SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.39 issue2 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    Literator (Potchefstroom. Online)

    On-line version ISSN 2219-8237Print version ISSN 0258-2279

    Literator vol.39 n.2 Mafikeng  2018

    https://doi.org/10.4102/lit.v39i2.1484 

    LITERA

     

    Afskeid

     

     

    Hennie P. van Coller

    Department of Afrikaans, Dutch, German and French, Faculty of Humanities, University of the Free State, South Africa

    Correspondence

     

     

    Afskeid

    Wat ons gehad het, was mooier
    as waarop ons kan hoop
    in dié lewe.
    Maar vir my moet die liefde knetter,
    vonke moet spat, spring
    soos in ’n smidswinkel
    woeps, hoog die lug in.
    Strooisels van sterre,
    vuurvliegies van ekstase.
    Koud het dit geraak,
    ál die hitte weggeëb.
    Weet jy, afskeid neem is ’n kuns,
    maar min mense beheers dit.
    Draai jou rug, stap weg,
    moet nooit terugkyk nie:
    uitgebrande as is onthutsend
    én bietjie treurig
    (‘sielig’ vat dit beter vas).
    Dit smeul byna nie meer nie.
    Vee dit netjies op ’n hopie,
    gooi dit in ’n Checkerssak,
    gooi dit in ’n vullisblik.
    Was jou hande.
    Bietjie doodgaan is nooit
    die einde van vuur nie.

    Leeglê

    Dit verg heelwat energie
    om jou batterye te laat leegloop.
    Baie talent moet jy hê
    om aardslui te wees;
    hope moed ook om te loer
    in die leegtes van letargie,
    ysere dissipline om agteloos
    tyd deur die vingers te laat glip.
    Ook oordag bly jy worstel
    met die ondraaglike drama
    van die ligtheid van lewe.
    Eintlik stoei jy met
    wat die wêreld skynbaar verwag.
    Daagliks word jy minder belangrik:
    wie lui is, kan moeilik presteer,
    word nooit volgens prestasie geëer.
    Onder jou vel leef die ander-ek
    treurig omdat selfs jý hom nie kan verdra nie.
    Wat kry jy as jy hard werk aan luiheid?
    Ure bestee aan leeglê studeer?
    Word daar iets gefluister van vryheid?
    Die losraak uit die vel strak gespan?
    Wat alles straks binnehou,
    maar tog ook (...) knel..

     

     

    Correspondence:
    Hennie van Coller
    vcollerh@ufs.ac.za

    Received: 01 Feb. 2018
    Accepted: 02 May 2018
    Published: 31 July 2018