SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.68A usage-based investigation of Afrikaans-speaking children's holophrases and communicative intentionsForeground and background in the narrative discourse of Luke's Gospel: Some remarks on the function of the Greek imperfect and pluperfect indicative tense-forms author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    Stellenbosch Papers in Linguistics Plus (SPiL Plus)

    On-line version ISSN 2224-3380
    Print version ISSN 1726-541X

    SPiL plus (Online) vol.68  Stellenbosch  2024

    http://dx.doi.org/10.5842/68-1-940 

    ARTICLES

     

    Oranjerivierafrikaans: 'n Argeologiese genealogie. Deel III: 1980 - 1998

     

     

    Luan Staphorst

    Leerstoel vir Kritiese Studies in Hoër Onderrig Transformasie, Nelson Mandela Universiteit, Suid-Afrika; Fakulteit Engelse Taal- en Letterkunde, Lincoln College, Universiteit van Oxford, Engeland. E-pos: luan.staphorst@mandela.ac.za; luan.staphorst@lincoln.ox.ac.uk

     

     


    OPSOMMING

    Dié derde deel van 'n vierdelige artikelreeks ondersoek die geskiedenis van die sosiolinguistiek relatief tot Oranjerivierafrikaans, een van die drie hoofdialekkontinuums van Afrikaans, van die periode 1980 tot 1998. Begrond in die linguistiese geskiedskrywing in die breë, en Michel Foucault se argeologiese en genealogiese oriënterings in die besonder, skets die artikeldeel hoe die intellektuele geskiedenis van Oranjerivierafrikaans in die tydsgees van die diskoers van dialektologie van 1980-1998 en die tydsgees van die besinning van taalidentiteit sedert die 1980's getipeer kan word. Hierdie periode sien die hoogbloei van die Afrikaanse sosiolinguistiek, veral wat veldwerkdialektologie betref. Die optekenings en navorsing van ondere andere Christo van Rensburg, Hans du Plessis, Hendrina Nieuwoudt, Vic Webb, Hans den Besten, en Gabriël Nienaber word bespreek. Hierdeur daag die artikelreeks vier sentrale veronderstellings oor die taalvorm uit, naamlik dat daar 'n gebrek aan bronne oor die taalvorm is, dat dit redelik "onsigbaar" is, dat dit as 'n Swart Afrikaanse taalvorm getipeer kan word, en dat Kaapse Afrikaans, eerder as Oranjerivierafrikaans, as die "oudste" vorm van Afrikaans beskou moet word.

    Sleutelwoorde: Oranjerivierafrikaans; etnolek; geolek; Afrikaanse sosiolinguistiek; linguistiese geskiedskrywing; intellektuele geskiedenis


    ABSTRACT

    This third part of a four-part article series investigates the history of sociolinguistics relative to Orange River Afrikaans, one of Afrikaans's three main dialect continuas, from the period 1980 to 1998. Grounded in linguistic historiography broadly construed, and Michel Foucault's archaeological and genealogical orientations specifically, this part of the article sketches how the intellectual history of Orange River Afrikaans in this period can be divided into two Zeitgeists - the time of dialectology of 1980-1998 and the time of language identity since 1980. This period sees the height of Afrikaans fieldwork dialectology. The writings and research of Christo van Rensburg, Hans du Plessis, Hendrina Nieuwoudt, Vic Webb, Hans den Besten and Gabriël Nienaber are discussed. Through this, the article series challenges four central and dominant presuppositions on Orange River Afrikaans, namely that there are limited sources available relative to it, that it constitutes an "invisible" language form, that it can be typified as an expression of Black Afrikaans, and that Kaaps (Cape Afrikaans), rather than Orange River Afrikaans, should be regarded as the "oldest" form of Afrikaans.

    Keywords: Orange River Afrikaans; ethnolect; geolect; Afrikaans sociolinguistics; linguistic historiography; intellectual history


     

     

    1. Oriëntering

    Waar die vorige twee dele van die artikel op die periode 1595 tot 1979 gefokus het, val die klem in dié deel op die meer onlangse verlede van Oranjerivierafrikaans se bewussynsdraad, naamlik 1980-1998. Soos die ander artikeldele, is dié deel in Michel Foucault se argeologiese en genealogiese oriëntering tot geskiedskrywing begrond. Die argeologiese oriëntering beklemtoon die uitken van diskursiewe lae, of strata, en die genealogiese oriëntering die ondersoek van die verlede deur die lens van 'n teenswoordige "probleem". Die "probleme" of vraagstukke wat die artikel deurgaans lei, is die mistastings dat Oranjerivierafrikaans n "onsigbare" taalvorm verteenwoordig, dat dit lei aan 'n gebrek aan bronne, dat dit as 'n vorm van Swart Afrikaans bestempel kan word, en dat Kaapse Afrikaans, eerder as Oranjerivierafrikaans, die "oudste" of "eerste" vorm van Afrikaans verteenwoordig. In die eerste twee dele is uitgewys hoe die taalvorm al sedert die eerste sosiolinguistiese studies op die keper beskou is, en dat daar dus vele opnames is wat betrek kan word by 'n herkonstruksie daarvan oor die eeue heen. Daar is verder uitgewys hoe die taalvorm diskursief met kwessies oor "ras" en "beskaafdheid" verbind is - idees wat, soos duideliker sal word, nie slegs by daardie "vroeë" navorsing deurskemer nie. Soos telkens gewys, het die 1980's 'n revolusie ten opsigte van die sosiolinguistiek in Afrikaans in die brëe, die variasietaalkunde meer spesifiek, en die dialektologie in die besonder ondergaan. Die konteks van die taalkaart - wat in die vorige artikeldeel bespreek is - kan egter nie buite berekening gelaat word nie, met die kritiek van veral Christo van Rensburg (1976) wat relevant is. Die datum van Van Rensburg se kritiek is ook tersaaklik, met 1976 wat 'n belangrike verwysingspunt in die Suid-Afrikaanse geskiedenis vorm, veral wat die ontwikkeling van apartheid en apartheidsdenke betref. Alhoewel 'n noukeuriger analise en bespreking nodig sal wees om dié verbande na te spoor, kan daar wel tentatief uitgelig word dat dit moontlik nie slegs taalkundige oorwegings was wat die ommeswaai van die 80's ingelei en beïnvloed het nie, maar 'n breë sosiale wending in die Suid-Afrikaanse maatskappy.

     

    2. Oranjerivierafrikaans en dialektologie

    Benewens die genoemde kritiek van Van Rensburg, kan drie navorsers in die 1970's genoem word wat as belangrike voorlopers tot die 1980's se stukrag vir sosiolinguistieke navorsing in Afrikaans in die algemeen, en dialektologie in die besonder, gedien het: Eerstens het Rembrandt Klopper (1976) 'n studie onderneem waarin sosiale stratifisering onder Kaapssprekers ondersoek is; tweedens het Ernst Kotzé (1977a, 1977b, 1980) die aanleerdersvariëteit van Afrikaans onder isiXhosasprekers ondersoek; en derdens het Johannes van der Mescht (1976) Oos-Kaapse Afrikaans bestudeer. Dié drie ondersoektemas verteenwoordig die hoof tematiese vernuwing wat in die jare 80 meer breedvoerig ondersoek sou word, by name sosiologiese kwessies oor taal, die belang van aanleerdersvariëteite, en die "marges" van die Afrikaanse kultuurwêreld. Deur die loop van die 1980's is daar dan verskeie studies onderneem wat die aard en uitdrukking van Afrikaans buiten die standaard ondersoek, insluitend onder Suid-Sothosprekers (Klopper 1981), Tswanasprekers (Setshedi 1987), en bewoners van die Witwatersrand (Louw 1981), Johannesburg (Du Plessis 1980, 1983a, 1983b; Coetzee 1989), Pretoria (De Villiers 1985; Webb 1989), Durban (Tiflin 1984), Swartland (Boonzaier 1982), die Boland (Boonzaier 1989), en Bellville-Suid (Van de Rheede 1983), asook Kaapse Afrikaans in die breë (Klopper 1983 a, 1983b, 1984; Dreyer 1986), en Maleier-Afrikaans in die besonder (Kotzé 1983a, 1983b, 1984).

    Die behoefte aan studies wat in die nuutste metodologieë begrond is, word weerspieël deur die publikasie van Taalverskeidenheid (Claassen & Van Rensburg) in 1983 (spesifiek die hoofstukke deur Van Rensburg 1983a, 1983b) en Variasietaalkunde (Du Plessis) in 1987 -albei tekste wat sedertdien as sentrale verwysingspunte vir die Afrikaanse sosiolinguistiek dien (vergelyk Otto 2014). Benewens die genoemde studies wat Afrikaans veral in die konteks van stedelike ruimtes ondersoek, sowel as die vele studies oor Kaaps, is daar 'n opbloei van aandag aan Oranjerivierafrikaans, n begrip wat in 1984 deur Van Rensburg bekendgemaak is in die magistrale verslag oor Griekwa-Afrikaans waarvoor hy as redakteur en projekleier gedien het (daaroor later meer). 'n 1980-artikel deur Van Rensburg is egter ook van belang vanweë die uitken van Griekwa-Afrikaans in die besonder in verhouding tot byvoorbeeld Dorslandtrekafrikaans, Voortrekkerafrikaans, en Oosgrensafrikaans - dialekbenamings wat sedertdien as kernverwysingspunte in die gesprek oor die Afrikaanse taalgemeenskap en -ontwikkeling dien.

    Die eerste breedvoerige dialektologiese studie in dié verband is Phillipus Henning se ondersoek van 1983 na vokaalvariasie onder Griekwasprekers. Henning se studie span die taalgebruik van 10 sprekers in, en hy gebruik die data om Griekwa-Afrikaans met Standaardafrikaans te vergelyk. 'n Belangrike gevolgtrekking wat hy bereik, is dat daar geweldige variasie onder die sprekers te vinde is, en dat daar "geen sprekers is wat nooit 'n vokaal verlaag nie, en ook geen sprekers wat hom altyd verlaag nie" (Henning 1983: 63). Dié gevolgtrekking, naamlik dat interne variasie 'n gegewe is in Griekwa-Afrikaans, word deurentyd deur navorsers uitgelig.

    Naas Henning, voltooi Tony Links sy doktorale proefskrif in 1983 (wat later in 1989 in boekvorm gepubliseer is) oor die Afrikaans van die Namakwalanders, spesifiek bewoners van die Kharkams. Belangwekkend is dat Links, soos Henning, groot vlakke van variasie onder die sprekers opgemerk het. Dit het hom genoop om sy studie tot lede van die gemeenskap ouer as 70 te beperk. Die jonger generasie, argumenteer hy, se taalgebruik het reeds ingrypend verander deur taalkontak, mediagebruik, verstedeliking, en ander sosiale veranderings. Dit is n belangrike opmerking, siende dat die Kharkams 'n besonders afgeleë gebied is. Taalkontak en -verandering is dus 'n onafwendbare gegewe, impliseer Links, ongeag die mate van afsondering van die spraakgemeenskap.

    In 1983 verskyn nóg 'n studie van belang, naamlik Dirk van Schalkwyk se ondersoek na fonetiese variasie in die Afrikaans van die Rehoboth-Basters. Waar die studie van die Rehoboth-Basters deur Rademeyer in 1938 bloot hul taalgebruik beskryf het, ondersoek Van Schalkwyk fonetiese variasie in verhouding tot sosio-ekonomiese veranderlikes. In vele opsigte stem dié studie dus ooreen met Klopper se 1976-studie oor sosiale stratifisering onder Kaapssprekers. Van Schalkwyk, wat kwessies soos geletterdheid in ag neem, se gevolgtrekking is dat daar nie n verbintenis tussen fonetiese variasie en sosiale stratifisering is nie. Siende dat sy studie ook vrouetaal in ag neem, is dit belangwekkend dat hy nie Peter Trudgill (1972) se teorie oor vrouetaal as verbind tot die standaard onder die Rehoboth-Basters waargeneem het nie. Variasie in taalgebruik van die Rehoboth-Basters is dus 'n "gelyke" verskynsel ten opsigte van sosio-ekonomiese veranderlikes soos klas en geslag.

    Moontlik die toonaangewendste studie van Oranjerivierafrikaans is onder leiding van Van Rensburg oor Griekwa-Afrikaans onderneem, en in 1984 voltooi. Die projek het uitgeloop op n verslag wat byna elke faset van die sosiolinguistiek, soos dit in die 1980's beoefen is, aanspreek. Hoofstukke sluit in besprekings van Griekwa-Afrikaans in verhouding tot die fonetiek, semantiek, sintaksis, morfologie, leksikologie, onomastiek, pragmatiek, historiese taalkunde, taalgeografie, sosiodemografie, taalbeplanning, taal en media, volkekunde, volkskunde, psalmberyming, en die algemene letterkunde. Belangrik is dat Van Rensburg nie dié projek as volstrekte en "laaste woord" oor die onderwerp voorhou nie - die titel dui reeds op die gekontekstualiseerde blik op die data en sienings daarin vervat: Finale verslag van 'n ondersoek na die Afrikaans van die Griekwas van die tagtigerjare. Die klem op "tatigerjare" is belangrik om twee redes. Dit plaas eerstens die gevolgtrekkings in konteks met vroeër studies wat onderneem is, soos dié van Rademeyer (1938), terwyl dit tweedens die weg baan vir toekomstige studie.

    Dirk van Schalkwyk, wie se 1983- doktorale proefskrif oor die fonetiese variasie van die Rehoboth-Basters handel, publiseer in 1984 saam met Francois Odendal 'n diachroniese studie oor dieselfde onderwerp. Vir dié studie vergelyk Van Schalkwyk en Odendal die data wat in Van Schalkwyk se 1983-studie ingewin is met dié wat in Rademeyer se 1938-studie versamel is. Die belang van dié studie is dat die dinamiese aard van die variëteit van die Rehoboth-Basters uitgelig en bespreek is deur te let op kontinuïteit en veranderinge. Van Schalkwyk en Odendal verskaf dus 'n belangrike blik op dié variëteit - nie as eenvormig en staties nie, maar as meerduidend en dinamies oor die dekades heen. Hier kan daarop gelet word dat Links 'n soortgelyke verskynsel, naamlik van interne verandering, onder die Afrikaans van die Kharkammers bespeur het. Soos reeds genoem, het dié verskil in taalgebruik tussen die jeug en die ouer garde hom genoop om slegs op die taalgebruik van sprekers ouer as 70 te fokus. Alhoewel dit 'n bepaalde spesifisiteit aan sy studie verleen, is dit tog 'n verlies dat taaldata van jonger sprekers uitgelaat is - gevolglik is die geleentheid vir n vergelykende studie soos dié van Van Schalkwyk en Odendal ingekort.

    Jacoba Fourie voltooi in 1985 'n MA-verhandeling met die Afrikaans van die Riemvasmakers as onderwerp. Fourie beklemtoon dié vorm van Afrikaans se posisie binne die breë variëteit van Oranjerivierafrikaans, en die ondersoek vergelyk vervolgens die taalvorm met Standaardafrikaans asook Griekwa-Afrikaans. Die waarde van dié studie kan nie oorskat word nie. Dit breek eerstens die vergelykende model wat tot op daardie stadium die Afrikaanse variasietaalkunde oorheers het, naamlik die standaard-variëteit-tweedeling. Tweedens is dit nie bloot n vergelyking tussen twee taalvorme nie, maar tussen drie - standaard-variëteit-variëteit.

    In 1987 verskyn nog 'n belangrike ondersoek, naamlik 'n verslag geredigeer deur Van Rensburg wat op die Afrikaans van die Richtersvelders toegespits is; 'n verslag wat 'n spirituele eweknie van die vroeë studie oor Griekwa-Afrikaans is. Soortgelyk aan die studie aangaande die Griekwas, bied dié ondersoekverslag 'n indringende bespreking van Richtersveldse-Afrikaans. Van verdere belang is dat Richtersveldafrikaans teenoor Griekwa-Afrikaans en Namakwalandse Afrikaans geposisioneer word vir ondersoekdoeleindes. Die vergelykende raamwerk van Fourie was dus teen dié studie aan die inburger, en vervolgens word n meer genuanseerde blik op die aard, konteks, en gebruik van Oranjerivierafrikaans verskaf.

    In n soortgelyke trant volg n magisterstudie van Rehobothafrikaans in 1988 deur Susara Roux. Alhoewel Rehobothafrikaans reeds ondersoek is - veral in die tydvak van die 1980's toe dié studie ook onderneem is - is Roux s'n toegespits op 'n vergelykende bespreking van Rehobothafrikaans as n bepaalde verskynsel van Oranjerivierafrikaans, met beide Griekwa-Afrikaans en Standaardafrikaans. Dit is dus soortgelyk aan Fourie se studie waar die Afrikaans van die Riemvasmakers met Griekwa-Afrikaans en Standaardafrikaans vergelyk word. Alhoewel dit, soos die geval met die Fourie-studie, belangrik is vanweë die wegdoen met die geykte variëteit-standaard-ondersoek, span dit, ook soos die geval met Fourie, Griekwa-Afrikaans in, eerder as byvoorbeeld Richtersveldse Afrikaans of Namakwalandse Afrikaans. Om hierdie rede kan daar teen hierdie tyd met gemak na Griekwa-Afrikaans as die standaard-of verstekvariëteit van Oranjerivierafrikaans in die akademiese diskoers verwys word.

    Daar is reeds telkens in die artikel verwys na die problematiek van die rasgefundeerde, asook etniesgefundeerde, raamwerke waardeur daar na Oranjerivierafrikaans gekyk is - sowel histories, in die geval van Von Wielligh, Boshoff, en Rademeyer, as in meer gesofistikeerde studies van die 1980's, soos dié van Van Rensburg en ander oor Griekwa-Afrikaans. Hierteenoor is die enigste studies waar Oranjerivierafrikaans meer verruimend ondersoek word ten opsigte van ras en etnisiteit, die ondersoeke aangaande Namibiese Afrikaans. Marlene Verhoef (1988) verbreek dié tendens deur die Oranjerivierafrikaans van "blanke boorlinge in Noord-Kaapland" te ondersoek. Hierdeur bied Verhoef 'n blik op byvoorbeeld Griekwa-Afrikaans as 'n ruimtelike verskynsel verbind tot Griekwaland, eerder as 'n suiwer etniese verskynsel verbind aan die Griekwas. Le Roux (1910) en Von Wielligh (1918a, 1918b) het reeds in hulle studies gelet op die vlak van eenvormigheid wat die taal van die Noordweste kenmerk - n eenvormigheid wat oor "ras"-grense heen gevind word. Die studie van Verhoef beaam dus dié opmerking deur te let op die ooreenkomste, asook verskille, wat onder alle Oranjerivierafrikaanssprekendes voorkom, ongeag sosiokulturele herkoms.

    Tussen 1985 en 1989 verskyn verskeie studies wat die Afrikaanse variasietaalkunde verruim -letterlik en figuurlik. Die eerste letterlike verruiming is die fokus op Afrikaans in Namibië en Angola, met spesifieke klem op die kartering van die variëteite van Namibiese Afrikaans (toe bekend as Suidwesafrikaans) (Du Plessis 1985a, 1985b, 1986c, 1986d, 1986e, 1987a, 1987b, 1989), die Afrikaans van die Dorslandtrekkers (Klopper 1986), en die chronolek van die Van der Merwes (Du Plessis 1986a, 1987b). Die "grense" van die Afrikaanse variasietaalkunde is sedert die aanvangsjare in die vroeë 1920's deur die internasionaalheid van Afrikaans gekenmerk, alhoewel dit nie noodwendig as sodanig beskryf is nie. n Voorbeeld hiervan is Von Wielligh (1925) se kartering van "spraakgebiede". Soos in die vorige artikeldeel bespreek, het hy aanvanklik nege spraakgebiede uitgeken, waarna hy n tiende bygevoeg het: Griekwaland en Betsjoeanaland; dus dele van die hedendaagse Botswana. Daarbenewens is daar sedert 1933 sporadiese belangstelling in die Afrikaans van die Patagoniërs in Argentinië (Slabber 1933; Nienaber 1936a, 1936b; Venter 1987; Van Schalkwyk 1989; Odendal 1993; Du Toit 1995), 'n ondersoekveld wat onlangs hernude aandag geniet (vergelyk Alberto, Silva, Coetzee, García-Amaya, Langland, Szpiech, Johandes en Henriksen 2019; Coetzee, García-Amaya, Kim, Wissing en Henriksen 2019; Henrikson, García-Amaya, Coetzee en Wissing 2019; Szpiech, Coetzee, García-Amaya, Henriksen, Alberto en Langland 2019; García-Amaya 2020; García-Amaya & Lang 2020; Szpiech, Shapero, Coetzee, García-Amaya, Alberto, Langland, Johandes en Henriksen 2020). Verder kan die 1938-studie van Rademeyer ook as "internasionaal", of eerder "transnasionaal", bestempel word, siende dat hy "Kleurling-Afrikaans" in sowel Suid-Afrika as Suidwes-Afrika, oftewel Namibië, ondersoek het. Von Wielligh se studie het egter nie baie data oor die Afrikaans van Botswana bevat nie, en die studie van Rademeyer het glad nie die "Suidwes-Afrikaansheid" van die Rehoboth-Basters se Afrikaans erken of ondersoek nie, en is dus ook nie besonders van waarde vir n "internasionale" perspektief nie. Hierteenoor is die studies tussen 1985 en 1989 duidelik toegespits op Namibiese, asook Angolese, Afrikaans. Dit is veral die studies oor Namibiese Afrikaans deur Hans du Plessis wat van waarde is, siende dat dit later deur Hendrina Nieuwoudt (1990) met variëteite van Oranjerivierafrikaans vergelyk is, en gevolglik as deel daarvan bestempel is.

    Hier kan daar stilgestaan word en oor die dekade van 1980 gereflekteer word. Alhoewel daar verskeie swakpunte opduik in n kritiese herbesinning van die studies wat onderneem is, moet die wye omvang en indringendheid van die Oranjerivierafrikaanse "projek" as sodanig erken word vir die ongehoorde verdieping van ons kennis van Afrikaans as 'n geheel. Die mate waartoe dié gesamentlike "projek" n doelgerigte poging van navorsers soos Van Rensburg, Hans du Plessis, en Tony Links verteenwoordig het om Afrikaans so wyd as moontlik te karteer, is oop vir bespiegeling. Dat dit wel n ongekende diepgang in die kennis van Afrikaans as n taal van uiteenlopendhede en diversiteit - op taalkundige, kulturele, asook sosiale vlak - ingelei het, is onbetwisbaar.

    Daar is vyf laaste studies onder bespreking in dié tydsgees, en al drie daag ons begrip van Oranjerivierafrikaans, en navorsing daaroor, uit. Die eerste is die doktorale proefskrif van Hendrina Nieuwoudt wat in 1990 (waaruit 'n 1992-artikel voortgespruit het) voltooi is. In dié ondersoek word die ganse beskikbare korpus opgetekende data oor Oranjerivierafrikaans, tesame met oorspronklike veldwerkdata ingespan om n vergelykende blik op die taalvorm te verskaf. Die studie sluit Griekwa-Afrikaans, Riemvasmaakafrikaans, Rehobothafrikaans, Richtersveldse Afrikaans, Botswana-Afrikaans, Namakwalandse Afrikaans, Namibiese Afrikaans, Van der Merwe-Afrikaans, en wit Oranjerivierafrikaans in. Die omvang van die studie verskaf 'n ongeëwenaarde oorsig oor Oranjerivierafrikaans as 'n groepering variëteite, en dus oor die verskille en ooreenkomste wat gevind kan word. Soos duideliker sal word in die volgende artikeldeel se bespreking aangaande die huidige tydsgees van studie oor Oranjerivierafrikaans, verteenwoordig dié studie van Nieuwoudt een van die laastes in die navorsingstradisie wat op mondelinge optekenings fokus, asook die laaste wat die indringendheid van Oranjerivierafrikaans se verskille ondersoek. In vele opsigte verteenwoordig dié studie die hoogtepunt in die mondelinge variasietaalkundige tradisie van ondersoek oor Oranjerivierafrikaans, en alhoewel die daaropvolgende tydvak noemenswaardige vernuwing in die ondersoekmoontlikhede van die taalvorm ingelei het, is die vlak van veldwerknavorsing wat die studies van die 1980's, en die vlak van indringendheid aangaande vergelykende analise wat in Nieuwoudt se proefskrif gevind word, nie weer onderneem nie.

    Die tweede studie is Maria Spruýt se 1993-MA-verhandeling oor naamwoordkonstruksies in Griekwa-Afrikaans. Spruýt span die bestaande data oor Griekwa-Afrikaans, veral die data van Van Rensburg se 1984-studie, in om naamwoordkonstruksies in Griekwa-Afrikaans te vergelyk met die standaard. Op die oog af lyk dit soos bloot nog 'n standaard-variëteit-vergelyking, maar Spruýt ondersoek ook die variasie in Griekwa-Afrikaans relatief tot streek. Vervolgens ken Spruýt drie subvariëteite van Griekwa-Afrikaans uit, naamlik Kokstadse, Phillipolise, en Cambellse Griekwa-Afrikaans. Die studie verteenwoordig dus die eerste wat 'n analities-tipologiese blik op variasie in n subvariëteit van Oranjerivierafrikaans verskaf, en kan dus as n teenpool tot Nieuwoudt se vergelykende ondersoek gelees word.

    Die derde en vierde studies van belang is oor Richmondse Arbeiderstaal wat deur Annél Otto in n magisterstudie onderneem is en in 'n 1993-artikel gepubliseer is, en Petro van den Heever se 1998-MA-verhandeling oor die taalgebruik van Worcester se wingerdwerkers. Otto se leksikologiese studie verskaf nie bloot insig in die eiesoortige woordeskat van die werkersklas van die gebied nie, maar verskaf ook insig in die wyse waarop verskeie tale en kulture saamvloei in die Afrikaans van die gebied, insluitend Khoesan- en Nguni-tale en -kulture. Richmond in die Karoo het nie 'n maklike tuiste binne Van Rensburg se tradisioneel driedelige onderskeiding van Kaapse Afrikaans, Oranjerivierafrikaans, en Oosgrensafrikaans nie. Die Von Wielligh-tipologie, waar 10 gebiede uitgeken word, sluit "Karoo en Koup" as afsonderlike gebied in. Die vraag is dus in welke mate dié afsonderlikheid nog geldig is, en of "Karoo en Koup" byvoorbeeld wel onder Oranjerivierafrikaans getipeer kan word. Hier kan genoem word dat, volgens die mees resente tipologie vir Afrikaans wat in 2012 deur Frank Hendricks voorgestel is, die taal in ses gebiede afgebaken kan word, met verskeie subvariëteite wat daaronder resorteer:

     

     

    Karoo-Afrikaans is in dié onderverdeling n afsonderlike dialek. Om na Otto se ingewinde data te kyk, kan egter dié redelike maklike uiteensettings uitdaag. Eerstens, die ooraanbod van Engelse invloed. Otto dui op 'n groot aantal Engelse woorde in die arbeiderstaal - met die invloed van Engels wat veral kenmerklik van Kaapse Afrikaans is. Hierteenoor is daar n groot aantal eiegoed wat oor veewagtery en boerdery in die algemeen handel, woorde wat moontlik ook in Oranjerivierafrikaans voorkom, maar waarvoor daar nie n spesifieke ooreenstemmende studie bestaan om 'n vergelyking te tref nie. Laastens is daar baie isiXhosa woorde, wat weer op n verbintenis met Oos-Kaapse Afrikaans kan dui. Die moontlikhede vir vergelykende studie tussen Otto se data en dié uit ander streke en gebiede is dus legio, en daar is dus die moontlikheid dat die Karoo as n tipe oorgangsruimte, of mengelgebied soos in die vorige artikeldeel genoem, vir Afrikaans dien - waar die noorde, ooste, en die weste bymekaarkom.

    Van den Heever se studie oor die taalgebruik van Worcester se wingerdwerkers verskaf weer 'n ander perspektief. Met die taalgebruik van wingerdwerkers wat ook as 'n tipe "arbeiderstaal" getipeer kan word, is daar n onmiddellike geleentheid vir vergelyking met Otto se bevindings.

    Só n vergelyking word egter nie deur Van den Heever ondersoek nie, maar daar word wel uitgewys hoe die taalgebruik van die wingerdwerkers groot ooreenkomste met sekere subvariëteite van Oranjerivierafrikaans asook Kaapse Afrikaanse vertoon. Die vraag wat dus hieruit voortspruit, is of daar 'n tipe arbeiderskode of register bestaan wat onder Afrikaanssprekendes te bespeur is. Alhoewel dié vraag nie pertinent gestel word nie, dui Van den Heever asook Otto se studie op die behoefte om met nuwe oë na die moontlike raakpunte tussen Afrikaanse geolektiese variëteite te kyk vanuit die hoekpunt van klas, en daardeur moontlike kodes uit te ken wat oor dialektiese grense heen gevind kan word.

    Die vyfde en laaste studie van belang is Petrus Lerm (1997) se ondersoek na Namakwalandse Afrikaans onder skoolleerders. Op die oog af lyk dit soortgelyk aan Links se ondersoek na die taalgebruik van die Kharkammers. Maar belangrik: Links het nie net kinders nie, maar alle sprekers jonger as 70 buite sy studie gelaat; iets wat, soos reeds bespreek, wel goed gemotiveerd is. Lerm se fokus op jonger sprekers is dus vernuwend wat ons kennis van Namakwalandse Afrikaans betref. Wat ek egter belangriker ag, is sy fokus op die bestudering van sowel gesproke as geskrewe data. Lerm se studie sluit dus ontledings en besprekings van die taalgebruik van skoolleerders soos in hulle skoolstelwerk gereflekteer in, en nie bloot mondelinge opnames nie. Die belang hiervan is dat die volgende tydvak hoofsaaklik met die bestudering van geskrewe taaldata bemoeid is - soos duideliker sal word. Lerm se studie kan dus as 'n oorgang beskou word vanaf die mondelinggesentreerde 1980's na die skrifgesentreerde 2000's.

     

    3. Tussentyd: die tyd van taalidentiteit

    Terwyl die wending in die sosiolinguistiek in die 1980's 'n nuwe diepgang aan die begrip van Oranjerivierafrikaans en Kaaps verskaf het, is daar terselfdertyd 'n gesprek ingelei aangaande die posisie, rol, en toekoms van Afrikaans (vergelyk Prinsloo & Van Rensburg 1984; Du Plessis & Du Plessis 1987; Van den Heever 1987; Du Plessis 1988; Van den Heever 1988; Webb 1992; Du Plessis & Van Gensen 1999). Deel van dié gesprek is die herwaardering van die verwikkeldheid van die oorsprong en ontwikkeling van Afrikaans as 'n taal, met Van Rensburg (1981, 1983b, 1989, 1990, 1994, 1997, 2012, 2013, 2015, 2016, 2018a, 2018b, 2019) as leidende figuur.

    Hy span navorsing oor Oranjerivierafrikaans in die besonder in om n nuwe beeld van die ontwikklingsgang van die taal voor te stel - n teorie wat op drie oorsprongsgemeenskappe fokus. Binne dié driedeling is Oranjerivierafrikaans as intertaal gekoppel aan die Kaapse Khoekhoen wat deur die loop van die 18de eeu noordwaarts vanuit die Kaap getrek het. Soos in die eerste artikeldeel genoem, is Oranjerivierafrikaans ook al beskryf as Khoekhoen-Afrikaans, onder andere deur Gabriël Nienaber (1994), met Oranjerivierafrikaans wat as kontemporêre uitdrukking van dié oorsprongstaalvorm beskou word. Hier moet genoem word dat Van Rensburg nie die eerste was om die belang van die Khoekhoen, asook ander swart gemeenskappe aan die Kaap, relatief tot Afrikaans se ontwikkeling uit te sonder nie (vergelyk Groenewald 2019), maar sy navorsing verteenwoordig wel die mees deurdagte wat breër veranderlikes soos dialek en sosiale geskiedenis in ag neem - veral binne Afrikaanse geledere. Benewens die navorsing van Van Rensburg en Nienaber, is dit veral Hans den Besten (2012) en Fritz Ponelis (1993) wat die vroeë Kaapse taallandskap ondersoek, en Den Besten se bestudering en beskrywing van twee Kaapse pidgintaalvorme naas die Germaanse taalvorme is grootliks n eggo van Van Rensburg se onderverdeling van Oranjerivierafrikaans enersyds en Kaapse Afrikaans andersyds naas Oosgrensafrikaans.

    Deur sy navorsing situeer Van Rensburg gevolglik Oranjerivierafrikaans as meer as blote taalverskynsel, en sodoende kan dit eerder as 'n belangrike skakel in die geskiedkundige verloop van Afrikaans beskou word. Dié historiese studies is verder in gesprek met die toekoms van Afrikaans gebring, met Oranjerivierafrikaans wat n rol het in die "demokratisering" van Afrikaans wat Van Rensburg (1991, 1992; vergelyk ook Webb 1998) voorgehou het. Ponelis (1998) kan ook uitgesonder word in dié verband. In sy besinning oor die herstandaardiseringsvraagstuk let hy op drie faktore: die hoë mate van diglossie wat alle Afrikaanssprekendes ervaar tussen die standaardvariant en hul eie omgangstaal, die behoefte dat "diglossie teengewerk word" (Ponelis 1998: 69), en die belangrikheid van 'n wetenskaplik verantwoordbare standaardwoordeboek. Limari Louw (2012: 76) span dié beredenering van Ponelis in, tesame met Anton Prinsloo (2009: 138) se opmerking dat Oranjerivierafrikaans "bykans geen vroeë ontlenings aan Engels" besit nie, wanneer sy argumenteer dat Oranjerivierafrikaans 'n belangrike rol in 'n herstandaardiseringprogram gemik op die teenwerk van diglossie kan speel (vergelyk ook Staphorst 2022).

    Soos in die eerste artikeldeel genoem, is een van dié artikel se uitgangspunte die kritiese ondersoek van die "probleem" van Kaaps wat as "eerste" vorm van Afrikaans voorgehou word. Hierby kan vlugtig stilgestaan word om dié "probleem" teen die agtergrond van die sienings van Nienaber, Van Rensburg, Ponelis, en Den Besten te lees:

    Kaaps or Afrikaaps is a language created in settler colonial South Africa, developed by the 1500s. It took shape as a language during encounters between indigenous African (Khoi and San), South-East Asian, Dutch, Portuguese and English people. It could be argued that Kaaps predates the emergence of an early form of KaapsHollands (the South African variety of Dutch that would help shape Afrikaans). Haupt (2021)

    Dié idee begrond die motivering vir die Drietalige Woordeboek van Kaaps (DWK), Standaardafrikaans, en Engels wat tans aan die ontwikkel is. As deel van dié begronding, word daar na die navorsing van Gabriel Nienaber (1994) en Van Rensburg (2016, 2018) verwys, en dan geredeneer dat Kaaps "Kaaps-Hollands", oftewel vroeë Afrikaans, voorafgaan en dus n eie taal vorm (vergelyk De Vries 2021). Wat die leiers van die DWK-projek egter verkeerd het, is dat Nienaber en Van Rensburg se navorsing na die begin van Khoe-Afrikaans verwys, nie Kaapse Afrikaans nie, met Khoe-Afrikaans wat in Nienaber en Van Rensburg se raamwerk tot Oranjerivierafrikaans ontwikkel het. Daar is n bepaalde ironie aan die DWK-projek se begronding. Die projekleiers argumenteer byvoorbeeld dat "Afrikaner nationalists appropriated Kaaps in order to create the dominant version of the language in the form of Afrikaans" (Haupt 2021). Alhoewel "appropriasie" n glibberige begrip is, bestaan daar geen taalkundige argument dat Kaaps "geapproprieer" is om Afrikaans te vorm nie. Inteendeel, indien Van Rensburg (1990) se Oosgrenshipotese gevolg word, is Kaaps juis uitgesluit en gemarginaliseer deur die proses van standaardisering; dit wil sê die teenoorgestelde van appropriasie het geskied. Weereens, "appropriasie" is n glibberige begrip, maar wat seker is, is dat die verwysing na 1595 as die "oorsprong" van Afrikaans soos deur Nienaber (1994: 146) omskryf niks met Kaaps te make het nie:

    Die een vertakking sou Hollands bly en as gevolg van sy plaaslike blootstelling aangepas word tot wat Kaaps-Hollands genoem kan word, en waaruit Afrikaans geleidelik sou ontwikkel. Die ander vertakking binne die Khoekhoe-gemeenskap sou ontwikkel tot wat ons Khoekhoe-Hollands kan noem. Na die koms van die slawe uit die Ooste sou n derde vertakking uit die Hollandse risoom plaaslik ontwikkel en dit kan ons Slamaaier-Hollands noem. (Die tema hier is egter Khoekhoe-Hollands, of die latere Khoe-Afrikaans.) [Invoeging in die oorspronklike]

    Dié driedeling sluit nóú aan by Van Rensburg (1990) se afbakening van historiese dialekte van Afrikaans, met Nienaber se "Kaaps-Hollands", "Khoekhoe-Hollands", en "Slamaaier-Hollands" wat met Van Rensburg se Oosgrensafrikaans, Oranjerivierafrikaans, en Kaapse Afrikaans verbind kan word. Wanneer daar dus verklaar word dat die oorsprong van Kaaps na 1595 teruggetrek word, en as apart van, asook voorloper tot, Afrikaans gereken moet word, word die geskiedkundige ontwikkeling van Oranjerivierafrikaans in wese, en ironies, "geapproprieer" deur die DWK-projekleiers.

    Hiernaas het Hans du Plessis, benewens verdere taalkundige studies oor Oranjerivierafrikaanse taalverskynsels in verhouding tot ander Afrikaans variëteite (Du Plessis 1990a, 1990b) en ondersoeke wat op Van Rensburg se intertaalhipotese voortbou (Du Plessis 1994a, 1994b, 1995), ook verskeie polemiese artikels gepubliseer waarin veral oor die implikasies van Oranjerivierafrikaans vir die begrip van die Afrikaanse taalgemeenskap (Du Plessis 1992, 1997b, 1998) bespiegel is. Hierdeur is Van Rensburg se terugskouende blik op Oranjerivierafrikaans relatief tot die ontstaansgeskiedenis van Afrikaans van n voortskouende blik vergesel.

    Laastens het Vic Webb (1993) 'n genuanseerde blik op Oranjerivierafrikaans as "taal van intimiteit" verskaf. Dié interpretasie van Webb daag grootliks die geykte beeld van Oranjerivierafrikaans as "bastertaal" as die gevolg van "bloedvermenging" uit, deur die klem eerder op die grensoorskrydende aard daarvan as taal van intimiteit oor die "kleurgrens" heen te plaas. Van belang is dat Webb se beeld Van Rensburg sn van die taalvorm as uitsluitlik verbind aan Khoekhoengemeenskappe implisiet uitdaag. Soos genoem, word Oranjerivierafrikaans deur Van Rensburg as 'n "Afrika-", dit wil sê swart, variëteit van Afrikaans voorgehou - ten spyte van die beskrywing van die multikulturele aard van die taalvorm wat in die navorsing van Le Roux (1910), Von Wielligh (1925), en Nieuwoudt (1990) voorkom; met, soos reeds in die eerste artikeldeel uitgelig, dié idee van Oranjerivierafrikaans as bepaald n vorm van Swart Afrikaans wat hegemonies is. Webb problematiseer dus n eenvoudige verbintenis tussen ras en taal, maar ongelukkig is sy interpretasie nie deur ander navorsers verder ondersoek of daarmee geworstel nie.

     

    4. Terugskouend

    Die 1980's het 'n ongekende diepgang in die Afrikaanse sosiolinguistiek gesien - 'n diepgang wat ongelukkig nog nie tot op hede geëwenaar is nie. Terselfdertyd het dié diepgang, en veral die verhistorisering van Oranjerivierafrikaans tot Khoe-Afrikaans, n verhulling meegebring, naamlik een wat die interkulturele aard van die spraakgemeenskap wat daardie taalvorm help ontwikkel het, wegskryf ten gunste van n narratief wat swart Afrikaanse sprekers uitlig. Soos in die vorige artikeldeel bespreek, openbaar die studie van Von Wielligh byvoorbeeld n skrynende rassisme, dog dit bied n belangrike blik op die aard van die spraakgemeenskap. Wat dié artikeldeel uitgewys het, is dat daar slegs een studie van Oranjerivierafrikaans onderneem is wat wit sprekers in ag geneem het, met 'n ander, vergelykende studie wat die hoë vlak van ooreenstemming tussen die taaldata van wit sprekers met swart sprekers beaam. Tog is die beeld van Oranjerivierafrikaans, soos vervat in Van Rensburg se etikettering daarvan as n "Afrika"-variëteit, dat dit n vorm van Swart Afrikaans is, die hegemoniese een. In wese is Oranjerivierafrikaans sodoende nie meer 'n geolek nie, maar merendeels as etnolek voorgestel; Oranjerivierafrikaans se oorsprong mag dalk Khoe-Afrikaans, n etnolek, gewees het, maar die sosiohistoriese gegewens dui op 'n verandering relatief tot die spraakgemeenskap oor die eeue heen wat van meervoudige en meervlakkige kreolisering spreek.

    Dié etnolektiese, en verder rasgebonde, blik op Oranjerivierafrikaans kan veral na die blik op die Griekwas herlei word, met Van Rensburg se 1984-verslag as 'n belangrike skakel in dié tydsgees. Ten spyte van die belang van die studie se diepgaande en verrykende aard, moet daar op die relatiewe posisie van Griekwa-Afrikaans gelet word. Soos duidelik blyk uit die vorige artikeldeel se bespreking van die eerste optekenings van Oranjerivierafrikaans, geniet Griekwa-Afrikaans sedert die vroeë Afrikaanse variasietaalkundige studies geweldig aandag. Hier wil ek dit onomwonde stel dat ek nie die ondersoeke na Griekwa-Afrikaans wil afmaak as onbelangrik of oorbodig nie; inteendeel, meer studies moet onderneem word. Dit is dus jammer dat so n volledige en indringende beeld van Griekwa-Afrikaans eers in die 1980's geskets is. Terselfdertyd moet daar op die uitsonderlikheid van Griekwa-Afrikaans gelet word, en die gevaar dat dié uitsonderlikheid aan veronderstellings oor ras en etnisiteit verbonde is. Soos reeds genoem in die vorige artikeldeel, wil ek nie my interpretasie aan inlegkunde skuldig maak nie, maar daar is wel spore van n diskoers wat Griekwa-Afrikaans se "andersheid" ten opsigte van ander "geadapteerde"/"vervormde" tipes Afrikaans (in Boshoff (1921) en Rademeyer (1938) se woorde onderskeidelik) aan "ras" verbind. Boshoff se beskrywing van die Griekwas as n "basterras" spreek hiervan. Die vraag wat dus gevra behoort te word, is of daar nie n problematiese verromantisering van die Griekwas en hul taalgebruik is vanweë idees oor hul "uitsonderlikheid" in rasse- en etniese terme nie. Hoe dit ook al sy, Griekwa-Afrikaans is as die verstekvorm van Oranjerivierafrikaans bestudeer, en daardeur is Oranjerivierafrikaans as Swart Afrikaans bestempel.

     

    Erkenning

    Hierdie artikelreeks is gebaseer op gedeeltes uit my MA-verhandeling, "Ongehoord: Voices Unaccented; Voices Unharmonised. Afrikaans and South Africa's First Peoples in Discourses of Higher Education Transformation." Dit is onder leiding van Mariana Kriel en Marisa Botha by Nelson Mandela Universiteit voltooi, met finansiële ondersteuning van die Mandela-Rhodes-stigting en die nasionale Departement van Kuns en Kultuur. Sienings hierin vervat is egter my eie, en verteenwoordig nie noodwendig dié van genoemde liggame nie.

     

    Verwysings

    Alberto, Paulina L., Ana M. Silva, Andries W. Coetzee, Lorenzo García-Amaya, Victoria Langland, Ryan Szpiech, Ellie Johandes en Nicholas Henriksen. 2019. Los otros afro-argentinos: Narrativas raciales de la colectividad sudafricana de la Patagonia del siglo XX [Die ander Afro-Argentyne: rasgebaseerde narratiewe oor die Suid-Afrikaanse gemeenskap van Patagonië van die 20ste-eeu]. In E. Lamborghini, M. de Lourdes Ghidoli en J. F. M. Peria (reds.). Estúdios Afrolatinoamericanos 4: Actas de las sextas jornadas del GEALA [Afro-Latyns-Amerikaanse Studies 4: Verrigtinge van die sesdagse reis van GEALA], 175-190.. Buenos Aires: Centro Cultural de la Cooperación Floreal Gorini.         [ Links ]

    Boonzaier, Willem Johannes Cornelius. 1982. Die spreektaal van Piketberg. MA-tesis. Universiteit van Stellenbosch.         [ Links ]

    Boonzaier, Willem Johannes Cornelius. 1989. n Taalkundige karakterisering van Bolandse Afrikaans. DLitt-proefskrif. Universiteit van die Oranje-Vrystaat.         [ Links ]

    Boshoff, Stephanus Petrus Erasmus. 1921. Volk en taal van Suid-Afrika. Pretoria: De Bussy.         [ Links ]

    Claassen, G. N. & Marthinus Christoffel Janse van Rensburg (reds.). 1983. Taalverskeidenheid: n Blik op die spektrum van taalvariasie in Afrikaans. Pretoria: Academica.         [ Links ]

    Coetzee, Anna E. 1989. Uitspraakvariasie in die Afrikaans van die Johannesburgse Bruin gemeenskappe: 'n Vergelykende studie. DLitt-proefskrif. Randse Afrikaanse Universiteit.         [ Links ]

    Coetzee, Andries W., Lorenzo García-Amaya, Jiseung Kim, Daan Wissing en Nicholas Henriksen. 2019. Velar palatalization in Patagonian and South African Afrikaans: Language and settlement history in an expatriate community. International Congress of Phonetic Sciences 19: 1610-1614. Aanlyn: https://www.assta.org/proceedings/ICPhS2019/papers/ICPhS1659.pdf (Geraadpleeg 16 Oktober 2023)        [ Links ]

    De Klerk, Anna Nel. 1986. Die Afrikaanse arbeiderstaal van die Richmond-omgewing. MPhil-tesis. Universiteit van Stellenbosch.         [ Links ]

    De Villiers, A. 1985. Standaardafrikaans en omgangsafrikaans in Pretoria. MA-tesis. Universiteit van Pretoria.         [ Links ]

    De Vries, Anastasia. 2021 (2 September). Kaaps is 'n taal uit eie reg, sê die nuwe taalbulle. Vrye Weekblad. Aanlyn: https://www.vryeweekblad.com/mense-en-kultuur/2021-09-21-kaaps-is-n-taal-in-eie-reg-s-die-nuwe-taalbulle/ (Geraadpleeg 10 Desember 2021)

    Dreyer, Hester C. D. 1986. Die beskrywing van Kaapse Afrikaans as 'n variëteit van Afrikaans. MA-tesis. Universiteit van die Oranje-Vrystaat.         [ Links ]

    Du Plessis, Hans. 1980. Afrikaans in Johannesburg. Taalfasette 27(2): 1-14. https://doi.org/10.1080/04966740.1980.10588023        [ Links ]

    Du Plessis, Hans. 1983a. Het Afrikaans die Afrikaner ontgroei, met verwysing na die Afrikaans van Griekwas en sekere Johannesburgse Afrikaanssprekendes? Standpunte 36(6): 23-29.         [ Links ]

    Du Plessis, Hans. 1983b. Taalvariasie in die Afrikaans van Johannesburgers. In G. N. Claassen & Marthinus Christoffel Janse van Rensburg (reds.). Taalverskeidenheid: 'n Blik op die spektrum van taalvariasie in Afrikaans, 43-62. Pretoria: Academica.         [ Links ]

    Du Plessis, Hans. 1985a. Afrikaans as 'imposed' of 'colonial' in SWA/Namibië. Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Taalkunde 3(1): 43-57. https://doi.org/10.1080/10118063.1985.9724193        [ Links ]

    Du Plessis, Hans. 1985b. Suidwesafrikaans. Pretoria: Linguistevereniging van Suider-Afrika.         [ Links ]

    Du Plessis, Hans. 1986a. 'n Afrikaanse chronolek? Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Taalkunde 4(4): 15-49. https://doi.org/10.1080/10118063.1986.9724231        [ Links ]

    Du Plessis, Hans. 1986b. Taalvariasie in die Afrikaanse letterkunde. Tydskrif vir Letterkunde 24(3): 74-78.         [ Links ]

    Du Plessis, Hans. 1986c. Suidwesafrikaans (1). Taalgenoot 55(9): 14-15, 25.         [ Links ]

    Du Plessis, Hans. 1986d. Suidwesafrikaans (2). Taalgenoot 55(11): 22, 30.         [ Links ]

    Du Plessis, Hans. 1986e. Suidwesafrikaans (3). Taalgenoot 55(12): 10-11.         [ Links ]

    Du Plessis, Hans. 1987a. Afrikaans en sy moontlikhede in SWA/Namibië / The feasibility of Afrikaans in SWA/Namibia. Windhoek: Akademie/Academy.         [ Links ]

    Du Plessis, Hans. 1987b. Aspekte van Suidwes-Afrikaans met spesifieke verwysing na die Afrikaans van die Van der Merwes. Pretoria: RGN.         [ Links ]

    Du Plessis, Hans. 1987c. Variasietaalkunde. Pretoria: Serva.         [ Links ]

    Du Plessis, Hans. 1988. G'n gekarring oor teen-taalbeweging. Insig, Februarie: 62.         [ Links ]

    Du Plessis, Hans. 1990a. Die beskrywing van sintaktiese variasie in Afrikaans. Acta Academica 22(3): 145-156.         [ Links ]

    Du Plessis, Hans. 1990b. Die skakelwerkwoorde loop en kom. Tydskrif vir Taalkunde 8(2): 6974. https://doi.org/10.1080/10118063.1990.9723820        [ Links ]

    Du Plessis, Hans. 1992. Die konsolidasie van die Afrikaanse taalgemeenskap. Literator 13(2): 69-75. https://doi.org/10.4102/lit.v13i2.742        [ Links ]

    Du Plessis, Hans. 1994a. Brontaal- of ontvangtaalagensie in Oranjerivierafrikaans en die ontstaan van Afrikaans. Literator 15(3): 91-106. https://doi.org/10.4102/lit.v15i3.679        [ Links ]

    Du Plessis, Hans. 1994b. Taalkontakvariasie in Afrikaans. In Gerrit Olivier & Anna Coetzee (reds.). Nuwe perspektiewe op die geskiedenis van Afrikaans, 120-129. Halfweghuis: Southern Uitgewers.         [ Links ]

    Du Plessis, Hans. 1995. Taalverskeidenheid in Afrikaans as spieël van sy kontakgeskiedenis. In Hans Ester & Arjan van Leuvensteijn (reds.). Afrikaans in een veranderende context: Taalkundige en letterkundige aspecten, 144-160. Amsterdam: Suid-Afrikaanse Instituut.         [ Links ]

    Du Plessis, Hans. 1997b. Die wonder van Afrikaanse verskeidenheid. Handhaaf 1(2): 16-18.         [ Links ]

    Du Plessis, Hans. 1998. Herdefinisie van Afrikaanses nodig. Taalgenoot 67(11): 6-7.         [ Links ]

    Du Plessis, Hans & T. du Plessis (reds.). 1987. Afrikaans en taalpolitiek: 15 opstelle. Pretoria: HAUM.         [ Links ]

    Du Plessis, Sanet. 1999. 'n Sosiolinguistiese blik op die Oranjerivierafrikaans in "Broerse" van Hans du Plessis. MA-tesis. Randse Afrikaanse Universiteit.         [ Links ]

    Du Plessis, Theodorus & Alwyn van Gensen (reds.). 1999. Taal en stryd 1989-1999: Gedenkbundel. Pretoria: Van Schaik.         [ Links ]

    Du Toit, Brian M. 1995. Colonia Boer, an Afrikaner settlement in Chubut, Argentina. Lewiston: Edwin Mellen Press.         [ Links ]

    Fourie, Jacoba Johanna. 1985. Aspekte van Afrikaans van die Riemvasmakers. MA-tesis. Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys.         [ Links ]

    García-Amaya, Lorezo. 2020. An investigation into utterance-fluency patterns of advanced L2 bilinguals: Afrikaans and Spanish in Patagonia. Linguistic approaches to bilingualism. https://doi.org/10.1075/lab.19090.gar.

    García-Amaya, Lorezo. & Sean Lang. 2020. Filled pauses are susceptible to cross-language phonetic influence: Evidence from Afrikaans-Spanish bilinguals. Studies in Second Language Acquisition 42: 1077-1105. https://doi.org/10.1017/S0272263120000169        [ Links ]

    Groenewald, Gerald. 2019. Slaves, Khoikhoi and the Genesis of Afrikaans: The development of a historiography, ca. 1890s-1990s. Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Kultuurgeskiedenis 33(2): 1-24. https://hdl.handle.net/10520/EJC-1fe16e5133        [ Links ]

    Haupt, Adam. 2021 (29 Augustus). The first-ever dictionary of South Africa's Kaaps language has launched - why it matters. The Conversation. Aanlyn: https://theconversation.com/the-first-ever-dictionary-of-south-africas-kaaps-language-has-launched-why-it-matters-165485 (Geraadpleeg 22 Desember 2021)

    Hendricks, Frank. 2012. Die potensiële nut van 'n gelykevlak-perspektief op die variëteite van Afrikaans. In Kwesi Kwaa Prah (red.). Veelkantiger Afrikaans: Streeksvariëteite in die standaardvorming, 44-63. Kaapstad: CASAS.         [ Links ]

    Henning, Philippus Johannes Petrus. 1983. Vokaalvariasie in die Afrikaans van die Griekwas van Griekwaland-Wes. MA-tesis. Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys.         [ Links ]

    Henrikson, Nicholas, Andries W. Coetzee, Lorenzo García-Amaya en Micha Fischer. 2021. Exploring language dominance through code-switching: Intervocalic voiced stop lenition in Afrikaans-Spanish bilinguals. Phonetica 78(3): 201-240. https://doi.org/10.1515/phon-2021-2005        [ Links ]

    Henrikson, Nicholas, Lorenzo García-Amaya, Andries W. Coetzee en Daan Wissing. 2019. Language contact in Patagonia: Durational control in the acquisition of Spanish and Afrikaans phonology. In Sonia Colina & Fernando Martínez-Gil (reds.). The Routledge handbook of Spanish phonology, 416-438. Londen: Routledge.         [ Links ]

    Klopper, Andries H. 1981. Die stand van Afrikaans onder die Suid-Sotho in die R.S.A.: 'n Sosiolinguistiese ondersoek. MA-tesis. Universiteit van die Oranje-Vrystaat.         [ Links ]

    Klopper, Hermina C. 1986. 'n Karakterisering van Dorslandafrikaans. MA-tesis. Universiteit van die Oranje-Vrystaat.         [ Links ]

    Klopper, Rembrandt M. 1976. Sosiaal gestratifiseerde taalgebruik in die Kaapse Kleurlinggemeenskap: n Fonologiese ondersoek. MA-tesis. Universiteit van Stellenbosch.         [ Links ]

    Klopper, Rembrandt M. 1983a. Die sosiale stratifisering van Kaapse Afrikaans. In G. N. Claassen & Marthinus Christoffel Janse van Rensburg (reds.). Taalverskeidenheid: n Blik op die spektrum van taalvariasie in Afrikaans, 80-100. Pretoria: Academica.         [ Links ]

    Klopper, Rembrandt M. 1983b. Kaapse Afrikaans. DLitt-proefskrif. Universiteit van Pretoria.         [ Links ]

    Klopper, Rembrandt M. 1984. Konsonantklustervariasie in Kaapse Afrikaans. LVSA-Kongresreferate: 333-341. Junie.

    Kotzé, Ernst. 1977a. 'n Sosiolinguistiese ondersoek na sintaktiese, morfologiese en leksikale afwykings in die Afrikaans van Xhosas. MA-tesis. Universiteit van die Witwatersrand.         [ Links ]

    Kotzé, Ernst. 1977b. Aspekte van die gebruik van Afrikaans deur Xhosas. Tydskrif vir Geesteswetenskappe 17(4): 339-344.         [ Links ]

    Kotzé, Ernst. 1980. Morfologiese steurings in die Afrikaans van Nguni-sprekers. Tydskrif vir Taalonderrig 14(3): 11-15.         [ Links ]

    Kotzé, Ernst. 1983 a. Die invloed van Islam op die lewenspatroon, struktuur en taalgebruik van die Kaapse Maleiergemeenskap. In A. J. L. Sinclair (red.). G.S. Nienaber: 'n Huldeblyk. Studies opgedra aan prof. dr. G.S. Nienaber in sy tagtigste jaar, 307-311. Bellville: Universiteit van Wes-Kaapland.         [ Links ]

    Kotzé, Ernst. 1983b. Variasiepatrone in Maleier-Afrikaans. PhD-proefskrif. Universiteit van die Witwatersrand.         [ Links ]

    Kotzé, Ernst. 1984. Afrikaans in die Maleierbuurt: 'n Diachroniese perspektief. Tydskrif vir Geesteswetenskappe 24(1): 41-73.         [ Links ]

    Lerm, Petrus Johannes. 1997. Variasie in die Afrikaanse taalgebruik van leerlinge aan n Namakwalandse hoërskool. MA-tesis. Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys.         [ Links ]

    Links, Tony H. 1983. Die Afrikaans van die Kharkams. DLitt-proefskrif. Universiteit van Wes-Kaapland.         [ Links ]

    Links, Tony H. 1989. So praat ons Namakwalanders. Kaapstad: Tafelberg.         [ Links ]

    Louw, Leon Helperus. 1981. Uitspraakvariante aan die Witwatersrand. Tydskrif vir Geesteswetenskappe 21(4): 261-274.         [ Links ]

    Louw, Limari. 2012. Standaardafrikaans: Herstandaardisering via harmonisering in die Afrikaanse media. MA-tesis. Universiteit van Johannesburg.         [ Links ]

    Nienaber, Gabriël Stefanus. 1994. Die ontstaan van Khoekhoe-Afrikaans. In Gerrit Olivier & Anna Coetzee (reds.). Nuwe perspektiewe op die geskiedenis van Afrikaans, 139-152. Halfweghuis: Southern Uitgewers.         [ Links ]

    Nienaber, Petrus Johannes. 1936a. Afrikaans in Argentinië. Die Huisgenoot 20(749): 41, 49, 51.         [ Links ]

    Nienaber, Petrus Johannes. 1936b. Afrikaans in Argentinië. Die Huisgenoot 20(750): 37, 43.         [ Links ]

    Nieuwoudt, Hendrina Petronella. 1990. Variasie binne Oranjerivier-Afrikaans. DLitt-proefskrif. Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys.         [ Links ]

    Nieuwoudt, Hendrina Petronella. 1992. Oranjerivierafrikaans: Oos-Wes. Die interafhanklikheid tussen sosiolinguistiese en geografiese faktore in Oranjerivierafrikaans. Tydskrif vir Taalkunde 10(3): 163-167. https://doi.org/10.1080/10118063.1992.9724453        [ Links ]

    Odendal, Francois Frederik. 1993. Afrikaans in Argentinië. In Linguistica: Festschrift. E.B. van Wyk, 98-104. Pretoria: Van Schaik.         [ Links ]

    Odendal, Francois Frederik. & Dirk Jacobus van Schalkwyk. 1984. Fonetiese variasie in die Afrikaans van die Rehoboth-Basters: 'n Dialekgeografiese verslag. LVSA-Kongresreferate: 457-486. Junie.

    Otto, Anna Nel. 1992. Die leksikon van Richmondse arbeiderstaal. Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Taalkunde 11(3): 93-102. https://doi.org/10.1080/10118063.1993.9723915        [ Links ]

    Otto, Anna Nel. 2014. Sosiolinguistiek. In Wannie A. M. Carstens & Nerina Bosman (reds.). Kontemporêre Afrikaanse taalkunde, 311-346. Pretoria: Van Schaik.         [ Links ]

    Ponelis, Friedrich Albert. 1993. The development of Afrikaans. Frankfurt: Peter Lang.         [ Links ]

    Ponelis, Friedrich Albert. 1998. Standaardafrikaans en die Afrikaanse taalfamilie. Universiteit van Stellenbosch Annale 1998(1): 1-80.

    Prinsloo, Antonie Frederik. 2009. Kontreitaal. In Daniël Hugo (red.). Halala Afrikaans, 137142. Pretoria: Protea.         [ Links ]

    Prinsloo, Karel P. & Marthinus Christoffel Janse van Rensburg (reds.). 1984. Afrikaans: Stand, taak, toekoms. Pretoria: HAUM.         [ Links ]

    Rademeyer, John Hubert. 1938. Kleurling-Afrikaans: Die taal van die Griekwas en die Rehoboth-Basters. Amsterdam: N. V. Swets & Zeitlinger.         [ Links ]

    Roux, Susara Magdalena. 1988. 'n Sosiolinguistiese analise van Rehoboth-Afrikaans. MA-tesis. Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys.         [ Links ]

    Setshedi, Cynthia Matshediso. 1987. Versteuringspatrone in die Afrikaans van die Tswanasprekende. MA-tesis. Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys.         [ Links ]

    Slabber, J. H. 1933. Afrikaans in Sentraal-Amerika. Die Huisgenoot 18(608): 35.         [ Links ]

    Spruýt, Maria Magdalena. 1993. Aspekte van die naamwoordkonstruksie in Griekwa-Afrikaans. MA-tesis. Universiteit van Zululand.         [ Links ]

    Staphorst, Luan. 2022. Ongehoord: Voices unaccented; voices unharmonised. Afrikaans and South Africa's first peoples in discourses of higher education transformation. MA-tesis. Nelson Mandela Universiteit.         [ Links ]

    Szpiech, Ryan, Andries W. Coetzee, Lorenzo García-Amaya, Nicholas Henriksen, Paulina L. Alberto en Victoria Langland. 2019 (8 Januarie). Language and identity: Lessons from a unique Afrikaans community in Patagonia. The Conversation. Aanlyn: https://theconversation.com/language-and-identity-lessons-from-a-unique-afrikaans-community-in-patagonia-107907 (Geraadpleeg 2 Desember 2021)

    Szpiech, Ryan, Joshua Shapero, Andries W. Coetzee, Lorenzo García-Amaya, Paulina L. Alberto, Victoria Langland, Ellie Johandes en Nicholas Henriksen. 2020. Afrikaans in Patagonia: Language shift and cultural integration in a rural immigrant community. International Journal of the Sociology of Language 2020(266): 33-54. https://doi.org/10.1515/ijsl-2020-2110

    Tiflin, Edna Clara. 1984. Gesproke Afrikaans onder die Kleurlinggemeenskap in Durban: 'n sosiolinguistiese studie. MA-tesis. Universiteit van Stellenbosch.         [ Links ]

    Trudgill, Peter. 1972. Sex, covert prestige and linguistic change in the urban British English of Norwich. Language in Society 1(2): 179-195. https://www.jstor.org/stable/4166683        [ Links ]

    Van den Heever, Petró-Thelma. 1998. Die wingerdwerkers in die Worcester-omgewing se variëteit van Afrikaans. MA-tesis. Randse Afrikaanse Universiteit.         [ Links ]

    Van den Heever, Randall. 1987. Tree na vryheid: 'n Studie in Alternatiewe Afrikaans. Kasselsvlei: Kaaplandse Professionele Onderwysunie.         [ Links ]

    Van den Heever, Randall. (red.). 1988. Afrikaans en bevryding: Alternatiewe Afrikaans. Kasselsvlei: Kaaplandse Professionele Onderwysunie.         [ Links ]

    Van der Mescht, Johannes Willem Frederik. 1976. Gewestelike verskynsels in die Afrikaanse spreektaal van Oos-Kaapland met spesiale verwysing na Albanie. MA-tesis. Rhodes Universiteit.         [ Links ]

    Van de Rheede, Ikey. 1983. n Sosiolinguistiese ondersoek na taalgebruik in Bellville-Suid. MA-tesis. Universiteit van Wes-Kaapland.         [ Links ]

    Van Rensburg, Christo. 1976. Die bestudering van taalvariante in Afrikaans. Taalfasette 20(3): 1-15. https://doi.org/10.1080/04966740.1976.10587978        [ Links ]

    Van Rensburg, Christo. 1980. Fasette van die studie van nie-standaard Afrikaans. Taalfasette 27(2): 71-98. https://doi.org/10.1080/04966740.1980.10588027        [ Links ]

    Van Rensburg, Christo. 1981. Transvaalse Afrikaans aan die einde van die vorige eeu. Bloemfontein: NALN/UOVS.         [ Links ]

    Van Rensburg, Christo. 1983a. Inleiding: Die bestudering van taalvariante. In G. N. Claassen & Marthinus Christoffel Janse van Rensburg (reds.). Taalverskeidenheid: 'n Blik op die spektrum van taalvariasie in Afrikaans, 7-25. Pretoria: Academica.         [ Links ]

    Van Rensburg, Christo. 1983b. Nie-standaardvorme, variasiepatrone en Afrikaans uit die vorige eeu. In G. N. Claassen & Marthinus Christoffel Janse van Rensburg (reds.). Taalverskeidenheid: 'n Blik op die spektrum van taalvariasie in Afrikaans,, 134-161. Pretoria: Academica.         [ Links ]

    Van Rensburg, Christo. (red.). 1984. Finale verslag van 'n ondersoek na die Afrikaans van die Griekwas van die tagtigerjare. Bloemfontein/Pretoria: UOVS/RGN.         [ Links ]

    Van Rensburg, Christo. (red.). 1987. Die Afrikaans van die Richtersveld. Pretoria: RGN.         [ Links ]

    Van Rensburg, Christo. 1989. Soorte Afrikaans. In Theunis Jacobus Roodt Botha, Friedrich Albert Ponelis, Johannes Gert Hendrik Combrink en Francois Frederik Odendal (reds.). Inleiding tot die Afrikaanse taalkunde, 436-467. Pretoria: Academica.         [ Links ]

    Van Rensburg, Christo. 1990. Taalvariëteite en die wording van Afrikaans in Afrika. Bloemfontein: Patmos.         [ Links ]

    Van Rensburg, Christo. 1991. Wat van n nuwe Afrikaans? Acta Academica 23(3): 13-33.         [ Links ]

    Van Rensburg, Christo. 1992. Die demokratisering van Afrikaans. In Victor N. Webb (red.). Afrikaans ná apartheid, 181-197. Pretoria: Van Schaik.         [ Links ]

    Van Rensburg, Christo. 1994. Die ontstaan van Afrikaans in 'n intertaal konteks. In Gerrit Olivier & Anna Coetzee (reds.). Nuwe perspektiewe op die geskiedenis van Afrikaans, 166-179. Halfweghuis: Southern Uitgewers.         [ Links ]

    Van Rensburg, Christo. (red.). 1997. Afrikaans in Afrika. Pretoria: Van Schaik.         [ Links ]

    Van Rensburg, Christo. 2012. So kry ons Afrikaans. Pretoria: LAPA.         [ Links ]

    Van Rensburg, Christo. 2013. 'n Perspektief op 'n periode van kontak tussen Khoi en Afrikaans. Literator 34(2). https://doi.org/10.4102/lit.v34i2.413        [ Links ]

    Van Rensburg, Christo. 2015. Khoi en Oosgrensafrikaans. Stellenbosch Papers in Linguistics Plus 47: 75-97. https://doi.org/10.5842/47-0-652        [ Links ]

    Van Rensburg, Christo. 2016. Die vroegste Khoi-Afrikaans. Tydskrif vir Geesteswetenskappe 56(1-2): 454-476. http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2016/V56N2-1A10        [ Links ]

    Van Rensburg, Christo. 2018a (22 Mei). Die Khoekhoegowab-tale en Afrikaans. LitNet. Aanlyn: https://www.litnet.co.za/die-khoekhoegowab-tale-en-afrikaans/ (Geraadpleeg 24 Julie 2021)

    Van Rensburg, Christo. 2018b. Van Afrikaans gepraat. Pretoria: LAPA.         [ Links ]

    Van Rensburg, Christo. 2019. The first Afrikaans. Critical Arts: South-North Cultural and Media Studies 33(4-5): 10-19. https://doi.org/10.1080/02560046.2019.1731161        [ Links ]

    Van Schalkwyk, Dirk Jacobus. 1983. Fonetiese variasie in die taal van die Rehoboth Basters. DLitt-proefskrif. Randse Afrikaanse Universiteit.         [ Links ]

    Van Schalkwyk, Rhoda. 1989. Afrikaans in Argentinië: n Linguistiese en sosiolinguistiese beskrywing. MA-tesis. Randse Afrikaanse Universiteit.         [ Links ]

    Venter, R. 1987. Afrikaans as beperkte lek in Argentinië. Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Taalkunde 5(4): 71-83. https://doi.org/10.1080/10118063.1987.9724284        [ Links ]

    Verhoef, Maria. Magdalena. 1988. Aspekte van Oranjerivier-Afrikaans in die spontane taalgebruik van blanke boorlinge in Noord-Kaapland. MA-tesis. Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys.         [ Links ]

    Von Wielligh, Gideon Retief. 1918a. n Afrikaanse taalkongres. Die Brandwag 8(9): 276-279.         [ Links ]

    Von Wielligh, Gideon Retief. 1918b. Dialektiese eienaardighede in Afrikaans. Die Brandwag 8(12): 375-377.         [ Links ]

    Von Wielligh, Gideon Retief. 1925. Ons geselstaal: 'n Oorsig van gewestelike spraak soos Afrikaans gepraat word. Pretoria: Van Schaik.         [ Links ]

    Webb, Victor N. 1989. Aspekte van die Omgangsafrikaans van geselekteerde woonbuurte in Pretoria. Pretoria: Universiteit van Pretoria.         [ Links ]

    Webb, Victor N. (red.). 1992. Afrikaans ná apartheid. Pretoria: Van Schaik.         [ Links ]

    Webb, Victor N. 1993. Die herkoms van Oranjerivierafrikaans. In Linguistica: Festschrift, E.G. van Wyk, 161-171. Pretoria: Van Schaik.         [ Links ]

    Webb, Victor N. 1998. Herstandaardisering en sintaktiese diversiteit. In Rufus Gouws & Ilse Feinauer (reds.). Sintaksis op die voorgrond, 183-192. Pretoria: Van Schaik.         [ Links ]