Services on Demand
Article
Indicators
Related links
- Cited by Google
- Similars in Google
Share
Potchefstroom Electronic Law Journal (PELJ)
On-line version ISSN 1727-3781
PER vol.18 n.5 Potchefstroom 2015
http://dx.doi.org/10.4314/pelj.v18i5.15
ARTICLES
Riglyne vir die hersiening van omgewingsverwante wetgewing ter verwesenliking van die reg op toegang tot voldoende voedsel
Guidelines for the review of environmental-related legislation regarding the realisation of the right to access to sufficient food
I SnymanI, * ; A GildenhuysII
ILLB, LLM. LLD kandidaat (Fakulteit Regte, NWU Potchefstroomkampus). E-pos: 21641935@nwu.ac.za
IILLB (PU vir CHO); LLM, LLD, (NWU). Senior Lektor, Fakulteit Regte (NWU Potchefstroomkampus). E-pos: anel.gildenhuys@nwu.ac.za
SUMMARY
The development of legislation for the progressive realisation of the right to access to sufficient food is labelled as an international and national objective. Section 27(2) of the Constitution of the Republic of South Africa, 1996 assigns a compulsory mandate to the South African government to take reasonable legislative and other measures, within its available resources, to achieve the progressive realisation of the right to access to sufficient food. The United Nations' Food and Agricultural Organization (FAO) proposes a three-level strategy for the implementation of the right to food on a national legislative level, namely through: constitutional recognition, the implementation of a food framework law and the reviewing of relevant sectoral legislation. This contribution focuses on the last level of legislative provisioning, namely the reviewing of relevant sectoral legislation which influences, or possibly can, influence the realisation of the right to access to sufficient food. The right to access to sufficient food has multidimensional, interdisciplinary and cross-sectoral characteristics and consequently various sectors are involved in the realisation of the right to access to sufficient food. The FAO determines that the intended purpose will be to identify and review all sectoral legislation that might influence the availability, stability, access and adequacy of food, by means of a proposed reviewing process. The suggested reviewing process of the FAO is comprehensive and diverse; therefore the focus of this contribution is based on the reviewing of relevant environmental-related legislation only. The FAO does not make recommendations with regard to the specific aspects that need to be incorporated in environmental-related legislation to contribute to the progressive realisation of the right to access to sufficient food (in other words the aspects against which environmental-related legislation can be evaluated). Therefore this contribution contains compiled guidelines that can be used to review environmental-related legislation.
Keywords: environmental-related legislation, legislative review, natural agricultural resources, right to access to sufficient food, sectoral legislation
1 Konteks
Die ontwikkeling en implementering van wetgewing as maatreël ter verwesenliking van die reg op voedsel1 word as 'n internasionale en nasionale doelwit bestempel.2Die Verenigde Nasies se Food and Agricultural Organization,3 stel 'n drievlak-strategie vir die implementering van die reg op voedsel op nasionale wetgewende vlak voor, naamlik deur: (a) grondwetlike erkenning;4 (b) die ontwikkeling, aanneming en implementering van 'n voedselraamwerk-wet;5 en (c) die hersiening van relevante sektorale wetgewing.6
Wat grondwetlike erkenning betref, kan vermeld word dat die "reg op toegang tot voldoende voedsel" reeds in artikel 27(1)(b) van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996 (hierna die Grondwet) verskans is. Artikel 27(2) van die Grondwet plaas 'n mandaat op die Suid-Afrikaanse regering om redelike wetgewende en ander maatreëls te tref ten einde (binne sy beskikbare middele), die reg op toegang tot voldoende voedsel toenemend te verwesenlik.7 Die Suid-Afrikaanse regering gee tans uitvoering aan hierdie mandaat deur verbandhoudende beleide, strategieë en programme te implementeer.8
Met verwysing na die implementering van 'n voedselraamwerkwet, kan daar vermeld word dat daar gedurende 2002 'n poging tot 'n Suid-Afrikaanse konsepwetsontwerp was, naamlik die National Food Security Draft Bill. Dié konsepwetsontwerp sou poog om alle aspekte aangaande die reg op toegang tot voldoende voedsel te integreer en te hanteer. Sedertdien het daar egter niks van hierdie konsepwetsontwerp gekom nie.9
Vanweë die feit dat Suid-Afrika tans nie oor 'n geïntegreerde en oorkoepelende wet (of anders gestel, bovermelde voedselraamwerkwet) beskik nie, blyk dit dat Suid-Afrika, volgens die FAO10 se drie-vlak strategie, tussentyds op die hersiening van relevante sektorale wetgewing moet fokus.11 Hierdie bydrae het gevolglik ten doel om die derde vlak van die FAO se strategie te ondersoek, naamlik die hersiening van sektorale wetgewing wat 'n invloed het of selfs kan hê op die reg op toegang tot voldoende voedsel.
"Sektorale wetgewing" word gedefinieer as wetgewing wat 'n spesifieke gebied, bedryf of terrein se handelinge reguleer en bestuur.12 Die FAO13 is van mening dat verbandhoudende faktore gevind kan word binne verskillende sektore wat 'n invloed op die beskikbaarheid, stabiliteit, toeganklikheid en toereikendheid van voedsel het. Die versoenbaarheid, tussen die sektorale wetgewing en die reg op toegang tot voldoende voedsel, is met ander woorde te vinde in die invloed wat die sektorale wetgewing uitoefen, of moontlik kan uitoefen, op die beskikbaarheid, stabiliteit, toeganklikheid en toereikendheid van voedsel.14 Hierdie sektore sluit onder andere in:15 (a) omgewings- en landbou-aangeleenthede; (b) voedselstelsels; (c) die ekonomie en handel; (d) arbeidsaangeleenthede; (e) maatskaplike aangeleenthede; en (f) grondhervorming. Elkeen van hierdie sektore beskik oor wetgewing wat die spesifieke sektor en die verskillende rolspelers wat die sektor beïnvloed, reguleer,16maar terselfdertyd kan sodanige wetgewing die elemente van voedselsekerheid soos hierbo genoem, beïnvloed.
Vanweë die toenemende belangrikheid van omgewingsbewaring en -bestuur in die breë konteks van volhoubare ontwikkeling in Suid-Afrika, en weens die omvang en reikwydte van die FAO se voorgestelde hersieningsproses,17 sal hierdie bydrae slegs op die hersiening van geselekteerde sektorale omgewingsverwante wetgewing fokus.
Die FAO se aanbevole hersieningsproses bevat generiese stappe wat gevolg moet word om hierdie proses binne enige sektor te implementeer.18 Die FAO maak egter nie sektoraal-spesifieke aanbevelings vir die hersiening van omgewingsverwante wetgewing nie. Vanweë hierdie leemte in die FAO se hersieningsproses val die primêre fokus van hierdie bydrae op die saamstel van riglyne waarvolgens spesifiek sektorale omgewingswetgewing hersien kan word ten einde potensieel by te dra tot die verwesenliking van die reg op toegang tot voldoende voedsel. Ten einde genoemde riglyne te identifiseer sal daar in afdeling 2 eers na die verband tussen omgewingsverwante wetgewing en die reg op toegang tot voldoende voedsel gekyk word, waarna die FAO se hersieningsproses kortliks in afdeling 3 uiteengesit word, gevolg deur die identifisering van vermelde riglyne in afdeling 4.
2 Die verband tussen omgewingsverwante wetgewing en die reg op toegang tot voldoende voedsel
Artikel 24 van die Grondwet kan beskou word as die beginpunt in Suid-Afrikaanse wetgewing wat die versoenbaarheid tussen omgewingsverwante wetgewing en die reg op toegang tot voldoende voedsel bevestig. Artikel 24 bepaal soos volg:19
Elkeen het die reg-
(a) op 'n omgewing wat nie skadelik vir hul gesondheid of welsyn is nie; en
(b) op die beskerming van die omgewing, ter wille van huidige en toekomstige geslagte, deur redelike wetgewende en ander maatreëls wat-
(i) besoedeling en ekologiese agteruitgang voorkom;
(ii) bewaring bevorder; en
(iii) die ekologies volhoubare ontwikkeling en aanwending van natuurlike hulpbronne verseker terwyl dit regverdigbare ekonomiese en maatskaplike ontwikkeling bevorder.
Soos voorheen uitgelig, is die versoenbaarheid tussen omgewingsverwante wetgewing en die reg op toegang tot voldoende voedsel, geleë in die invloed wat hierdie wetgewing op die beskikbaarheid, stabiliteit, toeganklikheid en toereikendheid van voedsel uitoefen of moontlik kan uitoefen.20
Die inhoud van artikel 24 van die Grondwet dui reeds op die intrinsieke verhouding tussen 'n omgewing wat nie skadelik vir 'n individu se gesondheid of welsyn is nie en sosio-ekonomiese regte, onder andere die reg op toegang tot voldoende voedsel.21
Die begrippe "gesondheid",22 "welsyn"23 en "volhoubare ontwikkeling"24 is vir die doeleindes van hierdie bespreking die sentrale punte in artikel 24 van die Grondwet wat ondersoek sal word om die versoenbaarheid tussen die reg op toegang tot voldoende voedsel en omgewingsverwante wetgewing te bepaal.
Die verwysing na "gesondheid" in artikel 24 dui op menslike gesondheid wat geestes- en fisiese gesondheid insluit.25 Eenvoudig gestel, is 'n omgewing wat nie skadelik is vir menslike gesondheid nie, 'n gegewe ter verwesenliking van die reg op toegang tot voldoende voedsel, aangesien individue van die natuurlike omgewing afhanklik is om hul basiese lewensmiddele soos voedsel en drinkwater te voorsien.26
Gevolglik, indien hulpbronne wat uit die omgewing ontgin word nie van die gewenste goeie kwaliteit is nie, word die beskikbaarheid en toereikendheid van voedsel nadelig beïnvloed. Naas hulpbronne van swak kwaliteit dra swak omgewingstoestande ook by tot die beperking van individue se toegang tot natuurlike hulpbronne wat benodig word om in hul basiese behoefte aan voedsel te voorsien, en indien voedsel nie beskikbaar en toereikend is nie, kan hul gesondheid nie gehandhaaf word nie.
Dit blyk dat die algehele versoenbaarheid tussen die reg op toegang tot voldoende voedsel en omgewingsverwante wetgewing op 'n antroposentriese benadering dui.27'n Antroposentriese benadering behels dat die omgewing op so 'n wyse bewaar en bestuur moet word dat die mens se belang daarby voorrang geniet.28 Daar word verder deur Kidd29 bepaal dat die omgewing in stand gehou moet word, sodat die mens vrylik toegang tot natuurlike hulpbronne kan verkry om in hulle basiese behoeftes aan voedsel en drinkwater, onder andere, te voorsien.
Die betekenis van die begrip "welsyn"30 is meer betwisbaar as dié van die begrip "gesondheid".31 Feris32 voer aan dat welsyn verband hou met die geestelike en psigologiese behoeftes van die mens om as een met die natuur te funksioneer. Hierdeur word omgewingsbewaring ten gunste van die menslike welsyn bewerkstellig.33 In HTF Developers (Pty) Ltd v The Minister of Environmental Affairs and Tourism34 beslis die hof:
The term 'wellbeing' is open-ended and manifestly is incapable of precise definition. Nevertheless it is critically important in that it defines for the environmental authorities the constitutional objectives of their task.
Vanweë die feit dat "welsyn" nie aan 'n duidelike definisie gebonde is nie, blyk dit dat die algehele welsyn van die gemeenskap as 'n doelwit vir die regering geïdentifiseer word wat hulle in die uitvoering van hulle pligte moet na streef.35
Die algehele bevordering van menslike welsyn vereis dat 'n balans gevind moet word tussen sosio-ekonomiese behoeftes36 en die beskerming van natuurlike hulpbronne.37
Hierdie balans tussen sosiale-, ekonomiese- en omgewingsbelang kan gesamentlik beskryf word as volhoubare ontwikkeling.38
Die beginsel van volhoubare ontwikkeling39 word in artikel 24(b)(iii) van die Grondwet aangeraak. 'n Kritiese ontleding van die beginsel van volhoubare ontwikkeling is in Fuel Retailers Association of SA (Pty) Ltd v Director-General Environmental Management Mpumalanga40 te vinde. Die hof slaan ag op die ooglopende verwysing na sosio-ekonomiese ontwikkeling in artikel 24(b)(iii) van die Grondwet en bepaal dat die verwesenliking van sosio-ekonomiese regte (soos die reg op toegang tot voldoende voedsel) noodsaaklik is vir die vooruitgang van die mens, maar dat hierdie verwesenliking nie op die agteruitgang van die omgewing gebaseer kan word nie.41
Uit voorgaande bespreking is dit duidelik dat die versoenbaarheid tussen omgewingsverwante wetgewing en die reg op toegang tot voldoende voedsel reeds deur artikel 24 van die Grondwet bewerkstellig word. Die reg op 'n omgewing wat nie skadelik vir 'n individu se gesondheid of welsyn is nie, beïnvloed die beskikbaarheid, toeganklikheid en toereikendheid van voedsel,42 aangesien die gesondheid en welsyn van die mens gekoppel is aan die voldoening aan basiese behoeftes soos toegang tot voldoende voedsel.43
Die gevolgtrekking wat hieruit vir doeleindes van hierdie bydrae gemaak word, is dat die omgewing volgens 'n volhoubare proses bestuur en bewaar moet word,44 sodat natuurlike hulpbronne, vir doeleindes van voedselproduksie, deurlopend daaruit ontgin kan word om die gesondheid en welsyn van individue te bevorder.
Omgewingsbestuur behels gevolglik die regering se uitvoering van sy mandaat rakende die regulering van menslike aktiwiteite, produksie en dienste wat moontlik 'n nadelige effek op die omgewing kan hê.45 Currie en De Waal46 voer aan dat, volgens die beginsel van interafhanklikheid;47 die reg op 'n omgewing wat nie skadelik vir 'n individu se gesondheid en welsyn is nie48 in direkte verhouding tot die verwesenliking van ander menseregte staan.49
Die wetgewende mandaat wat in artikel 24(b) van die Grondwet vervat is, plaas 'n verpligting op die staat om wetgewende en ander maatreëls in te stel50 om die reg op 'n omgewing wat nie skadelik vir individue se gesondheid of welsyn is nie,51 te verwesenlik.52 Die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur (hierna NEMAA),53 as 'n raamwerkwet wat aangeleenthede rakende omgewingsbestuur reguleer, gee effek aan die bepalings van artikel 24 van die Grondwet, in samehang met verskeie omgewingsverwante wetgewing wat tot op hede deur die staat ingestel is.54 Hierdie wetgewing poog om natuurlike hulpbronne te bewaar en aangeleenthede wat 'n bedreiging vir die omgewing inhou, te beheer.55
Doeltreffende omgewingsbestuur, binne die breë konteks van volhoubare ontwikkeling,56 beskik dus oor die potensiaal om die beskikbaarheid, stabiliteit, toeganklikheid en toereikendheid van voedsel te beïnvloed en daardeur by te dra tot die toenemende verwesenliking van die reg op toegang tot voldoende voedsel.
Omgewingsbestuur sluit ook die regulering van landboupraktyke, weens die invloed wat menslike aktiwiteite op natuurlike ekosisteme uitoefen, in.57 Vir die doeleindes van hierdie bydrae, en weens die invloed wat landboupraktyke op natuurlike ekosisteme uitoefen, sluit omgewingsverwante wetgewing ook sekere landbouwetgewing, soos die Wet op die Bewaring van Landbouhulpbronne,58 in. Die landbousektor vervul 'n belangrike sosio-ekonomiese rol in enige land59 wat aanleiding gee daartoe dat hierdie sektor 'n invloed op die beskikbaarheid, stabiliteit en toeganklikheid van voedsel uitoefen.60 Vanweë die mensdom se afhanklikheid van voedsel word daar van die landbousektor vereis om groter hoeveelhede voedsel binne 'n korter tydperk te produseer en gevolglik word geneties gemanipuleerde landboupraktyke toenemend vereis.61 Volhoubare landboupraktyke vereis wetgewende regulering ten einde: biologiese produktiwiteit te verbeter; risikovlakke te verlaag; die kwaliteit van natuurlike landbouhulpbronne62 te handhaaf; en ekonomiese lewensvatbaarheid te bewerkstellig.63
n Noue verband bestaan tussen die landbousektor en omgewingsbestuur.64Landboupraktyke bestaan uit talle nadelige menslike aktiwiteite wat ongewenste uitwerkings op die omgewing het.65 Hierdie nadelige aktiwiteite berus op: die verlies aan biodiversiteit en die toename in groot hoeveelhede kunsmatige gewasse; die gebruik van nie-organiese bemestingstowwe; die opgaar van waterreserwes vir besproeiing; die deurlopende bewerking en ploeg van landbougrond; die gebruik van fossielbrandstowwe vir pompe, implemente en landbouvoertuie; en die gebruik van skadelike plaagdoders.66 Giliomee67 stel vervolgens dat:
...it is evident that modern agriculture is responsible for the degradation of ecosystems in causing, amongst other things, species to disappear, the soil to erode and lose its natural fertility, and the general environment to be contaminated by dangerous chemical substances and other pollutants. It relies heavily on external sources of energy (fuel and electricity), chemicals (fertilisers and pesticides), large machines and capital.
Adelson et al68 sluit aan by die voorgaande stelling deur daarop te wys dat:
The interactions of plants in the wild, farming, fertilizers, crop selection, climate, water and wind are complex. In order to sustain food production over long periods of time, these interactions must be carefully monitored and managed.
Die gevolgtrekking wat hieruit gemaak word, is dat daar vanweë die mens se deurlopende afhanklikheid van die landbousektor om natuurlike hulpbronne te gebruik vir voedselproduksie, toenemend vereis word dat die natuurlike landbou-omgewing bewaar en bestuur moet word ten einde genoegsame voedsel te kan voorsien. Dit is juis om hierdie rede dat wetgewing soos die Wet op die Bewaring van Landbouhulpbronne69 vir doeleindes van hierdie bydrae as omgewingsverwante wetgewing beskou word. Dit moet egter beklemtoon word dat nie alle sektorale landbouwetgewing70 noodwendig omgewingsverwante wetgewing is nie.
3 Die FAO se hersieningsproses vir sektorale wetgewing
Lande kan wetgewende verpligtinge71 ten opsigte van die verwesenliking van die reg op toegang tot voldoende voedsel, op verskeie wyses nakom.72 Khoza73 stel dit soos volg:
...access to food is multi-dimensional and cross-sectoral in nature requiring legislative and other measures in many sectors pertaining to the right.
As gevolg van hierdie multisektorale aard word lande genoodsaak om, ten spyte van grondwetlike voorsiening en raamwerkwetgewing, sektorale wetgewing te onderwerp aan 'n hersieningsproses om te bepaal of 'n spesifieke sektor se wetgewing versoenbaar is met die verwesenliking van die reg op toegang tot voldoende voedsel.74 Terblanche75 stel voor dat die voorgestelde hersieningsproses nie willekeurig moet geskied nie, maar eerder deeglik beplan moet word ten einde 'n betroubare evaluering van die verskillende sektorale wetgewing te bewerkstellig.
Soos reeds genoem,76 is die FAO77 van mening dat die beoogde doelwit sal wees om alle sektorale wetgewing wat moontlik 'n invloed op die beskikbaarheid,78 stabiliteit,79toeganklikheid80 en toereikendheid81 van voedsel kan uitoefen, te identifiseer en te hersien aan die hand van 'n voorgestelde hersieningsproses soos vervat in die FAO se Guide on Legislating for the Right to Food.82 Uiteindelik is die doel van hierdie hersieningsproses om 'n gunstige wetgewende omgewing vir die toenemende verwesenliking van die reg op toegang tot voldoende voedsel te verseker.83
Die FAO se voorgestelde hersieningsproses bevat aanbevelings rakende die stappe wat gevolg moet word om hierdie proses binne enige sektor te implementeer.84Onderskeid word deur die FAO getref tussen 'n versoenbaarheidsevaluasie en 'n hersieningsproses.
Die versoenbaarheidsevaluasie, hetsy dit ex post facto85 of ex ante facto86 geskied, moet deurgaans die uitwerking van die sektorale wetgewing op die reg op toegang tot voldoende voedsel meet aan die invloed wat dit het, of moontlik kan hê, op die beskikbaarheid, stabiliteit, toeganklikheid en toereikendheid van voedsel.87 Weens die multidimensionele, interdissiplinêre en kruis-sektorale aard88 van die reg op toegang tot voldoende voedsel, sal 'n versoenbaarheidsevaluasie potensieel groot uitdagings aan 'n land se regering bied.89 Hierdie uitdagings is gesetel in die land se verkrygbare middele en hulpbronne;90 beskikbare kennis en ervaring;91 mate van gemeenskapsdeelname92 en ontwikkelingsvlak.93 Ten spyte van die potensiële uitdagings wat verbonde is aan hierdie evaluasie, moet lande nie die waarde daarvan misken nie.94 Bloot deur die afhandeling van hierdie teoriegebaseerde evaluasie95 sal die multidimensionele, interdissiplinêre en kruis-sektorale aard96 van die reg op toegang tot voldoende voedsel ten volle begryp en hanteer kan word.97
Die hersieningsproses moet volgens die FAO98 op twee vlakke geskied. Eerstens word tegniese vaardighede, regskennis en menseregte-insig vereis om 'n betroubare evaluering van die sektorale wetgewing te bewerkstellig.99 Dus is dit wenslik dat 'n spesialis-instansie of tegniese span aangestel moet word om die hersieningsproses te onderneem.100 Tweedens word die insette en kundigheid van die staatsowerheid benodig om die bevindinge van die hersieningsproses te implementeer en die aanbevelings te verwerk.101 Die Parlement, 'n hoëvlak politieke liggaam of 'n onafhanklike taakspan102 kan aangestel word om die hersieningsproses se toesighoudende verantwoordelikhede te behartig; beleidsriglyne te verskaf; prioriteite te lys; en skedules op te stel.103 Die aktiewe samewerking van die gemeenskap en alle belanghebbendes104 is tydens hierdie proses noodsaaklik.105 Die FAO106 bepaal dat:
The contributions and comments of those individuals, groups or communities, whose right to food is affected or could be affected by specific sectoral legislation, is essential in determining how the law impacts their ability to feed themselves.
Maatreëls moet ingestel word sodat die gemeenskap aan die hersieningsproses kan deelneem deur kommentaar te lewer en besware te opper ten opsigte van beoogde hersienings.107 Indien die gemeenskap kennis dra van die wetgewende bepalings wat neergelê is om die reg op toegang tot voldoende voedsel te verwesenlik, sal die gemeenskap kan bepaal hoe die wetgewing 'n invloed uitoefen op die wyse waarop hulle (die gemeenskap) self voedsel kan bekom.108
Vanuit die voorgaande bespreking van die FAO se proses om sektorale wetgewing te hersien vir die doeleindes van die verwesenliking van die reg op toegang tot voldoende voedsel, blyk dit dat, ten spyte van die onderskeid wat tussen die versoenbaarheidsevaluasie en die hersieningsproses getref word, die prosesse inderdaad met mekaar vervleg is en dat die sukses van die hersiening nie in die afsonderlike vervulling van die versoenbaarheidsevaluasie en die hersieningsproses se vereistes gesetel is nie. Dit blyk dat die doel van die onderskeid tussen die versoenbaarheidsevaluasie en die hersieningsproses daarin geleë is om slegs duidelike mikpunte van die proses te beklemtoon.
Die FAO se hersieningsproses maak egter nie spesifieke aanbevelings ten opsigte van moontlike aspekte wat in omgewingsverwante wetgewing vervat moet wees ten einde hierdie gunstige wetgewende omgewing vir die toenemende verwesenliking van die reg op toegang tot voldoende voedsel te skep nie. As gevolg van hierdie leemte sal daar in afdeling 4 van hierdie bydrae hersieningsriglyne met betrekking tot die moontlike inhoud van omgewingsverwante wetgewing neergelê word. Hierdie saamgestelde riglyne sal met die hersiening van omgewingsverwante wetgewing gebruik kan word om by te dra tot die ontwikkeling van 'n gunstige wetgewende omgewing vir die toenemende verwesenliking van die reg op toegang tot voldoende voedsel.
4 Saamgestelde hersieningsriglyne gerig op die hersiening van omge-wingsverwante wetgewing
Aangesien die FAO se hersieningsproses nie aanbevelings maak ten opsigte van moontlike aspekte wat in omgewingsverwante wetgewing vervat moet wees om 'n bydrae te lewer tot die toenemende verwesenliking van die reg op toegang tot voldoende voedsel te lewer nie, het die skrywers verskeie internasionale en nasionale instrumente geraadpleeg ten einde 'n versameling hersieningsriglyne vir hierdie doeleindes saam te stel (hierna die riglyne of saamgestelde riglyne).109
Hierdie internasionale en nasionale instrumente sluit onder andere in: General Comment 12: The Right to Adequate Food; Rome Declaration on World Food Security; World Food Summit Plan of Action; Declaration of the World Food Summit: Five Years Later; Stockholm Declaration of the United Nations Conference on the Human Environment;110 Rio Declaration on Environment and Development;111 die Millennium Development Goals, Copenhagen Declaration on Social Development;112Conference on Environment & Development;113 die FAO se Voluntary Guidelines asook die Guide on Legislating for the Right to Food; en die Global Plan of Action for the Conservation and Sustainable Utilisation of Plant Genetic Resources for Food and Agriculture.
Die saamgestelde hersieningsriglyne sal bepaal waarvolgens omgewingsverwante wetgewing, wat omgewings- en landbou-aangeleenthede reguleer, hersien kan word, met die doel om daardeur 'n bydrae te lewer om die reg op toegang tot voldoende voedsel toenemend te verwesenlik.114 Die riglyne kan elkeen afsonderlik gebruik word om omgewingsverwante wetgewing te hersien, afhangende van die aard en omvang van die spesifieke wet, asook van wat die wetgewende behoeftes van die spesifieke land is. Vanweë die omslagtigheid en uiteenlopenheid van faktore en invloede wat op omgewings- en landbou-aangeleenthede 'n uitwerking het, is hierdie hersieningsriglyne egter nie beperkend van aard nie en kan derhalwe deur verdere navorsing uitgeberei word.
4.1 Riglyn 1: Die identifisering van aktiwiteite
Omgewingsverwante wetgewing moet voorsiening maak vir die identifisering van aktiwiteite wat verband hou met omgewings- en landbou-aangeleenthede wat die beskikbaarheid, toeganklikheid, stabiliteit en toereikendheid van voedsel beïnvloed.115 Gevolglik, ná afloop van dié identifisering, sal die aktiwiteite, gepaard met sekere beheermaatreëls, in omgewingsverwante wetgewing vervat moet word. Die resultaat van die identifisering en bestuur van hierdie aktiwiteite moet gesetel wees in die toenemende produksie van voedsel ten einde 'n voldoende hoeveelheid daarvan op nasionale, regionale, plaaslike en huishoudelike vlak te verseker.116 'n Holistiese benadering moet duidelik blyk uit hierdie wetgewing wat die aandeel van verskeie partye, onder andere die staat, privaatondernemings, nieregeringsorganisasies, landboukundiges en omgewingspesialiste, erken.117
Hierdie aktiwiteite sal grotendeels verband moet hou met die volhoubare bestuur en gebruik van natuurlike landbouhulpbronne.118 Lande word aangemoedig om goeie bestuurspraktyke119 in omgewingsverwante wetgewing te handhaaf wat tot voordeel van ekonomiese groei, sosiale vooruitgang, omgewingsbewaring en die toenemende verwesenliking van menseregte - meer spesifiek die reg op toegang tot voldoende voedsel, sal strek.120
Aansluitend hierby word lande genoodsaak om meganismes gereed te kry om toegang tot en gepaste gebruik van landbougrond te bewerkstellig en te reguleer.121Anders gestel, moet ekologiese volhoubaarheid in die landbousektor bereik word deur middel van die bewaring van die vrugbaarheid van landbougrond sodat maksimum voedselproduksie vir huidige en toekomstige generasies verseker word.122
Die invloed van grondhervorming op voedselsekerheid moet nie onderskat word nie en lande moet faktore soos die optimale gebruik van grond; handhawing van die kwantiteit en kwaliteit van natuurlike hulpbronne; die instandhouding van infrastruktuur; ekonomiese vooruitgang; asook die neem van omgewingsvriendelike besluite, in ag neem,123 én die erkentlikheid daarvan te weerspieël in omgewingsverwante wetgewing wat handel oor die bewaring van natuurlike landbouhulpbronne.124
Daar moet wetgewende maatreëls getref word vir enige seisoenale invloede, natuurlike rampe en natuuruiterstes wat natuurlike landbouhulpbronne onder stremming kan plaas en gevolglik tot voedseltekorte kan lei.125 Die potensiaal, asook die beperkinge, van natuurlike landbouhulpbronne kan hierdeur na vore kom en vroegtydig bevorder of beredder word.126
Die ekologiese, ekonomiese, sosiale en estetiese waarde van natuurlike landbouhulpbronne moet vir voedselsekerheidsdoeleindes erken word.127 Vanweë die belangrikheid van biodiversiteit en spaarsamige watergebruik, word daar van lande vereis om nasionale beleide en wetgewing in plek te stel om voorkomend teenoor gronderosie en watergebruik op te tree, byvoorbeeld in die landbousektor.128 Beide gronderosie en watertekort kan noodlottige gevolge vir 'n land se pogings inhou om die reg op toegang tot voldoende voedsel vir sy burgers toenemend te verwesenlik. In hierdie verband is sektorale integrasie van kardinale belang; gevolglik sal sektorale wetgewende voorsiening gemaak moet word om gronderosie en watergebruik doeltreffend te hanteer.129
4.2 Riglyn 2: Die inkorporasie van beheermaatreëls vir die geïdentifiseerde aktiwiteite
Beheermaatreëls moet ontwikkel en by omgewingsverwante wetgewing ingesluit word om hierdie aktiwiteite te kontroleer en te bestuur na gelang van die moontlike impak wat die aktiwiteite op die omgewing, sowel as voedselsekerheid, kan hê.130Die verskillende regeringsverantwoordelikhede, met betrekking tot hierdie geïdentifiseerde aktiwiteite, moet toegeken word aan 'n regeringsfeer waarna 'n spesifieke tydsraamwerk en doelwitte gestel moet word om die uitkomste van aktiwiteite en verantwoordelikhede te orden.131 Die faktore wat die implementering van hierdie riglyne kan belemmer, moet ook met die nodige moniteringsmeganismes geïdentifiseer en hanteer word.132
Sou die regering nie geskik of bevoeg wees om hierdie hersieningsproses, en die werk wat uit die hersiening voortspruit, te behartig nie, moet meganismes ingestel word om 'n onafhanklike nasionale koördinerende liggaam133 saam te stel wat hierdie taak kan behartig.134
4.3 Riglyn 3: Inisiëring van deurlopende navorsing
Breedvoerige en deurlopende navorsing oor omgewings- en landbou-aangeleenthede moet deur omgewingsverwante wetgewing vereis word - eerstens om nuwe moontlikhede vir volhoubare voedselproduksie te ontdek en tweedens om die implementering van nuwe tegnologieë en metodes vir voedselsekerheidsdoeleindes te maksimaliseer.135 Wetgewing moet bepaal dat beide die navorsing en die implementering van die nuwe tegnologieë en metodes, binne die finansiële middele, vermoë en hulpbronne van die spesifieke land moet geskied.136 Dit mag raadsaam wees om 'n onafhanklike navorsingskomitee, wat toegespits is op navorsing rakende vooruitgang in die omgewings- en landbousektor, vir hierdie taak te beraadslag en saam te stel.137 Die belangrikheid van hierdie navorsing is geleë in die toekomstige moontlikhede wat dit bied om meer voedsel op nuwe volhoubare wyses te produseer.138
Deurlopende navorsing oor geneties gemanipuleerde organismes moet deur omgewingsverwante wetgewing of deur 'n verbandhoudende beleid vereis word, aangesien akademici en landboukenners verdeeld is oor die algehele omgewingsimpak wat hierdie organismes het, asook oor die werklike voor- of nadele wat hierdie tendens aan lande bied.139 Die rede hiervoor is dat vooruitgang en die verhoogde produksie van voedsel deur middel van die verbouing van geneties gemanipuleerde organismes, nie op verslegtende omgewingstoestande gebaseer kan word nie.140
4.4 Riglyn 4: Die formulering van wetgewende bepalings in oorleg met menseregte-beginsels
Die formulering van wetgewende bepalings rakende aktiwiteite in verband met die beskikbaarheid, toeganklikheid, stabiliteit en toereikendheid van voedsel moet in oorleg met menseregtebeginsels geskied. Hierdie beginsels sluit in:141 (a) die beginsel van deelnemendheid; (b) die beginsel van toerekeningsvatbaarheid; (c) die beginsel van nie-diskriminasie; (d) die beginsel van deursigtigheid; (e) die beginsel van menswaardigheid; (f) die beginsel van bemagtiging en (g) die rule of law.
Die beginsel van deelnemendheid behels dat die gemeenskap die geleentheid gegun word om deel te neem aan prosesse en besluite wat hul reg op toegang tot voedsel reeds affekteer of moontlik in die toekoms kan affekteer.142 Vrye, aktiewe en betekenisvolle deelname deur die gemeenskap word vereis.143
Die beginsel van toerekeningsvatbaarheid behels dat staatsamptenare toerekeningsvatbaar moet omgaan tydens die uitvoering van toegewysde pligte en verantwoordelikhede aangaande die toepassing van wetgewing wat 'n bydrae lewer tot die verwesenliking van die reg op toegang tot voldoende voedsel. 144Toerekeningsvatbaarheid word verseker deur die implementering van wigte en teenwigte van 'n administratiewe, politieke, juridiese en sosiale aard.145
Die beginsel van nie-diskriminasie vereis dat daar teen geen individu of groep persone gediskrimineer mag word op grond van ras, geslagtelikheid, geslag, swangerskap, huwelikstaat, etniese of sosiale herkoms, kleur, seksuele oriëntasie, ouderdom, gestremdheid, godsdiens, gewete, oortuiging, kultuur, taal of geboorte nie.146 Hierdie beginsel, binne die perspektief van die verwesenliking van die reg op toegang tot voedsel, moet veral aangewend word tot voordeel van individue of groepe, wat nie oor die middele beskik om daagliks die gelyke voordeel van voldoende voedsel te geniet nie.147
Die beginsel van deursigtigheid vereis dat individue oor toegang tot inligting moet beskik wat betref die regering se besluitnemingsprosesse en die verdeling van magte wat moontlik die beskikbaarheid, stabiliteit, toeganklikheid en toereikendheid van voedsel kan beïnvloed.148
Menswaardigheid staan sentraal tot die ingebore waarde van 'n individu se bestaan -sonder enige verwysing na sosiale status of ekonomiese waarde.149 Die reg op toegang tot voldoende voedsel is direk aan menswaardigheid gekoppel en het, inherent, betrekking op die verwesenliking van ander menseregte.150
Die beginsel van bemagtiging behels dat individue oor die middele, vermoë en bekwaamheid moet beskik om hulle eie lewenstandaard te verhoog.151 Hierdie beginsel sluit die vermoë van individue in om die staat aanspreeklik te hou vir enige vorm van inbreukmaking op menseregte, onder andere wanneer individue nie oor die nodige toegang tot voldoende voedsel beskik nie. Lande moet onderneem om duidelike staatsbeleid met betrekking tot landbou, visserye, bosbou en grondhervorming neer te lê wat ekonomiese toegang152 tot voedsel sal omskakel in fisiese toegang daartoe.153
Die rule of law bepaal dat die regsreëls van 'n land ten alle tye gehoorsaam moet word.154 Regsreëls moet ten alle tye duidelik en ondubbelsinnig geformuleer wees en regverdig toegepas word.155 Individue moet oor die geleentheid beskik om 'n geskil te bring voor 'n onafhanklike hof, aan regverdige administratiewe optrede onderwerp te word en genoegsame vergoeding te eis. Sektorale wetgewende bepalings aangaande voedselaangeleenthede moet duidelik, regverdig en toeganklik geformuleer wees ten einde die verwesenliking van die reg op toegang tot voldoende voedsel toenemend te verseker.156
4.5 Riglyn 5: Die gebruik van internasionale omgewingsregbeginsels
Die gebruik van internasionale omgewingsregbeginsels in wetgewing moet nie misken word om die beskikbaarheid, toeganklikheid, stabiliteit en toereikendheid van voedsel, deur middel van die bestuur en beskerming van natuurlike landbouhulpbronne, te bevorder en te verwesenlik nie. Staatsoptrede word nie deur hierdie beginsels voorgeskryf nie - hierdie beginsels poog eerder om staatsbesluite te beïnvloed aangesien die interpretasie afhang van hierdie beginsels van die omstandighede waarin dit toegepas word.157
Die beginsel van volhoubare ontwikkeling word sekerlik as een van die mees ingewikkelde internasionale beginsels beskou. Hierdie beginsel behels dat 'n balans tussen maatskaplike ontwikkeling, ekonomiese ontwikkeling en omgewingsbewaring gehandhaaf moet word.158 Voedselproduksie vanuit die landbousektor moet op 'n volhoubare wyse toeneem ten einde voedselsekerheid te bewerkstellig sodat individue se aanspraak op voedsel toenemend verwesenlik kan word.159
Die beginsel van inter- en intragenerasionele gelykheid vind aansluiting by die beginsel van volhoubare ontwikkeling deur te bepaal dat natuurlike hulpbronne, in hierdie geval natuurlike landbouhulpbronne, op 'n volhoubare en verantwoordelike wyse aangewend en bestuur moet word om die gebruik en voordeel daarvan vir huidige en toekomstige geslagte te verseker.160
Die voorkomingsbeginsel161 behels dat omgewingsbedreigings vroegtydig ondervang moet word in gevalle waar die gevolge van hierdie bedreigings wetenskaplik onseker is.162 Voorbeelde van hierdie bedreigings in die omgewings- en landbousektor sluit onder andere gronderosie, verwering, klimaatsverandering, geneties gemanipuleerde organismes, watertekort en plaagdoders in.163 Hierdie wetenskaplik-onseker bedreigings moet dus so ver moontlik voorkom word as gevolg van die potensieel verwoestende gevolge wat dit inhou vir natuurlike landbouhulpbronne wat vir voedselproduksie aangewend word.
Die besoedelaar-betaal-beginsel164 kan toegepas word om partye, insluitende die staat, verantwoordelik te hou vir enige besoedeling of skade wat veroorsaak is met betrekking tot natuurlike landbouhulpbronne. Die besoedelaar-betaal-beginsel integreer ekonomiese aktiwiteite met die bewaring van die omgewing - met ander woorde skade teenoor en besoedeling van die omgewing word omgesit in ekonomiese kostes wat deur die besoedelaar vereffen moet word.165 Meganismes om hierdie beginsel te implementeer sluit in: belastinginisiatiewe; standaarde vir atmosferiese vrylatings; "groen"-ontwikkelingsmeganismes; asook boetes vir besoedeling.166
4.6 Riglyn 6: Die inkorporering van verpligte sosio-ekonomiese impakstudies in omgewingsverwante wetgewing
Die mens, en die voldoening in sy basiese behoeftes, word beskou as die sentrale punt waarom enige hedendaagse ontwikkeling moet wentel.167 Alle individue is geregtig daarop om goeie lewenskwaliteit, in harmonie met die omgewing, te geniet.168 Vanweë hierdie sentrale rol van die mens word sosio-ekonomiese impakstudies, deur omgewingsverwante wetgewing, as vereiste gestel tydens die implementering van enige aktiwiteit, ontwikkeling of projek wat 'n invloed kan uitoefen op die mens se omgewing en gevolglik sy daaglikse bestaan.169
n Sosio-ekonomiese impakstudie kan gedefinieer word as die identifisering van enige sosio-ekonomiese gevolge op die mens wat voortspruit uit die aanvang en ontwikkeling van 'n menslike aktiwiteit of projek.170 Hierdie sosio-ekonomiese gevolge sluit enige gevolge in wat die wyse beïnvloed waarop individue en gemeenskappe 'n daaglikse bestaan voer en aan basiese behoeftes voldoen.171 Die primêre doel van so 'n impakstudie is om 'n regverdige en volhoubare biofisiese omgewing vir mense te skep te midde van dreigende ontwikkelinge.172
Die onderskeie menseregtebeginsels van deelnemendheid en bemagtiging is by die uitvoering van hierdie impakstudie van kardinale belang.173 Wetgewende bepalings moet aan gemeenskappe die geleentheid gun om insae te lewer tydens besluitnemingsprosesse en terselfdertyd gemeenskappe te bemagtig om besluite te neem oor sake wat hulle daaglikse bestaan gaan beïnvloed.174
Die implementering van omgewingsaktiwiteite of -projekte of die impak van ontwikkeling op die mens is gesetel in die volgende faktore:175 gesondheid en maatskaplike welstand;176 lewenskwaliteit en -omstandighede;177 ekonomiese welstand;178 kulturele oorwegings;179 gesinslewe en gemeenskapsaangeleenthede.180
Vir doeleindes van hierdie bydrae, is die impak van 'n omgewingsaktiwiteit of -projek op die gesondheid en maatskaplike welstand, asook die lewenskwaliteit en omstandighede, van individue en gemeenskappe van belang. Die impak van die implementering of ontwikkeling van enige omgewingsaktiwiteit of -projek op die gesondheid en maatskaplike welstand van die mens is direk gekoppel aan 'n individu of 'n gemeenskap se vermoë om voedsel en drinkwater te bekom.181 Van Schooten, Vanclay en Slootweg182 staan daarop dat die impak op 'n individu of 'n gemeenskap se vermoë om voedsel te verkry gemeet word aan die toereikendheid, stabiliteit en kwaliteit van voedsel. Die lewenskwaliteit en -omstandighede van individue en gemeenskappe staan in 'n direkte verband tot die bevrediging van basiese behoeftes, wat die toegang tot voldoende voedsel insluit.183
5 Gevolgtrekking
Die implementering van die FAO se hersieningsproses sal groot uitdagings aan die Suid-Afrikaanse regering ten opsigte van beskikbare kennis, vaardighede, kontrolering, verkrygbare hulpbronne en finansiële middele bied. Die implementering van hierdie sektorale hersienings sal gevolglik deeglike regulering en samewerkende regeringsinisiatiewe vereis.
Die FAO se hersieningsproses maak tans nie aanbevelings ten opsigte van moontlike aspekte wat in omgewingsverwante wetgewing vervat moet wees om 'n bydrae te lewer tot die toenemende verwesenliking van die reg op toegang tot voldoende voedsel nie. Gevolglik is daar in hierdie bydrae hersieningsriglyne saamgestel met betrekking tot die moontlike inhoud van omgewingsverwante wetgewing ten einde 'n gunstige wetgewende omgewing te skep wat 'n bydrae kan lewer tot die toenemende verwesenliking van die reg op toegang tot voldoende voedsel.
Vanweë die uiteenlopende verskeidenheid rakende Suid-Afrikaanse omgewingsverwante wetgewing word verdere navorsing aanbeveel om te bepaal hoe die hersiening van omgewingsverwante wetgewing kan bydra tot die toenemende verwesenliking van die reg op toegang tot voldoende voedsel. Beide die aard en inhoud van omgewingsverwante wetgewing, asook die verwesenliking van die reg op toegang tot voldoende voedsel is vervat in ingewikkelde internasionale perspektiewe en norme wat bydra tot die kompleksiteit van die hersiening van omgewingsverwante wetgewing om bydraend voorsiening te maak vir die reg op toegang tot voldoende voedsel in Suid-Afrika. Die saamgestelde hersieningsriglyne, soos in hierdie bydrae geïdentifiseer is, bied gevolglik geleentheid vir verdere uitbreiding wat die invloede van ander omgewingsaangeleenthede kan insluit.
BIBLIOGRAFIE
Literatuur
Adelson G et al Environment: an interdisciplinary anthology (Yale University Press Londen 2008) [ Links ]
Beyerlin U en Marauhn T International Environmental Law (Hart Publishing Oxford 2011) [ Links ]
Botha C Wetsuitleg 'n Inleiding vir Studente 5de uitg (Juta Kaapstad 2012) [ Links ]
Burdge RJ en Vanclay F "Social Impact Assessment: A contribution to the state of the art series" 1996 Impact Assessment 59-86 [ Links ]
Chetty L en Viljoen CD "GM biotechnology: friend and foe?" 2007 SAJS 269-270 [ Links ]
Coomans F en Yakpo K "A Framework on the Right to Food - An International and South African Perspective" 2004 AHRLJ 17-33 [ Links ]
Currie I en De Waal J The BUI of Rights Handbook 5de uitg (Juta Kaapstad 2005) [ Links ]
Du Plessis W en Du Plessis A "Striking the sustainability balance in South Africa" in Faure M en Du Plessis W (reds) The Balancing of Interest in Environmental Law in Africa (PULP 2011) 413-458 [ Links ]
Feris L "Constitutional environmental rights: An under-utilised resource" 2008 SAJHR 29-49 [ Links ]
Feris L "Environmental Rights and Locus Standi" in Paterson A en Kotzé LJ (reds) Environmental Compliance and Enforcement in South Africa Legal Perspectives (Juta Kaapstad 2009) 129-151 [ Links ]
Giliomee JH "Agriculture" in Strydom HA and King N (reds) Fuggle and Rabie's Environmental Management in South Africa 2de uitg (Juta Kaapstad 2009) 937-950 [ Links ]
Hoexter C Administrative Law in South Africa 2de uitg (Juta Kaapstad 2007) [ Links ]
Hunter D, Salzman J en Zaelke D International Environmental Law and Policy 3de uitg (Foundation Press New York 2007) [ Links ]
Khoza S "Realising the Right to Food in South Africa: Not by Policy Alone - A Need for Framework Legislation" 2004 SAJHR 664-683 [ Links ]
Khoza S "The Role of Framework Legislation in Realising the Right to Food: Using South Africa as a Case Study of this New Breed of Law" in Eide WB en Kracht U (reds) Food and Human Rights in Development: Volume I Legal and Institutional Dimensions and Selected Topics (Intersentia Oxford 2005) 187-204 [ Links ]
Kidd M Environmental Law 2de uitg (Juta Kaapstad 2011) [ Links ]
Koch J The Food Security Policy Context in South Africa (International Policy Centre for Inclusive Growth Brasilië 2011) [ Links ]
Kotzé LJ et al South African Environmental Law through the Cases (LexisNexis Durban 2008) [ Links ]
Lim Tung O "The South African regulatory framework on genetically modified organisms" 2011 Woord en Daad 28-32 [ Links ]
Møller V en Schlemmer L "Quality of Life in South Africa: Towards an Instrument for the Assessment of Quality of Life and Basic Needs" 1983 Social Indicators Research 225-279 [ Links ]
Nel JG en Kotzé LJ "Environmental Management: An Introduction" in Strydom HA and King N (reds) Fuggle and Rabie's Environmental Management in South Africa 2de uitg (Juta Kaapstad 2009) 1-33 [ Links ]
Olivier NJJ, Myakayaka AG en Richards RL "Indigenous Plants" in Strydom HA en King ND (reds) Fuggle & Rabie's Environmental Management in South Africa 2de uitg (Juta Kaapstad 2009) 342-393 [ Links ]
Shaw DJ Word Food Security: A History since 1945 (Palgrave Macmillan New York 2007) [ Links ]
Snyman I Hersiening van omgewingsverwante wetgewing ter verwesenliking van die reg op toegang tot voldoende voedsel (NWU LLM 2015) [ Links ]
Tangermann S "Agricultural policy" in Hasse RH, Schneider H en Weigelt K (reds) Social Market Economy History, Principles and Implementation From A to Z (KAS Johannesburg 2008) 83-85 [ Links ]
Terblanche A Voedselsekerheid as ontwikkelingsdoelwit in Suid-Afrikaanse wetgewing: 'n Menseregte-gebaseerde benadering (LLD-proefskrif Noordwes-Universiteit 2011) [ Links ]
Terblanche A en Pienaar "Raamwerkwetgewing ter verwesenliking van die reg op toegang tot voldoende voedsel" 2012 PER 229-286 [ Links ]
Vanclay F "SIA principles: International Principles for Social Impact Assessment" 2003 Impact Assessment and Project Appraisal 5-11 [ Links ]
Van der Elst H "'n Nuwe benadering tot grondhervorming as 'n ontwikkelingsfaktor in die Suid-Afrikaanse politieke landskap" 2012 Tydskrif vir Geesteswetenskappe 566-580 [ Links ]
Van der Linde M "National Environmental Management Act 107 of 1998 (NEMA)" in Strydom HA and King N (reds) Fuggle and Rabie's Environmental Management in South Africa 2de uitg (Juta Kaapstad 2009) 193-221 [ Links ]
Van der Walt C "Volhoubare landbou - waarom die fokus hierop?" 2011 AgriProbe 6-7 [ Links ]
Van Schooten M, Vanclay F en Slootweg R "Conceptualizing Social Change Processes and Social Impacts" in Becker HA en Vanclay F (reds) International Handbook of Social Impact Assessment (Edward Elgar Publishing Limited Cheltenham 2003) 74-91 [ Links ]
Vidar M "The interrelationships between the Right to Food and Other Human Rights" in Eide WB en Kracht U (reds) Food and Human Rights in Development: Volume I Legal and Institutional Dimensions and Selected Topics (Intersentia Oxford 2005) 141-160 [ Links ]
Winkler IT The Human Right to Water: Significance, Legal Status and Implications for Water Allocation (Hart Publishing Oxford 2012) [ Links ]
Woods K Human Rights and Environmental Sustainability (Edward Elgar Cheltenham 2010) [ Links ]
Staatspublikasies en amptelike verslae
Departement van Landbou Integrated Food Security Strategy (2002)
Departement van Omgewingsake en Toerisme Integrated Environmental Management Information Series 22: Socio-Economic Impact Assessment (2006)
GK R673 in SK 36605 van 2 Julie 2013
Wetgewing
Grondwet van die Repubiiek van Suid-Afrika, 1996
Nasionale Waterwet 36 van 1998
National Environmental Management: Air Quality Act 39 van 2004
National Environmental Management: Biodiversity Act 10 van 2004
National Environmental Management: Integrated Coastal Management Act 24 van 2008
National Environmental Management: Protected Areas Act 57 van 2003
National Environmental Management: Waste Act 59 van 2008
Plantverbeteringswet 53 van 1976
Wet op die Bewaring van Landbouhulpbronne 43 van 1983
Wet op die Onderverdeling van Landbougrond 70 van 1970
Wet op Dieresiektes 35 van 1984
Wet op Landbouplae 36 van 1983
Wet op Landbouprodukstandaarde 119 van 1990
Wet op Misstowwe, Veevoedsel, Landboumiddels en Veemiddels 36 van 1947
Wet op Nasionale Omgewingsbestuur 107 van 1998
Wet op Planttelersregte 15 van 1976
Wet op Reëling van die Uitvoer van Bederfbare Produkte 9 van 1983
Wet op Veiligheid van Vleis 40 van 2000
Regspraak
Fuel Retailers Association of SA (Pty) Ltd v Director-General Environmental Management Mpumalanga and Others 2007 6 SA 4 (KH)
HTF Developers (Pty) Ltd v The Minister of Environmental Affairs and Tourism 2006 5 SA 512 (T)
MEC, Department of Agriculture, Conservation and Environment v HTF Developers (Pty) Ltd 2008 2 SA 319 (KH)
Internasionale instrumente en verbandhoudende publikasies
CESCR General Comment 12: The Right to Adequate Food (1999)
Copenhagen Declaration on Social Development, (1995)
Declaration of the World Food Summit: Five Years Later (2002)
Millennium Development Goals (2000)
Rio Declaration on Environment and Development (1992)
Rome Declaration on World Food Security (1996)
Stockholm Declaration of the United Nations Conference on the Human Environment (1972)
Universal Declaration of Human Rights (1948)
World Food Summit Plan of Action (1996)
Internetbronne
Verenigde Nasies 2014 Goal 7: Ensure Environmental Sustainability http://bit.ly/1HDV5L0 datum van toegang 25 November 2014
Ander
FAO Global Plan of Action for the Conservation and Sustainable Utilisation of Plant Genetic Resources for Food and Agriculture beskikbaar by http://bit.ly/1FKkiS0
FAO Guide on Legislating for the Right to Food beskikbaar by http://bit.ly/1lXiejR
FAO Right to Food Handbooks: Development of Specific Right to Food Legislation beskikbaar by http://bit.ly/1rYiwtm
FAO Right to Food Handbooks: Review of the Compatibility of Sectoral Laws with the Right to Food beskikbaar by http://bit.ly/1qNJy2M
FAO Right to Food Handbooks: The Right to Food Within The International Framework of Human Rights and Country Constitutions beskikbaar by http://bit.ly/1Bvf22p
FAO The Right to Food and Access to Natural Resources beskikbaar by http://bit.ly/YAITsr
FAO Voluntary Guidelines to Support the Progressive Realization of the Right to Adequate Food in the Context of National Food Security beskikbaar by http://bit.ly/1qnO8Hj
Office of the United Nations High Commissioner for Human Rights Fact Sheet No. 34: The Right to Adequate Food beskikbaar by http://bit.ly/1pbEOqs
LYS VAN AFKORTINGS
AHRLJ African Human Rights Law Journal
FAO Food and Agricultural Organization
NEMA National Environment Management Act 107 van 1998
PER Potchefstroomse Elektroniese Regsblad
PULP Pretoria University Law Press
SAJHR South African Journal on Human Rights
SAJS South African Journal of Science
* Hierdie bydrae is geneem uit gedeeltes van dié skrywer se LLM skripsie Hersiening van omgewingsverwante wetgewing ter verwesenliking van die reg op toegang tot voldoende voedsel (NWU LLM 2015)
1 Die reg op voedsel is in a 25 van die Universal Declaration of Human Rights (1948) bevestig en as 'n fundamentele reg erken. Sedertdien is dié reg in 'n variasie van bindende en nie-bindende internasionale instrumente erken, waaronder a 11 van die International Covenant on Economic, Social and Cultural Rights (1976). Die reg op toegang tot voedsel en die reg om vry te wees van honger is bevestig gedurende die 1996 World Food Summit, waartydens 'n proses om dié fundamentele reg toenemend te verwesenlik ondersoek is.
2 Departement van Landbou Integrated Food Security Strategy for South Africa 5.
3 Hierna die FAO. FAO Guide on Legislating for the Right to Food 3. Die FAO het ten doel om nasionale en internasionale aksie rakende voedselverwante kwessies te bevorder en te implementeer. Sien Shaw Word Food Security: A History since 1945 9.
4 FAO The Right to Food within the International Framework of Human Rights and Country Constitutions 11. Sien ook FAO Guide on Legislating for the Right to Food 31.
5 Anders gestel, "Framework Act". FAO Development of Specific Right to Food Legislation 2.
6 FAO Review of the Compatibility of Sectoral Laws 2.
7 Binne 'n Suid-Afrikaanse perspektief is die reg op toegang tot voldoende voedsel direk aan verskeie ander grondwetlike regte gekoppel, onder andere die reg op: (a) menswaardigheid (a 10); toegang tot gesondheidsorg (a 27(1)(a)); onderwys (a 29); arbeidsverhoudinge (a 23); toegang tot maatskaplike sekerheid (a 27(1)(c)); toegang tot voldoende water (a 27(1)(c)); 'n omgewing wat nie skadelik vir gesondheid of welsyn is nie (a 24); en die reg op beskerming van eiendomsregte (a 25). Sien Vidar "The Interrelationships" 141-159; Woods Human Rights and Environmental Sustainability 3; Terblanche Voedselsekerheid as ontwikkelingsdoelwit 67 en Currie en De Waal Bill of Rights 529. Die reg op toegang tot voldoende voedsel is gevolglik multidimensioneel, interdissiplinêr en kruissektoraal aangesien uiteenlopende faktore en sektore in berekening gebring moet word om vir die verwesenliking van hierdie reg voorsiening te maak. Sien Khoza "The Role of Framework Legislation" 196; Terblanche Voedselsekerheid as ontwikkelingsdoelwit 33; FAO Guide on Legislating for the Right to Food 186.
8 Sien in hierdie verband Terblanche en Pienaar 2012 PER 232. Die mees onlangse Suid-Afrikaanse maatreëls is te vinde in die National Policy on Food and Nutrition Security van 2013. Voedselsekerheid word dienooreenkomstig as 'n uitvloeisel of gevolg van die verwesenliking van die reg op toegang tot voldoende voedsel bestempel. Sien in hierdie verband Terblanche Voedselsekerheid as ontwikkelingsdoelwit 27, 32.
9 Sien Khoza 2004 SAJHR 681; Terblanche en Pienaar 2012 PER 232; Coomans en Yakpo 2004 AHRLJ 32.
10 FAO Guide on Legislating for the Right to Food 183.
11 As "wetgewende maatreëls" soos in terme van artikel 27(2) van die Grondwet vereis word.
12 Koch The Food Security Policy Context in South Africa 30. Terblanche Voedselsekerheid as ontwikkelingsdoelwit 309.
13 FAO Guide on Legislating for the Right to Food 185 en FAO Voluntary Guidelines 5.
14 FAO Guide on Legislating for the Right to Food 193.
15 Departement van Landbou Integrated Food Security Strategy 8-9. Sien Terblanche en Pienaar 2012 PER 242-243; FAO Guide on Legislating for the Right to Food 183; en Khoza 2004 SAJHR 673. Die verkose sektore is nie beperkend van aard nie - dit word bloot gebruik om die omslagtigheid van die verwesenliking van die reg op toegang tot voldoende voedsel te illustreer.
16 Koch The Food Security Policy Context in South Africa 30.
17 Sien afdeling 3 van hierdie bydrae vir 'n kort bespreking van die FAO se hersieningsproses.
18 Sien afdeling 3 van hierdie bydrae.
19 Sien a 24 van die Grondwet.
20 FAO Guide on Legislating for the Right to Food 193. Sien ook FAO Review of the Compatibility of Sectoral Laws 10.
21 Feris "Environmental Rights and Locus Standi" 134 en Feris 2008 SAJJHR 30. Sosio-ekonomiese regte soos vervat in aa 26-27 en 29 van die Grondwet, sluit onder andere behuising, gesondheidsorg, onderwys, voedsel, water en maatskaplike sekerheid in.
22 Artikel 24(a) van die Grondwet.
23 Artikel 24(a) van die Grondwet.
24 Artikel 24(b)(iii) van die Grondwet.
25 Currie en De Waal Bill of Rights 526; Kidd Environmental Law 22; en Feris "Environmental Rights and Locus Standi" 135.
26 Currie en De Waal Bill of Rights 526. Die reg op toegang tot voldoende voedsel vereis, onder andere, dat individue vrylik toegang tot natuurlike hulpbronne verkry. FAO The Right to Food and Access to Natural Resources 21. Gesonde gereguleerde omgewingstoestande gee aanleiding daartoe dat die kwaliteit van natuurlike hulpbronne van hoë gehalte is, wat weer tot die produsering van gehalte voedsel wat voordelig vir individue se gesondheid en welstand is, lei. Winkler Human Right to Water 159-160; Khoza 2004 SAJHR 666 en Currie en De Waal Bill of Rights 529. Sien FAO Review of the Compatibility of Sectoral Laws 14 ter illustrasie van die wyse waarop die watersektor die beskikbaarheid, stabiliteit toeganklikheid en toereikendheid van voedsel beïnvloed. Omgewingsbestuur word gereguleer deur 'n wye reeks sektorale wetgewing (omgewingswetgewing), naamlik die: Wet op Nasionale Omgewingsbestuur 107 van 1998; Nasionale Waterwet 36 van 1998; National Environmental Management: Air Quality Act 39 van 2004; National Environmental Management: Biodiversity Act 10 van 2004; National Environmental Management: Integrated Coastal Management Act 24 van 2008; National Environmental Management: Protected Areas Act 57 van 2003; National Environmental Management: Waste Act 59 van 2008 en die Wet op die Bewaring van Landbouhulpbronne 43 van 1983.
27 Anders gestel, "anthropocentric approach". Feris 2008 SAJHR 32.
28 Feris 2008 SAJHR 30.
29 Kidd Environmental Law 14.
30 "Welsyn" word gebruik in a 24 van die Grondwet. Anders gestel, kan dit ook bekend staan as die "welstand" van die mens.
31 Currie en De Waal Bill of Rights 526. Kidd Environmental Law 22.
32 Feris "Environmental Rights and Locus Standi" 135-136.
33 Feris "Environmental Rights and Locus Standi" 136.
34 2006 5 SA 512 (T) par 18.
35 Du Plessis en Du Plessis "Striking the sustainability balance" 428.
36 Onder andere toegang tot voedsel as 'n sosio-ekonomiese reg (a 27(1)(b) van die Grondwet).
37 Du Plessis en Du Plessis "Striking the sustainability balance" 429.
38 Kidd Environmental Law 17-18.
39 Sien ook riglyn 5 soos vervat in afdeling 4 van hierdie bydrae aangaande die beginsel van volhoubare ontwikkeling.
40 2007 6 SA 4 (KH) (hierna die Fuel Retailers-saak).
41 Fuel Retailers-saak par 44.
42 FAO Voluntary Guidelines 5; en FAO Review of the Compatibility of Sectoral Laws 10.
43 Kidd Environmental Law 22-23. Khoza 2004 SAJHR 666 stel dit as volg: "Food plays a significant role in a person's physical and mental growth and development as well as survival. It generates the necessary strength and ability for a human body to think, to move, and to work. Lack of access to adequate food limits people's potential and could lead to loss of lives. Malnutrition causes underdevelopment of brain cells, growth retardation and vulnerability to infectious diseases."
44 Deur beide sosio-ekomomiese en omgewingsfakore in berekening te bring.
45 Nel en Kotzé "Environmental Management" 1.
46 Currie en De Waal Bill of Rights 529. Sien ook Khoza 2004 SAJHR 666.
47 Anders gestel, "principle of interdependency of rights".
48 Sien a 24 van die Grondwet.
49 Sien aa 26 en 27 van die Grondwet.
50 Artikel 24(b)van die Gondwet.
51 Artikel 24(a) van die Grondwet.
52 Feris "Environmental Rights and Locus Standi" 132.
53 107 van 1998. NEMA verwys na die erkende Engelse afkorting vir die National Environmental Management Act 107 van 1998.
54 MEC, Department of Agriculture, Conservation and Environment v HTF Developers (Pty) Ltd 2008 2 SA 319 (KH) par 24.
55 Feris "Environmental Rights and Locus Standi" 133.
56 Sien die Fuel Retailers-saak waar die hof die internasionale beginsel van volhoubare ontwikkeling binne 'n Suid-Afrikaanse perspektief geïnterpreteer het. Kotzé et al South African Environmental Law through the Cases 194-198; Van der Linde "National Environmental Management Act" 198 en Kidd Environmental Law 25.
57 Giliomee "Agriculture" 937. Van der Linde "National Environmental Management Act" 198.
58 43 van 1983. Giliomee "Agriculture" 937. Van der Linde "National Environmental Management Act" 198.
59 Tangermann "Agricultural policy" 83.
60 FAO Review of the Compatibility of Sectoral Laws 18.
61 Giliomee "Agriculture" 937. Geneties gemanipuleerde organismes word, volgens Lim Tung 2011 Woord en Daad 28-32, sedert 1991 algemeen in die Suid-Afrikaanse landbousektor gebruik. Vir die voor en nadele van geneties gemanipuleerde voedsel sien Chetty en Viljoen 2007 SAJS 269-270.
62 "Natuurlike landbouhulpbronne" word in a 1 van die Wet op die Bewaring van Landbouhulpbronne 43 van 1983 gedefinieer as die grond, die waterbronne en die plantegroei van die omgewing, met uitsluiting van onkruid en indringerplante.
63 Van der Walt 2011 AgriProbe 6.
64 Giliomee "Agriculture" 938.
65 Giliomee "Agriculture" 937; Van der Linde "National Environmental Management" 198; Olivier, Myakayaka en Richards "Indigenous Plants" 352-353.
66 Giliomee "Agriculture" 938-944.
67 Giliomee "Agriculture" 945.
68 Adelson et al Environment: an interdisciplinary anthology 412.
69 43 van 1983. Sien ook die Draft Conservation of Agricultural Resources Amendment Bill van 2013 (GK R673 in SK 36605 van 2 Julie 2013).
70 Suid-Afrikaanse sektorale wetgewing in hierdie verband sluit in: die Wet op Misstowwe, Veevoedse, Landboumiddels en Veemiddels 36 van 1947; die Wet op die Onderverdeling van Landbougrond 70 van 1970; die Wet op Planttelersregte 15 van 1976; die Plantverbeteringswet 53 van 1976; die Wet op die Bewaring van Landbouhulpbronne 43 van 1983; die Wet op Reëling van die Uitvoer van Bederfbare Produkte 9 van 1983; die Wet op Landbouplae 36 van 1983; die Wet op Dieresiektes 35 van 1984; die Wet op Landbouprodukstandaarde 119 van 1990 en die Wet op Veiligheid van Vleis 40 van 2000.
71 Artikel 27(2) van die Grondwet.
72 FAO Review of the Compatibility of Sectoral Laws 2. Sien afdeling 1 van hierdie bydrae vir 'n uiteensetting van die FAO se drie-vlak strategie.
73 Khoza "The Role of Framework Legislation" 196.
74 FAO Review of the Compatibility of Sectoral Laws 2. Die invloed van hierdie sektorale wetgewing mag positief of negatief van aard wees. Die FAO Guide on Legislating for the Right to Food 185 bepaal dat negatiewe invloede vermy moet word juis omdat die verwesenliking van die reg op toegang tot voldoende voedsel kompleks van aard is.
75 Terblanche Voedselsekerheid as ontwikkelingsdoelwit 311.
76 Sien afdeling 1 van hierdie bydrae.
77 FAO Guide on Legislating for the Right to Food 183. FAO Review of the Compatibility of Sectoral Laws 2.
78 Die beskikbaarheidselement van voedsel word gemeet aan die beskikbaarheid van voedsel vanuit die ontginning van natuurlike hulpbronne (deur aanplanting of produksie) of deur verkope by markte of winkels. Sien die Office of the United Nations High Commissioner for Human Rights Fact Sheet No. 34 2.
79 Die stabiliteit van voedsel sluit aan by die konstante produksie en beskikbaarheid daarvan. Sien die Office of the United Nations High Commissioner for Human Rights Fact Sheet No. 34 2.
80 Die toeganklikheidselement van voedsel word gemeet aan die ekonomiese en fisiese toegang tot voedsel. Sien die Office of the United Nations High Commissioner for Human Rights Fact Sheet No. 34 2-3.
81 Die toereikendheidselement van voedsel word gemeet aan die dieetbehoeftes van individue wat gevolglik 'n bydrae lewer tot individue se lewenskwaliteit. Sien die Office of the United Nations High Commissioner for Human Rights Fact Sheet No. 34 3.
82 FAO Guide on Legislating for the Right to Food 190.
83 FAO Review of the Compatibility of Sectoral Laws 2.
84 Hierdie word as 'n generiese proses beskou wat in alle sektore toegepas kan word. Alhoewel die FAO aanbevelings rakende die stappe binne die hersieningsproses maak, versuim die FAO egter om sektoraal-spesifieke riglyne te verskaf waaraan wetgewing geëvalueer kan word. Sien in hierdie verband afdeling 4 van hierdie bydrae.
85 Ex post facto-evaluasies is van toepassing op wetgewing wat reeds in werking gestel is en is daarop gemik om te bepaal of sektorale wetgewing die verwesenliking van die reg op toegang tot voldoende voedsel vergemaklik of dwarsboom. Tydens 'n ex post facto-evaluasie word tegniese aspekte van die bepaalde sektorale wetgewing, sowel as die praktiese uitvoerbaarheid daarvan, ondersoek. Sien in hierdie verband FAO Review of the Compatibility of Sectoral Laws 3 en FAO Guide on Legislating for the Right to Food 186.
86 Ex ante facto-evaluasies is op toekomstige sektorale wetgewing van toepassing. 'n Ex ante facto evaluasie verseker dat toekomstige wetgewing nie die verwesenliking van die reg op toegang tot voldoende voedsel sal teenwerk nie.
87 FAO Guide on Legislating for the Right to Food 193. Sien ook FAO Review of the Compatibility of Sectoral Laws 10.
88 Sien afdeling 1 van hierdie bydrae. Khoza "The Role of Framework Legislation" 196; Terblanche Voedselsekerheid as ontwikkelingsdoelwit 33; FAO Review of the Compatibility of Sectoral Laws 2.
89 FAO Guide on Legislating for the Right to Food 186.
90 FAO Guide on Legislating for the Right to Food 186.
91 FAO Guide on Legislating for the Right to Food 189.
92 FAO Guide on Legislating for the Right to Food 189.
93 FAO Guide on Legislating for the Right to Food 191.
94 FAO Guide on Legislating for the Right to Food 186.
95 Anders gestel, "a paper-based evaluation". Sien FAO Guide on Legislating for the Right to Food 186.
96 Khoza "The Role of Framework Legislation" 196. Sien verder Terblanche Voedselsekerheid as ontwikkelingsdoelwit 33; FAO Review of the Compatibility of Sectoral Laws 2.
97 FAO Guide on Legislating for the Right to Food 186.
98 FAO Review of the Compatibility of Sectoral Laws 3.
99 FAO Review of the Compatibility of Sectoral Laws 3.
100 FAO Review of the Compatibility of Sectoral Laws 3.
101 FAO Review of the Compatibility of Sectoral Laws 3.
102 Bv 'n menseregtekommissie; 'n navorsingsinstituut; of 'n universiteit.
103 FAO Review of the Compatibility of Sectoral Laws 4.
104 Bv nieregeringsorganisasies.
105 FAO Review of the Compatibility of Sectoral Laws 4.
106 FAO Review of the Compatibility of Sectoral Laws 4.
107 FAO Guide on Legislating for the Right to Food 189.
108 FAO Review of the Compatibility of Sectoral Laws 4.
109 Sien riglyne 1-6 soos aangedui in afdeling 4 van hierdie bydrae.
110 Hierna die Stockholm Declaration.
111 Hierna die Rio Declaration.
112 Hierna die Copenhagen Declaration.
113 Hierna Agenda 21.
114 Sien Snyman Hersiening van omgewingsverwante wetgewing 48-63 vir 'n toepassing van dié riglyne op die NEMA en die Wet op die Bewaring van Landbouhulpbronne 43 van 1983.
115 CESCR General Comment 12 par 22.
116 Rome Declaration on World Food Security 1.
117 FAO Global Plan of Action par 220.
118 CESCR General Comment 12 par 25.
119 Anders gestel, "good governance".
120 FAO Voluntary Guidelines 9.
121 FAO Voluntary Guidelines 17.
122 FAO Voluntary Guidelines 19.
123 Van der Eist 2012 Tydskrif vir Geesteswetenskappe 572.
124 FAO Voluntary Guidelines 18.
125 Word Food Summit Plan of Action par 6.
126 Word Food Summit Plan of Action par 27.
127 FAO Global Plan of Action par 227.
128 FAO Voluntary Guidelines 18.
129 FAO Global Plan of Action par 225.
130 Word Food Summit Plan of Action par 1.
131 CESCR General Comment 12 par 22.
132 CESCR General Comment 12 par 31. FAO Guide on Legislating for the Right to Food 197.
133 Bv 'n menseregtekommissie; 'n navorsingsinstituut; of 'n universiteit.
134 FAO Review of the Compatibility of Sectoral Laws 4.
135 Word Food Summit Plan of Action par 30; FAO Voluntary Guidelines 17; Stockholm Declaration beginsel 20; en FAO Global Plan of Action par 229.
136 CESCR General Comment 12 par 21.
137 FAO Review of the Compatibility of Sectoral Laws 3.
138 Declaration of the World Food Summit: Five Years Later par 25.
139 Giliomee "Agriculture" 937; Lim Tung 2011 Woord en Daad 28-32 en Chetty en Viljoen 2007 SAJS 269-270.
140 Fuel Retailers-saak par 44
141 FAO Guide on Legislating for the Right to Food 79-83.
142 FAO Guide on Legislating for the Right to Food 79-80.
143 FAO Guide on Legislating for the Right to Food 79-80.
144 FAO Guide on Legislating for the Right to Food 80.
145 Hoexter Admniistrative Law 52-53.
146 Sien a 9(3) van die Grondwet. FAO Guide on Legislating for the Right to Food 81.
147 FAO Guide on Legislating for the Right to Food 81.
148 Sien a 32 van die Grondwet. FAO Guide on Legislating for the Right to Food 81.
149 Sien a 10 van die Grondwet. FAO Guide on Legislating for the Right to Food 82.
150 Sien afdeling 1 van hierdie bydrae. Vidar "The Interrelationships" 141-159; Woods Human Rights and Environmental Sustainability 3; Terblanche Voedselsekerheid as ontwkkkelingsdoelwit 67.
151 FAO Guide on Legislating for the Right to Food 82.
152 Anders gestel, Finansiële toegang. Finansiële toegang verwys na inkomstegenererende aktiwiteite wat persone in staat stel om beskikbare voedsel aan te koop (of self te produseer).
153 FAO Voluntary Guidelines 10. CESCR General Comment 12 par 13.
154 Sien aa 33-34 van die Grondwet.
155 Botha Wetsuitleg 184.
156 FAO Guide on Legislating for the Right to Food 83.
157 Beyerlin en Marauhn International Environmental Law 37.
158 Rio Declaration beginsel 4 en 25; Kidd Environmental Law 17. Volhoubare ontwikkeling is as die sewende ontwikkelingsdoelwit van die Millennium Development Goals van die Verenigde Nasies gelys. Sien Verenigde Nasies 2014 http://bit.ly/1HDV5L0.
159 Verenigde Nasies Agenda 21 par 14.6.
160 Copenhagen Declaration par 26(b) en die Rio Declaration beginsel 3.
161 Anders gestel, die "precautionary principle".
162 Beyerlin en Marauhn International Environmental Law 47; Hunter, Salzman en Zaelke International Environmental Law and Policy 510. Sien ook die Rio Declaration beginsel 15.
163 Giliomee "Agriculture" 937; Van der Linde "National Environmental Management Act" 198; Olivier, Myakayaka en Richards "Indigenous Plants" 352-353.
164 Anders gestel, die "polluter pays principle".
165 Sien die Rio Declaration beginsel 16.
166 Hunter, Salzman en Zaelke International Environmental Law and Policy 517.
167 Rio Declaration beginsel 1.
168 Rio Declaration beginsel 1.
169 Vanclay 2003 Impact Assessment and Project Appraisal 9-10. Vanweë die komplekse aard en omvang van sosio-ekonomiese impakstudies, sal hierdie studie nie in diepte die proses en tegniese aspekte daarvan hanteer nie. Hierdie bydrae identifiseer slegs die wetgewende voordeel wat daaruit geput kan word vir die toenemende verwesenliking van die reg op toegang tot voldoende voedsel.
170 Burdge en Vanclay 1996 Impact Assessment 59.
171 Burdge en Vanclay 1996 Impact Assessment 59. Voedsel word as 'n basiese behoefte van die mens beskou. Sien Khoza 2004 SAJHR 666 in hierdie verband.
172 Vanclay 2003 Impact Assessment and Project Appraisal 5.
173 Departement van Omgewingsake en Toerisme Integrated Environmental Management Information Series 22: Socio-Economic Impact Assessment 5.
174 Departement van Omgewingsake en Toerisme Integrated Environmental Management Information Series 22: Socio-Economic Impact Assessment 5.
175 Die faktore is nie beperkend van aard nie - dit word bloot gebruik om die moontlike omvang van so 'n impakstudie te illustreer.
176 Gesondheid en maatskaplike welstand sluit in fisiese en emosionele gesondheid en toegang tot voedsel en drinkwater.
177 Lewenskwaliteit en -omstandighede sluit in toegang tot behuising; kwaliteit van behuising; voldoende infrastruktuur; natuurskoon; blootstelling aan geraas, reuke, gevaar en besoedeling; misdaad en rekreasiefasiliteite.
178 Ekonomiese welstand sluit in werksgeleenthede; verdien van inkomste; eiendomswaarde en ekonomiese onafhanklikheid.
179 Kulturele oorwegings sluit in veranderinge aan 'n gemeenskap se norme, waardes en geloof.
180 Gemeenskapsaangeleenthede sluit in gemeenskapsamehorigheid en 'n vreedsame gesamentlike bestaan. Van Schooten, Vanclay en Slootweg "Conceptualizing Social Change" 85-90. Sien ook Departement van Omgewingsake en Toerisme Integrated Environmental Management Information Series 22: Socio-Economic Impact Assessment 9.
181 Van Schooten, Vanclay en Slootweg "Conceptualizing Social Change Processes" 85. Sien ook Departement van Omgewingsake en Toerisme Integrated Environmental Management Information Series 22: Socio-Economic Impact Assessment 9.
182 Van Schooten, Vanclay en Slootweg "Conceptualizing Social Change Processes" 85.
183 Møller en Schlemmer 1983 Social Indicators Research 229.