Services on Demand
Journal
Article
Indicators
Related links
Cited by Google
Similars in Google
Share
South African Journal of Industrial Engineering
On-line version ISSN 2224-7890
Abstract
BOTES, L.A.; HAMER, W.; VAN JAARSVELD, S. and KLEINGELD, M.. Finding the Four Qualities of Intelligent Industrial Reporting. S. Afr. J. Ind. Eng. [online]. 2019, vol.30, n.3, pp.262-276. ISSN 2224-7890. https://doi.org/10.7166/30-3-2235.
Internasionaal dryf innovasie en tegnologie verandering deur konsepte soos Industrie 4.0. Weens verskeie beperkings is Suid-Afrika egter agter in hierdie transformasie. Verder genereer die plaaslike industrie groot hoeveelhede data wat kan bydrae tot 'n positiewe transformasie. Data analise, in die vorm van verslaggewing, kan n werkbare alternatief bied om die ingewikkelde aard van werklike prosesse beter te verstaan. Hierdie artikel identifiseer vier kwaliteite vir die praktiese toepassing van data analise met die doel van intelligente verslaggewing. Die vier eienskappe is onderskeidelik fokusarea, beskikbaarheid van data, data analise en visualisering. Navorsing oor elke kwaliteit toon dat hulle uit verskillende vlakke bestaan. n Deeglike literatuurstudie ondersteun hierdie bevindings. Veertig studies is ingesluit wat geselekteer is deur n proses van toepaslike navorsingskriteria. n Gevallestudie word aangebied om te illustreer hoe die vier eienskappe bydrae tot die ontwikkeling van intelligente verslae.











