SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.53 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    Stellenbosch Papers in Linguistics Plus (SPiL Plus)

    On-line version ISSN 2224-3380Print version ISSN 1726-541X

    SPiL plus (Online) vol.53  Stellenbosch  2017

    https://doi.org/10.5842/53-0-767 

    EDITORIAL

     

    Voorwoord

     

     

    Antoinette van der MerweI; Alta van RensburgII; Rose RichardsII; Sharifa DanielsII ; Rufus GouwsIII

    IAfdeling: Leer- en Onderrigverryking, Universiteit Stellenbosch, Suid-Afrika
    IITaalsentrum, Universiteit Stellenbosch, Suid-Afrika
    IIIDepartement Afrikaans en Nederlands, Universiteit Stellenbosch, Suid-Afrika

     

     

    In 1972 begin Leon de Stadler se verbintenis met die Universiteit Stellenbosch toe hy as eerstejaarstudent op die kampus aanmeld. Dié verbintenis sou vir meer as vier dekades ononderbroke voortduur - tot en met sy uittrede in Januarie 2017.

    As student, maar nog meer as dosent en veral as Direkteur van die Taalsentrum het Leon 'n wesenlike bydrae gelewer en 'n onuitwisbare nalatenskap daargestel. Hy het hom onderskei as dosent, navorser, akademiese bestuurder en gewaardeerde kollega. 'n Huldiging deur middel van 'n tydskrif kan nie werklik reg laat geskied aan sy bydrae of aan die rol wat hy gespeel het nie - die studente wat hy opgelei het, die kollegas wat hy geïnspireer het, die navorsing wat hy gepubliseer het en die werk wat hy gedoen het en wat nog voortleef en floreer, is die eintlike huldiging.

    Tog wil kollegas in Suid-Afrika en elders met hierdie Festschrift-uitgawe erkenning gee aan dit wat Leon gedoen het en aan die ingrypende invloed wat hy op sy vakgebied, op sy studente, op sy kollegas en medewerkers, op sy departement, op die Taalsentrum en op die Universiteit gehad het. Dié invloed kan min mense hom nadoen.

    Die Redaksie van hierdie bundel bedank graag al die kollegas wat die uitnodiging aanvaar het om 'n bydrae tot die Festschrift te lewer. Die verskeidenheid onderwerpe wat binne die breë tema van hierdie bundel ter sprake gekom het, asook die gehalte van die onderskeie bydraes, is 'n gepaste weerspieëling en bevestiging van Leon se veelsydige betrokkenheid by die taalkunde, taalpraktyk, taalbeplanning en taalpolitiek.

    Vir die redigering, vertaling waar nodig en die uitleg van hierdie uitgawe van SPiL Plus bedank die Redaksie die personeel en vryskutwerkers van die Taalsentrum se Taaldiens en by name Susan Lotz, Lenelle Foster en Marguerite van der Waal.

     

    Stellenbosch

    Desember 2017