SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.6 issue4Guest editorialBleeding women and theology from below: How Mark's narrative of the indignity of the bleeding woman serves as a model of transgressive resistance for the "violent" contemporary South African Student Protest Movement author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    Stellenbosch Theological Journal

    On-line version ISSN 2413-9467Print version ISSN 2413-9459

    STJ vol.6 n.4 Stellenbosch  2020

     

    EDITORIAL

     

    Foreword

     

     

    Die Stellenbosch Teologiese Joernaal (STJ) publiseer met trots hierdie supplementum onder die titel "Theology from Below: Contributions from emerging scholars". Dit bevat sestien portuur-geëvalueerde artikels wat oorspronklik in Maart 2019 by'h opwindende internasionale teologiese konferensie vir nagraadse studente en vroeë loopbaan-navorsers gelewer is. Die akademiese kwaliteit van die opstelle, wat hier na h deeglike evalueringsproses gepubliseer word, voorspel h goeie toekoms vir teologiese navorsing. h Spesiale woord van dank aan drs. Khegan Delport, Marnus Havenga en Calvin Ullrich vir hulle rol as gasredakteurs van hierdie bundel. In hul voorwoord verwys hulle na die afsterwe van dr Alease Brown voor die verskyning van haar artikel. Ons onthou en eer haar bydrae tot die teologiese gesprek in Suid-Afrika met groot dankbaarheid.

    Een van die lede van ons redaksie, prof Mary-Anne Plaatjies-Van Huffel, is ook vroeër vanjaar oorlede. Naas haar rol as kerk- en ekumeniese leier, het sy ook as professor in Kerkgeskiedenis en Kerkreg haar merk gemaak. Haar afsterwe laat h groot leemte, maar ons is dankbaar vir haar lewe, werk en nalatenskap, asook vir haar bydrae oor die jare as redaksielid van STJ.

    Robert Vosloo

    Redakteur: STJ