SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.47 issue1Resensies author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    In die Skriflig

    On-line version ISSN 2305-0853Print version ISSN 1018-6441

    In Skriflig (Online) vol.47 n.1 Pretoria Jan. 2013

     

    BOOK REVIEW

     

    'n Werkswyse tot sinvolle stiltetyd

     

     

    Gert Breed

    School of Ecclesiastical Sciences, North-West University, Potchefstroom Campus, South Africa

    Correspondence

     

     

    Book Title: Word stil voor God

    Book Cover:

     

     

    Authors: M. Nel A. Enslin

    ISBN: 978-1-4316-0069-4

    Publisher: Christelike Uitgewers-maatskappy, 2006, R99.95

    *Book price at time of review

    Word stil voor God is 'n boek oor persoonlike stiltetyd en in die besonder oor gebed. Die vraag wat die boek wil beantwoord, is hoe ons tydens ons biddende lees van die Woord kan luister na wat die Heilige Gees vir ons wil sê oor ons huidige situasie. Die skrywers noem hierdie luister lectio divina. Die skrywers verwoord lectio devina soos volg:

    In die praktyk van Lectio divina gaan dit oor bepeinsende, nadenkende en biddende lees van 'n kort Skrifgedeelte met die doel om die stem van die Here te hoor, wat deur die Gees bemiddel word en altyd relevant vir jou daaglikse situasie sal wees.

    Die boek stel bepaalde stappe voor wat lesers kan volg om God se stem te hoor. Die boek neem die leser op 'n 40-dae reis saam met Jesus vanaf sy geboorte tot met sy opstanding. Op hierdie reis word die lesers in elkeen van die verskillende stappe van lectio devina ingelei. Gedurende die eerste 10 dae ontvang lesers elke dag verskeie voorbeelde van moontlike boodskappe van die Gees vanuit die oorpeinsing van 'n bepaalde Skrifgedeelte. Gedurende die daaropvolgende 10 dae ontvang die lesers telkens net een voorbeeld en hulle moet self deur die beoefening van die bepaalde stap van lectio divina gaan. Tydens die derde siklus van 10 dae moet lesers een voorbeeld van die boodskap wat hulle ontvang het na die outeur van die boek stuur. Die laaste siklus van 10 dae werk lesers selfstandig. Die verskillende stappe van lectio divina is soos volg:

     Nooi die Heilige Gees om die Woord vir jou daaglikse lewe oop te breek. Bely by hierdie uitnodiging dat al die inisiatief om die Woord oop te breek van die Gees moet kom en dat jy niks daarby kan voeg nie.

     Word stil, skakel jou gedagtes af en fokus met hart en gees op die Here.

     Wag dat stilte in jou siel kom voordat jy die Bybel oopmaak.

     Lees die kort Skrifgedeelte oor en oor totdat iets in die Woord met jou gees resoneer.

     Formuleer die boodskap wat jy ontvang in 'n kort sin.

     Dink biddend en luisterend na oor hierdie sin totdat 'n idee in jou hart vorm oor wat die Gees hieroor vir jou wil sê.

     Verwoord wat jy gehoor het in 'n gebed.

     Rus in die Here sodat Hy jou kan liefhê en heelmaak.

     Hou 'n joernaal van elke dag se boodskap wat jy van die Here ontvang.

    Wanneer hierdie stappe gebruik word om dissipline in jou persoonlike omgang met God en sy Woord te bring, kan dit baie vir jou geloofsgroei beteken. Dit is egter ook duidelik dat dit nie slegs 'n slaafse metodiek kan wees waardeur gewerk moet word om 'n bepaalde resultaat te verkry nie. Hierdie boek kan aanbeveel word vir persone wat meer struktuur in hulle stiltetyd wil bring en wat bereid is om tyd daarin te belê. Die taal is verstaanbaar en eenvoudig, maar tog keurig.

     

     

    Correspondence:
    Gert Breed
    PO Box 19515
    Noordbrug 2522, South Africa
    Email: Gert.Breed@nwu.ac.za