenskappe. Hierdie antesedent fokus hoofsaaklik, maar nie uitsluitlik nie, op dít waarna die begrip "inwoners" verwys. Ingevolge die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Stelsels van 2000 (Republiek van Suid-Afrika, 2000: Artikel 1) is 'n inwoner "'n persoon wat gewoonlik in die munisipaliteit woonagtig is". "Plaaslike gemeenskap" het 'n veel omvattender betekenis en sluit in die inwoners en belastingbetalers van die munisipaliteit, enige burgerlike en nieregeringsorgani-sasies wat by plaaslike sake betrokke is, besoekers wat vir die duur van hul besoek van die munisipaliteit se dienste en fasiliteite gebruik maak, asook "die armes en ander benadeelde sektore van sodanige liggaam van persone" (Republiek van Suid-Afrika, 2000: Artikel 1).

    Gedagtig aan die doel waarvoor Orania in 1991 tot stand gekom het, het "inwoners" hier 'n baie spesifieke betekenis. Hoewel dit ook na persone wat gewoonlik daar woonagtig is verwys, is daar 'n bykomende vereiste naamlik dat hulle suksesvol om verblyfreg aansoek gedoen het (Orania Beweging, 2024d; Van Zyl, 2024). Vir dié doel is die Orania Verblyfs-regbeleid opgestel om vir 'n deursigtige formele aansoekproses voorsiening te maak (Orania Beweging, 2024d). Hierdie proses kan vergelyk word met erkende immigrasieprosesse wat deur nasionale state gevolg word. Ingevolge hierdie beleid moet voornemende inwoners hulself tot die volgende verbind:

    Orania se aard, grondslag en strewe, wat verseker dat inwoners Orania se Christelike waardes en oortuigings deel, by ons kultuur en gebruike inskakel en 'n bydrae tot die behoud en opbou van ons gemeenskap lewer... (Orania Beweging, 2024d:3)

    Persone wat hul tot die voorgaande verbind, word gevolglik geakkommodeer met inagneming van werklike behoeftes, vermoëns en beskikbare hulpbronne, hul inskakeling by Orania se beginsels van "eie arbeid, eie grond en eie instellings" en die nieblootstelling van die Orania-gemeenskap aan "onnodige risiko's" (Orania Beweging, 2024d:4). Die inwoners van Orania is dus deel van 'n vrywillige kultuurgemeenskap.

    Ten einde die omvang van die moontlike invloed van hierdie antesedent op Orania as plaaslike regering te kan beoordeel, word die demografiese profiel van die inwoners verder ontleed. Dit blyk uit 'n sosio-ekonomiese opname wat in 2021 deur Urban-Econ Development Economists vir Orania gedoen is dat Orania in 2021 sowat 2 377 inwoners gehad het - 'n gemiddelde jaarlikse groei van 17% van die 1 085 inwonertal van 2014 (Orania Dorpsraad, 2022b:3). Hierdie groeikoers kontrasteer met groei in die getal inwoners van omliggende dorpe soos De Aar (1,1%), Petrusville (1,5%), Vanderkloof (1.5%) en Hopetown (1,1%). Dié betrokke verslag verskaf ook inligting oor die aantal huishoudings (649), gemiddelde ouderdomskategorie (35-39 jaar), kwalifikasies (71% graad 12 en hoër), werkstatus (werkloos-heidskoers: 1,7%), ontwikkelingsbehoeftes, kerkverbande, klubs, verenigings en gemeen-skapsinstellings, en sakeondernemings (Orania Dorpsraad, 2022b). In 'n studie oor die persoonlike en huishoudelike inkomste van Orania inwoners rapporteer Rossouw (2023:918) dat hul gesamentlike jaarlikse persoonlike inkomste teen 2021 sowat 300 miljoen Ora1 en die jaarlikse huishoudelike inkomste teen 2021 sowat 200 miljoen Ora bedra het.

    Benewens die inwoners van Orania, strek die grense van die Orania-gemeenskap veel wyer as die Orania Oorlegsone. Verskeie organisasies of instellings is werksaam as deel van die Orania-gemeenskap. Voorbeelde hiervan is die Orania Beweging (2024a), die Orania Ontwikkelingsmaatskappy (2024), die Orania Sakekamer (2024), die Orania Groeifonds (2024), en die Vryheidstigting (2024). Die verskeidenheid gemeenskapsorganisasies blyk almal op die een of ander wyse aktief betrokke te wees in die gemeenskap van Orania as selfstandige dorp.

    2.3 Natuurlike en fisiese ligging

    Daar word algemeen aanvaar dat die natuurlike en fisiese ligging van 'n plaaslike regering 'n belangrike rol speel in die ontwikkeling van die kenmerkende eienskappe daarvan. Hierdie ruimtelike elemente, soos dit ook bekend staan (Shackleton, Chinyimba, Hebinck, Shackleton & Kaoma, 2014), verwys onder meer na die klimaat, water, son, reënval, grond, natuurlike plantegroei, minerale, en topografiese verskynsels soos berge, riviere, woestyne en natuurlike woude. So word die natuurlike en fisiese ligging van 'n plaaslike regering binne die Suid-Afrikaanse konteks in ag geneem by die afbakening of herafbakening van munisipale grense (Republiek van Suid-Afrika, 1998a: Artikel 24), asook by die beoordeling van risiko's vir vloede en oorstromings van laagliggende areas (Chattaraj, Paul & Sarkar, 2021). 'n Studie van volhoubaarheid en infrastruktuurbeplanning in die stad Kaapstad deur Mark Swilling (2006) bevestig die belangrikheid van hierdie elemente in die beplanning vir ekologiese volhoubaarheid van 'n stad of dorp.

    Wat Orania betref, is 'n biofisiese-omgewingsanalise deur MVD Kalahari Stads- en Streeksbeplanners (2020) in 2020 vir die Orania Verteenwoordigende Raad gedoen. Hierdie ontleding onderskei tussen verskeie elemente wat Orania se fisiese en natuurlike ligging kenmerk, naamlik die klimaat, fauna, topografie en landvorm, hidrologie, plantegroei, geologie en grondgesteldheid en fisiografie (MVD Kalahari Stads- en Streeksbeplanners, 2020:57-64). Orania se klimaat word gekenmerk deur uiterste temperatuurwisselings, soms erge wind en lae reënval (Orania Beweging, 2024b). Dit blyk dat die invloed van die Oranjerivier, die grootste rivier in Suid-Afrika, soos 'n goue draad deur al die voormelde elemente loop.2 'n Onttrekkingslisensie by die Departement van Waterwese magtig die dorp om water uit die rivier te onttrek (Orania Beweging, 2024e). Orania se eiesoortige natuurlike en fisiese ligging is dus 'n bepalende antesedent vir die aard en omvang van Orania se plaaslike regeringsfunksies.

    2.4 Samewerkende regerings

    Gedagtig daaraan dat 'n plaaslike regering nie in isolasie bestaan nie, maar gewoonlik geleë is binne een of meer jurisdiksiesfere in 'n staat, word hier geargumenteer dat die ander jurisdiksiesfere 'n noodsaaklike voorwaarde is vir die bestaan van 'n plaaslike regering. 'n Plaaslike regering, synde 'n kollektiewe Dasein, is gesitueerd in-die-wêreld van regerings en in-samesyn-met-ander plaaslike owerhede. Binne die Suid-Afrikaanse konteks artikuleer artikel 154 van die Grondwet (Republiek van Suid-Afrika, 1996) hierdie in-die-wêreldheid van 'n plaaslike regering as munisipaliteite in samewerkende regering.

    Wat Orania betref, stel die Orania Beweging3 homself ten doel om "deurgaans opbouende naasbestaan met alle mede-Afrikaners, mede-Suid-Afrikaners en ander taal- en kultuur-gemeenskappe te bevorder" (Orania Beweging, 2019: Artikel 5.5). Hoewel Orania nie ingevolge die Grondwet en verbandhoudende wette 'n de jure plaaslike owerheid of munisipaliteit is nie, wil dit voorkom asof dit de facto 'n plaaslike owerheid is met gevolglike samewerkende verhoudinge met die Pixley ka Seme Distriksmunisipaliteit, die Tembelihle Plaaslike Munisipaliteit, die Noord-Kaapse Provinsiale Regering, en verskeie nasionale staatsdepartemente in Suid-Afrika. Orania se in-die-wêreldheid en in-samesyn-met-anderheid kry ook amptelike status met die erkenning en insluiting van sy bestaande grondgebruikskema by dié van Thembelihle. Hierdie insluiting is amptelik gegrond op "constitutional provisions, agreements and accords of mutual understanding, cooperation and recognition, either formal or informal between the Orania Verteenwoordigende Raad and various levels and departments of government" (Thembelihle Local Municipality, 2022: Section 25).

    2.5 Vermoë

    Die antesedent "vermoë" lei ons tot die vraag, wat is nodig vir 'n plaaslike regering as kollektiewe Dasein4 wat sy funksies sorgsaam uitvoer, sy potensiaal ten volle verwesenlik om "eintlik" te wees? Acharya en Scott (2022:64) verwys in hierdie verband na 'n plaaslike regering se tegniese, administratiewe en fiskale vermoëns. Dit wil voorkom asof hierdie antesedent saamgevat kan word as die omvattende materiële en menslike vermoë wat nodig is vir 'n plaaslike regering om te kan wees. Ons kyk gevolglik na voldoende fondse, bevoegde raadslede en amptenare, en etiese leierskap as onderskeidende elemente van vermoë as ante-sedent vir plaaslike regering.

    2.5.1 Voldoende befondsing

    Die geldigheid van voldoende fondse as antesedent vir die bestaan, onafhanklikheid en voortbestaan van plaaslike regering word bevestig deur die wydlopende vakkundige literatuur oor munisipale finansies, begrotings en besnoeiings. Dit wil voorkom asof 'n plaaslike regering nie kan bestaan sonder die nodige fondse om sy funksies uit te voer nie. So het die wêreldwye nypende tekort aan fondse wat plaaslike regerings ervaar tot die afskaling in munisipale funksies en dienslewering gelei. In die Verenigde State van Amerika (VSA) is plaaslike regerings blootgestel aan begrotingsprobleme op nasionale en (deel-)staatsvlak wat gelei het tot toenemende druk op plaaslike regerings om te bespaar (Davidson, 2020). Dit het ook hul vermoë om dienste aan veral die kwesbare lede van die bevolking volhoubaar te lewer aangetas (Peck, 2013). So het die stad Vallejo in Kalifornië ná die 2008 finansiële krisis in die VSA die eerste plaaslike owerheid geword om vir bankrotskap aansoek te doen (Davidson, 2020). Ook in Brittanje is plaaslike owerhede afhanklik van 'n hoogs gesentraliseerde befondsingstruktuur (Dagdeviren & Karwowski, 2021). Hier het pogings om geld te bespaar gelei tot die "de-municipalisation" van parke met groter betrokkenheid van nasionale nieregeringsorganisasies (Smith, Whitten & Ernwein, 2023). Navorsers het voorts gevind dat die de-munisipaliserings-tendens nie slegs parke se vermoë ingeperk het om as geïntegreerde infrastruktuur te dien nie, maar selfs pogings om stede meer volhoubaar en veerkragtig te maak (Smith, et al., 2023). Die voorgaande is voorbeelde van plaaslike regerings in die VSA en Brittanje wat veral as gevolg van sentrale owerheidsbesnoeiings finansieel swaar kry met gevolglike druk om van hul tradisionele funksies af te skaal.

    Suid-Afrika is waarskynlik nie veel anders nie. Dit is insiggewend dat die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika (Republiek van Suid-Afrika, 1996: Artikel 152(2)) baie spesifiek is oor die finansiële en administratiewe vermoë deur die volgende te bepaal: "'n Munisipaliteit moet daarna streef om binne sy finansiële en administratiewe vermoë die oogmerke in subartikel (1) uiteengesit, te verwesenlik." Die sentrale owerheid speel 'n deurslaggewende rol in die beskikbaarheid van fondse vir plaaslike regering. Die Grondwet van die Republiek van Suid Afrika (Republiek van Suid-Afrika, 1996: Artikel 214) bepaal in hierdie verband dat 'n Parlementswet voorsiening moet maak vir die billike verdeling van inkomste wat op nasionale vlak ingevorder word, tussen die nasionale, provinsiale en plaaslike regeringsfeer. Ingevolge dié bepaling maak die Wet op Interregerings- Fiskale Betrekkinge, Wet 97 van 1997 (Republiek van Suid-Afrika, 1997) dan ook voorsiening vir die bevordering van "samewerking tussen die nasionale, provinsiale en plaaslike sfere van regering oor fiskale, begrotings en finansiële aangeleenthede".

    Wat is die situasie in Orania? Hoewel Orania nie 'n munisipaliteit ingevolge die Grondwet en ander nasionale wetgewing is nie, dra sy inwoners wel by tot die nasionale inkomste deur belasting te betaal. Dit blyk egter dat Orania as 'n afsonderlike entiteit nie by die verdeling van inkomste ingevolge die betrokke Wet ingereken word nie. Voorts bevestig die Uitvoerende Hoof van die Orania Dorpsraad dat hulle gevolglik geen fondse van die nasionale, provinsiale of plaaslike regerings ontvang nie (Snyman, 2024).

    Die Orania Dorpsraad, synde die direksie van die Orania Aandeleblok (OAB), blyk wel oor voldoende fondse te beskik om sy funksies uit te voer. Die OAB se bedryfsbegroting word primêr deur heffings gefinansier en aangevul deur donasies van strategiese vennote. Die Orania Veiligheidsdienste (OVD) faktureer die OAB vir veiligheidsdienste gelewer terwyl Orania Infrastruktuur die koste vir grootmaatdienste direk van die aandeelhouers van ontwikkelings-verwante kapitaalprojekte verhaal (Snyman, 2024). Waar Orania uit verskeie grondentiteite bestaan, is hierdie entiteite self verantwoordelik om koste van entiteit-spesifieke dienste van hul lede of aandeelhouers te verhaal. Ooreenkomste tussen die OAB en grondentiteite vir die finansiering van generiese dienste soos veiligheid, verblyfreg en regspleging word in die vooruitsig gestel (Snyman, 2024).

    2.5.2Bevoegde verteenwoordigende raadslede en amptenare

    Met hierdie antesedent word geargumenteer dat 'n plaaslike regering kwalik kan bestaan en funksioneer sonder bevoegde verkose verteenwoordigers en amptenare. Indien dit so is dat die funksies van verteenwoordigende raadslede en amptenare binne Heidegger se filosofie van die Dasein vertolk kan word as handelinge van besorgdheid, voorsorg en sorgsaamheid vir Orania en sy mense (kyk na Heidegger, 1962:227), beteken daardie sorg ook 'n omgee vir hul eie optimale vermoë om hul gespesifiseerde en soms gespesialiseerde take te kan verrig. Van verkose verteenwoordigers kan verwag word om hul eie belange ondergeskik te stel aan die belange van die plek (Orania) en sy inwoners. Van amptenare kan verwag word om oor die nodige kundigheid, vermoë en sorgsaamheid te beskik om hul funksies ten beste uit te voer. Dit blyk uit inligting wat van die Uitvoerende Hoof van die Orania Dorpsraad ontvang is dat hierdie vermoëns van die dorpsadministrasie volhoubaar ontwikkel word deur voorsiening te maak vir die aanstel van bekwame personeel, die bevordering van 'n gesonde werkskultuur, gereelde strategiese beplanningsessies, deurlopende skakeling met die vele rolspelers, en toeganklikheid vir die gemeenskap (Snyman, 2024). Die Dorpsraad "leef baie naby aan die inwoners van die dorp" (Snyman, 2024).

    2.5.3Etiese leierskap

    In 'n onlangse studie in Michigan in die VSA oor effektiewe leierskap van 'n plaaslike regeringsraad, artikuleer Dzordzormenyoh (2022:229) dat leierskap 'n handeling is wat lede van 'n groep of organisasie óf beïnvloed óf transformeer ten einde 'n spesifieke doel te bereik. Hierdie omskrywing sê eintlik niks oor die aard van die beïnvloeding of transformasie nie. Gevolglik word hierdie antesedent gekwalifiseer met "etiese" - dus etiese leierskap, beïn- vloeding of transformasie. Gedagtig aan die oorspronklike Griekse woord "etos", verwys die etiese in hierdie verband na die vermoë van die leierskap om 'n gunstige milieu vir etosverwesentliking (tuisteskepping) vir die gemeenskap te skep (kyk na Stiegler, 2013:7-8; Wessels, 2023b:976-977). Binne die Suid-Afrikaanse opset resoneer hierdie gedagte met die sewe beginsels van etiese munisipale leierskap soos opgeneem in die Code for Ethical Leadership in Local Government. The Ethics Institute (2023:12-23) het die kode in same-werking met die Departement van Samewerkende Regering, die Suid-Afrikaanse Plaaslike Regeringsvereniging (algemeen bekend as SALGA) en die Moral Generation Movement opgestel. Etiese leierskap is dus gesetel in die onderlinge verbintenis van verteenwoordigers en amptenare om die raad en administrasie waarvan hul deel is sodanig te lei en te beïnvloed om 'n sorgsame tuiste vir hul gemeenskap moontlik te maak.

    2.6 Antesedente vir die ontstaan en bestaan van Orania as 'n plaaslike regering: 'n samevattende beskouing

    Tot watter mate is die vyf antesedente vir plaaslike regering van toepassing op Orania? Dit blyk dat hoewel Orania regtens gemagtig is om munisipale funksies te verrig, dit nie soos die ander munisipaliteite in Suid-Afrika tot stand gekom het as gevolg van hierdie maatreëls nie, maar ten spyte daarvan. Dit blyk voorts dat Orania nie tot stand sou kon kom sonder die strewe van 'n kultuurgemeenskap wat tot die koop van 'n stuk grond gelei het nie. Sommige van die magtigende maatreëls het dit egter vir Orania moontlik gemaak om op 'n ordelike manier binne die Suid-Afrikaanse grondwetlike bestel te kon ontstaan en voortbestaan. In aansluiting by die voorgaande, is die inwoners van Orania inwoners omdat hulle die ontstaansredes vir Orania onderskryf. Gevolglik is Orania se inwoners deel van 'n vrywillige kultuurgemeenskap en 'n verskeidenheid van gemeenskapsorganisasies met gedeelde strewes, waardes en oortuigings (soos eie arbeid, eie grond en eie instellings), wat wyer strek as dié met verblyfreg binne Orania. Orania se in-die-wêreldheid en in-samesyn-met-anderheid word voorts vergestalt in samewerkende amptelike betrekkinge met ander plaaslike en provinsiale regerings asook nasionale staatsdepartemente, tot wedersydse erkenning en voordele. Die eiesoortige fisiese ligging van Orania blyk ook 'n bepalende antesedent te wees in die Orania Dorpsraad se voorsiening van energie, water en ander infrastruktuur-verwante dienste. Waar ander plaaslike regerings, binne en buite Suid-Afrika, gestrem word deur onvoldoende fondse, blyk die Orania Dorpsraad oor voldoende fondse, bekwame en etiese raadslede en amptenare te beskik om sy funksies uit te voer en so 'n tuiste vir sy gemeenskap te skep.

     

    3. Gevolge van Orania as plaaslike regering

    Wat is die gevolge van die teenwoordigheid van 'n outentieke plaaslike regering? Die gevolge van 'n begrip verwys na wat Walker en Avant (2014:173) verwoord as "those events or incidents that occur as a result of the occurrence of the concept - in other words, the outcomes of the concept". In die geval van "plaaslike regering" kan sekerlik aanvaar word dat die uiteindelike gevolg van die begrip, en by implikasie die verskynsel, die belewenis van besorgdheid, sorgsaamheid en tuiswees deur die betrokke samelewing of gemeenskap is.

    Die gevolge van plaaslike regering dui sekerlik op die mate waarin aan die bestaansredes vir plaaslike regering voldoen is. Ek vermoed dat dit ook verstaan kan word binne die verband van die "wet van voldoende/onvoldoende rede" (kyk na De Beer, 1991:76). Die aanhef van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika (Republiek van Suid-Afrika, 1996: Aanhef) verwoord die bestaansredes van die Suid-Afrikaanse staat onder meer soos volg: "[Om die] lewensgehalte van alle burgers te verhoog en die potensiaal van elke mens te ontsluit." Meer spesifiek gemik op plaaslike regering, identifiseer die Suid-Afrikaanse Grondwet vyf oogmerke of bestaansredes vir plaaslike regering, naamlik 'n demokratiese en verantwoordingspligtige regering vir plaaslike gemeenskappe,5 volhoubare dienslewering aan gemeenskappe, maatskaplike en ekonomiese ontwikkeling, en 'n veilige en gesonde omgewing (Republiek van Suid-Afrika, 1996: Artikel 152). Hierdie oogmerke of bestaansredes maak deel uit van die sosiale ontologie van sorg wat ek as teoretiese lens gebruik om op plaaslike regering te fokus (Wessels, 2023a:53-56).

    Tot watter mate is hierdie gevolglikheid of bestaansredes van "plaaslike regering" op Orania van toepassing? Om hierdie vraag te beantwoord, fokus ek hoofsaaklik op twee opnames wat privaat konsultante vir die Orania Dorpsraad gedoen het. Die resultate van hierdie opnames verskyn in twee afsonderlike verslae, naamlik die Orania Sosio-ekonomiese Opname (Orania Dorpsraad, 2022b) en die Orania Besigheidsopname (Orania Dorpsraad, 2022a).

    3.1Lewensgehalte

    Die lewensgehalte van individue en gemeenskappe is die onderwerp van 'n ryke verskeidenheid wetenskaplike ondersoeke in Suid-Afrika en elders (Castán Broto & Dewberry, 2016; Möller & Saris, 2001; Moller, 2007b; Moller & Roberts, 2019; Schlemmer & Moller, 1997). Dit blyk uit hierdie ondersoeke dat lewensgehalte onder meer afhang van gemeenskappe se belewenis van die toereikendheid van dienslewering, indiensneming, behuising, paaie, gesondheidsorg, aftreevoorsiening, misdaadvoorkoming en ontspanningsfasiliteite. Ongeag wat lewensgehalte vir onderskeie individue en gemeenskappe mag beteken, verwys "lewensgehalte" oënskynlik na plaaslike inwoners en gemeenskappe se geluk as 'n belewenis van tuiste en sorg (Wessels, 2023a:54). So blyk dit uit die 2021-sosio-ekonomiese opname (Orania Dorpsraad, 2022b:7-26) dat inwoners van Orania se geluk, wat deur Moller (2007a) as een van die indikatore van lewensgehalte beskou word, onder meer bepaal word deur 'n gemeenskap wat omgee (11%), werksgeleenthede (9%), familie (9%), lewenskwaliteit (14%), veiligheid (23%), kulturele geborgenheid (13%) en vryheid (21%). Hoe die begrip "lewensgehalte" ook al verstaan mag word, blyk dit vir Orania se inwoners 'n primêre gevolglikheid of bestaansrede van plaaslike regering te wees.

    3.2Demokratiese en verantwoordingspligtige regering

    'n Tweede gevolg van die begrip "plaaslike regering" is dié van 'n demokrasie en verant-woordingspligtigheid aan die plaaslike gemeenskap (Wessels, 2023a:54). Dit beteken dat 'n plaaslike regering nie slegs teenwoordig is in die leefwêreld van sy gemeenskap nie, maar ook verantwoordingspligtig-in-daardie-wêreld is (De Beer, 2015:633; Wessels, 2023a:55). Beide die OVR (Van Staden, 2024:1-2) en die Direksie van die OAB (Die Orania Dorpsraad) as die twee belangrikste plaaslike regeringsrolspelers in Orania is beide demokraties verkies, enersyds deur al die stemgeregtigde inwoners van Orania en andersyds deur lede van die OAB. Die vereiste aanspreeklikheid en deursigtigheid van die OAB is vervat in Hoofstuk 3 van die Maatskappywet (Republiek van Suid-Afrika, 2008).

    Die gevolglikheid van demokrasie en verantwoordingspligtigheid impliseer die aktiewe betrokkenheid van 'n gemeenskap om te verseker dat die regering die naaste aan hulle uitvoering gee aan hul behoeftes en strewes. Binne die Suid-Afrikaanse konteks word daar selfs in wetgewing voorsiening gemaak vir die bevordering van raadpleging en betrokkenheid van gemeenskappe oor plaaslike regeringsake (Republiek van Suid-Afrika, 1998b: Artikel 19). Ten spyte van 'n omvangryke literatuur oor die waarde van gemeenskapsbetrokkenheid by plaaslike sake (Biljohn & Lues, 2020; Farmer et al., 2018; Taylor, Draai & Jakoet-Salie, 2020), is Sancton (2021:19) van mening dat daar weinig empiriese steun is vir die beskouing dat gemeenskapsbetrokkenheid deur plaaslike regering bevorder word. Hy voer aan dat gemeen-skappe eers betrokke raak wanneer hulle dit nodig ag om hul woongebiede te verdedig of te verbeter - dus, wanneer 'n plaaslike owerheid nie na verwagting presteer nie.

    Wat Orania betref, blyk dit uit 'n onafhanklike opname wat vir die Orania Dorpsraad gedoen is dat inwoners aktief betrokke is by sake soos onder meer gemeenskapsveiligheid (12,6%) en maatskaplike projekte (7,7%) (Orania Dorpsraad, 2022b:49). Die Orania gemeen-skap, ook as lede van die onderskeie Orania grondentiteite, word deurlopend deur die OVR en Dorpsraad betrek by besluite oor en die uitvoering van plaaslike regeringsfunksies om inwoners só tuis te maak in hul gemeenskap en dorp (kyk na verslag deur MVD Kalahari Stads- en Streeksbeplanners, 2020).

    3.3Volhoubare munisipale dienslewering

    Gegewe dat noodsaaklike dienste soos elektrisiteitsverspreiding, vullisverwydering, en water en sanitasie deel uitmaak van tipiese funksies wat deur 'n plaaslike regering verrig word (Wessels, 2023:55), is die volhoubaarheid van hierdie funksies 'n sigbare gevolg van 'n plaaslike regering. Hierdie deug word onder meer beklemtoon deur die Verenigde Nasies se 2030 Agenda vir Volhoubare Ontwikkeling (United Nations, 2015: Doelstellings 6, 7, 11, 12 en 15). Die noue verband tussen volhoubare munisipale dienslewering en lewensgehalte word bevestig deur die aanwysers van lewensgehalte wat hier bo bespreek is.

    Hoewel volhoubare munisipale dienslewering 'n belangrike "gevolglikheid" van plaaslike regering is, blyk die inwoners van Orania meesal tevrede te wees met die dienste en geriewe in Orania. Dit blyk egter uit 'n onafhanklike opname wat vir die Orania Dorpsraad gedoen is dat inwoners volhoubare munisipale dienslewering nie noodwendig as die primêre bestaansrede vir Orania beskou nie (Orania Dorpsraad, 2022b:4, 11, 36 & 52).

    3.4Maatskaplike en ekonomiese ontwikkeling

    Maatskaplike en ekonomiese ontwikkeling as "gevolglikheid" van plaaslike regering gaan oor die skep van 'n bevorderlike klimaat vir verskeie rolspelers om 'n bydrae te maak tot die maatskaplike en ekonomiese ontwikkeling van die dorp (Wessels, 2023:55). In 'n studie van besluitneming oor die voorsiening van gedienste boubare grond deur Nederlandse Munisi-paliteite het Ploegmakers, Van der Krabben en Buitelaar (2013:366) opgemerk dat munisipa-liteite "want to be able to steer local economic development" - dus om ontwikkeling in 'n bepaalde rigting te stuur sonder om dit noodwendig self te doen. So wys Kayanan, Drucker en Renski (2022:352) se 2022-studie in die VSA oor innovasie-distrikte en gemeenskapsbou op die verskynsel dat ekonomiese ontwikkeling dikwels verkeerdelik geskei en onderskei word van gemeenskapsontwikkeling. Hulle wys voorts daarop dat die begrip "innovasie-distrik" gewortel is in 'n gemeenskap, met plaaslike finansiële, politieke en kulturele hulpbronne "in support of creating jobs and building live-work-play places" (Kayanan, Drucker & Renski, 2022:352).

    In die geval van Orania bevestig die sosio-ekonomiese opname ook die noue verband tussen enersyds infrastruktuurvoorsiening deur die Dorpsraad en andersins ekonomiese en maatskaplike ontwikkeling (Orania Dorpsraad, 2022b:46). 'n Sleutelrolspeler in Orania se ekonomiese en maatskaplike ontwikkelingsaksies blyk te wees die Orania Ontwikkelings-maatskappy (OOM), 'n maatskappy sonder winsoogmerk (OOM, 2024). OOM koördineer en bestuur verskeie ontwikkelingsprojekte soos die finansiering van ontwikkelingsprojekte, die voorsiening van bekostigbare subekonomiese behuising, die lewering van maatskaplike dienste, die oprigting van residensiële en kommersiële eiendomme, die ontwikkeling van infrastruktuur, en die onderhoud en bestuur van eiendomme (OOM, 2024). Die grootste gedeelte van die inwoners van Orania maak deel uit van sowel die potensieel ekonomiese aktiewe bevol-kingskategorie as die plaaslike arbeidsmag. Hulle dra dus by tot die ontwikkeling van sowel die plaaslike ekonomie as die welsyn van die gemeenskap (Orania Dorpsraad, 2022b:11 & 37). Dit blyk dat die Orania plaaslike regering wel 'n bevorderlike klimaat skep vir verskeie rolspelers om die gevolglikheid van maatskaplike en ekonomiese ontwikkeling in Orania moontlik te maak.

    3.5Veilige en gesonde omgewing

    'n Veilige en gesonde omgewing as 'n gevolglikheid of bestaansrede van plaaslike regering, is goed gedokumenteer. Meller (2005; 2007a) het in verskeie publikasies die belangrikheid van persoonlike veiligheid, dus om sonder vrees vir misdaad te wees, as mediator vir lewensgehalte uitgelig. Ellis en Schwartz (2016), weer, laat val die lig op die belangrikheid van parke wat nie net as veilig beleef word nie, maar waar kinders in veiligheid kan speel. Murray en Pauw (2022:103) voeg ander aspekte van 'n veilige en gesonde omgewing by, naamlik die belewenis van omgewingsgesondheid, gehalte lug en beligting, die afwesigheid van geraasbesoedeling, skoon water en sanitêre dienste.

    Dit blyk dat Orania in hul ruimtelike beplanning voorsiening maak vir ekologies volhou-bare residensiële en nieresidensiële grondgebruik, die gesondheid van grond (verbetering van grondvrugbaarheid en die behoud van suiwer grondwater en natuurlike vlak van die watertafel), gesondheidsfasiliteite vir inwoners, openbare veiligheid, bewaringareas, oop ruimtes, asook sport- en ontspanningsfasiliteite (MVD Kalahari Stads- en Streeksbeplanners, 2020). 'n Veilige en gesonde omgewing is dus deel van die toekomsbeplanning van die Orania plaaslike regering.

    3.6Gevolge van Orania as 'n plaaslike regering: 'n Samevattende beskouing

    Uit die voorgaande kan afgelei word dat die gevolglikheid van "plaaslike regering" soos uiteengesit in die sosiale ontologie van sorg (Wessels, 2023a:53-56) wel van toepassing is op Orania. Lewensgehalte, 'n primêre gevolglikheid of bestaansrede van plaaslike regering impli-seer vir Orania se inwoners 'n belewenis van tuiste en versorging. Die gevolglikheid van demokrasie en verantwoordingspligtigheid word voorts bevestig deur die teenwoordigheid van Orania se plaaslike regering in die leefwereld van sy gemeenskap, asook sy verantwoordings-pligtigheid-in-daardie-wêreld. So word die gevolglikheid van volhoubare munisipale diens-lewering ook deur Orania-inwoners beleef. Die betrokkenheid van verskeie belanghebbende rolspelers by ontwikkelingsprojekte in Orania is voorts 'n aanduiding van die sukses van die Orania plaaslike regering om 'n bevorderlike klimaat te skep wat die gevolglikheid van maatskaplike en ekonomiese ontwikkeling moontlik maak. Laastens voldoen Orania ook aan die gevolglikheid van 'n veilige en gesonde omgewing deur dit te integreer met hul toe-komsbeplanning.

    Hoewel die Orania plaaslike regering oënskynlik voldoen aan die gevolglikheidselemente wat deel uitmaak van die begripsontleding van "plaaslike regering", word hierdie gevolglikhede van plaaslike regering klaarblyklik nie as voldoende redes vir Orania se bestaan beskou nie. Onderliggend aan hierdie redes lê daar ander redes, naamlik dié van "hoër vlakke van selfstandigheid en selfbesluitneming" deur "eie arbeid, eie instellings en eie grond" binne "die huidige Suid-Afrikaanse grondwetlike landskap" (Orania Dorpsraad, 2022c:A).

     

    4. Gevolgtrekking

    Hierdie artikel volg op Plaaslike regering - 'n sosiale ontologie van sorg: Orania as 'n nietipiese Suid-Afrikaanse geval (Wessels, 2024). Dit het voorts 'n begripsraamwerk van "plaaslike regering" en 'n sosiale ontologie van sorg as teoretiese lens gebruik om die antesedente en gevolge van 'n plaaslike regering te verstaan. In die voorafgaande artikel is aangevoer dat die geval Orania wel voldoen aan kenmerke waarna die begrip "plaaslike regering" verwys. Die teoretiese lens van 'n sosiale ontologie van sorg het voorts onthul dat dit moeilik is om 'n plaaslike regering as sosiale konstruk objektief waar te neem en te beskryf. Nietemin het dit na vore gekom dat 'n plaaslike regering uit onderling verbonde individue en sosiale instellings bestaan wat gesitueerd is binne oorvleuelende menslike, spirituele, natuurlike, territoriale en staatkundige wêrelde. Voorts blyk dit dat die outentiekheid van 'n plaaslike regering gesetel is in sy besorgdheid oor die dinge van die wêreld waarin hy gesitueerd is en in die sorgsaamheid waarmee hy in-samesyn-met-ander sy funksies verrig. Die implikasie hiervan is dat 'n plaaslike regering wat nie omgee vir sy wêreld en mense nie, oneintlik is en in wese nie 'n plaaslike regering is nie. Dit bring my by die vrae oor wat nodig is (die antese-dente) om 'n outentieke plaaslike regering te wees en ook wat die gevolge van 'n outentieke plaaslike regering is.

    Die toepassing van die antesedente van "plaaslike regering" op Orania, onthul insigge-wende eiesoortighede van die Orania-geval. Wat die magtigende maatreëls betref, blyk dit dat die 1996 Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika en die voortspruitende wetgewing nie, soos in die geval van Suid-Afrikaanse munisipaliteite, aan Orania geboorte gegee het nie. Orania se magtiging om plaaslike owerheidsfunksies te verrig spruit voort uit sy de facto bestaan as plaaslike regering sedert 1991, die bevestiging daarvan in die 2000-lasgewing van die Hooggeregshof van Suid-Afrika en sy deurlopende konstruktiewe samewerking met verskeie belanghebbende owerhede. Orania as plaaslike regering bestaan dus nie in isolasie met sy bure nie, maar in samewerking met hulle.

    Die inwoners van Orania is deel van 'n spesifieke kulturele gemeenskap wat hul inwonerskap op grond van hul verbintenis tot gedeelde strewes en oortuigings bekom het. Voorts blyk dit dat die eiesoortige natuurlike en fisiese ligging van Orania geen toevalligheid is nie, maar doelbewus deur sy stigters geïdentifiseer is (Senekal, 2021:530) as bevorderlik vir die vestiging van 'n volhoubare en selfstandige gemeenskap. Die aankoop van die dorp vanaf die Departement van Waterwese het daarop gevolg. Die spesifieke vermoëns van die Orania-gemeenskap en plaaslike regering met betrekking tot befondsing, etiese leierskap en bevoegde raadslede en personeel, blyk voorts 'n bevorderlike antesedent vir Orania as plaaslike regering te wees.

    Laastens blyk die gevolglikheid van plaaslike regering, soos geïdentifiseer in die sosiale ontologie van sorg, ook op Orania van toepassing te wees. So is die Orania-gemeenskap gelukkig met hul lewensgehalte. Hul in-die-wêreld-wees impliseer deurlopende betrokkenheid by verskeie gemeenskapsorganisasies, direkte inspraak by en verantwoordingsplig van die OVR en die dorpsadministrasie. Voorts ervaar die Orania-gemeenskap volhoubare munisipale dienslewering, maatskaplike en ekonomiese ontwikkeling asook 'n veilige en gesonde omgewing. Hoewel dit binne die Suid-Afrikaanse konteks nie 'n munisipaliteit is nie, voldoen Orania wel aan die eienskappe van die begrip "plaaslike regering" en funksioneer dit op 'n outentieke wyse as plaaslike regering.

    Hierdie gevallestudie bevestig dat 'n eintlike plaaslike regering een is wat 'n integrerende deel van sy plaaslike gemeenskap en omsluitende wêrelde is, voortdurende ongemak met die hede beleef en met sorg daarop reageer deur met besorgdheid en versorging vir sy gemeenskap en wêrelde om te gee. Orania is klaarblyklik só 'n plaaslike regering.

     

    BIBLIOGRAFIE

    Acharya, KK & Scott, J. 2022. A study of the capabilities and limitations of local governments in providing community services in Nepal. Public Administration and Policy, 25(1):64-77. doi: 10.1108/PAP-01-2022-0006. Beskikbaar by: https://search.proquest.com/docview/2660952415.         [ Links ]

    Biljohn, MIM & Lues, L. 2020. Citizen participation, social innovation, and the governance of local government service delivery: Findings from South Africa. International Journal of Public Administration, 43(3):229-241. doi: 10.1080/01900692.2019.1628052. Beskikbaar by: https://doi.org/10.1080/01900692.2019.1628052.         [ Links ]

    Castán Broto, V & Dewberry, E. 2016. Economic crisis and social learning for the provision of public services in two Spanish municipalities. Journal of Cleaner Production, 112:3018-3027. doi: 10.1007/s11205-004-5584-y. Beskikbaar by: https://doi.org/10.1007/s11205-004-5584-y.         [ Links ]

    Cattaraj, D, Paul, B & Sarkar, S. 2021. Integrated Multi-parametric Analytic Hierarchy Process (AHP) and Geographic Information System (GIS) based spatial modelling for flood and water logging susceptibility mapping: A case study of English Bazar Municipality of Malda, West Bengal, India. Natural Hazards and Earth System Sciences, doi: 10.5194/nhess-2020-399. Beskikbaar by: https:// explore.openaire.eu/search/result?id=doi_dedup_::357cc3f80057142ed5145ab07845eef7.         [ Links ]

    Dagdeviren, H & Karwowski, E. 2021. Impasse or mutation? Austerity and (de)financialisation of local governments in Britain. Journal ofEconomic Geography, 22(3):685-707. doi: 10.1093/jeg/lbab028. Beskikbaar by: http://www.econis.eu/PPNSET?PPN=1806973618.         [ Links ]

    Davidson, M 2020. Extreme municipal fiscal stress and austerity? A case study of fiscal reform after Chapter 9 bankruptcy. Environment and Planning C: Politics and Space, 38(3):522-538. doi: 10.1177/2399654419872218. Beskikbaar by: https://journals.sagepub.com/doi/full/10.1177/2399654419872218.         [ Links ]

    De Beer, CS. 1975. Die metafisika van Martin Heidegger. Doktorale studie, Universiteit van Pretoria.         [ Links ]

    De Beer, CS. 1991. Kan instellinge ooit oor voldoende rede beskik? SAIPA - Tydskrif Vir Publieke Administrasie, 26(2):75-93.         [ Links ]

    , De Beer, CS. 2015. Die invensie/herinvensie van same-lewing. Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 55(4):632-651. doi: 10.17159/2224-7912/2015/v55n4a9.         [ Links ]

    Dzordzormenyoh, MK. 2022. Effective local government council leadership: reassessing the facilitative model of leadership. International Journal of Public Leadership, 18(3):229-241. doi: 10.1108/ijpl-02-2021-0015.         [ Links ]

    Ellis, D & Schwartz, R. 2016. The roles of an urban parks system. Frontiers of Architectural Research, 22(1):85-93. Beskikbaar by: Urban-Parks-System.pdf%0Ahttp://dx.doi.org/10.1016/j.foar.2014.09.001.         [ Links ]

    Farmer, J, Carlisle, K, Dickson-Swift, V, Teasdale, S, Kenny, A, Taylor, J, Croker, F, Marini, K & Gussy, M. 2018. Applying social innovation theory to examine how community co-designed health services develop: using a case study approach and mixed methods. BMC Health Services Research, 18(1):68. doi: 10.1186/s12913-018-2852-0. Beskikbaar by: https://bmchealthservres.biomedcentral.com/articles/10.1186/s12913-018-2852-0.         [ Links ]

    Heidegger, M. 1962. Being and time (translated by John Macquarrie and Edward Robinson). Oxford: Blackwell.         [ Links ]

    Kayanan, CM, Drucker, J & Renski, H. 2022. Innovation districts and community building: An effective strategy for community economic development? Economic Development Quarterly, 36(4):1-12. doi: 10.1177/08912424221120016. Beskikbaar by: https://us.sagepub.com/en-us/nam/open-access-at-sage.         [ Links ]

    Meller, V. 2005. Resilient or resigned? Criminal victimisation and quality of life in South Africa. Social Indicators Research, 72(3):263-317.         [ Links ]

    Maller, V. 2007a. Quality of life in South Africa: The first ten years of democracy. Social Indicators Research, 81(2):181-201. doi: 10.1007/s11205-006-9003-4.         [ Links ]

    Maller, V. 2007b. Satisfied and dissatisfied South Africans: Results from the General Household Survey in international comparison. Social Indicators Research, 81(2):389-415. doi: 10.1007/s11205-006-9004-3.         [ Links ]

    Maller, V. & Roberts, BJ. 2019. The best and worst times of life for South Africans: Evidence of universal reference standards in evaluations of personal well-being using Bernheim's ACSA. Social Indicators Research, 143(3):1319-1347. doi: 10.1007/s11205-018-2018-9.         [ Links ]

    Maller, V & Saris, WE. 2001. The relationship between subjective well-being and domain satisfactions in South Africa. Social Indicators Research, 55(1):97-114. doi: 10.1023/A:1010851412273.         [ Links ]

    Murray, M & Pauw, C. 2022. A novel tool for quality-of-life assessment in the household context.International JournalofSustainable Development, 25(1/2):95-113. doi: 10.1504/ijsd.2022.10051426.         [ Links ]

    MVD Kalahari Stads- en Streeksbeplanners. 2020. Orania Ruimtelike Ontwikkelingsraamwerk. Orania: Vryheidstigting. Beskikbaar by: https://vryheidstigting.org/orania-verteenwoordigende-raad/ [Afgelaai: 8 Maart 2024].         [ Links ]

    OOM. 2024. Orania Ontwikkelingsmaatskappy. Beskikbaar by: https://oraniaontwikkelingsmaatskappy.co.za [Afgelaai: 25 Maart 2024].         [ Links ]

    Orania Beweging. 2019. Die Grondwet van die Orania Beweging. Orania: Orania Beweging. Beskikbaar by: https://orania.co.za/wp-content/uploads/2024/01/Orania-Beweging-Grondwet.pdf [Afgelaai: 8 Maart 2024].         [ Links ]

    Orania Dorpsraad. 2022a. Orania Besigheidsopname. Orania: Orania Dorpsraad.         [ Links ]

    Orania Dorpsraad. 2022b. Orania Sosio-ekonomiese Opname 2022. Orania: Orania Dorpsraad.         [ Links ]

    Orania Dorpsraad 2022c. Orania Verblyfregbeleid. Orania.         [ Links ]

    Orania Beweging. 2024a. Geskiedenis. Beskikbaar by: https://orania.co.za/geskiedenis/ [Afgelaai: 8 Maart 2024].         [ Links ]

    Orania Beweging. 2024b. Klimaat. Beskikbaar by: https://orania.co.za/klimaat/ [Afgelaai: 12 Maart 2024].         [ Links ]

    Orania Beweging. 2024c. Ora. Beskikbaar by: https://orania.co.za/ora-2/ [Afgelaai: 8 Maart 2024].         [ Links ]

    Orania Beweging. 2024d. Orania Verblyfreg. Beskikbaar by: https://verblyfreg.myorania.co.za [Afgelaai 8 Maart 2024].         [ Links ]

    Orania Beweging. 2024e. Water. Beskikbaar by: https://orania.co.za/water/ [Afgelaai: 12 Maart 2024].         [ Links ]

    Orania Groeifonds. 2024. Finansiering van Ontwikkelingsprojekte. Beskikbaar by: https://oraniaontwikkelingsmaatskappy.co.za/finansiering-van-ontwikkelingsprojekte/ [Afgelaai: 8 Maart 2024].         [ Links ]

    Orania Ontwikkelingsmaatskappy. 2024. Orania Ontwikkelingsmaatskappy. Beskikbaar by: https://oraniaontwikkelingsmaatskappy.co.za/ [Afgelaai: 8 Maart 2024].         [ Links ]

    Orania Sakekamer. 2024. Jou sake, ons besigheid. Beskikbaar by: https://oraniasakekamer.co.za/ [Afgelaai: 8 Maart 2024].         [ Links ]

    Peck, J. 2013. Pushing austerity: state failure, municipal bankruptcy and the crises of fiscal federalism in the USA. Cambridge Journal of Regions, Economy and Society, 7(1):17-44. doi: 10.1093/cjres/ rst018. Beskikbaar by: https://search.proquest.com/docview/1531423496.         [ Links ]

    Ploegmakers, H, Van Der Krabben, E & Buitelaar, E. 2013. Understanding industrial land supply: how Dutch municipalities make decisions about supplying serviced building land. Journal of Property Research, 30(4):324-344. doi: 10.1080/09599916.2012.753933.         [ Links ]

    Provinsie Noord-Kaap. 1995. Establishment of district and transitional representative councils (Proclamation 65, 1995). Provincial Koerant No. 94 van 11 September 1995, [Afgelaai: 5 Maart 2024].         [ Links ]

    Republiek van Suid-Afrika. 1993. Oorgangswet op Plaaslike Regering, 209 van 1993. Staatskoerant Nr. 15467 van 2 Februarie 1994, [Afgelaai: 5 Maart 2024].         [ Links ]

    Republiek van Suid-Afrika 1996. Die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996, soos gewysig tot en met 2012. Pretoria: Staatsdrukker.         [ Links ]

    Republiek van Suid-Afrika. 1997. Wet op Interregerings- Fiskale Betrekkinge 97 van 1997. Staatskloerant, Nr. 18512, [Afgelaai: 14 Maart 2024].         [ Links ]

    Republiek van Suid-Afrika. 1998a. Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Afbakening, Wet 27 van 1998. Staatskoerant Nr. 19020.         [ Links ]

    Republiek van Suid-Afrika. 1998b. Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Strukture, Wet 117 van 1998. Staatskoerant No. 19614, [Afgelaai: 4 Maart 2024].         [ Links ]

    Republiek van Suid-Afrika. 2000. Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Stelsels, Wet 32 van 2000. Staatskoerant No 21776, [Afgelaai: 4 Maart 2024].         [ Links ]

    Republiek van Suid-Afrika. 2008. Maatskappywet 71 van 2008. Staatskoerant Nr 32121 (2009-04-09), Beskikbaar by: https://www.auditpartners.co.za/docs/Maatskappywet%2071%20van%202008.pdf [Afgelaai: 29 Maart 2024].         [ Links ]

    Rossouw, J. 2023. 'n Beraming van die jaarlikse persoonlike inkomste en jaarlikse huishoudelike inkomste van Orania in 2021 (An estimate of the annual personal income and annual household income of Orania in 2021). Tydskrifvir Geesteswetenskappe, 63(4):903-320. doi: 10.17159/2224-7912/2023/v63n4a8.         [ Links ]

    Sancton, A. 2021. Canadian local government: An urban perspective. 3rd edition. Ontario: Oxford.         [ Links ]

    Schlemmer, L & Maller, V. 1997. The shape of South African society and its challenges. Social Indicators Research, 41(1-3):15-50. doi: 10.1007/978-94-009-1479-7_2.         [ Links ]

    Senekal, B. 2021. Die eerste 40 jaar van Orania. Tydskrif Vir Geesteswetenskappe, 61(2):526-550. doi: 10.17159/2224-7912/2021/v61n2a8.         [ Links ]

    Shackleton, S, Chinyimba, A, Hebinck, P, Shackleton, C & Kaoma, H. 2014. Multiple benefits and values of trees in urban landscapes in two towns in northern South Africa. Landscape and Urban Planning, 136:76-86. doi: 10.1016/j.landurbplan.2014.12.004. Beskikbaar by: https://dx.doi.org/10.1016/j.landurbplan.2014.12.004.         [ Links ]

    Smith, A, Whitten, M & Ernwein, M. 2023. De-municipalisation? Legacies of austerity for England's urban parks. The Geographical Journal, doi: 10.1111/geoj.12518. Beskikbaar by: https://explore.openaire.eu/search/result?id=doi dedup::227a24a2b81fa218f98313755fbbe53f.         [ Links ]

    Snyman, G. 2024. E-pos kommunikasie (28 Maart 2024).         [ Links ]

    Stiegler, B. 2013. Uncontrollable societies of disaffected individuals. Nordic Journal of Aesthetics, 23(44-45):129-134.         [ Links ]

    Swilling, M. 2006. Sustainability and infrastructure planning in South Africa: a Cape Town case study. Environment and Urbanization, 18(1):23-50. doi: 10.1177/0956247806063939. Beskikbaar by: https://journals.sagepub.com/doi/full/10.1177/0956247806063939.         [ Links ]

    Taylor, JD, Draai, E & Jakoet-Salie, A. 2020. Creating a virtuous cycle for increased trust in local government. The Journal for Transdisciplinary Research in Southern Africa, 16(1):1-8. doi: 10.4102/td.v16i1.731. Beskikbaar by: https://td-sa.net/index.php/td/article/view/731.         [ Links ]

    The Ethics Institute. 2023. Code for ethical leadership in local government. Pretoria: The Ethics Institute. Beskikbaar by: https://www.cogta.gov.za/cgta_2016/wp-content/uploads/2024/03/LGELI-Code-for-Ethical-Leadership-in-LG.pdf [Afgelaai: 13 Maart 2024].         [ Links ]

    Thembelihle Local Municipality. 2022. Thembelihle Local Municipality Land Use Scheme 2022. Thembelihle Local Municipality.         [ Links ]

    Thembelihle Municipal Manager. 2022. The relationship of mutual understanding, acknowledgement and cooperation between Thembelihle Local Municipality and Orania Verteenwoordigende Raad. Thembelihle Local Municipality.         [ Links ]

    United Nations. 2015. Transforming our world: the 2030 Agenda for Sustainable Development. 16301. New York: Beskikbaar by: https://sustainabledevelopment.un.org/content/documents/21252030 Agenda for Sustainable Development web.pdf.         [ Links ]

    Van Staden, D. 2024. Orania se Verteenwoordigende Raad beklemtoon selfwerksaamheid. Koerania (Februarie 2024), 3:1-2. Beskikbaar by: https://koerania.co.za/wp-content/uploads/2024/02/Koerania-Februarie-2024.pdf [Afgelaai: 29 Maart 2024].         [ Links ]

    Van Zyl, J. 2024. Orania: Verblyfreg: E-pos kommunikasie (24 Maart 2024).         [ Links ]

    Vryheidstigting. 2024. Wie is die Vryheidstigting? Beskikbaar by: https://vryheidstigting.org [Afgelaai: 8 Maart 2024].         [ Links ]

    Waarnemende Regter-President Buys 2000. In die saakvan Orania Verteenwoordigende Oorgangsraad, Orania Inwonersvereniging en die President van die Regering van die RSA in die Hooggeregshof van Suid-Afrika - Noord-Kaapse afdeling (Saak no. 1148/00).         [ Links ]

    Walker, LO & Avant, KC. 2014. Strategies for theory construction in nursing. Pearson New International edition. Harlow: Pearson.         [ Links ]

    Wessels, JS. 2023a. Local Government: A social ontology of care. Public Governance, Administration and Finances Law Review, 8(2):41-72. doi: 10.53116/pgaflr.7061.         [ Links ]

    Wessels, JS. 2023b. Etiek van leeshandelinge: 'n Suid-Afrikaanse geval (The ethics of reading: A South African case). Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 63(4):971-995. doi: 10.17159/2224-7912/2023/v63n4a12.         [ Links ]

    Wessels, JS. 2024. 'n Sosiale ontologie van sorg: Orania as 'n nietipiese Suid-Afrikaanse geval van plaaslike regering. Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 64(3):394-415.         [ Links ]

     

     

    Ontvang: 2024-04-04
    Goedgekeur: 2024-08-15
    Gepubliseer: September 2024

     

     

     

    JS (Kobus) Wessels is 'n professor in Publieke Administrasie aan Unisa en 'n NRF-gegradeerde navorser. Sy navorsing fokus op betekenisvolle kennis oor publieke administrasie. Hy is mede-redakteur van en bydraer tot verskeie vakkundige boeke, outeur en mede-outeur van ongeveer 60 portuurbeoordeelde publikasies, asook verskeie ander bydraes en verslae.
    JS (Kobus) Wessels is a professor of Public Administration at Unisa and a NRF rated researcher. His research focuses on meaningful knowledge about public administration. He is co-editor of and contributor to several scholarly books, and has authored and co-authored about 60 peer-reviewed publications as well as several other contributions and reports.
    1 Die Ora (
    φ) is Orania se eie ruilhandelmiddel. Dit is nie 'n geldeenheid nie, maar 'n koeponstelsel wat gerugsteun word deur Rande in die bank, die verhouding is dus 1:1. R1 = φ 1 (Orania Beweging, 2024c; Rossouw, 2023).
    2 Volgens Senekal (2021:530) is die Oranjeriviergebied reeds in 1963 deur dr HF Verwoerd as 'n vestigingsgebied vir blankes en later weer in die 1980's deur die Vereniging van Oranjewerkers as 'n vestigingsgebied vir Afrikaners geïdentifiseer.
    3 Die Orania Beweging is 'n openbare vereniging sonder winsoogmerk gestig om "die herstel van die Afrikanergemeenskap se vryheid en die voortsetting daarvan in 'n eie, demokratiese republiek wat gegrond is op Christelike waardes en oortuigings en wat die toepaslike vorm en mate van selfstandigheid, in verhouding tot ander betrokke staatseenhede, nastreef" (Orania Beweging, 2019: Artikels 3 & 4).
    4 "Dasein" is 'n synsbegrip van Heidegger wat beteken "om daar te wees" - dus, "bestaan", "lewe", "teenwoordigheid" (De Beer, 1975:185).