Services on Demand
Journal
Article
Indicators
Related links
- Cited by Google
- Similars in Google
Share
South African Journal of Industrial Engineering
On-line version ISSN 2224-7890Print version ISSN 1012-277X
Abstract
GOVENDER, P. and DEWA, M.. Use of kaizen principle and line balancing technique for process improvement in the assembly of automotive components. S. Afr. J. Ind. Eng. [online]. 2022, vol.33, n.3, pp.69-82. ISSN 2224-7890. https://doi.org/10.7166/33-3-2790.
Deurlopende prosesverbetering is van kritieke belang vir organisasies om in besigheid te bly. 'n Vervaardiger van motoronderdele het produktiwiteitsuitdagings in die gesig gestaar nä die bekendstelling van 'n nuwe hibriede C-SUV-motor in Suid-Afrika. Hierdie artikel is daarop gemik om die naaldwerklyn van die sitplekoortreksel te verbeter deur 'n lynbalanseringstegniek. Die gebruik van prosesstandaardtye om aanvanklik die produksieproses te balanseer, het aanvanklik tot knelpunte gelei, en die siklustyd was bo die takttyd van die monteerlyn. Deur die gebruik van werkstudie-analise en tydstudies is die bottelnekprosesse geidentifiseer. Elemente is dan gekategoriseer, en 'n kaizen-implementering het plaasgevind in die prosesse. Die prosesse is dan herbalanseer om aan die berekende siklustyd te voldoen. 'n Grondoorsaak-analise is ook gedoen om die bronne van muda en die faktore wat die werktempo beinvloed, te ondersoek. Die monteerbaan is toe herbalanseer, en die balansvertraging het met 33% afgeneem.