Services on Demand
Journal
Article
Indicators
Related links
Cited by Google
Similars in Google
Share
De Jure Law Journal
On-line version ISSN 2225-7160Print version ISSN 1466-3597
Abstract
KAMGA, Serges Alain Djoyou. Die reg op ontwikkeling in die Afrika-menseregtestelsel: Die Endorois-saak. De Jure (Pretoria) [online]. 2011, vol.44, n.2, pp.381-391. ISSN 2225-7160.
Die doel van hierdie artikel is om die impak van die uitspraak in Centre for Minority Rights Development (namens Endorois) v Kenya (Endorois uitspraak)oor die verwesenliking van die reg to ontiwikkeling in Afrika se menseregte sisteem te ondersoek. Na 'n oorsig van die reg tot ontwikkeling, wat uit eie gekarakteriseer is deur omstredenheid, gaan die artikel voort om te wys hoe die Endoroisuitspraak wegbeweeg van die uitspraak in die Social and Economic Rights Center and the Center for Economic and Social Rights v Nigeria (SERAC uitspraak), Democratic Republic of the Congo v Burundi, Rwanda, and Uganda (DRC uitspraak) en Kevin Mgwanga Gumne et al v Cameroon (Gumne uitspraak). Die Endorois uitspraak omksryf die konsep van "peoples"; maak duidelik wie die begunstigdes van die reg tot ontwikkeling is en beklemtoon die rol van die staat as die primêre pligdraer. Dit verduidelik ook die inhoud van die reg tot ontwikkeling wat veelsydig is omdat dit bestaan uit elemente van nie-diskriminasie, deelname, verantwoordingspligtigheid, deursigtigheid, regverdigheid en keuses asook vermoëns. Verder, verduidelik dit die drempel van mense se deelname benodig in die ontwikkelingspogings en beklemtoon die onmiddellike totstandkoming van menseregte soos omskryf in die African Charter on Human and Peoples Rights. Die Endorois uitspraak gee leiding oor hoe om die beregbaarheid van die reg tot ontwikkeling te verseker. Voor die Endorois uitspraak, is al hierdie eienskappe van die reg tot ontwikkeling nooit opgeklaar deur die Afrika-Kommissie in die SERAC, DRC en Gumne gevalle nie.
