SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.55 issue1Hengelo is Afrika: de Afrikaanse literatuur in Nederland in 2009 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Tydskr. geesteswet. vol.55 n.1 Pretoria Mar. 2015

http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2015/V55N1A10 

AKTUEEL

 

Die uitdagings vir Afrikaans in die hoër onderwys

 

 

Theuns Eloff

Direkteur van maatskappye en assosiaat by Dabiko Consulting. Theuns@dabiko.co.za

 

 

HOE LYK DIE KONTEKS VIR AFRIKAANS IN DIE SUID-AFRIKAANSE SKOOLONDERWYS?

 

 

HOE LYK DIE KONTEKS VIR AFRIKAANS IN DIE SUID-AFRIKAANSE SKOOLONDERWYS?

 

 

HOE LYK DIE KONTEKS VIR AFRIKAANS IN DIE SUID-AFRIKAANSE ONDERWYS?

Wat leer hierdie getalle ons?

1. Die aantal Afrikaanse skole (enkel- en parallelmedium) en die aantal Afrikaansleerders is in die minderheid in die openbare skoolstelsel. Die dalende tendens sal waarskynlik voortgaan.

2. Die argument dat Afrikaans toegang belemmer, geld nie.

3. Die goeie matriekslaagsyfer onder Afrikaanssprekendes maak dat die meerderheid van hulle universiteit toe gaan.

4. Die jaarlikse invloei van Afrikaanse skoolverlaters in die universiteit-stelsel is genoeg om die aanvraag om Afrikaans as voertaal in HO te regverdig.

5. Die Suid-Afrikaanse ekonomie word sterk deur Afrikaanssprekende gegradueerdes gedra.

 

EN DIE SITUASIE BY SA UNIVERSITEITE?

 

 

DIE SAMESTELLING VAN DIE AFRIKAANSE TAALGEMEENSKAP VOLGENS RAS

 

 

WAT IS DUS DIE UITDAGINGS VAN AFRIKAANS AS HOËR ONDERWYSTAAL?

Die stelselmatige vermindering van die getal enkeltalige Afrikaanse skole deur:

die poilitiek druk van provinsiale onderwysdepartemente

die kortsigtigheid van plaaslike beheerliggame

die kortsigtigheid van ouers wat Engels as die taal van aspirasie sien

Die gebrek aan politieke wil by die meerderheid universiteite om Afrikaans se grondwetlike posisie te handhaaf (wat nog te sê uit te bou!)

Die "prakties doenlik" word as te duur of onprakties beskou..

Afrikaans se grondwetlike posisie en reg word gerysmier deur politieke korrektheid en die ideologie van transformasie (en demografiese verteenwoordiging)

In praktyk troef die "toegangs-" argument art 29(2) van die Grondwet elke keer - ten spyte van duisende swart en bruin Afrikaansspekendes wat nie suksesvol kan (en wil?) wees in Engelse hoër onderwys nie

Om Afrikaans as vak aan te bied (soos argeologie) help Afrikaans as hoër onderwystaal en sy hoër funksies net mooi niks nie!

Die billikheid van 2/3 uit 38

 

WAT IS DUS DIE UITDAGINGS VAN AFRIKAANS AS HOËR ONDERWYSTAAL? (2)

Die gebrek aan politieke wil by die nasionale en provinsiale owerhede om Afrikaans se grondwetlike regte te beskerm en te ondersteun:

Beide op politieke en finansiële vlak

Die druk om Afrikaans effektief uit universiteite te verwyder, kom nie van nasionale vlak nie, maar laer af in die stelsel, en die uitdaging is om nasionale leiers se standpunt onomwonde te hoor

Die gebrek aan kreatiwiteit by universiteite om Afrikaans se grondwetlike regte te laat realiseer:

In terme van onderrig-leer is daar reeds strategieë wat getoets is en werk (opvoedkunidge tolking, parallelmedium, ens)

In terme van Afrikaans as navorsingstaal is meer werk nodig

Afrikaans het steeds kommersiële waarde

 

WAAR LÊ MOONTLIKE OPLOSSINGS?

Afrikaanse ouers om hulle kinders na Afrikaanse skole te stuur - op grond van pedagogiese, kulturele en kwaliteitsredes

Oortuig provinsiale onderwysdepartemente dat Afrikaanse skole 'n bate is wat nie verengels behoort te word nie - indien nie moontlik nie, oorweeg regsaksie(s)

Oortuig ten minste 11% van universiteitskampusse (4) om Afrikaans as hoër onderwystaal te behou en uit te bou

Mobiliseer Afrikaanssprekende studente en personeel om hulle reg op te eis om Afrikaans as hoër onderwystaal te benut

Oortuig die nasionale owerhede dat Afrikaans as hoër onderwystaal 'n nasionale bate is (die Asmal taalbeleid) en dat dit beslag moet vind in kampusse wat merendeels Afrikaans gebruik - sonder om ander uit te sluit

Verstaan die sg "tipping point"-konsep in terme van taal - en weerstaan die tirannie van die meerderheid (selfs as dit in mooi-klinkende argumente geklee is)

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License